02.05.2013 Views

Basuiner Hoërskool Bastion

Basuiner Hoërskool Bastion

Basuiner Hoërskool Bastion

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Basuiner Hoërskool Bastion

Trezonalaan, Mindalore 011 762-5245/6 www.bastionskool.co.za Uitgawe: 15/2010 21 Mei 2010

011 762-1402 Faks E-pos: bastion@iafrica.com

Gedagte van die week:

"Ek is alles in die lewe aan my ma verskuldig."

Lyndon B Johnson

Uit die kantoor van die hoof:

Geagte Ouers/Voogde

Ons leerders begin Maandag, 24 Mei met hul belangrike halfjaar eksamens.

Leerders het reeds die eksamenrooster ontvang. Sien asseblief toe dat u kind/ers

deeglik voorberei.

Ouers sal voortaan die Basuiner tweeweekliks met slegs kerninligting ontvang. Ten

einde koste te bespaar, word ouers ook versoek om meer van die internet gebruik

te maak om die Basuiner te lees. Dit is op ons webblad beskikbaar by

www.bastionskool.co.za . Indien u dit elektronies wil ontvang, gee u e-pos adres

deur na u kind se registeronderwyser asseblief.

Sterkte met die laaste skof!

Bastiongroete

DR AH PRINSLOO

HOOF

Skakeling:

Administrasie en Organisasie:

Kontaknommers:

Indien u enige sake of navrae rakende u kind of die skool wil deurgee, kan u die

volgende adjunkhoofde vanaf 07:00 tot 21:00 kontak:

Graad 8 Mnr T Bartmann 082 929 1054

Graad 9 Me I Marx 082 569 6799

1

Graad 10 Me E Boshoff 082 303 5054

Graad 11 Dr H van Loggerenberg 082 929 1055

Graad 12 Me L Jonker 082 975 4358

U kan ook die hoof, dr Prinsloo, kontak by die bystandnommer: 073 710 4903.

Indien dit nie dadelik beantwoord word nie, laat asseblief 'n boodskap en dit sal

dringend opgevolg word, of stuur 'n SMS.

Veiligheid en Sekuriteit:

Ons poog steeds om elke leerder geborge en veilig by die skool te laat voel.

Sommige leerders maak dit moeilik om ouers te kontak weens verkeerde inligting

in die blou dagboekie. In noodgevalle kan dit „n probleem wees. Kontroleer

asseblief die inligting.

Vandalisme word nie toegelaat nie. Onnodige uitgawes word aangegaan.

Skooleiendom, veral kleedkamers, loop gedurig deur.

Indien u ons behulpsaam kan wees met hierdie aktiwiteit, kan u mnr T Bartmann

skakel by 011 271-7748 of 082 929 1054.

Leerderaktiwiteite:

Akademie:

Die graad 9-, 10-, 11- en 12-leerders skryf departementele vraestelle in sekere

leerareas/vakke. Deeglike voorbereiding is dus noodsaaklik. Leerders wat hul

bloktyd verbeur het, het reeds „n skrywe in dié verband ontvang. Ouers moet

asseblief hiervan kennis neem en reëlings in verband met vervoer tref.

Leerders sal 16 Julie „n volledige lys van take met die inhandigingsdatums kry wat

gedurende die 3de kwartaal afgehandel moet word.

Kom ons motiveer en begelei ons kinders om hul bes te doen vir die belangrike

eksamen.

TER INLIGTING AAN ONS OUERS:

Die Boelie-probleem.

Boelies moet kort gevat word, maar ook met die nodige insig hanteer word. Ons

het na aanleiding van die tema, wat by ons skool behandel is, navorsing gedoen.

Ons deel graag met u die feite soos ons dit in „n artikel vir Krugersdorp-Nuus

verwerk het (23 April 2010):

BOU SAAM MET DR ANTON...

Die Boelie-probleem:

Boelie is 'n wêreldwye probleem wat besig is om toe te neem (In Amerika 1 uit 4

leerders). In baie gevalle is die skade, wat boelies veroorsaak, lewenslank. Om die

probleem aan te spreek, is insig nodig.

