05.05.2013 Views

Download - Clover

Download - Clover

Download - Clover

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

’n Vermindering van nie-gerigte prinsipale

Die verkoop van die UltraMel Vla-besigheid aan Danone Clover (Edms) Bpk

’n Aanbod om die oorblywende 5% minderheidsbelang in Clover Beverages Bpk te bekom, wat onsuksesvol was

Die vraag na Clover se handelsmerkprodukte het begin om die aanbod te oorskry

Mama Afrika, ons vlagskip sosiale verantwoordelikheidsprojek, het die Trots Suid-Afrikaans Korporatiewe

Maatskaplike Belegging Kampioen van die Jaar-toekenning verower

Gesamentlike ondernemings

Clover het weereens bewys dat hy oor personeel met uitstekende interpersoonlike sakevaardighede beskik in sy

onderhandelinge met vennote. Afgesien van die twee historiese gesamentlike ondernemings in Danone Clover

(Edms) Bpk en Clover Fonterra Ingredients (Edms) Bpk, het die belegging in die Manhattan Ice Tea- en Sportsadehandelsmerke

ook gedurende die jaar bevredigende vordering getoon.

Dividende

Voorkeurdividende ten bedrae van R22 miljoen is gedurende die jaar aan voorkeuraandeelhouers uitbetaal. Die

Direksie het ’n dividendbeleid van 4 maal dekking goedgekeur, wat in ooreenstemming is met Clover se strategie om

’n balans te handhaaf tussen ’n billike opbrengs vir sy aandeelhouers en die terughouding van voldoende fondse om

sy huidige infrastruktuur in stand te hou en toekomstige groei te befonds.

’n Dividend van 0,45 sent per gewone aandeel en 13,24 sent per voorkeuraandeel word deur die Direkteure

voorgestel vir goedkeuring tydens die algemene jaarvergadering.

Vooruitsigte

Clover se strategie is op 5 hoekstene gebou, naamlik:

Bedryfsdoeltreffendheid

Toekomstige beleggings vir volhoubare groei

Verkrygingsdoeltreffendheid en verskaffingsvennootskappe

Hoë vlakke van kapitaalbenutting

Samesmeltings en verkrygings in uitgesoekte markte

Hierdie strategiese hoekstene het reële ekonomiese groei vir sowel die Maatskappy as sy belanghebbers ten doel,

asook om die opbrengs op aandeelhouersfondse in die proses te maksimaliseer. Die strategiese fokus is om sterk in

bestaande goed presterende kernhandelsmerke te belê en om nie-winsgewende produkte of kategorieë wat nie op

die kort tot medium termyn voldoende belofte toon nie, uit te skakel.

Jaarverslag 2007 Bladsy 138

Die Europese Unie produseer ongeveer 145 miljard liter melk per jaar en die kansellasie van uitvoersubsidies aan

Europese produsente het die lewering met betrekking tot hulle kwota die afgelope kalenderjaar laat daal. Die

verminderde lewering, die droogte in Australië en die buitengewone groei in suiwelverbruik in China en Indië

het byna oornag ’n wêreldwye tekort aan melkvastestowwe veroorsaak en plaaslike en internasionale verwerkers

onverhoeds betrap. Fonterra voorspel dat die vraag ’n geruime tyd die aanbod sal oorskry, wat goeie belofte vir

suiwelboerdery in die algemeen inhou. Melkpryse aan Clover se produsente is skerp verhoog en die verhogings

word nou aan verbruikers oorgedra. Hoewel daar ’n vervroegings- en vertragingsfaktor tussen die verhoging van

pryse aan produsente en hulle gevolglike verhaling in die mark is, word hierdie koste as ’n belegging vir die toekoms

beskou.

Soos in die Desember 2006-halfjaarverslae geïmpliseer is, sal hierdie buitengewone verhogings aan die verbruiker

die huidige sterk groei in verkoopsvolumes strem. Volumegroei is egter kritiek vir ons langtermynstrategie, wat

op groter doeltreffendheid en produsente-volumegroei gebou is. Clover se sterk handelsmerke en verkoops- en

verspreidingsnetwerk verskaf steeds die basis wat ons as hefboom vir toekomstige groei sal gebruik. Besigheid met

hoër winsmarges en ’n goeie produkmengsel sal ook energiek nagestreef word.

Clover huldig sy produsente se ondersteuning oor die baie moeilike afgelope 2 tot 3 jaar en die Maatskappy is

dankbaar vir hul voortgesette steun. Die lojaliteit van Clover se produsente word wyd erken en Clover is besonder

entoesiasties oor hulle toekoms, aangesien die internasionale suiweltekort ’n langverwagte regstelling in suiwelpryse

veroorsaak het. Die gerigtheidstrategie sal ook voortgesit word en hoewel dit dikwels gesonde debat en konfl ik

veroorsaak, is dit noodsaaklik dat ons vooruitbeweeg, omdat gerigtheid van belanghebbers en aandeelhouers die

enigste model is wat groter belanghebberwaarde tot gevolg sal hê.

Die kompleksiteit van werksaamhede in ’n landbou-omgewing word ten volle erken, maar die Maatskappy is

vasberade om deurgaans wedersyds voordelige kompromieë tussen alle belanghebbers te bemiddel. Die Direksie

ondersoek ook maniere om die uitbreiding van Clover se vermoëns te befonds en om produksiedoeltreffendheid

verder te verhoog. Die potensiële behoefte aan kapitaal vir verdere verkrygings om voordeel te trek uit die

lewenskragtige Suid-Afrikaanse ekonomie het die Direksie aangespoor om alle befondsingsopsies te oorweeg en ’n

herkapitalisasieprogram is nie uitgesluit nie. Die Direksie sal enige voorstelle wat aandeelhouers raak, vroegtydig

kommunikeer.

Ondanks die uitdagende toestande wat voorlê, bly ons steeds vol vertroue dat ons in die volgende boekjaar

positiewe groei en gevolglik ’n positiewe uitwerking op toeskryfbare verdienste sal kan bereik. Positiewe faktore

sluit in die sterk Suid-Afrikaanse ekonomie, hoë verbruikersbesteding, ’n sterk en groeiende middelklas, groter

regeringsbesteding aan infrastruktuur, groter voedselverbruik en ’n toename in werkskepping.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!