03.05.2013 Views

Omsendbrief 04 - Hoërskool Bastion

Omsendbrief 04 - Hoërskool Bastion

Omsendbrief 04 - Hoërskool Bastion

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Basuiner omsendbrief 4/2013

Uit Uit die die kantoor kantoor van van die die hoof:

hoof:

Geagte Ouers en Voogde

Februarie – die maand van liefde, lê voor die deur. ‘n Belangrike vraag wat ons sekerlik

almal kan vra is of ons in liefdestale kan praat. Mag ons mekaar elke dag eerder opbou

as om mekaar af te breek.

Woensdag, 6 Februarie, vind die Cluster Atletiekbyeenkoms by ons skool plaas. Die

byeenkoms begin om 08:00. U ondersteuning sal waardeer word. Ons herinner u ook

aan die graad 12-ouerinligtingsaand ouerinligtingsaand wat op Donderdag, 7 Februarie om 18:00 vir 18:30,

in die skoolsaal plaasvind. Ons versoek dat u moeite sal doen om die aand saam met u

kind by te woon.

Baie sterkte aan almal wat vanmiddag en die naweek by sport (atletiek, krieket en

swem te Sun City) betrokke is.

Ons hou duim vas vir die Protea-krieketspan krieketspan wat teen Pakistan in vy vyf wedstryde speel.

Ook vir die Springbok Sewes-rugbyspan rugbyspan wat in ‘n kompetisiereeks in Nieu Seeland

speel.

Geseënde week toegebid.

DR AH PRINSLOO

HOOF

Indien ndien u enige sake of navrae rakende u kind of die skool wil deurgee, kan u die

volgende graadhoofde vanaf 07:00 tot 21:00 kontak:

Graad 8 Me L Jonker 082 975 4358

Graad 9 Me E Boshoff 082 303 5054

Graad 10 Me P van Zyl 083 789 5398

Graad 11 Me B Martens 087 267 8065

Graad 12 Me I Marx 082 569 6799

U kan ook die hoof, Dr Prinsloo, kontak by die bystandnommer: (011) 271 271-7732 of 083

343 4012. Indien dit nie dadelik beantwoord word nie, laat asseblief ‘n boodskap en dit

sal dringend opgevolg word.

HOëRSKOOL BASTION

Administrasie Administrasie :

Ons versoek ouers waarvan die e-pos pos adresse verander het om asseblief die nuwe

adresse aan die voogpersoneel van u kind/ers deur te gee.

Neem kennis van die volgende dae wat die skool vroeër uitkom:

6 Februarie 2013 (personeelopleiding) om 13:30 en 7 Februarie 2013 om 14:30

(Laerskole atletiekbyeenkoms).

Organisasie

Organisasie:

Organisasie

Organisasie

Graad12-inligtingsaand inligtingsaand vind plaas op 7 Februarie 2013 om 18:00 vir 18:30. Dit is

verpligtend vir alle graad 12-leerders. Alle leerders moet ook teenwoordig wees ten

volle geklee in skooldrag.

Die graad 9-inligtingsaand inligtingsaand is 12 Februarie 2013 en Graad 10 en 11-linligtingsaand 11

is 14

Februarie 2013. Sal u as ouer asseblief seker maak dat u en u kind dit bywoon

aangesien belangrike grike datums en inligting deurgegee word.

Bemarking:

Bemarking:

Die meeste van ons ouers ontvang reeds ons nuusbrief per e-pos. e Ons moedig graag al

ons ouers aan om, indien moontlik, die elektroniese opsie te kies, aangesien dit vir ons

skool ook meer koste-effektief is.

Maak asseblief soos volg om u nuusbrief elektronies te ontvang:

1 FEBRUARIE 2013

Besoek ons webblad by www.bastionstkool.co.za. www.bastionstkool.co.za Gaan na Bastion Nuusbrief en E-

pos Kommunikasie (net onder die Hyundai logo) op die tuisblad.

Kliek daar en voltooi dan u inligting volledig om die nuusbrief, asook ander e-pos e

kommunikasie wat van tyd tot tyd uitgestuur word, te ontvang.

