25.02.2013 Views

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

JG Burgers se vlootherinneringe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JOERNAAL/JOURNAL WESSELS

personeel aan boord van vliegtuie en helikopters van die Suid-Afrikaanse Lugmag

(SALM) wat patrollies gestap of gevlieg, en baie keer in gevegte betrokke geraak

het nie. Hul ervaringe - beide ter see op patrollie en aan die tuisfront - vorm egter

deel van die SAV en dus ook van die SAW se geskiedenis; trouens, dit maak

vandag deel uit van die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

(SANW), die Republiek van Suid-Afrika (RSA) se nuwe weermag wat op 27 April

1994 tot stand gekom het. Indien die geskiedenis van die SAV, SAW en/of SANW

dus eendag volledig te boek gestel word, sal ook die "oorlogsherinneringe" van

diegene wat in die jare 1966-89 in die Vloot gedien het, verreken moet word.

Een van die meer as 25 000 persone wat in die periode 1966-89 in uniform in die

SAV gedien het, 3 was André Burgers. Toe die "Grensoorlog" op 26 Augustus 1966

'n aanvang geneem het, was hy 'n luitenant en te Simonstad werksaam as die

destydse Hoof van die SAV, vise-adm. HH Biermann, se vlagluitenant. Toe die

SAW in Junie 1989 aan SWA onttrek het, was hy 'n kommodoor (vandag bekend as

skout-admiraal (JG)) en werksaam as Hoof van Vlootstaf Inligting by die

Vloothoofkwartier in Pretoria. Hy het aan twee operasionele patrollievaarte langs

die kus van SWA en Angola deelgeneem en was die meeste van die tyd tussen

1966 en 1989 werksaam in poste aan wal. Nogtans is sy loopbaan direk of indirek

deur die stryd in SWA/Angola beïnvloed en het hy weer op sy beurt direk of

indirek dié oorlog help voer - selfs al was hy merendeels meer as 1 000 km ver

verwyder van die operasionele gebied. In dié opsig is sy loopbaan en ervaringe

tipies van baie van sy tydgenote.

Dit is dus die doel van hierdie artikel om 'n gedeelte van die herinneringe van een

enkele lid van die SAV aan die "Grensoorlog" van 1966-89 te publiseer ten einde

dit vir die nageslag te bewaar en aan 'n wyer gehoor bekend te stel, in die hoop dat

dit vir toekomstige navorsers oor die geskiedenis van die SAV, SAW, SANW en

die Namibiese Vryheidsoorlog van nut sal wees; en dalk ander voormalige SAVlede

sal aanspoor om ook hul herinneringe op skrif te stel, of op band, CD, video of

DVD vas te lê. Herinneringskrifte soos hierdie plaas die geskiedenis van die SAV

in 'n tydperk van geweldige veranderinge (lees: probleme; uitdagings) vir die Vloot

in perspektief.

Skout-adm. (JG) Burgers het op 3 September 2003 'n uitgebreide manuskrip van

295 enkelgespasieerde getikte bladsye voltooi, waarin hy sy familiegeskiedenis, insluitende

sy lewensverhaal, uiteengesit het. Hy het die manuskrip, getiteld "Die

Burgers kronieke", vir sy kinders se onthalwe geskryf en 15 afskrifte is aan naaste

3 Skatting na aanleiding van die statistiek wat in die 1966-89 uitgawes van Jane's fighting ships

verskaf word.

305

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!