01.05.2013 Views

BABA VOEDING - insightcpd.co.za

BABA VOEDING - insightcpd.co.za

BABA VOEDING - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2003 MODULE 3

HOOFPUNTE

INLEIDING .................................................................. 1

1. BORSVOEDING: ........................................................................ 2

1.1 Bors is die beste ........................................................................ 2

1.2 Anatomie en Fisiologie van die borste ....................................... 3

1.3 Borsmelk word in 3 stadia aan die baba gelewer ....................... 5

1.4 Borsmelk - samestelling ............................................................ 6

1.5 Raad vir borsvoeding en verwante probleme ............................. 7

1.6 Kontra-indikasies vir borsvoeding ............................................. 8

1.7 Borsvoeding ondersteuningsdienste ......................................... 9

2. BESKERMING EN BEVORDERING VAN BORSVOEDING ......... 9

2.1 Waarom ’n WGO (Wêreld Gesondheid Organisasie) Etiese

Kode vir die bemarking van borsmelk plaasvervangers? ........... 9

2.2 Doelwit van die kode ................................................................. 9

2.3 Produkte geraak deur die kode ................................................ 10

2.4 Belangrike kennisgewing aan moeders .................................... 10

2.5 Die afskaffing van gratis voorraad, monsters en donasies van

Baba Voedings ........................................................................ 10

2.6 WHO / UNICEF – Baba Vriendelike Inisiatief ............................ 10

2.7 Tien Stappe vir Suksesvolle Borsvoeding ................................ 11

3. VOEDING VAN DIE PASGEBORE BABA .......................... 11

3.1 Fisiologiese beperkings ........................................................... 11

3.2 Verwagte groei: Geboorte – 3 Jaar .......................................... 12

3.3 Voedingsbehoeftes van babas ................................................. 12

3.3.1 Energie verskaffende voedingstowwe ............................ 13

3.3.2 Voedingstowwe wat die liggaam bou ............................ 13

3.3.3 Beskermende voedingstowwe ....................................... 13

3.4 Funksies van voedingstowwe .................................................. 14

4. BORSMELK PLAASVERVANGERS ................................ 15

4.1 Ongeskikte Borsmelk Plaasvervangers .................................... 16

4.2 Geskikte Borsmelk Plaasvervangers ........................................ 17

4.3 Codex Alimentarius Standaarde vir Baba Formules ................. 17

4.4 Gids vir besluitneming oor baba voeding ................................ 17

4.5 Roetine Baba Formules ........................................................... 17

5. GESPESIALISEERDE FORMULE VOEDING ...................... 19

5.1 Voeding van die vroeggebore baba ......................................... 19

5.2 Die Rol van Funksionele Voedsel by Baba Voeding ................. 20

5.3 Probleme met baba voeding .................................................... 20

. Koliek .................................................................................... 20

. Ligte vertering stoornisse ...................................................... 20

. Koolhidraat intoleransie ......................................................... 21

. Diarree ................................................................................... 21

. Voeding van die allergiese baba ............................................ 22

. Regurgitasie of uitspoeg ....................................................... 22

. Braking .................................................................................. 22

. Konstipasie ............................................................................ 23

6. INDIKASIES VIR ’N BABA FORMULE ............................ 23

7. VOORBEREIDING VAN BOTTELS ................................. 23

8. GEVOLGTREKKING ................................................. 24

BABA VOEDING

STUDIE DOELWITTE

Na voltooiing van hierdie modules sal u: -

ì Die unieke voordele van borsvoeding verstaan en

hoe borsmelk op sy eie, optimale groei en

ontwikkeling van die baba gedurende die eerste

ses maande van die baba se lewe kan verskaf.

ì Toegerus wees om die beskerming en bevordering

van borsvoeding te ondersteun as ’n professionele

gesondheidsorg werker.

ì Die pasgeborene se fisiologiese beperkings besef

indien inligting gegee word oor voeding en geskikte

voedingsopsies.

ì In staat wees om die mees geskikte baba formule

te kies vir babas wat ’n borsmelk plaasvervanger

benodig.

