25.02.2013 Views

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JOERNAAL/JOURNAL WESSELS

geheimhouding. Ons moes toe tussen die vier van ons vir ses uur op 'n keer dag en

nag gaan waghou as operasie-offisiere by Silwermyn Maritieme Hoofkwartier. Ons

het dus 'n goeie oog gehad oor hoe die operasie ontwikkel waarvan die land totaal

onbewus was, maar die res van die wêreld alles af geweet het!

Die twee veggroepe, Zulu langs die kus op en Alfa in die middel op, het vinnig

gevorder hoewel hulle maar raap-en-skraap-eenhede was. Kommandant Proppies

van Heerden was in bevel van veggroep Zulu en dit het bestaan uit drie pantserkarre,

56 'n peleton dienspligtiges en 'n hele klomp vragmotors (Portugese groentelorries

wat hy sommer opgekommandeer het) vol FNLA 57 troepe. Hiermee het hy

die MPLA en die Kubane vir meer as vyfhonderd myl [800 km] teen die kus op

teruggejaag tot teen die Cuenzarivier, net 'n paar dae vanaf Luanda. Teen daardie

tyd egter het die Kubane daarin geslaag om langafstand artillerie in te voer sowel as

die Stalin-orrel, 'n tipe vuurpyl wat in sarsies afgeskiet word. 58 Dit is deur die

troepe die Rooi Oog genoem omdat die vuurpyl die hele pad gesien kon word.

Hier by die Cuenzarivier word Proppies en sy groep toe deur die Kubaanse artillerie

vasgepen, want hul pantserkarkanonne kon nie die vyandelike artillerie bykom

nie. Ook het sy FNLA troepe 'n bygelowige vrees vir die Rooi Oë gehad en elke

keer as hulle afgevuur is, het hulle soos hase in die bosse verdwyn. Net ongeveer

twintig myl [32 km] seewaarts stoom PRESIDENT STEYN 59 op en af en net te

gretig om ook iets tot die veldtog by te dra. Ons in Silwermyn maak sein op sein na

VHK [Verdedigingshoofkwartier] om hulle daarop te wys dat PS die Kubane binne

twee uur nadat sy die oproep gekry het uitmekaar sou kon bombardeer met haar

twee 4.5" kanonne. Maar die klomp platvoetsoldate wil niks daarvan weet nie.

Hulle besluit om liewer artillerie in te vlieg. Dit het hulle drie weke geneem om dit

reg te kry, want dit was nie net die kanonne nie, hulle moes ook die kanonniers en

al hulle logistiek en die groot hoeveelhede ammunisie wat hulle sou benodig oor

amper 'n duisend myl [1600 km] van Grootfontein in Suidwes oor land vervoer. Die

skip het al hierdie goed met haar saam rondgedra. Teen die tyd dat hulle dit alles

kon doen, het die toestand sodanig verander deur verdere versterkings aan die

56 Kol. J.S. (Koos, "Proppies") van Heerden was die bevelvoerder van Taakmag Zulu. (Genoemde

taakmag het op sy beurt uit twee taakgroepe, naamlik Alpha en Bravo, bestaan.) Daar was 'n hele

aantal pantserkarre in Taakmag Zulu - sowel Eland 60- en Eland 90-pantserkarre. Aangesien Taakmag

Zulu so vinnig gevorder het, het Van Heerden voortaan onder sommige soldate as "Rommel"

bekend gestaan. Kyk ibid., pp. 83-101, 111-28.

57 Die Frente Nacional de Libertação de Angola (FNLA), waarvan die oorsprong na 1957 terugdateer,

het saam met die MPLA en UNITA teen die Portugese geveg, maar na onafhanklikheid saam met

UNITA en die SAW téén die MPLA en hul Kubaanse en Oosblok-bondgenote.

58 Die Sowjet-vervaardigde Katyusha meervoudige-vuurpyllanseerders is die eerste keer tydens die

Tweede Wêreldoorlog (1939-45) gebruik en deur die Duitsers Stalin-orrels genoem. Sedert dié oorlog

is die wapenstelsel in talle bevrydings- en ander oorloë wêreldwyd aangewend.

59 Kyk voetnoot 37, supra, vir meer besonderhede.

315

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!