Sandra Fisher pleit in haar boek "Is your child a silent victim?". Help your parents

and teachers: "Do not let your child be a silent victim." Uit vrees praat boelieslagoffers

dikwels nie oor hulle ervarings nie.

Ons het waardevolle inligting bekom deur "Bully on Line, website of the UK

National workplace, Bullying advice line."

Ons deel graag van hierdie inligting, asook praktyk-gebaseerde feite met u.

Kom ons kyk eerstens na die vorme wat boelie kan aanneem:

Fisies: rondstamp, slaan, seksuele teistering (seuns wat meisies betas, ander

wedgies gee).

Ander se besittings sonder versoek hanteer of neem.

Verbaal (mondeling of op skrif, sms'e): lelike en verkleinerende aanmerkings,

gewoonlik kru taal, onwaarhede versprei, katterigheid (venyn). Meisies gebruik

dié metode om groot emosionele skade te berokken.

Wie en wat is 'n boelie?

Dit is iemand wat sy mag gebruik om 'n ander te beseer, fisies of emosioneel. Sy

mag word afgedwing, ongeag ras, geslag of ouderdom.

Die boelie funksioneer nie op sy eie nie. Daar is gewoonlik 'n handlanger (neem

soms deel), 'n aanmoediger (wat aanhits of soms net iemand wat toekyk).

Oorsake van Boelie?

Die verhaal van 'n boelie is 'n hartseer verhaal.

2

'n Ongelukkige kind met onhanteerbare seer in sy binneste se emosionele pyn laat

hom dikwels in 'n boelie ontwikkel.

Hierdie emosionele seer spruit onder andere uit:

onmenslike, hardvogtige behandeling tuis (ouers of sibbe).

emosionele verwaarlosing deur die ouers (te min tyd, nie regtig omgee nie).

verwerping, geen liefde en respek nie.

gebrek aan erkenning.

fisiese- of seksuele mishandeling.

Die boelie voel in beheer deur 'n swakker persoon te boelie, want sy eie situasie,

sy eie seer, laat hom magteloos en gefrustreerd. Die magspel, hetsy met die vuis

of die tong, laat hom beter voel oor homself.

Hierdie persone het intensiewe hulp nodig, want 'n groot persentasie van hulle

draai uit as mislukkings op akademiese of sosiale vlak.

Watter raad kan ouers aan kinders gee?

Staan saam. Dis moeiliker om 'n groep as 'n enkeling te boelie.

Boelies hou daarvan om ander te ontstel. Moet dus nie ontsteltenis wys nie.

Wees vriendelik met die boelie, maar probeer wegbly van hom af.

Sê byvoorbeeld vriendelik, maar beslis: "Ek sal nie toelaat dat jy langer met my

mors nie." Dis belangrik dat die gesprek in privaatheid gevoer sal word, want

voor ander sal dit as vernedering beskou word en die situasie vererger.

Gail Walter, Boulder, Colorado in "Parenting Teens" stel dit duidelik: "It is not

enough to focus on the perpetrator, the victim will also need instruction on

assertion and issues of confidence"

Praat met 'n volwassene (miskien 'n onderwyser).

Ds Philip Voigt gee die volgende opsomming van die situasie:

As daar geboelie word, is dit 'n verloor-situasie, 'n "sad story".

- die boelie verloor. Hy is iemand wat dringend hulp nodig het.

- die geboeliede moet ly onder iemand ander se seer.

'n Seer (van die boelie) veroorsaak nog meer seer (die geboeliede).

Dit maak eintlik nie sin nie, maar dis hoe dit gebeur!

AS DIE EERSTE SEER NET GESOND GEMAAK KAN WORD!

Kom ons versprei inligting en werk aan die boelie-verskynsel wat op talle plekke en

in baie vorme lewens verwoes. Ons glo leerders kan baat by 'n volledige

inligtingstuk, 'n werkstuk en selfs deur anti-boelie-plakkate te maak.

Kommentaar: draprinsloo.iafrica.com

Klerewinkel:

Geen sweetpakbaadjies mag onder die skoolbaadjie gedra word nie. „n

volledige sweetpak mag slegs gedra word met „n sportfunksie. Leerders kan „n

windjakker (“windbreaker”) by die klerewinkel bestel teen R300-00. Die betaling

moet die bestelling vergesel.