ì Praktiese raad kan verskaf oor algemene baba

voedingsprobleme en weet wanneer om te verwys

as simptome voorkom wat dringende verwysing na

’n meer gespesialiseerde gesondheidsorg

voorsiener noodsaak.

INLEIDING

Die onderwerp van baba voeding veroorsaak nog steeds

vandag baie bespreking en debat onder gesondheidsorg

werkers regdeur die wêreld. Namate die deskundiges aanhou

om te bewys presies waarom borsmelk die beste bron van

voeding vir die groeiende baba is, het die realiteit van die

moderne lewe aanleiding gegee tot ’n paar ernstige kontraindikasies

vir borsvoeding, wat die beskikbaarheid van geskikte

alternatiewe vir borsmelk noodsaak in die vorm van borsmelk

plaasvervangers wat geskikte voeding verskaf.

Gedurende swangerskap behoort gesondheidsorg werkers

nuwe moeders te begin inlig oor die mees geskikte

voedingsopsies wat beskikbaar is. Die inligting wat verskaf

word moet relevant en maklik vir die moeder wees om te

verstaan. Onlangse studies het aangetoon dat daar ’n besliste

verband is tussen swak voedingspraktyke en tekort aan inligting.

Die voorsiening van te veel inligting (dikwels deur familie of

vriende wat dit goed bedoel) kan maklik aanleiding gee tot

gevoelens van angstigheid, mislukking of ’n negatiewe houding

teenoor die swangerskap of baba.

1 Julie 2003

Indien die kwaliteit van die inligting wat verskaf word

deurslaggewend is vir suksesvolle ouerskap, veral op die

gebied van baba voeding, behoort nuwe moeders aangeraai

te word om mediese en babasorg raad van nie meer as een of

twee betroubare bronne te aanvaar nie. Die goed ingeligte

moeder is bewys om meer selfversekerd te wees gedurende

borsvoeding, verskaf ’n goeie voorraad borsmelk en vermy die

risiko’s geassosieer met vroeë speen van die baba.

Danksy die onlangse toename in primêre gesondheidsorg

fasiliteite in Suid-Afrika, is inligting en opvoeding baie meer

toeganklik vir swanger en borsvoedende moeders. Om die

unieke voordele van borsvoeding te verstaan sowel as die

toegang tot professionele raad oor toepaslike borsmelk

plaasvervangers, kan die taak van babavoeding ’n meer

genotvolle en ontspannende ondervinding maak.

Ons kom ’n lang pad van die dae toe morbiditeit en

mortaliteitstempos ontstellend hoog was en byna altyd

geassosieer was met swak voedingspraktyke van die baba

wat nie geborsvoed word nie. Ongelukkig het tradisionele

voedingspraktyke soos soogvroue of saamvoeging van

borsmelk “iets van die verlede” geword, aangesien die tempo

van MIV infeksie aanhoudend toeneem, wat ’n invloed het op

die toenemende aantal babas wat deur borsvoeding geïnfekteer

word.

Die doel van hierdie Alpha Pharm module is om u, die apteker,

met die mees onlangse inligting te verskaf oor baba voeding en

probleme wat met voeding gepaard gaan.

1. BORSVOEDING

1.1 Bors is die Beste

Vra enige professionele gesondheidsorg werker wat die beste

bron van voeding vir die groeiende baba is. Hulle sal byna altyd

antwoord dat “bors is die beste”. Oor die laaste eeu het die

studieveld van wetenskap en tegnologie aanhoudend gegroei,

wat wetenskaplikes in staat stel om meer in-diepte navorsing

te doen wat bewys hoe uniek borsmelk is, en waarom dit

eksklusief gedurende die eerste 6 maande van ’n baba se lewe

verskaf behoort te word.

LW. Eksklusiewe borsvoeding beteken dat geen ander

vloeistowwe (water, tee, sap, melkvoedings ens.)

of vaste kosse gedurende die eerste ses maande

van die baba se lewe gegee behoort te word nie.