Akademie:

Akademie:

Die eerste kwartaal se puntesamestelling is slegs toetse t en portefeulje-opdragte. Alle

portefeulje-opdragte opdragte kan leerders in die mediasentrum gaan navors. Indien die leerder

die opdrag nie op die inhandigingsdatum inhandig nie, sal hy/sy slegs uitstel vir 5 dae

kry en sal ook gepenaliseer word. Indien nie op dag 5 ingehandig nie, sal die leerder ‘n

nul ontvang. Maak asseblief seker dat leerders opdragte betyds inhandig.

Sport Sport: Sport

Atletiekbyeenkomste 2013:

Vrydag, 1 Februarie • Linden byeenkoms te UJ.

Saterdag, 2 Februarie • Sentraal Gauteng klub te Germiston.

Dinsdag, 5 Februarie • Uitsig Aflosbyeenkoms te Tukkies.

Woensdag, 6 Februarie • Cluster 3-byeenkoms te Bastion.

Vrydag, 8 februarie • Randburg byeenkoms te Ruimsig.

Saterdag, 9 Februarie • Sentraal Gauteng Klub te Ruimsig.

Woensdag, 13 Februarie • Puk Top 10-byeenkoms te UJ.

Vrydag, 15 Februarie • Bastion Prestige – Johannesburg stadion

Saterdag, 16 Februarie • Sentraal Gauteng Klub te JHB Stadion.

Dinsdag, 19 Februarie • Puk Interskole te Pietersburg.

Saterdag, 23 Februarie • D2-kampioenskap te Noordheuwel.

ATLETIEK:

Oefentye:

Maandae en Woensdae: 14:45 – 16:00

Dinsdae en Donderdae: 13:30 - 15:30

Afrigters:

Naellope: Me M Macdonald.

Hekkies: Mnr M du Plessis.

Middel/Langafstande: Mw C van der Westhuizen.

Verspring: Mnr S Greyvenstein.

Hoogspring: Mnr Q Swanepoel.

Spiesgooi: Mnr W Pretorius.

Skyfwerp: Mnr B Esterhuizen.

Gewigstoot: Me N le Roux

UITSLAE:

Marais Viljoen Byeenkoms:

Top 10 atlete:

1. Divan Myburgh 805 0.14 HS 1.53 m

2. Brendan Fourie 750 o.19 HS 1.80 m

3. André Opperman 740 o.16 110 m H 15,65 s

4. Ruan du Toit 737 o.17 200 m 23.70 s

5. Boeta Piater 726 o.17 GS 13.71 m

6. Zander Scheepers 708 o.15 HS 1.50 m

7. Ethan Maartens 699 o.14 HS 1.40 m

8. Jody Mostert 699 o.14 HS 1.40 m

9. Philip Voigt 691 o.19 VS 6.00 m

10. Zandri van Blerk 685 o.16 HS 1.35 m

HOKKIE:

Astro Hokkiewedstryde by Krugersdorp High School vind plaas as volg:

7 Februarie: Dogters 18:30 – 19:15 en seuns 19:15 – 20:00 vs KHOSA

2

14 Februarie: Dogters 17:00 – 17:45 en seuns 17:45 – 18:30 vs Monument.

21 Februarie: Dogters: 18:30 – 19:15 en seuns 19:15 – 20:00 vs North Cliff

28 Februarie: Dogters 17:00 – 17:45 en seuns 17:45 – 18:30 vs KHS

KRIEKET:

Wedstryde: o.15 en Eerstespan

Saterdag, 5 Februarie 2013 vs Edenglen (weg),

Saterdag, 9 Februarie 2013 vs Ferndale (weg).

Saterdag, 14 Februarie 2013 vs Greenside (tuis).

Donderdag, 21 Februarie 2013 vs Vorentoe (tuis) – slegs o.15-span.

Saterdag, 23 Februarie 2013 vs Vorentoe (weg) – slegs Eerstespan.

Oefentye:

Dinsdae en Donderdae: 15:30 tot 17:00.

