02.05.2013 Views

Basuiner Hoërskool Bastion

Basuiner Hoërskool Bastion

Basuiner Hoërskool Bastion

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TER INLIGTING AAN ONS OUERS:

Die Boelie-probleem.

Boelies moet kort gevat word, maar ook met die nodige insig hanteer word. Ons

het na aanleiding van die tema, wat by ons skool behandel is, navorsing gedoen.

Ons deel graag met u die feite soos ons dit in „n artikel vir Krugersdorp-Nuus

verwerk het (23 April 2010):

BOU SAAM MET DR ANTON...

Die Boelie-probleem:

Boelie is 'n wêreldwye probleem wat besig is om toe te neem (In Amerika 1 uit 4

leerders). In baie gevalle is die skade, wat boelies veroorsaak, lewenslank. Om die

probleem aan te spreek, is insig nodig.

Sandra Fisher pleit in haar boek "Is your child a silent victim?". Help your parents

and teachers: "Do not let your child be a silent victim." Uit vrees praat boelieslagoffers

dikwels nie oor hulle ervarings nie.

Ons het waardevolle inligting bekom deur "Bully on Line, website of the UK

National workplace, Bullying advice line."

Ons deel graag van hierdie inligting, asook praktyk-gebaseerde feite met u.

Kom ons kyk eerstens na die vorme wat boelie kan aanneem:

Fisies: rondstamp, slaan, seksuele teistering (seuns wat meisies betas, ander

wedgies gee).

Ander se besittings sonder versoek hanteer of neem.

Verbaal (mondeling of op skrif, sms'e): lelike en verkleinerende aanmerkings,

gewoonlik kru taal, onwaarhede versprei, katterigheid (venyn). Meisies gebruik

dié metode om groot emosionele skade te berokken.

Wie en wat is 'n boelie?

Dit is iemand wat sy mag gebruik om 'n ander te beseer, fisies of emosioneel. Sy

mag word afgedwing, ongeag ras, geslag of ouderdom.

Die boelie funksioneer nie op sy eie nie. Daar is gewoonlik 'n handlanger (neem

soms deel), 'n aanmoediger (wat aanhits of soms net iemand wat toekyk).

Oorsake van Boelie?

Die verhaal van 'n boelie is 'n hartseer verhaal.

2

'n Ongelukkige kind met onhanteerbare seer in sy binneste se emosionele pyn laat

hom dikwels in 'n boelie ontwikkel.

Hierdie emosionele seer spruit onder andere uit:

onmenslike, hardvogtige behandeling tuis (ouers of sibbe).

emosionele verwaarlosing deur die ouers (te min tyd, nie regtig omgee nie).

verwerping, geen liefde en respek nie.

gebrek aan erkenning.

fisiese- of seksuele mishandeling.

Die boelie voel in beheer deur 'n swakker persoon te boelie, want sy eie situasie,

sy eie seer, laat hom magteloos en gefrustreerd. Die magspel, hetsy met die vuis

of die tong, laat hom beter voel oor homself.

Hierdie persone het intensiewe hulp nodig, want 'n groot persentasie van hulle

draai uit as mislukkings op akademiese of sosiale vlak.

Watter raad kan ouers aan kinders gee?

Staan saam. Dis moeiliker om 'n groep as 'n enkeling te boelie.

Boelies hou daarvan om ander te ontstel. Moet dus nie ontsteltenis wys nie.

Wees vriendelik met die boelie, maar probeer wegbly van hom af.

Sê byvoorbeeld vriendelik, maar beslis: "Ek sal nie toelaat dat jy langer met my

mors nie." Dis belangrik dat die gesprek in privaatheid gevoer sal word, want

voor ander sal dit as vernedering beskou word en die situasie vererger.

Gail Walter, Boulder, Colorado in "Parenting Teens" stel dit duidelik: "It is not

enough to focus on the perpetrator, the victim will also need instruction on

assertion and issues of confidence"

Praat met 'n volwassene (miskien 'n onderwyser).

Ds Philip Voigt gee die volgende opsomming van die situasie:

As daar geboelie word, is dit 'n verloor-situasie, 'n "sad story".

- die boelie verloor. Hy is iemand wat dringend hulp nodig het.

- die geboeliede moet ly onder iemand ander se seer.

'n Seer (van die boelie) veroorsaak nog meer seer (die geboeliede).

Dit maak eintlik nie sin nie, maar dis hoe dit gebeur!

AS DIE EERSTE SEER NET GESOND GEMAAK KAN WORD!

Kom ons versprei inligting en werk aan die boelie-verskynsel wat op talle plekke en

in baie vorme lewens verwoes. Ons glo leerders kan baat by 'n volledige

inligtingstuk, 'n werkstuk en selfs deur anti-boelie-plakkate te maak.

Kommentaar: draprinsloo.iafrica.com

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!