Vir enige inligting rakende sportdrag, somers- en wintersdrag, bêrekoopdiens,

kunsbenodigdhede en Kosbenodigdhede of die droogskoonmaakdiens (handig

baadjies in op 'n Woensdagoggend en ontvang weer op 'n Vrydagoggend) kontak

me Susan Schröder by 011 762-5245/6 of 011 271-7756.

U is reeds per brief ingelig insake die dra van sokkerdrag tydens die eksamen.

Dankie vir u samewerking in hierdie verband.

Busvervoer:

'n Beroep word op ouers gedoen om asseblief busgeld stiptelik te betaal.

Buskaartjies vir Mei 2010:

Oggend en middag:

21 ritte @ R16-00 per dag = R336-00

Slegs oggend of middag:

21 ritte @ R8-00 per dag = R168-00

10 ritte kaartjie: R95-00

Enkel ritte: R11-00

Sportritte: R11-00

Sport:

HOKKIE

Oefeninge:

Oefening sal elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag vanaf 16:00 geskied.

Liga:

Uitspele: 17 Julie

Finaal: 24 Julie

Noordvaal

Tweede rondte: 7 Augustus

Seunshokkie datums:

Toernooie:

D2-toernooi vir o.16 en eerstespanne - 16 en 17 Julie.

NETBAL

Oefentye is deur die afrigters met die spelers gereël volgens die vakke wat in die

eksamen geskryf word.

3

Ligas:

3 Junie o.14 en o.15 semi-finaal

4 Junie o.16, o.17 en o.18 - semi-finaal

5 Junie D2-final

Uitslae:

Bastion vs wonderfontein:

o.14A verloor 27/0

o.15A wen 18/2

o.16A wen 23/4

o.17A wen 18/8

o.18B wen 32/1

o.18A wen 33/6

Indien u enige navrae het, skakel gerus met me P van Zyl by (011) 762-

5245/6.

PLUIMBAL

Baie geluk aan die seuns-pluimbalspan wat op 3 April Mmet5-4 teen Waterstone

College gewen het.

RUGBY

Oefentye:

Senior en o.16 ofen Maandae, Dinsdae en Woensdae om 15:30.

Al die ander spanne se oefentye sal deur die onderskeie afrigters met die spelers

gereël word.

Ligawedstryde:

29 Mei Bastion vs Helpekaar (weg)

Uitslae:

Bastion vs Jan Viljoen:

o.14A verloor 10/14

o.14B wen 41/10

o.15A verloor 0/31

o.15B wen 13/10

2de span verloor 5/7

1ste span verloor 10/25

SKYFSKIET

Oefentye:

Maandae en Dinsdae vanaf 18:30 tot 20:30 - beginners

Donderdae vanaf 18:30 tot 23:00 - senior skuts

TROMPOPPIES

Oefeninge vir 2010 vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 17:00 tot 20:00.

Almal is welkom om nog deel te vorm van die groep.Sien asseblief toe dat u kind

by die oefeninge opdaag.

Kultuur:

Koor:

Oefentye:

Maandae 11:15 tot 12:15 gedurende die eksamen

Woensdae 11:15 tot 12:15 gedurende die eksamen

NEA

Inskrywings vir die NEA beloop R132-00 per leerder. Die inskrywings sluit op

Maandag, 24 Mei 2010.

BASTION HAS GOT TALENT

Hierdie geleentheid sal in September, gedurende die feesweek, plaasvind.

Inskrywings beloop R30-00 per inskrywing en inskrywings sluit aan die einde van

die kwartaal. Vorms is beskikbaar by die leerderraad.

BASTION IDOLS – Die datum sal aan u deurgegee word.

Inskrywings beloop R30-00 per inskrywing. Vorms is beskikbaar by Me Van

Kraayenburg. Inskrywings sluit aan die einde van die kwartaal.

TIENERTONEEL

Oefening vind elke Saterdag plaas soos geskeduleer.

Finansies:

Rugbyraai:

Baie dankie vir u ondersteuning. „n Mooi bedrag is ingesamel met hierdie projek.

Lector Leesprogram: Graad 8 tot 12 leerders kan deelneem aan hierdie program.