Afrigters: o.15 – Mnr Q Swanepoel.

Eerstespan – Mnr D Gouws.

NETBAL:

Netbaloefeninge vind plaas op Maandae tot Donderdae vanaf 15:30 – 17:00.

Proewe sal geskied op Donderdag, 31 Januarie vir o.14 tot o.17.

Tweedespan spanproewe sal geskied op Dinsdag, 5 Februarie.

RUGBY:

Oefentye:

Maandae en Woensdae: 16:00 tot 17:00 – alle ouderdomme.

Afrigters:

o.14 – Mnre C van Dyk en S Greyvenstein.

o.15 - Mnre D Gouws en M du Plessis.

o.16 – Mnre Q Pretorius en B Esterhuizen.

Seniors – Mnre C van Dyk en Q Swanepoel.

SKYFSKIET:

Ons skyfskietklub begin eersdaags weer met hul aktiwiteite vir die jaar.

Maandag, 4 Februarie: Vergadering vir alle skyfskietouers en –leerders in die LOsaal

om 18:30.

Dinsdag, 5 Februarie: Oefeninge begin om 18:30 en vind daarna elke Dinsdag en

Donderdag vanaf 18:30 in die LO-saal plaas.

Skakelpersoon: Me Reinette Francis – 083 293 1499

Kultuur Kultuur: Kultuur Kultuur

Leerders wat nog aan die POORT-skryfkompetisie wil deelneem, moet by Me G

Koekemoer in K213 ‘n draai maak. Inskrywingsgeld beloop R20-00.

Leierskap:

Leierskap:

.Die nominasieproses vir die VLR is afgehandel. Die stemming vind plaas op Dinsdag, 5

Februarie. Baie dankie aan al die genomineerdes en ons wens almal sterkte toe.

Dankie aan al die ouers vir die ondersteuning van u kinders met hierdie proses.

Dissipline:

Dissipline:

Dissipline:

Die volgende is ‘n insiggewende uittreksel uit ‘n artikel wat u gerus volledig kan lees op

die internet by: http://mieliestronk.com/boelie.html

Die bullebak word hy genoem. Of sommer boelie, na die Engelse woord “bully”.

‘n Ander woord is afknouer – en dit beskryf presies wat hy doen.

Waarom doen die boelie wat hy doen:

Afknouery is ‘n wêreldwye probleem. Dit kom in alle skole voor. Daar is ‘n

merkwaardige ooreenkoms in die voorkoms van hierdie onsmaaklike soort baasspelery

van land tot land en skool tot skool.

Afknouery in die kindertyd kan mense selfs lewenslange skade berokken. Bullebakke

loop gevaar om op die ou end kriminele te word. Gerekende opvoedkundiges waarsku

dat ‘n skool wat nalaat om iets omtrent bullebakkery te doen, sy leerders emosioneel en

akademies kan ontwrig deur toe te laat dat ‘n vyandelike omgewing met hul gevoel van

veiligheid en hul studies inmeng. Daar is egter klinkklare getuienis dat optrede deur

skole die voorkoms van afknouery dramaties kan verminder.

Hoe ander kinders die afgeknoude kind kan help:

• Probeer die afgeknoude kind oortuig om met ‘n grootmens daaroor te praat – dit

kan ‘n onderwyser of die kind se pa of ma wees.

3

• Moedig die kind aan om met jou te praat oor wat die afknouer aan hom doen.

• Bied aan om namens hom met ‘n grootmens daaroor te praat.

• Stel dit duidelik aan die afknouer dat jy nie so bang vir hom is dat jy niks sal doen

nie en dat jy vasbeslote is om ‘n einde aan sy skrikbewind te help maak.

• Betrek soveel mense as moontlik. Probeer veral seker maak dat die onderwysers

weet wat aan die gang is – maar, die belangrikste van alles, praat met iemand.

Twee dinge wat jy nie moet doen nie.

• Moenie geweld teen die boelie gebruik nie – jy kan dalk op die ou end daarvan

beskuldig word dat jy self ‘n boelie is.

