03.05.2013 Views

Omsendbrief 10 - Hoërskool Bastion

Omsendbrief 10 - Hoërskool Bastion

Omsendbrief 10 - Hoërskool Bastion

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Basuiner omsendbrief 10/2013

Uit Uit die die kantoor kantoor van van die die hoof:

hoof:

Geagte Ouers en Voogde

Baie dankie aan elke ouer, opvoeder, beheerliggaamslid en leerder vir ‘n suksesvolle

eerste kwartaal. Elkeen se positiewe bydrae word waardeer.

Donderdag, 21 Maart word Menseregtedag gevier. Die dag herdenk die Sharpeville Sharpevilleslagting

van 1960. Almal in Suid-Afrika Afrika het nou die reg om met waardigheid, billik en as

gelykes behandel te word. Kom ons probeer elke dag die vrug van die gees, naamlik

liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederighei nederigheid

en selfbeheersing (Gal 5:22 – 23) uitleef.

Op 21 en 22 Maart is dit dag en nag ewening. Dan is die dag en die nag ewe lank.

Die vakansie-aktiwiteite wat plaasvind is rugby-, netbal- en hokkie hokkie-toere asook die

jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Skyfskietkampioenskappe te Bloemfontein. Baie

sterkte aan ons skuts, spelers en afrigters vir die uitdagings.

Ons vertrou dat u die rustiger tyd in u huis sal geniet. Die skole heropen op Dinsdag, 9

April (Dag 2-rooster).

Geseënde Paasgety word u toegebid.

DR AH PRINSLOO

HOOF

Indien ndien u enige sake of navrae rakende u kind of die skool wil deurgee, kan u die

volgende graadhoofde vanaf 07:00 tot 21:00 kontak:

Graad 8 Me L Jonker 082 975 4358

Graad 9 Me E Boshoff 082 303 5054

Graad 10 Me P van Zyl 083 789 5398

Graad 11 Me B Martens 087 267 8065

Graad 12 Me I Marx 082 569 6799

HOëRSKOOL BASTION

20 MAART 2013

U kan ook die hoof, Dr r Prinsloo, kontak by die bystandnommer: (011) 271-7732 of 083

343 4012. Indien dit nie dadelik adelik beantwoord word nie, laat asseblief ‘n boodskap en dit

sal dringend opgevolg word.

Administrasie Administrasie :

Kontakbesonderhede van ouers is vir ons baie belangrik sodat ons belangrike inligting

aan u kan deurgee. Ons doen ‘n ernstige beroep op ouers om asseblief alle

telefoonnommers, e-pos pos adresse ensovoorts op te dateer by die voogonderwyser/es

van u kind.

Volgens wetgewing moet alle leerders wat in 2013 ‘n ingeskrewe leerder van ‘n skool is,

herregistreer vir 2014. 014. Hierdie proses sal plaasvind vanaf 9 – 17 April 2013.03.20

U moet asseblief u kind se herregistrasie persoonlik kom afhandel by u kind se

voogonderwyser/es. Geen dokumentasie mag huis toe gestuur word nie.

U kind se voogonderwyser/es sal u skakel en ‘n afspraak met u maak om hierdie proses

af te handel.

Ons doen ‘n beroep op u om asseblief die erns van hierdie saak te besef en u

samewerking in hierdie verband te gee.

Indien u nie u kind se herregistrasie afhandel gedurende hierdie tydperk nie, kan ons

nie u kind verseker van ‘n plek gedurende 2014 nie.

Organisasie Organisasie Organisasie :

Erkenningseremonie:

Geluk aan al die graad 8-leerders wat gekwalifiseer het vir die erkenningsfunksie.

Hoërskool Bastion is trots op julle!

Leerders wat laat kom:

Dit het onder ons aandag gekom dat daar baie leerders laat kom. Die skool begin elke

dag om 07:20. Leerders wat op gereelde basis laat kom, sal dan versuime ontvang.

Onthou Maandae en Woensdae het ons verlengde akademiese tyd en die skool sluit

eers 14:30. Dinsdae en Donderdae rdae het ons aktiwiteitsperiode tot en met 14:30. U moet

asseblief alle reëlings daarvolgens tref.

Indien ‘n leerder siek is en nie skool kan bywoon nie, moet u asseblief voor 08:00 die

skool laat weet deur middel van e-pos, SMS of per telefoon. Dit sal baie waardeer word

en ook die administrasie vergemaklik.