Medikasie behoort slegs onder toesig van ’n dokter

of opgeleide gesondheidsorg werker gegee te word.

Die vrou se borste (mammêre klier) kan melk produseer na

gelang van die individuele behoeftes van ’n baba; volume en

samestelling verander na gelang van die groei behoeftes d.i.

gedurende vinnige groeifases benodig die baba gewoonlik

groter volumes borsmelk en die suig aksie verhoog of vergroot

wat die bors laat weet om produksie ooreenkomstig aan te pas

om aan die hoër volume aanvraag vir groei te voldoen.

Die Wêreld Gesondheid Vergadering (WGV) kom gereeld

bymekaar om kwessies wat oor gesondheid handel met

gesondheidsdeskundiges van regoor die wêreld te bespreek.

Bevindings en aanbevelings word aan die Wêreld Gesondheid

Organisasie (WGO) terug gerapporteer. Die mees onlangse

aanbeveling vir die duur van eksklusiewe borsvoeding is as

volg:

“Borsvoeding is ’n ongeëwenaarde wyse om die ideale

voedsel vir gesonde groei en ontwikkeling van babas te

verskaf; dit is ook ’n integrale deel van die reproduktiewe

proses met belangrike implikasies vir die gesondheid van

moeders. As ’n globale openbare gesondheid aanbeveling

behoort babas eksklusief geborsvoed te word vir die eerste

ses lewensmaande om optimale groei, ontwikkeling en

gesondheid te verkry”.

55th World Health Assembly 16 April 2002

As gesondheidsorg werkers saamstem om hierdie

internasionale aanbevelings te ondersteun, dan is die beginpunt

’n duidelike begrip van die belangrikste voordele van

borsvoeding:

Tabel 1

BORSMELK VOORDEEL

Samestelling • Eksklusiewe borsvoeding voorsien die baba van al die nodige voeding-

stowwe vir optimale groei en ontwikkeling tydens die eerste 6 maande van

sy/haar lewe.

Die voedings- en immunologiese eienskappe van borsmelk pas by die kind se

behoeftes aan.

• Gereelde borsvoeding stimuleer laktasie.

• Borsmelk bevat al die essensiële aminosure.

• 60% van proteïen is dikmelk, a dun, waterige proteïen wat maklik verteer.

• Koolhidraat (CHO) inhoud is 100% laktose wat die baba van energie

voorsien, die groei van brein weefsel ondersteun en die groei van

bifidobakterieë bevorder, wat die beskermende voering van die dermkanaal

vorm (bifidus flora).

Kolostrum • Die voedsame, gekonsentreerde melk wat deur die borste verskaf word.

• Uitsluitlik beskikbaar vir die baba gedurende die eerste drie dae van

borsvoeding.

• Bevat volop teenliggaampies – verskaf beskermende eienskappe wat die

risiko van diarree en infeksies verlaag.

• Konsentrasie begin afneem namate die borste nuwe melk produseer vanaf

ongeveer die derde dag van borsvoeding.

Oorgangsmelk • Nuut geproduseerde borsmelk gemeng met kolostrum.

• Beskikbaar vir die baba vir ongeveer die volgende 3-10 dae van borsvoeding

• Kolostrum inhoud hou aan om te verlaag namate nuwe borsmelk

geproduseer word.

2 Julie 2003

BORSMELK VOORDEEL

Volwasse melk • Beskikbaar vanaf ongeveer die 10de – 14de dag van borsvoeding.

• Bevat al die voedingstowwe benodig vir optimale groei en ontwikkeling vir die

volgende 6 maande.

• Bevat voormelk (of eerste melk gedeelte van die voeding) afgeskei uit die

bors as die baba begin met die voeding. Is waterig en les hoofsaaklik die

baba se dors. Die agtermelk word afgeskei as verlengde suig die aflaat

refleks stimuleer. Hierdie melk het ’n dikker, romerige samestelling wat die

baba se honger stil en aan die voedingsbehoeftes voldoen.

