04.05.2013 Views

INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)-BELEID - Cape Agulhas Municipality

INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)-BELEID - Cape Agulhas Municipality

INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)-BELEID - Cape Agulhas Municipality

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Tensy spesifiek gemeld, bied die Munisipaliteit geen tegniese ondersteuning vir persoonlike (tuis-)

rekenaars nie.

Wagwoorde moet geheim gehou word en mag onder geen omstandighede openbaar gemaak of aan ’n

ander gebruiker oorgedra word sonder om die amptelike aansoekproses te volg nie.

Daar word van gebruikers verwag om alle sekerheidsbreuke of vermeende sekerheidsbreuke by die

Bestuurder van IT en hul onmiddellike Bestuurder aan te meld.

Die gebruikerrekening mag nie gebruik word om enige onwettige bedrywighede te pleeg nie. Dit is

die verantwoordelikheid van Bestuur om toe te sien dat die sekerheidsbeleide doeltreffend aan

gebruikers gekommunikeer word ten einde aanspreeklikheid te vestig.

Die rekenaar moet met die nuutste anti-virusagent wat deur die Munisipaliteit aanvaar word, gelaai

word. Munisipale werknemers kan ’n afskrif by die IT-departement kry.

Gebruikers sal aanspreeklik gehou word vir optrede wat onder die spesifieke gebruikerprofiel geneem

word.

Gebruikers mag nie hul rekenaars met ’n oop sessie onbeman laat nie. Gebruikers moet afteken, ’n

wagwoordskermbewaarder (‘screen saver’) aktiveer, of die skerm sluit wanneer die rekenaar

onbeman is terwyl dit nog aangeteken is.

Gebruikers moet kopiereg, handelsmerke, lisensies en verwante wetgewing respekteer.

Die diens moet gebruik word op ’n wyse wat nie met ander netwerkgebruikers, dienste en / of

toerusting inmeng of dit ontwrig nie.

Bladsy 22 van 56

WETLIKE EN REGULERENDE VEREISTES

Alhoewel die persoonlike gebruik van die Munisipaliteit se inligtingstelsels binne perke toegelaat

word, word misbruik van hierdie stelsel en die gebruik van obsene, rassistiese of andersins

aanstootlike stellings streng verbied.

Die Munisipaliteit moet binne die grense van statutêre wette en regulasies funksioneer en daaraan

voldoen. Waar van toepassing, geld internasionale wette ook (bv. VISA / MasterCard Standaarde).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!