Ander sake:

• Die skool begin op 9 April 2013 met ‘n dag 2. Sorg asseblief dat leerders die regte

boeke vir die dag inpak.

• Op 17 April 2013 sal ons ‘n ouer-dag hê. Die finale reëlings van rapporte en die

verloop van die dag sal aan u deurgegee word.

• Na die vakansie sal ons aan u die portefeulje/take-rooster gee. Die toetsrooster is

elders in die Basuiner beskikbaar indien leerders wil voorbereiding tref.

• Ons begin reeds 2 Junie 2013 met ons Junie-eksamen. Leerders moet asseblief

voor die tyd sorg dat studieroosters en werk op datum is.

Bemarking:

Bemarking:

Ons beplan om vanaf volgende kwartaal deur middel van ‘n rekenaargebaseerde

program, die D6 Kommunikator, met u te kommunikeer. Hierdie program sal nie ons

nuusbrief of webblad vervang nie, maar sal ons in staat stel om belangrike inligting op

’n daaglikse basis met u te deel.

U sal vroeg in die nuwe kwartaal ‘n CD ontvang waarmee u die sagteware op u

rekenaar kan installeer. U sal dit ook vanaf ons webblad na u rekenaar kan oordra.

Een van ons strategiese doelwitte is om die tegnologie op verskeie vlakke in te span om

meer effektief te funksioneer, hetsy in die klaskamer of op administratiewe gebied. Ons

vertrou dat hierdie nuwe Kommunikator u sal help om elke dag op hoogte te bly van wat

hier by die skool aangaan.

Daar is tans gevalle waar leerders mekaar, en selfs vir onderwysers, beswadder, kru

taal gebruik en onaanvaarbare name noem.

As opvoedkundige instansie is hierdie tipe gedrag vir ons onaanvaarbaar en in swak

smaak.

Dit moet ook beklemtoon word dat sodanige gedrag neerkom op naamskending en dat

dit, ingevolge die wet, strafbaar is.

Ons wil glo dat die lede van ons Bastionfamilie ordentlik opgevoed is, mekaar

respekteer en verhewe is bo hierdie tipe gedrag.

Akademie:

Akademie:

In vorige Basuiners het ons reeds alles breedvoerig bespreek in verband met die skryf

van toetse, portefeuljes, inhandiging en skryf van toetse by afwesighede.

2

U as ouer moet op ‘n gereelde basis kyk na die toestand van die leerders se handboeke

en skrifte, dit moet netjies oorgetrek wees met plastiek. Die versorging daarvan is

belangrik.

Die skool begin op 9 April 2013 met ‘n Dag 2.

Herkontrolering van eksamenvraestelle van 2012:

Die volgende Graad 12-leerders van 2012 se vraestelle is gekontroleer en die uitslae is

as volg:

Carlien Voigt - Geen simboolverandering nie.

Tiaan Meyer - Geen simboolverandering nie.

Nadia Labuschagne - Geen simboolverandering nie.

Liezel du Plessis - Geen simboolverandering nie.

Tanya Koen – Wiskunde van ‘n D na ‘n C – baie geluk.

Michelle Fouche – Wiskunde van ‘n D na ‘n C – baie geluk.

Lee-Ann coetzee – Rekeningkunde van ‘n B na ‘n A – baie geluk.

IT:

Die IT-portefeulje is hard aan die werk om die tegnologie van die skool te verbeter.

Tans sal ‘n lêerbediener (“server”) geïnstalleer word om die komende globale netwerk

te dien. Hier sal dan ook ‘n werkstasie met internet-toegang vir personeel beskikbaar

gestel word. Dit is maar net fase een van die vyf fases van infasering van die ITstrategie.

Verdere inligting sal met u gedeel word soos die harde werk vorder.

Sport Sport: Sport

HOKKIE:

Baie dankie aan al ons spanne wat deelgeneem het teen Potchefstroom Gimnasium.

Ons wil ook sterkte sê aan ons twee eerstespanne vir hul toer na Bloemfontein 4 – 7

April en ons Junior spanne vir hul Pietie Coetzee Kliniek by Hoërskool Bastion op 25 –

27 Maart.

NETBAL:

Baie dankie vir die ondersteuning in kwartaal 1.

Dankie aan almal wat hulle kinders die geleentheid gun om die toere by te woon. Ek glo

dit gaan vir almal ‘n wonderlike leerskool wees.