Immunologiese voordele • Borsmelk besit immunologiese eienskappe wat nie in baba formules

teenwoordig is nie.

Vorming van ’n band tussen • Ondersteun die emosionele ontwikkeling van ’n kind en laat toe dat ’n band

moeder en baba tussen die moeder en die baba ontwikkel.

Ander bekende voordele • Is maklik beskikbaar, steriel en by die korrekte temperatuur.

• Stimuleer die uterus om na die toestand voor swangerskap terug te keer.

• Goedkoper as formule voedings, geen nodigheid vir bottels, tiete of

sterilisasie gereedskap nie.

Geen voorbereiding of herverhitting • Verminderde risiko van infeksie veroorsaak deur verkeerde sterilisasie van

benodig nie bottels en tiete of onhigiëniese voorbereiding van ’n voeding.

• Korrekte samestelling – voldoen aan die baba se veranderende behoeftes.

Hipo-allergeniese eienskappe • Minimaliseer die risiko van allergie as gevolg van die molekulêre struktuur

van die proteïen daarin.

Indien moeders nie voldoende ingelig word nie, kan die bottel

deesdae nog bo die bors verkies word. Hierdie besluit kan

aanleiding gee tot swak voedingskeuses, kontaminasie van

voedings en siektes. ’n Tekort aan voedingstowwe, veral

proteïen en energie produserende voedingstowwe kan tot

wanvoeding lei. Die geskiedenis toon duidelik dat wanvoeding

op sigself verantwoordelik was vir tot en met 60 % van sterftes

jaarliks by kinders jonger as 5 jaar. 60-70 % van hierdie sterftes

het verband gehou met onvoldoende voedingspraktyke by

babas jonger as 12 maande.

LW. Dit is noodsaaklik dat alle gesondheidsorg werkers

moeders inlig oor die voordele van eksklusiewe

borsvoeding en die moontlike risiko’s geassosieer met

swak voedingspraktyke. Die volgende punte behoort

gedurende die gesprek bespreek te word:

• Familie en huishoudelike higiëne

• Beskikbaarheid van veilige water vir die skoonmaak

van gereedskap en meng van voedings

• Korrekte skoonmaak en sterilisasie van die

gereedskap (koppies, lepels, voedingsbottels en

tiete)

• Akkurate hersamestelling van die voeding

• Hoër finansiële kostes geassosieer met bottel

voeding

1.2 Anatomie en fisiologie van die

borste

Dit is voordelig vir alle gesondheidsorg werkers wat inligting

verskaf oor baba voeding aan swanger of borsvoedende

moeders, om oor ’n basiese kennis te beskik van die anatomie

en fisiologie van die vroulike liggaam gedurende swangerskap

en laktasie.

Voorbereiding vir borsvoeding gedurende swangerskap is

noodsaaklik. Die eerste stap is ’n deeglike ondersoek van die

borste om vas te stel of daar enige abnormaliteite teenwoordig

is wat die moeder se gesondheid of haar vermoë om te

borsvoed, kan beïnvloed. Dit moet gepaard gaan met gereelde

opvoeding oor hoe en hoekom haar borste sal verander

gedurende die swangerskap ter voorbereiding van laktasie.

1.2.1 Daar is 3 betekenisvolle stadiums

van bors ontwikkeling:

å In utero

å Puberteit

å Swangerskap

å In utero:

Ontwikkeling van die menslike melkkliere begin vanaf ongeveer

die 6de week van ’n embrio se lewe. Teen die derde trimester

van swangerskap het die lumens reeds ontwikkel en kan begin

om die melkdraende buise en hulle vertakkings te vorm. Die

tepel en areola word ook gedurende hierdie tydperk gevorm.

Ongeveer 15-25 melkbuise is teenwoordig in elke fetale

melkklier net voor geboorte van ’n voltermyn baba. Tydens

geboorte het sommige babas (dogtertjies en seuntjies)

geswelde borste en tepels wat ’n klein hoeveelheid melk lek

(word na verwys as hekse melk). Dit kom voor as gevolg van

die moeder se bloed (wat die hormoon prolaktien bevat) wat

die plasentale skans kruis in die baba se sirkulasie in gedurende

die geboorte. Die prolaktien stimuleer dan die baba se melkklier

om borsmelk te produseer. Dit is ’n kort termyn effek en die

baba se borste keer vinnig terug na normaal.

