25.02.2013 Views

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

JOERNAAL/JOURNAL WESSELS

'n Groot deel van die GSK het gehandel oor die metodiek vir die opstelling van

operasionele waarderings en dan die daaruitspruitende operasionele en logistieke

beplanning vir groot gesamentlike operasies. Om dit moontlik te maak word daar 'n

fiktiewe operasionele situasie geskep waarop die kursusgangers hul talente en

vaardighede moes uittoets. Kort na my aankoms daar moes ek toe so 'n fiktiewe

scenario skep en al die orders daarvoor opstel. Dit is genoem Oefening

ENSEMBLE. Ek moes so 'n ietwat van toekomsvisie gehad het toe ek dit geskryf

het, want dit het veronderstel dat die Kubane beplan om Suidwes in te val, en die

waardering het dan gespesifiseer watter magte hulle het en hoe dit saamgestel sou

wees. Eie magte moes dan hul beste planne van aksie opstel om hierdie inval teen

te staan en terug te dryf. So het ek 'n groot omsingelingsbeweging sien ontwikkel

met 'n sterk Leërmag uit die ooste oor die grens, terwyl die Vloot nog 'n mag agter

die vyand by Mossamedes (deesdae bekend as Namibe) sou land om hul logistiek

en terugtog af te sny. Hierdie scenario het vir 'n hele paar jaar as die vernaamste

papier-oefening gedien wat by die kollege bestudeer is. Sowat tien jaar later, in

1988, het hierdie scenario baie amper 'n werklikheid geword. 74

Weens die aansienlike verskille tussen die Franse en ons eie kursus moes ek bo en

behalwe my status as Kontrolestaf, ook nog die kursus as 'n student bywoon. Dit

was Kursus nr. 4/78, want die kollege het eers in 1974 geopen. In die twee jaar wat

ek daar was, was ek by vier kursusse betrokke - die ander drie natuurlik slegs as

KS. Een van my take was om die kursusbesoeke te organiseer. Dìt was besoeke aan

die onderskeie Weermageenhede, want dit was verbasend hoe min die drie, later

vier, Weermagsdele van mekaar geweet het. Dit was dan ook een van die

belangrikste doelwitte van die kursus, naamlik om onderlinge kennis en samewerking

tussen die Weermagsdele te bevorder en uit te bou. Die SA Mediese

Dienste, wat tot nog toe by die drie operasionele weermagsdele geïntegreer was,

met die Geneesheer-generaal slegs die professionele hoof, is nou omskep in 'n

vierde volwaardige Weermagsdeel met sy eie uniform. 75 Ons het ook by ander

belangrike dele van die land se infrastuktuur wat van strategiese waarde was, soos

byvoorbeeld die hawens ens., besoek afgelê. [...]

Die belangrikste kursusbesoeke was egter aan die operasionele gebied in Noord-

Suidwes. Ons het eers na Windhoek gevlieg waar ons oor die operasionele toestand

voorgelig is en dan besoeke by die militêre basisse by plekke soos Grootfontein,

74 In 1988 het Kubaanse eenhede tot naby die noordelike grens van SWA/Namibië beweeg, maar hulle

was bedag op die moontlikheid dat die SAV soldate agter hul rug langs die Angolese kus aan land

kon plaas; iets wat in die praktyk nie gebeur het nie. AP Burgers – A Wessels, 22 Augustus 2006

(e-pos).

75 Die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD) is oorspronklik op 3 Desember 1913 tot stand

gebring, maar het eers op 1 Julie 1979 'n outonome weermagsdeel geword. Militêre geneeskunde

in Suid-Afrika 1913-1983 (Pretoria, 1983), passim.

319

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!