Die bedrag vir deelname is R20-00 per leerder.

Toere:

Ouers wat nog nie die toergeld betaal het nie word versoek om dit asseblief af te

handel en te verhoed dat u aan invorderingsprosesse blootgestel word. Die

rekening vir toere-inbetalings is: ABSA 4049786586, verwysing: u kind se naam en

toer.

Herregistrasie:

U het reeds skrywes ontvang met betrekking tot uitstaande skool-, toer- en

busgeld. Ons doen weereens 'n beroep op u om 'n afspraak met me Burger (011)

4

762-5245/6) te maak, sodat u leerder se herregistrasie vir 2011 afgehandel kan

word.

„n Brief aangaande die eerste paaiement betaalbaar vir 2011 sal aan u deurgegee

word sodat u reeds nou al u finansiële beplanning kan maak vir volgende jaar.

Bankbesonderhede:

Rekening: Hoërskool Bastion

Rekening nommer: 0330-153-156

ABSA Horison: kode: 630841

Verwysing: Skoolgeld en u rekeningnommer

Faks asseblief u inbetaling na: 011 762-1402.

FURY FORD KOMPETISIE:

Ten einde vir u kind die beste onderig, asook ander geleenthede en fasiliteite, te

bied, is ons genoodsaak om fondsinsamelings te hou. Ons kies die projekte só, dat

die fondse nie net van ons ouers nie, maar ook uit bronne buite die skool, geïn kan

word.

Die projek waarmee ons nou afskop, is „n kompetisie waarin „n splinternuwe

Chevvy Spark motor op die spel is. U kan u kind ondersteun deur self „n kaartjie(s)

te koop en die res van die boekie aan u vriende, familie en kollegas by die werk te

verkoop.

Elke boekie bevat 25 kaartjies teen R10 per kaartjie. Dink net wat ons met die

inkomste uit hierdie kompetisie alles vir ons skool en vir u kind kan doen!

Die organiseerders van die kompetisie verskaf aanvanklik 500 boekies. Sodra

hierdie kaartjies verkoop is, sal die verskaffers vir ons meer gee. Elke voogklas

ontvang dus aanvanklik 13 boekies om te verkoop. Daar kan groot pryse gewen

word.

Ons sal in die volgende skrywe inligting gee met betrekking tot die pryse wat vir

leerders op die spel is.

Baie dankie by voorbaat vir u en u kind se ondersteuning.

Algemeen:

Toer na Parys:

Ons as personeel poog om soveel as moontlik geleenthede aan ons leerders te

bied en daarom beplan ons 'n oorsese toer na Parys, Frankryk, aan die einde van

Augustus 2010.

Ons benodig 'n minimum van 20 leerders vir die toer en elke leerder benodig

ongeveer R25 000-00 om die droom waar te maak.

Die toer is oop vir alle Bastion leerders en is opvoedkundig van aard, veral ten

opsigte van Gasvryheidstudies en Toerisme.

Onderwyseresse wat die leerders vergesel op die toer, is mee M Smit en R

Zoutendyk.

Indien u u weg oopsien om 'n donasie te skenk of u kind die toer te laat meemaak,

kan u gerus vir me M Smit kontak by (011) 271-7743 vir meer inligting.

Baie dankie vir u positiewe gesindheid en ondersteuning jeens ons skool!

Lief en Leed:

Verwelkoming:

Ons verwelkom me Sadie in die plek van me Taljaard, wat na Port Elizabeth

verhuis het. Ons is dankbaar om van me Sadie se dienste gebruik te kan maak.

Gelukwense:

Baie geluk aan die volgende personeel en hulle kinders met pragtige prestasies:

Me S Schreuder – Ontvang „n Golden Key-sertifikaat vir Akademie by UJ vir

nagraadse studies (Hons) in toegepaste Linguistiek.

Me S Viviers se dogter, Monique, ontvang ook „n Golden Key-sertifikaat by UJ vir

haar studies in Siviele Ingenieurswese.

Die Golden Key Awards word wêreldwyd toegeken aan studente wat in die boonste

15% gemiddeld presteer en word deur 34 lande erken. Dié prestasie open deure

vir internasionale netwerke in alle vakrigtings.