Onder normale omstandighede bly die melkkliere onaktief tot

die aanvang van puberteit teen ongeveer 10-12 jarige

ouderdom.

3 Julie 2003

Figuur 1. Ontwikkeling van die Borste

vel

vet

Voor puberteit

tepel

å Puberteit:

Fibreuse

weefsel

borskas

spiere

Uit: The SA 8 hour lactation management course

Gedurende hierdie periode begin die melk produserende

kliere om te ontwikkel. Estrogeen, teenwoordig in die vrou se

bloed, stimuleer selle in die bors om die proses van mammêre

organogenese te voltooi. Dit behels die verdere buis- en

lobulêre groei totdat die bors parenchiem en omliggende vet

kussings teenwoordig is. Ongeveer 1-2 jaar na die aanvang

van menstruasie vorm alveolêre knoppies in die borste wat sal

ontwikkel in die alveolêre lobbe wat nodig is vir laktasie.

Namate die dogter groei, groei die borste tot hulle finale grootte

en vorm.

LW. Vroue moet daarop let dat elke bors uniek is in

terme van grootte en vorm en die finale vorm sal

wissel van vrou tot vrou. Dit is nie ongewoon vir

een bors om effens groter as die ander een te wees

nie.

å Swangerskap:

Gedurende

adolessensie

Gedurende swangerskap ondergaan die borste baie spesifieke

veranderings ter voorbereiding vir laktasie. Tydens die vroeë

weke van swangerskap, begin die borste ontwikkel in reaksie

op die teenwoordigheid van die hormone progesteroon en

estrogeen wat in die moeder se sirkulasie deur die ovaria

afgeskei word.

Gedurende die tweede helfte van swangerskap neem die

plasenta oor by die ovaria en is dan verantwoordelik vir die

produksie van hierdie hormone. Hierdie aksie stimuleer die

pituïtêre klier om prolaktien te produseer, die hormoon wat

noodsaaklik is vir die ontwikkeling van die lobulo-alveolêre

sisteem in die borste tydens swangerskap.

Ontwikkeling duur voort soos wat die alveolêre kliere in die

bors begin om te vergroot, vermenigvuldig en saam te groepeer

in groepe van 10-100 om die mammêre lobules te vorm. Teen

die 16de week van swangerskap is die borste ten volle

ontwikkel en gereed vir laktasie. Hoë vlakke progesteroon

word benodig om te verhoed dat prolaktien ’n invloed uitoefen

op borsmelk produksie en uitskeiding gedurende swangerskap.

1.2.2 Die lakterende bors

Die menslike bors (mamma klier) bestaan uit:

© Klierweefsel

© Bindweefsel

© Vetweefsel

Met

volwassenheid

Die tepel (papilla mammae):

Dit is net onder die middel van die bors geleë en word deur die

areola omring. Dit bevat ongeveer 15-25 melkdraende buisies

en sensitiewe senuwee eindpunte wat die vrystelling van

borsmelk gedurende borsvoeding veroorsaak. Dit is soepel en

kan aanpas by die baba se mond gedurende borsvoeding.

Die areola (areola mammae) :

Dit is die pienkerige (of bruin, afhangende van die ras)

gepigmenteerde area rondom die tepel. Die areola vergroot en

word donkerder gedurende swangerskap om te verander van

pienk na rooibruin (of bruin na donkerbruin). Die areola bedek

die melk versamelende sinusse in die borste.

Figuur 2. Die lakterende bors

Melk sinus

Areola

Uit: The SA 8 hour lactation management course

Die Montgomery kliere lyk soos geswelde puisies op die areola

gedurende swangerskap en laktasie en skei ’n smeermiddel af

wat die tepel en areola gedurende borsvoeding beskerm.

