25.02.2013 Views

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JOERNAAL/JOURNAL WESSELS

Gedurende die Kursus nr. 6/79 in Desember 1979 se grensbesoek, kom ek toe vir

die enigste keer tydens die hele bosoorlog onder vuur. Ons was besig om van

Ondangwa, die hooflugmagbasis in Ovambo, na Ruacana, waar die kaplyn die

Kunenerivier ontmoet, te vlieg in 'n DC4-vliegtuig. 76 Daar was omtrent dertig

senior offisiere, kolonelle/kapteins en brigadiers/kommodoors aanboord saam met

ons begeleier, kol.Vossie Nel, wat in bevel was van Sektor 70, en die vliegtuigbemanning

van twee vlieëniers en een boordtegnikus. Al die kursusgangers is met

9-mm pistole uitgereik terwyl ons in die operasionele gebied rondgereis het ingeval

iets sou voorval. Vossie Nel egter het vir ons pistole gelag. Hyself het altyd sy R1

[-geweer] byderhand gehad, want dit is die enigste wapen waarmee 'n terroris agter

'n boom uitgehaal kon word volgens hom! Daardie jare moes vliegtuie ook op

boomtophoogte vlieg om die gevaar van grond-tot-lug missiele te vermy. Hierdie

SAMs, 77 soos hulle bekend was, was skouer gelanseer en die operateur het nie tyd

gehad om te mik en te laat los nie as die teikenvliegtuig te laag gevlieg het. Dit was

bekend dat SWAPO met hierdie missiele toegerus was aangesien hulle verskeie

kere tevore probeer het om vliegtuie af te skiet, maar gelukkig sonder sukses.

Ons twee vlieëniers het nie eens nodig gehad om veel te sukkel met navigasie nie,

want die pad na Ruacana was 'n lang spierwit streep deur die bosse en pylreguit tot

amper by Ruacana. Hulle moes net die pad volg. Naby die grens met Angola moes

hulle egter na links wegdraai om by die landingstrook by Ruacana uit te kom.

Omtrent so tien myl [16 km] oorkant die grens was daar die dam in die Kunenerivier

wat die meeste van Ovambo se elektrisiteit verskaf het en die dorpie

Calueque was digby die damwal. Dit was 'n MPLA-dorp met sy eie landingstrook.

Ek was besig om 'n 'grandslam' in klawers te maak (ons het 'n baie aktiewe brugskool

gehad en my vennoot by hierdie geleentheid was brigadier Boytjie Viviers

wat saam met my in Standerd 7 was op Volksrust en ook saam op Stellenbosch in

Crozierhuis), toe die vliegtuig skielik op sy kant gepluk word sodat ek deur die

venster langs my die grond kon sien. Ek sien sulke vuurvliegies na ons toe opkom

en daar is skielik 'n harde slag in die kajuit 'n paar sitplekke vorentoe en daar slaan

rook uit. Ek dag by myself: wie is nou so laf om klappers in die vliegtuig af te skiet

- dis mos gevaarlik met al die brandstof!

Maar toe dring dit tot my deur. Die vuurvliegies is ligspoorkoeëls. Iemand is besig

om op ons te skiet! Wat toe gebeur het is dat Vossie Nel merk dat die vliegtuig

76 Douglas DC-4 Skymaster-passasiersvliegtuig, waarvan die SALM vyf gehad het en die laaste vier

in Februarie 1993 aan diens onttrek is. H Potgieter en W Steenkamp, Aircraft of the South African

Airforce (Kaapstad, 1980), pp. 86-7, 171; H Potgieter en L Birns, More than game: a salute

to the South African Air Force (Morningside, 1995), p. 148.

77 Surface-to-air missiles (SAMs). Die soort wat deur 'n gewone soldaat vanuit 'n buis (wat hy op sy

skouer kan hou) gelanseer word, staan in die Weste bekend as die SA-7 ("Grail"), maar die Sowjetbenaming

is 9K32 "Strela-2".

321

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!