Netbal fondsinsamelings:

Spanne sal regdeur die jaar die geleentheid kry om by Spur en Ocean Basket te gaan

werk om geld te in vir hulle spanne. Datums sal gefinaliseer word.

Geniet u ruskansie. Ons sien uit na die ligas in kwartaal 2.

RUGBY:

Rugbytoere:

• o.14- en o.15-spanne na Naboomspruit – 2 April tot 6 April -

koste beloop R1 500-00.

• o.16- en eerstespan na Witrivier – 20 Maart tot 23 April – koste beloop R1 500-00.

Sterkte aan die spelers en afrigters wat bogenoemde toere gaan meemaak.

SKYFSKIET:

Skyfskiet vind plaas op Dinsdae en Donderdae vanaf 18:30 in die LO-saal.

Die hoofhek mag gebruik word vir toegang tot die perseel en parkering binne

die skoolgrond.

Skakelpersoon: Me Reinette Francis – 083 293 1499.

Kultuur Kultuur: Kultuur

Skoonheidskompetisie!!!

Almal wat hou van die loopplank en die kollig en wat reeds in 2012 of 2013 so ‘n titel

soos Mnr of Mej Bastion of Dr Havinga of Sterretjie Kleuterskool gewen het, skryf in vir

hierdie kompetisie. Daar is opwindende pryse te wen, ook vir die Idolwenners/sangwenners

van ‘n skool.

Hierdie uitnodiging is bedoel vir alle hoërskole, Laerskole en Kleuterskole.

Die inskrywingsvorm is op die webblad beskikbaar: www.bastionskool.co.za.

Ons sien julle en julle talente graag op ons loopplank op 31 Augustus 2013. Moenie

uitstel nie, skryf dadelik in!!!

Redenaars:

Baie geluk aan Mari-Louise Boshoff wat ‘n vierde plek in Gauteng behaal het in die pas

afgelope Spraakgilde-kompetisie.

Pom-Poms:

Ons Pom-Poms het ‘n vierde plek behaal by die Randfontein Skou. Baie geluk aan

hierdie seuns en dogters, saam met hul afrigter.

Leierskap:

Leierskap:

Weereens baie geluk aan die verkose leiers, hetsy VLR, klasleiers of taakrade. Ons

vertrou dat hulle hulle positiewe gesindheid sal laat blom. Die inhuldigingsfunksie is

beplan vir 23 April 2013. Finale reëlings sal op 11 April aan u deurgegee word. Die

verkiesing van die dagbestuur sal ook per graad afgehandel word. Ons sal u op hoogte

hou wanneer elke spesifieke graad se opleiding sal plaasvind.

Die verteenwoordigende leerderraad is as volg:

Gr 8:

B Kacy Hammer, Tlanne van Tonder.

A Lezahn Smith, Marlize Venter.

S Chanelle Gouws, Monsia de Beer

T José Dias, Franco Baard

I Brendan Wright, Confidence Mfolwe

O Jody Swart, Vendré Fourie

3

Gr 9:

B Juan Fourie, Anscka Bennet

A Louis Viljoen, Merisha Schults

S Roelof Bosch, Elandra Brill

T Cor-Louis van Biljon, Madie Marais

I Ruvann Brink, Esmé Wentzel

O Wiela Rossouw,Robyn Nell

Gr 10:

B Alisha Coetzee, Ruan Booyens

A Leandri Boshoff, Ryno Swanepoel

S Manny Rodrigues, Janke van den Berg

T Tiaan van Niekerk, Bernadene Kruger

I Charné Bell, Johan Fritz

O Henrico van Zyl, Shimoné Gouws

Gr 11:

B Vicky Krzywanski

A Janette Fourie, Pieter van Zyl

S Liaan Perry, Chanté Hattingh

T Clarista du Toit, Boeta Piater

I Nannette van Niekerk, Jade Heyns

O Divan le Roux, Esmi Parkes

Gr 12:

B Joshua Brill, Karina Badenhorst

A Dwayne Naudé, Ismari Connoway

S Juandré Blumenthal, Claarissa van Wyk

T Elizma Swanepoel, Juan-Claude de Beer

I Justine Greyling, Schalk Lubbe

O Dawid Rinke, Nikita J van Rensburg

Dissipline:

Dissipline:

Dissipline kan net soveel ‘n seën as ‘n vloek wees. Dissipline is nie net ‘n positiewe

woord nie. Dit kan sekerheid gee, maar dit kan ook dood wurg.

