Jaarverslag 2007 Bladsy 136
Uitvoerende Hoof se Verslag Oorsig en marktoestande Clover kon nie daarin slaag om sy ambisieuse teikengroei gedurende die oorsigjaar te bereik nie. Dit kan toegeskryf word aan die uitdagende marktoestande, ’n ernstige melktekort as gevolg van ’n plaaslike en internasionale droogte, ’n verswakkende rand en verhoogde produsente-insetkoste. Hierdie faktore is vererger deur Clover se strategie om sy produkte teen meer bekostigbare pryse aan verbruikers beskikbaar te stel. Die tydsverskil tussen die uitbreiding van die handelsmerk-produktemark en die ontwikkeling van voldoende voorrade rou melk het daartoe gelei dat Clover se eie produsente nie in staat was om in die verhoogde vraag te voorsien nie. Clover het egter ’n belegging in die toekoms gemaak deur roumelkpryse teen die einde van die boekjaar aansienlik te verhoog, wat sy bedryfsresultate nadelig beïnvloed het. ’n Besliste ommekeer in die infl asionêre omgewing vir suiwelprodukte die afgelope twee jaar het plaaslike en internasionale verkooppryse aan die verbruiker skerp laat styg. Hoewel ’n volumegroeistrategie steeds gebruik word om kostedruk weens infl asie te neutraliseer, word die uitwerking daarvan grootliks deur die tekort aan rou melk verydel. Bedryfsmarges vir sowel produsente as verwerkers word steeds negatief geraak. Clover se sterk handelsmerke en uitmuntende verkoops- en verspreidingsnetwerk bly die sterkste groeihefboomfaktore om sy markaandeel te beskerm. Clover Beverages Bpk het weereens voortrefl ike resultate gedurende die tydperk behaal danksy sy sterk handelsmerke en Clover se sterk ondersteuningsdienste. Die bekendstelling van nie-suiwelprodukte om die Groep se kapitaal en infrastruktuur meer doeltreffend te benut, het vrugte afgewerp en beleggings in hierdie afdeling van die besigheid sal voortgaan om insette te lewer vir Clover se pogings om ’n volwaardige handelsmerkprodukmaatskappy te word. Oorsig van resultate Clover se belangrikste bates is sy sterk handelsmerke en omvattende verkoops- en verspreidingsnetwerk. Die meeste groeikategorieë het hierdie bates gedurende die jaar as groeihefboom gebruik. Die effektiewe ruiltransaksie van die UltraMel Vla-besigheid vir Danone se 40% aandeelhouding in Clover Beverages Bpk sal in die toekoms groot waarde tot die Clover Groep toevoeg. Die verlenging van die diensooreenkomste met Danone Clover (Edms) Bpk met nog 5 jaar dui ook op die goeie verhouding wat die afgelope 10 jaar tussen Clover en die Danone-groep van Parys ontwikkel het. Die nuwe gerigtheidstrategie werk goed aan die bedryfskant van die onderneming. Onvoldoende vordering is egter gemaak met die gerigtheid van al die belanghebbers se belange. Nog ’n gebied waarop meer vordering nodig is, is algemene verkryging, waar talle geleenthede bestaan vir nuwe strategiese vennootskappe. Finansiële resultate Omset het met 9,6% toegeneem van R4,1 miljard tot R4,5 miljard. Die bedryfswinsmarge het van 5,9% in 2006 tot 8,0% in 2007 gestyg. Dit is egter vergroot deur ’n eenmalige inkomste as gevolg van die herstrukturering van Danone Clover en Clover Beverages, wat vir 3,7% van die marge verantwoordelik was. Aan die ander kant het ander eenmalige items en nie-kontantkoste op die inkomstestaat ’n teenoorgestelde uitwerking van 1% gehad. Toeskryfbare verdienste het aansienlik verbeter van R95,2 miljoen in 2006 tot R167,1 miljoen in 2007, ook as gevolg van die herstrukturering. Netto lenings het van R264,5 miljoen tot R369,8 miljoen toegeneem. Die hefboompersentasie van 43,1% is steeds beheerbaar, maar bied min ruimte vir toekomstige uitbreidings, samesmeltings en verkrygings. (Sien aantekening oor herkapitalisering en herstrukturering in die Voorsittersverslag.) Oorsig van bedrywighede Suiwelprodukte Weens die landwye melktekort is die groeiteikens vir sekere suiwelprodukte nie bereik nie, veral wat kaas en langlewemelk betref. In die ander waardetoegevoegde premiekategorieë is volumegroeivoorspellings egter oortref, veral in vars melk. Die segmentverslag onderstreep die uitwerking van die melktekort op suiwelbedrywighede. Die prysstimulering sal egter meer melk tot gevolg hê, wat hierdie swak resultate sal teenwerk. Ten spyte hiervan het die produkmengsel verder verbeter en ’n aggressiewe SKU-verminderingsprogram is in werking gestel, wat reserwekapasiteit sal vrystel en Clover se algemene werksaamhede in die toekoms sal vereenvoudig. Nie-alkoholiese drankies en nageregprodukte Clover Beverages Bpk, voorheen Clover Danone Beverages Bpk, het nogmaals ’n reuse jaar beleef en die besluit om handelsmerkpremies in die hoofkategorieë te verlaag, het die gewenste uitwerking gehad. Nuwe produkbekendstellings en lynverlengings is voortgesit en algemene bedryfsmarges het verbeter. Volumes het met 28,6% toegeneem vergeleke met 2006 en omset het met 24,5% gestyg van R663,2 miljoen tot R825,4 miljoen. Wins na belasting het ’n aansienlike styging van 274% getoon, van R74,7 miljoen tot R279,5 miljoen, waarvan R204 miljoen aan die herstrukturering van die besigheid deur Clover en Danone toegeskryf kan word. Soos reeds genoem, het Danone sy 40% aandeelhouding aan Clover S.A. (Bpk) terugverkoop, terwyl Danone Clover (Edms) Bpk terselfdertyd die UltraMel Vla-besigheid van Clover Beverages Bpk bekom het. Die segmentverslag is hersaamgestel om hierdie herstrukturering te weerspieël. Belangrike gebeure gedurende die jaar Die afskaffing van die nasionale melkprysstelsel Wesenlike veranderinge aan die leweringsooreenkomsstelsel Die implimentering van voorsieningsooreenkomste Herfokus van produsente nader aan markte en fabrieke Jaarverslag 2007 Bladsy 137