Hierdie sekresies het antimikrobiese eienskappe wat die pH

van die vel onderhou en die groei van bakterieë op die tepel

verhoed.

Figuur 3. Alveoli in lakterende bors

Mioepiteelsel

Mioepiteelsel wat ’n gedeeltelik

gevulde alveolus omring

Uit: The SA 8 hour lactation management course

Die beskermende Keratien laag:

Die dooie sel laag rondom die tepel staan bekend as die

keratien laag. Hierdie laag vorm as gevolg van druk wat

uitgeoefen word op die tepel en areola as gevolg van die suig

aksie van die baba. Hoe meer druk uitgeoefen word, hoe

dikker is die laag. Keratien verskaf ’n mate van beskerming vir

die baba aangesien dit ’n taai, waterdigte skans teen bakterieë

4 Julie 2003

Tepel

Melkdraende

buisies

Melk

Alveoli

Insetsel - Melk versamelende buisies in die alveolus

Buisie

is. Hierdie laag kan ongelukkig verwyder word deur wrywing.

Dit gebeur as die ma haar tepels hardhandig was en droogvryf

voor borsvoeding, onder die verkeerde indruk dat hierdie

skoonmaak aksie haar tepels sterker sal maak.

1.3 Borsmelk word in 3 stadia aan die

baba gelewer

1.3.1 Stadium 1 - Eerste melk of Kolostrum:

(dag 1-3):

Gedurende die eerste paar dae van voeding, skei die borste ’n

voedende stof af wat kolostrum genoem word. Dit is ’n dik, taai,

semi-deurskynende afskeiding met ’n geel kleur as gevolg van

die teenwoordigheid van b-karoteen. Kolostrum word

geproduseer na ’n proses van vet afbraak in die binneste selle

van die lobules. Hierdie selle breek los en word deur die

buisies uitgeskei in die melksinusse waar hulle verwyder kan

word en deur die baba ingeneem kan word.

Kolostrum bevat al die oorblywende voor-geboorte inhoud van

die melkkliere en buisies:

Kolostrum • Hoë minerale inhoud.

• Hoër natrium, kalium en chloried

konsentrasie as volwasse melk.

• Hoër proteïen inhoud as volwasse

borsmelk.

• Hoër persentasie vet oplosbare vitamiene

en minerale as dié in oorgang - of volwasse

melk.

• Lae vet inhoud – waarvan 97% trigliseriede

is.

• Lae inhoud van vetsure, laurielsuur en

mirresuur.

• Cholesterol teenwoordig

• Min laktose

• Ryk aan immunoglobuliene IgA en

immunoglobulien IgG & IgM

• Ryk aan teenliggaampies

• Bevat anti-oksidante

• Ryk aan Vitamien E, Vitamien A en

karotenoïede

• Ryk aan sink

• Ryk aan laktoferrien

• Help met die vestiging van die

beskermende bifidus flora in die

dermkanaal.

• Ideale samestelling vir die beperkte maag

kapasiteit na geboorte

• Word maklik deur die onvolwasse vertering

sisteem verteer

• Voldoen aan die energie behoeftes -

Energie 67kKal/100ml, 281kJ/100ml

Kolostrum het ’n baie hoër IgA vlak as die serum. Sekretoriese

IgA (sIgA) is teenwoordig in kolostrum, maar die voorraad

verlaag geleidelik namate die oorgangsmelk uiteindelik met

100% volwasse melk vervang word.

Tabel 2

Kolostrum IgA 1740mg/100ml

Serum IgA 1210mg/100ml

Die beskermende eienskappe van kolostrum is goed bekend.

Selle teenwoordig in hierdie sekresie kan bakterieë oorweldig

en verteer en verskaf ook beskerming vir die baba se intestinale

flora teen bakterieë en antigene (wat allergiese reaksies kan

veroorsaak). Kolostrum het ’n voordelige lakserende effek. Dit

verseker dat mekonium, ’n dik, taai, swart substans wat in die

dermkanaal van die pasgeborene is, ten volle uitgeskei word

en die dermkanaal in staat stel om voort te gaan met sy funksie

om afvalprodukte vanuit die liggaam te verwyder deur die

ingewande.