• Moenie aan die slagoffer sê dat jy nie betrokke wil wees nie en dat hy self die

probleem moet hanteer nie – as hy kon, sou hy jou nie gevra het om te help nie.

Wees verseker dat by Hoërskool Bastion afknouende optredes nie geduld sal word nie.

Indien u van sodanige optredes bewus is, skakel asseblief die skool sodat ons dringend

aandag daaraan kan skenk.

Ondersteuningsdienste:

Ondersteuningsdienste:

Snoepie:

Leerders moet onthou dat middagetes beskikbaar is by die snoepie. Plaas bestellings ‘n

dag voor die tyd by die snoepie.

Aandetes:

Aandetes kan bestel word by Me Marietjie Botha – 083 268 4780.

Klerewinkel:

Daar is ‘n droogskoonmaakdiens beskikbaar. Baadjies kan op ‘n Vrydag ingegee word

en op ‘n Maandagoggend afgehaal word. Kontak gerus Me Charmaine van der

Westhuizen by 083 456 0604.

Finansies: nansies: nansies:

Bankbesonderhede:

Rekening: Hoërskool Bastion

Rekeningnommer: 0330-153-156

Absa Horison: Kode: 630841

Verwysing: Skoolgeld en u rekeningnommer.

Faks asseblief u betaling na (011) 762-1402

Geboue Geboue en en Terrein Terrein: Terrein

Die bouwerk vorder fluks en ons bedank al die ouers vir u geduld. Die projekte is

aangepak om die skool meer verbruikersvriendelik te maak. U is ook welkom om u

insette te lewer.

Veiligheid Veiligheid en en en Sekuriteit:

Sekuriteit:

Leerdervoertuie:

Leerders is genoeg tyd gegee om die nodige toestemming te verkry om voertuie en

motorfietse binne die skoolgronde te parkeer. Leerders wat nie die nodige toestemming

het nie, sal buite moet parkeer. Die proses is nodig om kontrole en beheer uit te oefen

en u samewerking in die verband word waardeer.

Veiligheid:

Om veiligheidsredes word die skoolhek soggens om 07:25 gesluit. Leerders wat laat

kom sal aangespreek word. Veral leerders met voertuie en motorfietse maak hulle

skuldig aan laat kom. Om die hekke weer oop- en toe te sluit verg onnodige

mannekrag, dus versoek ons leerders om asseblief betyds te wees.

Dankie aan ouers wat gedurende spitstye, veral by die Zebra-oorgang voorrang gee

aan leerders. Sommige leerders verontagsaam die padreëls, dus moet ons ook daarop

ag slaan.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie veiligheid. Dit is belangrik dat leerders nie alleen

buite die skoolgronde vir hulle ouers wag nie. Die sigbare gebruik van selfone skep ook

‘n gevaar.

Media:

Media:

Die amptelike opening is Maandag, 4 Februarie 2013. Kom besoek ons vir alle

naslaanwerk, internetdienste, leeshulp en ontspanning.

Vervoer: ervoer:

Busgeld vir Februarie 2013

Oggend en middag: 20 ritte @ R20-00 per dag = R400-00

Slegs oggend of middag: 20-ritte @ R10-00 per dag = R200-00.

Die 10-ritte kaartjie kos R115-00.

Enkelritte: R14:00.

Sportritte: R14-00

Maatskaplike Maatskaplike Dienste:

Dienste:

Ons hoor so dikwels “Ek sal vergewe, maar vergeet nooit!”

Dikwels word ons lewensvreugde en lewenskwaliteit gekniehalter deur ons onvermoë

om te vergewe.

Ons deel graag die volgende wenke met u soos saamgevat deur Denise George in Die

ware hart van vergifnis (Leef Februarie 2009):

1. Erken die seer: As iemand jou doelbewus te na kom, moenie probeer om die seer

en die impak daarvan weg te praat nie. Erken die pyn – ook hardop teenoor God.

In die Woord belowe Hy: “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die

moedeloses” (Psalm 34:19). En in Psalm 147:3: “Hy genees die gebrokenes van

hart en verbind hulle wonde.”