Dissipline bestaan nie op sigself nie. Dit is altyd deel van ‘n bepaalde verhouding. Dit

kan die uitdrukking wees van ‘n gesonde verhouding tussen ‘n ouer en ‘n kind, of dit

kan die oortjies van die seekoei wees wat net vertel van ‘n kolossale probleem wat

onderliggend is. Die verhouding kom eerste en dan volg die dissipline. ‘n Goeie

verhouding kan nie vernietig word deur ‘n paar foute wat met dissipline gemaak word

nie en net so min kan ‘n swak verhouding reg gedokter word met dissipline.

Dissipline wat in belang van reëls en wette is, is nie in belang van die kind nie. Daarom

behels gesonde dissipline, wat ter wille van die kind is, ook die vermoë om aan te pas

en reëls te wysig. Rigiede en onbuigbare reëls moenie met dissipline verwar word nie.

Dissipline moet ook nie met straf verwar word nie. Dissipline is moontlik sonder straf.

Wanneer daar ‘n gesonde verhouding van wedersydse vertroue bestaan, kan ‘n

eenvoudige gesprek ‘n vorm van dissipline wees. Die ouer gee aan die kind die

geleentheid om hom of haarself te meet aan ‘n norm wat uitgeleef word. Goeie

dissipline help die kind om hom of haarself te korrigeer. Dit kan net gebeur in ‘n situasie

van liefde en vertroue. en as dit so gebeur, maak ouers nie kinders moedeloos met

onbuigsame reëls en foutvindery nie (vergelyk Kol. 3:21).

Dit is gewoonlik tydens die tienerjare van kinders dat ouers desperaat raak oor

dissipline. Navorsing het getoon dat ouers se gevoel van eie waarde en sukses as

ouers, gedurende hierdie stomagtige jare ‘n laagtepunt bereik. Wanneer kinders klein

is, is dit maklik om hulle te beheer en die ouers het die ervaring dat hulle suksesvolle

ouers is. Dit is egter deel van die tienerjare dat die jong adolessent grense toets en

eksperimenteer met die onbekende ten einde eie identiteit te vind. Dit bring baie ouers

in ‘n bestaanskrisis, want dit voel vir hulle asof alles wat hulle aan die kind probeer

oordra het, verwerp word. Hulle voel soos groot mislukkings wat nooit kinders moes

gehad het nie!

Dissipline gaan nie om die oordra van onveranderbare wette en reëls van een geslag

na ‘n ander nie. Dit gaan oor die bemagtiging van kinders om hulle eie norme te ontdek

en te vestig. Gesonde ouerskap is nie geïnteresseerd in kloning nie, maar in fasilitering.

Ons as ouers wil tog nie kinders na ons gelykenis hê wat presies soos ons is en doen

nie. Ons wil kinders die wêreld instuur wat selfstandig is met ‘n gevoel van eie waarde

en in staat om verantwoordelik met norme om te gaan.

Julian Müller

Kleredrag:

Met die koeler weer wat ons deesdae vroegoggend ervaar, het ons dit goedgedink dat

ons leerders vanaf 9 april 2013 wintersdrag mag dra, indien die weer dit sou vereis, Let

egter daarop dat GEEN windjakkers voor 1 Mei 2013 toegelaat sal word nie. Vanaf

hierdie datum is wintersdrag verpligtend en mag die windjakkers ook gedra word.

Ons verwys u na die gedragskode in u kind se blou boekie waar u ons volledige

kleredragreëls sal kry. Ondersteun ons asseblief deur toe te sien dat u kind volgens ons

gedragskode geklee is, insluitend hare, naels, ensovoorts voordat hy/sy soggens die

huis verlaat.

Ondersteuningsdienste:

Ondersteuningsdienste:

Snoepie:

Snoepietye is as volg:

Voorskool vanaf 07:00.

Eerste pouse

Tweede pouse

Na skool tot 15:00 en Vrydae tot 14:00.

Vrydae is vetkoekdag!

Onthou om ‘n geldjie vir die kinders te gee. Daar is daagliks heerlike kosse te koop.

4

Moeg gekook? Bestel aandetes by Hoërskool Bastion. Kontak: Marietjie Botha by: 083

268 4780..

VAKATURE: ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Pligte behels: 1. Kasregister werk

2. Voorberei van kos vir leerders

3. Na-uurse funksies

Belangstellendes kan CV’s stuur:

per e-pos: amandadejager03@gmail.com of

per faks: (011) 762-1402.

