05.05.2013 Views

Download - Clover

Download - Clover

Download - Clover

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe Beheer

Inleiding

Die Clover Industries Groep is verbind tot die beginsels van deursigtigheid, integriteit en toerekenbaarheid in

sy sakebedrywighede met alle belanghebbers en ondersteun die Kode van Korporatiewe Praktyk en Gedrag soos

aanbeveel deur die King II-verslag insake Korporatiewe Bestuur vir Suid-Afrika.

Etiese Kode

’n Etiese Kode en ’n Gedragskode is deur die Direksie aanvaar en die Direkteure is volkome verbind tot hierdie

beginsels, wat verseker dat die besigheid bestuur word met inagneming van die omstandighede in die suiwelbedryf in

Suid-Afrika en die maatskaplike en politieke omgewing waarin die Groep sake doen.

Finansiële state

Die Direkteure van die Groep is verantwoordelik vir die voorbereiding van die fi nansiële state en ander inligting

soos uiteengesit in die jaarverslag en die billike aanbieding van die stand en resultate van die werksaamhede van die

Groep. Die eksterne ouditeure van die Maatskappy is daarvoor verantwoordelik om ’n onafhanklike ondersoek van

die fi nansiële state uit te voer in ooreenstemming met Standpunte oor Internasionale Ouditstandaarde en ’n mening

oor hierdie fi nansiële state uit te spreek. Die ouditeure se verslag word op bladsy 152 uiteengesit.

Die fi nansiële state soos uiteengesit op bladsye 30 tot 118 is voorberei in ooreenstemming met Internasionale

Finansiële Verslagdoeningstandaarde en is gegrond op toepaslike rekeningkundige beleid, ondersteun deur redelike

en omsigtige ramings.

Die Direkteure glo dat die Groep se werksaamhede as lopende onderneming in die komende jaar sal voortgaan.

Oudit- en Risikokomitee

Die Groep het ’n Oudit- en Risikokomitee wat volgens ’n goedgekeurde oktrooi optree en onder voorsitterskap

staan van mnr DK Smith, ’n onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteur. Die ander komiteelede is almal Nieuitvoerend.

Die Komitee monitor die doeltreffendheid van interne beheer in die Groep met verwysing na die

bevindinge van sowel die interne as eksterne ouditeure. Ander gebiede wat gedek word, sluit in alle geïdentifi seerde

hoërisiko-areas, belangrike rekeningkundige aangeleenthede en ’n bespreking van die belangrikste ouditaanbevelings.

Besonderhede van die Groepsoudit- en Risikokomiteelede word op bladsy 152 uiteengesit.

Interne beheer

Die Groep beskik oor interne beheermaatreëls en -stelsels om redelike versekering te verskaf oor die betroubaarheid

van die fi nansiële state en om verantwoordelikheid te behou om sy bates op ’n gepaste wyse te beskerm en te

Jaarverslag 2007 Bladsy 146

kontroleer. Hierdie maatreëls is geskoei op gevestigde beleid en prosedures en word toegepas deur opgeleide

personeel met skeiding van pligte en verantwoordelikhede.

Die Groep het sy interne ouditfunksie grootliks uitgekontrakteer aan KPMG ’n professionele dienstefi rma. Hierdie

interne ouditfunksie staan onder beheer van die Ouditkomitee, wat die omvang bepaal van die werk wat gedoen

moet word. Wesenlike bevindinge word aan sowel die Uitvoerende Bestuur as die Ouditkomitee gerapporteer.

Korrektiewe optrede word onderneem om interne beheertekorte wat in die uitvoering van die werk geïdentifi seer

word, aan te spreek.

Niks het onder die aandag van die Direkteure gekom wat op enige wesenlike verbreking van die doeltreffendheid van

die interne beheermaatreëls en stelsels gedurende die oorsigjaar dui nie.

Risikobeheer

Die Groep beskik oor omvattende risiko- en verliesbeheerprosedures wat deel uitmaak van ’n gevorderde

versekeringsprogram. Die program, wat taktiese vlakke van bybetalings insluit, stel die Groep in staat om

mededingende tariewe te bekom, terwyl geskikte herversekering die Groep teen groot verliese beskerm.

Direksie

Die Direksie sluit twee onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteure in, wat op grond van hulle sakevernuf en

-kundigheid aangewys word. Die Direksie staan onder voorsitterskap van ’n Nie-uitvoerende Direkteur en

bestaan uit tien Nie-uitvoerende Direkteure wat melkprodusente is, drie Nie-uitvoerende Direkteure van die

Groep se bemagtigingsvennoot, twee onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteure en twee Uitvoerende Direkteure.

Besonderhede word op bladsy 133 uiteengesit.

Nuwe aanstellings in die Direksie word op gepaste wyse deur middel van ’n induksieprogram aan die Groep se

sakebedrywighede bekendgestel.

Die Direksie vergader gereeld en monitor die prestasie van die uitvoerende bestuur. Dit bespreek ’n verskeidenheid

sleutelaangeleenthede en verseker dat daar op beleids-, strategie- en prestasie-aangeleenthede gefokus word.

Alle Direkteure van die Groep het toegang tot die advies en dienste van die Sekretaris, wat aan die Direksie

verantwoordelik is om te verseker dat prosedures en regulasies nagekom word en dat die Direkteure vertroud is

met hulle pligte en verantwoordelikhede. Die besonderhede van die Sekretaris verskyn op bladsy 124. Direkteure

is egter geregtig om in toepaslike omstandighede onafhanklike professionele advies oor die sake van die Groep in te

win indien hulle van mening is dat dié optrede in die beste belang van die Groep sal wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!