4

2. Noem die skuldige by naam: As iemand jou per ongeluk te na kom, het sy of hy

dit nie met opset gedoen nie, en is vergifnis dus nie nodig nie. Maar as iemand jou

doelbewus seergemaak het, is die pyn wat veroorsaak is, met opset. Sê hardop: Ek

blameer jou, (naam van persoon), want jy het my met opset seergemaak.” Deur die

blaam op die regte persoon te plaas, berei jy jouself voor vir die proses van

vergifnis,

3. Skryf die skuld af: Jy het erken dat jy seergekry het, en hou met reg die skuldige

daarvoor verantwoordelik. Nou moet jy daadwerklik kies om daardie persoon se

skuld af te skryf. Soek ‘n stil plekkie op en vra God om jou te help om die persoon

te vergewe. Jy kan bid soos in Matteus 6:7 – 13, en oor vers 12 mediteer: “... en

vergeef ons ons oortredings soos ook dié vergewe wat teen ons oortree.”

Nadat jy gebid het en steeds alleen is, verklaar hardop jou voorneme om te

vergewe: “(Naam van persoon), ek besluit om jou te vergewe vir dit wat jy aan my

gedoen het; ek besluit om jou vry te spreek van enige skuld.”

So gee jy die eerste tree op die paadjie van vergifnis.

Vergifnis kan so ‘n verskil maak in ons huwelik, in ons verhouding met ons kinders en

medemens en die algemeen. (Die volledige artikel is by Me Lubbe beskikbaar.)

Datums Datums vir vir vir die die yskas:

yskas:

Vrydag, 1 Februarie • Atletiekbyeenkoms vs Linden te UJ.

Saterdag, 2 Februarie • Sentraal Gauteng Klubatletiek te UJ.

Maandag, 3 Februarie • “Rocking the Future” loopbaanskou in die saal.

Dinsdag, 5 Februarie • Toetsdag

• VLR verkiesing

Woensdag, 6 Februarie • D2-Cluster Atletiekbyeenkoms (tuis).

• Skool sluit om 13:30 as gevolg van die atletiek.

Donderdag, 7 Februarie • Verlengde akademie tot 14:30.

• Aktiwiteitsperiode verval as gevolg van laerskole

atletiek op ons velde.

• Graad 12-ouerinligtingsaand om 18:00 vir 18:30

in die saal.

Vrydag, 8 Februarie • Atletiekbyeenkoms vs Randburg te Ruimsig.

Saterdag, 9 Februarie • Sentraal Gauteng Klubatletiek te Ruimsig.

Sondag, 10 Februarie • Midmar-myl swem

Maandag, 11 Februarie • Skool sluit om 13:30 as gevolg van personeelopleiding.

Lief Lief Lief en en en Leed:

Leed:

Sterkte aan Me H Furstenberg wat ‘n operasie ondergaan het. Ons vertrou dat sy gou

weer beter sal wees.

Sterkte aan ons Beheerliggaam voorsitter, Mnr T Naudé wat ‘n operasie ondergaan het.

Spoedige beterskap word hom toegewens.

Gaan kyk die fliek

op 1, 2 of 3 Februarie

en bring jou kaartjie

op 4 Februarie na

Me Melitta Geyser

Die skool wat die meeste kaartjies

bymekaarmaak, ontvang R20 000.

Die leerder wat die meeste kaartjies inbring,

ontvang ‘n naweek vir 2 op die plaas waar die

fliek geskiet is,”Swartberg Country Manor” buite

Oudtshoorn .

TE KOOP:

BIG BOY, 125 CC, 2010 MODEL, WIT,

PLUS HELMET

BAIE GOEIE KONDISIE

VOLLEDIGE DIENSBOEK, 8800 KM,

2 NUWE BANDE. R8 000-00

KONTAK CORLE SMIT: 082 856 4045

CLEAN HOUSE”

Ons herinner u daaraan om u ou

bruikbare items skool toe te stuur indien

u daarvan ontslae wil raak.

Besonderhede is in ons vorige

nuusbriewe.

Kontakpersoon: Me M Schutte.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!