02.05.2013 Views

Basuiner Hoërskool Bastion

Basuiner Hoërskool Bastion

Basuiner Hoërskool Bastion

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Algemeen:

Toer na Parys:

Ons as personeel poog om soveel as moontlik geleenthede aan ons leerders te

bied en daarom beplan ons 'n oorsese toer na Parys, Frankryk, aan die einde van

Augustus 2010.

Ons benodig 'n minimum van 20 leerders vir die toer en elke leerder benodig

ongeveer R25 000-00 om die droom waar te maak.

Die toer is oop vir alle Bastion leerders en is opvoedkundig van aard, veral ten

opsigte van Gasvryheidstudies en Toerisme.

Onderwyseresse wat die leerders vergesel op die toer, is mee M Smit en R

Zoutendyk.

Indien u u weg oopsien om 'n donasie te skenk of u kind die toer te laat meemaak,

kan u gerus vir me M Smit kontak by (011) 271-7743 vir meer inligting.

Baie dankie vir u positiewe gesindheid en ondersteuning jeens ons skool!

Lief en Leed:

Verwelkoming:

Ons verwelkom me Sadie in die plek van me Taljaard, wat na Port Elizabeth

verhuis het. Ons is dankbaar om van me Sadie se dienste gebruik te kan maak.

Gelukwense:

Baie geluk aan die volgende personeel en hulle kinders met pragtige prestasies:

Me S Schreuder – Ontvang „n Golden Key-sertifikaat vir Akademie by UJ vir

nagraadse studies (Hons) in toegepaste Linguistiek.

Me S Viviers se dogter, Monique, ontvang ook „n Golden Key-sertifikaat by UJ vir

haar studies in Siviele Ingenieurswese.

Die Golden Key Awards word wêreldwyd toegeken aan studente wat in die boonste

15% gemiddeld presteer en word deur 34 lande erken. Dié prestasie open deure

vir internasionale netwerke in alle vakrigtings.

Me B Groenewald (Afrikaans) het „n kleindogter ryker geword.

Me S Schreuder se dogter, Soleil, het verloof geraak aan Stefan Kruger.

Baie geluk aan die twee gesinne.

5

Humor:

Advertensies

NOODHULPSKENKINGS:

Hiermee 'n vriendelike versoek vir noodhulpskenkings aan die skool.

Pleisters, verbande, spalke en pynmedikasie kan ingehandig word by die kantoor.

Navrae: Me R Bester - 011 762-5245/6 of 011 271-7745

Bastion Gholfdag

Ons jaarlikse gholfdag, altyd „n hoogtepunt op ons skoolkalender, vind vanjaar op

Donderdag, 16 September, by CMR Gholfbaan plaas en daarom vorm dit ook deel

van ons feesweek, waarmee ons baie groot planne het.

Ons wil u graag vroegtydig nooi om by die gholfdag betrokke te raak. Selfs al speel

u nie self gholf nie, kan u ons skool steeds ondersteun, en wel op enige van die

volgende maniere:

U kan help met die organisering van die dag.

U kan spelers werf, 4-balle of individueel.

U kan vir ons borge kry – hulle kan baniere oprig en

advertensiemateriaal daar versprei

U kan vir ons pryse skenk – enige item wat kan wissel van blikke

motorolie, tuin- en ander gereedskap tot sambrele,

kampeertoerusting en elektriese toestelle.

U kan „n kontantdonasie maak wat gebruik sal word om pryse aan

te koop.

Indien u op enige ander wyse betrokke sou wou raak, sal ons dit ook opreg

waardeer.

Indien u self wil speel of spelers werf, is die inligting soos volg :

Koste per 4-bal – R1 200, indien voor 30 Junie betaal, anders R1 400

Koste per individu – R300, indien voor 30 Junie betaal, anders R350.

Beterball Stableford-kompetisie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!