LW. As gevolg van hierdie unieke beskermende

eienskappe, behoort kolostrum uitgemelk te word

en aan vroeggebore babas gegee te word om te

verseker dat hulle dieselfde beskermende effekte

as die voltermyn baba kan kry. Kolostrum is die

ideale voeding vir ’n pasgebore baba wanneer die

maag kapasiteit beperk is. (Sien fisiologiese

beperkings van die pasgebore baba in afdeling

3.1).

1.3.2 Stadium 2 - Oorgangsmelk: (dag 3)

Gedurende borsvoeding stimuleer die baba se sterk suig aksie

die senuwee eindpunte in die tepel om boodskappe na die

hipotalamus te stuur om die hormoon prolaktien vanuit die

anterior pituïtêre klier in die moeder se sirkulasie vry te stel.

Hierdie respons staan as die prolaktien refleks bekend.

Figuur 4.

Uit: The SA 8 hour lactation management course

Borsmelk produksie:

Die moeder se bloed bevat al die komponente wat vir borsmelk

produksie benodig word. Hierdie vloeistof bevat baie

voedingstowwe en vloei in die kapillêre van die mioepiteelselle

van die alveoli kliere, waar dit geabsorbeer en in borsmelk

geprosesseer word. Prolaktien stimuleer die kliere in die

alveoli om kolostrum (eerste melk) te produseer vanaf die

derde maand van swangerskap en is verantwoordelik vir die

nuwe melk produksie in die alveoli na geboorte. Na 2-3 dae

van gereelde voeding, vorm ’n holte in elk van die melk

produserende mammêre lobules wat as versamelpunte dien

vir al die nuut gevormde borsmelk.

5 Julie 2003

Die aflaat refleks:

Oksitonien is ’n hormoon wat deur die posterior pituïtêre klier

geproduseer word. Dit word op dieselfde manier as prolaktien

gedurende tepel stimulasie, vrygestel. Dit word in die moeder

se sirkulasie vrygestel, gaan die mioepiteel selle van die

alveoli deur die kapillêre binne. Gedurende borsvoeding trek

die gladdespier laag rondom die mioepiteelselle van die alveoli

saam wat veroorsaak dat enige gestoorde melk in die holtes

van die melkkliere in die melkbuise beland. Die borsmelk word

dan na die melksinusse vervoer waar dit deur die baba vanuit

die tepel porieë uitgesuig kan word.

Figuur 5

Uit: The SA 8 hour lactation management course

Die sukses van die aflaat refleks hang af van die emosionele

toestand van die lakterende moeder. Angs, stres en te min

slaap kan hierdie sensitiewe refleks aksie negatief beïnvloed,

wat aanleiding kan gee tot onvoldoende voeding wat die baba

honger en gefrustreer laat voel. Ander sensoriese weë kan

oksitosien vrystelling stimuleer wat veroorsaak dat die tepels

melk lek; dit kom algemeen net voor voedings voor as die

moeder haar baba sien, aanraak of aan die baba dink. Moeders

word aangeraai om borsvoeding doekies gedurende die eerste

paar weke van laktasie te gebruik om te voorkom dat hulle

klere nat word.

Oorgangsmelk is ’n mengsel van nuut geproduseerde

melk en kolostrum. Gereelde borsvoeding bevorder die

aanhoudende produksie van melk. Die nuut gevormde melk is

vir die baba van ongeveer die derde dag van gereelde

borsvoeding beskikbaar. Moeders behoort ingelig te word oor

die fisiese en fisiologiese veranderinge wat plaasvind

gedurende die periode as die nuwe melk “inkom”. Die borste

word aansienlik voller en griep-tipe simptome kan teenwoordig

wees. Die moeder kan lusteloos voel en wisselende

gemoedstoestand ervaar. Dit is voordelig vir die moeder om

op hierdie dag te rus en haar baba naby haar te hou om enige

onnodige stres uit te skakel wat die sukses van hierdie

natuurlike proses kan vertraag.

