28.02.2018 Views

JOINING HANDS 28 Feb 2018 WEB

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Man stap met kruis

na Mighty Men

Reini Coetzee het op Donderdagoggend, 22 Maart om 5 uur die oggend

vanaf Gonubie in Oos-Londen met ‘n reuse kruis begin stap na die plaas

Geelhoutboom op Humansdorp waar die Mighty Men Konferensie

vanjaar op 2 tot 4 Maart plaasvind. Reini verwag om Vrydag 2 Maart,

laatmiddag, daar aan te kom.

Ons het die geleentheid gekry om met Reini te gesels terwyl hy stap om uit te vind hoekom

hy dit doen nadat Eugene Genis, hooforganiseerder van vanjaar se Mighty Men, vir ons ‘n

telefoniese onderhoud met hom gereël het.

Hoewel hy alleen loop, is daar geweldige belangstelling en kinders hardloop langs hom en

help die kruis dra. “Ek is opgewonde, ek is opgewonde oor wat God met ons gaan aanvang!

Dit gaan oor Hom en wat Hy aan ons gaan openbaar”, gesels ‘n opgewonde Reini.

Reini het al 7 Mighty Men Konferensies begewoon en sê dat dit ‘n MOET vir elke man is.

“Dit vorm ‘n ongelooflike band tussen mans van oud tot jonk, pa’s en seuns staan saam,

oupa’s en kleinkinders, dis SO nodig vir ons mans om hierdie konferensie by te woon en

weer te besef daar is hoop - daar is GROOT hoop!”

Ons hoor letterlik die opgewondenheid in Reini se stem terwyl hy met ons praat: “God is

groot, Hy is goed! En Hy is getrou! Ek het nog net goeie weer beleef terwyl ek stap!”

“Ek ontmoet die wonderlikste positiewe mense op pad wat in trane uitbars, mense wat

stukkies met my saamstap, kinders wat help om die kruis te dra en sonder enige skaamte

bely dat Jesus in hulle harte is!”

Reini se motvering vir die groot stap is om mense bewus te maak van Mighty Men en hulle

sodoende aan te spoor om die samekoms by te woon.

Julle kan Reini se vordering volg en hom aanspoor op die Mighty Men Facebook blad.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!