03.05.2013 Views

Lewe en lewende wesens 2

Lewe en lewende wesens 2

Lewe en lewende wesens 2

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die binne-oor

Die binne-oor word deur die skedelbene beskerm. Binne-in die holte is daar ‘n styf

opgerolde pypie, die koglea. Dit is met vloeistof gevul. Klanktrillings laat die vloeistof

beweeg. Die klanktrillings word verander in impulse wat deur die senuwees na die

brein gestuur word.

Die oor en balans

Die ore word nie net gebruik om te hoor nie, maar hulle help ook om balans te behou. In

die binne-oor is daar drie bogies. Hulle is pypies wat soos halwe sirkels lyk. Dit is die

halfsirkelvormige kanale. Twee staan regop en een lê plat. Die vloeistof in jou binneoor

beweeg saam wanneer jy beweeg. Die bewegings word deur fyn haartjies in die

halfsirkelvormige kanale opgevang. Die haartjies buig met elke beweging en laat weet

jou brein in watter rigting jou kop beweeg. So kan jy jou balans behou. ‘n Siekte van die

binne-oor kan ‘n mens duiselig laat voel. As jou balans versteur word, val jy om.

Oorprobleme

Soms kry ‘n mens oorinfeksies wat sommer baie seer is. Vloeistof bou soms in die

middeloor op en veroorsaak dat ‘n mens nie mooi kan hoor nie. ‘n Dokter kan dit genees

deur ‘n klein gaatjie in die trommelvlies te maak om die vloeistof uit te laat. Die dokter

kan ‘n dun pypie in die trommelvlies plaas om die gaatjie vir omtrent drie maande oop

te hou. Baie kinders het sulke pypies in hulle ore en voel dit nie eers nie. Hulle moet

egter versigtig wees om nie water in hulle ore te kry nie.

Beskerming van die oor

Die meeste dele van jou oor is binne-in die skedel sodat die harde bene die middel-

en binne-oor beskerm. Die oorkanaal word deur haartjies en geelklewerige oorwas

beskerm. Vuilheid wat by die oor inkom word deur die oorwas vasgevang sodat dit nie

na die middel- of binne-oor gaan nie.

Soms pak oorwas saam en blokkeer die oorkanaal. ‘n Dokter kan dit sonder enige gevaar

uithaal.

Klein kindertjies steek soms voorwerpe in hulle ore. Dit kan baie gevaarlik wees. Moet

nooit iets in jou oor steek nie. Moenie probeer om iets uit te krap nie. Besoek liewer ‘n

dokter as ‘n voorwerp of insek nie maklik uitkom nie.

‘n Dokter is besig om te toets hoe ‘n

seun op verskillende klanke reageer.

Die seun dra oorfone sodat hy net

die klanke van die masjien kan hoor.

Hy sê wat hy kan hoor en die dokter

maak aantekeninge.

62

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!