Verdere navrae: Me Amanda de Jager: (011) 762-5245/6

Finansies: nansies:

Die volgende fooie moet asseblief dringend inbetaal word:

• Uitstaande toergelde vir 2012 en 2013 wat alreeds inbetaal moes wees.

• Graad 8-kamp gelde wat nog uitstaande is.

• Die atlete wat Polokwane toe was, moet onthou om hulle R450-00 in te betaal en

ander.

• Busgeld vir die Puk-reeks 2012 en 2013.

Al die bogenoemde fooie moet inbetaal word by die volgende rekening:

Gebeurlikheidsrekening

Absa Horison tak

Rekeningnommer: 4049786586

Verwysing: u kind se naam en sport.

Vir inbetalings van skoolgelde gebruik asseblief:

Bankbesonderhede:

Rekening: Hoërskool Bastion

Rekeningnommer: 0330-153-156

Absa Horison: Kode: 630841

Verwysing: Skoolgeld en u rekeningnommer.

Faks asseblief u betaling na (011) 762-1402

Fondsinsameling:

Rugbyraaie:

Rugbyraaie gaan op die volgende datum gehou word:

26 Julie (Super 15 Semi-finaal)

Senteprojek:

Kom ons maak solank kleingeld bymekaar deur die vakansie. Die senteprojek begin

vroeg in volgende kwartaal.

Jonway Motorfiets:

Ons het reeds vier naweke se kaartjieverkope by Key West agter die rug. Die inkomste

vir elke graad uit hierdie verkope was soos volg: Graad 10 – R9 875, Graad 8 – R14

480, Graad 11 – R8 800.

Elke leerder in die skool het ook ‘n boekie met tien kaartjies ontvang om te verkoop.

Daar is leerders wat reeds hul boekies, en meer, verkoop het.

Ons mik steeds daarna om R200 000-00 met hierdie projek in te samel, maar kan dit

regtig nie sonder u ondersteuning doen nie. Help ons asseblief deur die kaartjies wat u

kind gekry het, aan vriende, familie en kollegas te verkoop.

Vordering van Jonway Motorfiets kaartjieverkope

TOTAAL:

GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12

R 30 900-00 R 2 750-00 R12 480-00 R12 360-00 R5 640-00

Ons het weekliks ‘n trekking waartydens ons drie name trek van leerders wat reeds al

hul kaartjies verkoop het. Vir elke boekie wat die leerder verkoop het, word sy/haar

naam een keer in ‘n houer geplaas en staan hy/sy ‘n kans om een van die volgende

pryse te wen: R150-00 lugtyd, R50-00 snoepie-koopbewys of ‘n hamburger en Coke by

ons snoepie. Verlede week se wenners was: Amberleigh Viljoen (R150-00 lugtyd),

5

Ethan Maartins (R50-00 snoepiebewys) en Ruandi (hamburger en Coke). Hierdie week

se wenner van die R150-00 lugtyd is Ruan Burger. Die R50-00 koopbewys by die

snoepie is Zarine Magee.

Baie dankie aan elke leerder en ouer vir u ondersteuning. Met u samewerking kan ons

die mikpunt haal!

Geboue Geboue Geboue en en Terrein Terrein: Terrein Terrein

Baie dankie aan almal wat die stof en bouwerk deurstaan het. Alles is tog die moeite

werd. Sekere afrondingswerk moet nog gedoen word. ‘n Spesiale woord van dank aan

Mnr Dries Lombaard vir sy kennis en vaardigheid om van hierdie projek ‘n sukses te

maak.

Veiligheid Veiligheid en en Sekuriteit:

Sekuriteit:

Sekuriteit:

Leerders moet versigtig wees (veral dogters) wat deur vreemdelinge genader word.

Wees paraat en probeer die gesig en veral die motor se registrasienommer memoriseer

vir opvolgwerk. Rapporteer asseblief aan die skool, polisie en selfs die Buurtwag.

Die skool doen ook sy bes om diefstal te bekamp, maar kan nie verantwoordelik gehou

word vir skade nie. Rapporteer enige verdagte optredes aan die diensdoenende

personeel. Baie dankie aan almal wat help om die veiligheid van ander te bevoerder.

Media:

Media:

Lees en die problematiek rondom lees word deesdae wêreldwyd bespreek.