Me B Groenewald (Afrikaans) het „n kleindogter ryker geword.

Me S Schreuder se dogter, Soleil, het verloof geraak aan Stefan Kruger.

Baie geluk aan die twee gesinne.

5

Humor:

Advertensies

NOODHULPSKENKINGS:

Hiermee 'n vriendelike versoek vir noodhulpskenkings aan die skool.

Pleisters, verbande, spalke en pynmedikasie kan ingehandig word by die kantoor.

Navrae: Me R Bester - 011 762-5245/6 of 011 271-7745

Bastion Gholfdag

Ons jaarlikse gholfdag, altyd „n hoogtepunt op ons skoolkalender, vind vanjaar op

Donderdag, 16 September, by CMR Gholfbaan plaas en daarom vorm dit ook deel

van ons feesweek, waarmee ons baie groot planne het.

Ons wil u graag vroegtydig nooi om by die gholfdag betrokke te raak. Selfs al speel

u nie self gholf nie, kan u ons skool steeds ondersteun, en wel op enige van die

volgende maniere:

U kan help met die organisering van die dag.

U kan spelers werf, 4-balle of individueel.

U kan vir ons borge kry – hulle kan baniere oprig en

advertensiemateriaal daar versprei

U kan vir ons pryse skenk – enige item wat kan wissel van blikke

motorolie, tuin- en ander gereedskap tot sambrele,

kampeertoerusting en elektriese toestelle.

U kan „n kontantdonasie maak wat gebruik sal word om pryse aan

te koop.

Indien u op enige ander wyse betrokke sou wou raak, sal ons dit ook opreg

waardeer.

Indien u self wil speel of spelers werf, is die inligting soos volg :

Koste per 4-bal – R1 200, indien voor 30 Junie betaal, anders R1 400

Koste per individu – R300, indien voor 30 Junie betaal, anders R350.

Beterball Stableford-kompetisie

Omdat ons net plek het vir 144 spelers, moet inskrywings so gou moontlik gedoen

word om teleurstelling te voorkom.

Enige navrae kan gerig word aan Melitta Geyser by tel. (011) 762-5245 / 6 of per epos

na bastionadmin@iafrica.com.

Bastion se terrein vergroot – Pryse op die spel!

Die grond waarop ons skool gebou is, is onlangs met ongeveer 16 hektaar vergroot

nadat „n bekende myngroep die grond, aangrensend tot ons skool, aan Bastion

geskenk het.

Die rooi en wit vlaggies vorm die grense van ons nuwe terrein, en is die eiendom

van die skool.

Ons is baie opgewonde en droom groot drome vir hierdie grond. Ongelukkig verg

die ontwikkeling van grond groot finansiële insette. Ten einde solank „n inkomste te

begin genereer sonder om te veel geld uit te lê, beplan ons „n “driving range” op die

gedeelte net links van die skool.

Ons nooi graag ons ouers en leerders uit om voorstelle vir die aanwending van die

grond aan die beheerliggaam te rig. Ons visie is om die grond nie net tot voordeel

van ons leerders nie, maar ook tot voordeel van ons gemeenskap aan te wend.

Daar is ook pryse op die spel vir prakties-werkbare voorstelle wat ontvang word.

Die uitnodiging word ook aan ontwikkelaars gerig om die beheerliggaam te kontak

met enige voorstelle vir samewerking.

Ons hoor graag van u! Kontakpersoon: Mnr Franco Diederiks: 082 866 2322.

EKSTRA KLASSE

by jou huis Gr 1 – 12

ALLE VAKKE

Junie – Julie Vakansie

sorg ook beskikbaar

www.aboveavereage.za.net

011 – 534 2033

Cell: 083 425 0227

6

Die Kankervereniging (CANSA) hou ‘n hondekarnaval.

Daar is 3 kategorieë: Klein, medium en groot.

Trek jou hond snaaks aan, byvoorbeeld ‘n seerower, hot-dog

ens. Groot pryse om te wen.

29 MEI 2010

Laerskool Roodebeeck

10:00

Koste: R50-00 per hond.

Verdere inligting: Me Ester

Pretorius (011) 768-4342

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!