Voldoende leesvaardighede is ‘n voorvereiste vir akademiese vordering.

Die Lector-leesprogram word by ons skool gebruik en leerders kan ‘n leeskursus by ons

skool deurloop.

Die kursus word (sover moontlik) binne skoolure aangebied. ‘n Kursus is uit 20 lesse

saamgestel.

FOOIE: R250-00 per maand vir 5 lesse of R1 200-00 eenmalig betaalbaar waarin ook

5 lesse per maand aangebied sal word.

Alle gelde word per debietorder in die skool se rekening inbetaal.

Vordering word deur middel van konsultasies gemonitor en vorderingsverslae word op

‘n gereelde basis aan ouers gestuur.

Vervoer: ervoer:

Busgeld vir Maart 2013

Oggend en middag: 16 ritte @ R20-00 per dag = R320-00

Slegs oggend of middag: 16-ritte @ R10-00 per dag = R160-00.

Die 10-ritte kaartjie kos R115-00.

Enkelritte: R14:00.

Sportritte: R14-00

Maatskaplike Maatskaplike Dienste: Dienste:

Dienste:

Temas:

Die afgelope kwartaal het ons in die temas aandag gegee aan:

• Doelwitstelling

• Verhoudings: Hoe Kies ek ‘n maat?

• Boelies (Die riglyne om die euwel te hanteer, sal geleidelik deurgegee word.).

Baie dankie aan ouers wat hulle harte en koskaste oopgemaak het! U bydraes help ons

om gesinne wat in krisis verkeer ‘n bietjie verligting te gee.

Die wenklasse sal volgende kwartaal bekend gemaak word.

Lief Lief en en Leed:

Leed:

• Ons neem afskeid van Me Connie van der Westhuizen (Afrikaans) wat ons verlaat

aan die einde van Maart 2013. Me L van Kraayenburg begin op 9 April 2013 in

haar plek en ons heet haar hartlik welkom.

• Mee E Boshoff en G Koekemoer gaan albei vir operasies gedurende die vakansie

en ons bid hulle ‘n spoedige herstel toe.

• Geluk aan Mnr B Esterhuizen wat gedurende die vakansie in die huwelik tree.

Datum Datums Datum s vir vir die die yskas: yskas:

yskas:

Dinsdag, 9 April 2013 • Graad 8 – 11 Herregistrasie begin.

Donderdag, 11 April 2013 • Netballiga vs Bryanston 13:30 (tuis)

Vrydag, 12 April 2013 • Gr 8-kleingeldprojek na klasse

versprei

Saterdag, 13 April 2013 • Puk Semi-finaal : Rugby, Netbal en

Hokkie by Die Anker, Brakpan –

05:00 – 15:00.

• GSS Proewe o.17 en o.18 –

Randburg – 14:00

Maandag, 15 April 2013 • Wydingsdiens – NG Kerk

Culembeeck – 08:00

• Leiervergadering – Me Jonker se klas

– 14:40 – 15:15.

• Gr 12-leierraad

dagbestuurvergadering gedurende

6

eerste pouse

• VLR vergadering eerste pouse in T1

• Misproduksie Gr 11 en 12 08:00 –

09:00 in die skoolsaal

• o.14, o.16, o.18 D2/D12

hokkieproewe – 12:00 – KHS Astro.

• Eerste rondte Sentraal wes

rugbyproewe te Hoërskool

Roodepoort.

Woensdag, 17 April 2013 • Ouermiddag, Oueraand - voogklasse

– 14:30 tot 20:00

• o.14, o.16 en o.18 D2/D12

hokkieproewe by KHS Astro – 12:00.

• Dr – o.14-proewe Netbal te

Riebeeckrand – 14:30.

Donderdag, 18 April 2013 • Hokkieliga dogters vs Maragon te

Bastion 14:00

• Netballiga vs President te President –

13:30

Vrydag, 19 April 2013 • Rugbyraai : Sharks vs Cheetahs

• Puk reeks kleinsportsoorte te

Potchefstroom – 12:00

Saterdag, 20 April 2013 • Puk reeks kleinsport finale te

Potchefstroom – 08:00

BEHEERLIGGAAM:

Neem asseblief kennis dat daar aan die einde van hierdie jaar twee portefeuljes oop is

by ons beheerliggaam. Belangstellendes kan Dr Prinsloo of die voorsitter van die

beheerliggaam, Mnr T Naudé skakel by (011) 762-5245/6.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!