Oorgangs- • Totale proteïen inhoud verlaag

melk • Immunoglobuliene verlaag

• Verhoogde kalorie waarde

• Verhoogde vet inhoud

• Verhoogde laktose vlakke

• Verhoging in water oplosbare vitamiene

• Afname in vetoplosbare vitamiene A, D,

E en K.

• Veranderinge in samestelling kom vinnig

gedurende dag 3-8 voor en word dan

algaande stadiger tot en met die 36ste

dag van die baba se lewe.

Oor die volgende paar dae, namate die volume van die nuwe

melk toeneem, sal elke voeding minder kolostrum bevat. Dit

veroorsaak dat die voeding samestelling van oorgangsmelk

vinnig tussen dag 3-8 verander en dan stadiger verander

totdat daar geen kolostrum meer in die voeding teenwoordig is

nie.

1.3.3 Stadium 3 - Volwaardige Melk: (10 –

14 de dag na geboorte)

Volwaardige borsmelk is vanaf ongeveer die 10de tot die 14de

dag na die bevalling teenwoordig. Hierdie melk het ’n ligte blou

skynsel en die inhoud daarvan word deur die volgende

beïnvloed:

© Tyd gedurende die dag wanneer die voeding gegee word

© Hoe honger of dors die baba is

© Groei vereistes

© Metaboliese vereistes

© Verandering in die moeder se dieet

© Direkte borsvoeding

© Voeding met uitgemelkte melk

Studies wat handel oor die gewigstoename patroon van

borsgevoede babas het aangetoon dat babas tye van vinnige

groei toon en ook tye waartydens die gewigstoename stadiger

is. Elke patroon verskil van baba tot baba.

1.4 Borsmelk - Samestelling

Daar is 2 verskillende melk samestellings vir die baba

gedurende ’n voeding beskikbaar:

Voormelk, - Hierdie melk is ’n dun, waterige lae vet melk wat

in die melk sinusse (agter die tepel) tussen voedings versamel.

Dit is dadelik beskikbaar vir die dors baba.

Agtermelk - Hierdie melk is ’n afskeiding van die melkklier wat

voorkom as gevolg van die aflaat refleks. Dit bevat baie

kalorieë as gevolg van die hoë vet inhoud daarvan. Hierdie

melk is noodsaaklik vir groei en ontwikkeling en stil die baba se

honger.

Vloeistof inname gedurende borsvoeding:

Moeders moet sorg dat hulle vloeistof inname gedurende

laktasie voldoende is om te verseker dat die optimale water

inhoud van die borsmelk behou word. Onvoldoende inname

beïnvloed nie aanvanklik die borsmelk nie; die moeder

ondervind eerder ’n afname in vloeistof verlies deur die urien

en ander uitskeiding sisteme van die liggaam.

Studies het aangetoon dat babas in ’n warm klimaat voldoende

water deur die borsmelk inkry en nie addisionele orale

vloeistowwe benodig nie.

6 Julie 2003

Tabel 3. Samestelling van volwaardige

borsmelk:

PRODUK VOLWASSE

BORSMELK KOEIMELK

Voedingstof EENHEID 100ml 100ml

Energie kcal 67 66

kJ 280 276

Proteïen g 1.2 3.3

Kaseïen: Dikmelk 40:60 80:20

Bron Menslike Melk

Vet g 3.8 3.7

Bron Menslike Melk Vet Botter Vet

Linoleïese suur mg 380 70

Koolhidraat g 7.0 4.8

Bron Laktose Laktose

Minerale (As) g 0.21 0.7

Vitamien A IU 176 103

Vitamien D IU 0.4-10 0.3-4.0

Vitamien E IU 0.2 0.7

Vitamien K mg 0.3 0.7

Vitamien C mg 4.3 1.8

Tiamien (B1) mg 0.016 0.042

Riboflavien (B2) mg 0.043 0.157

Niasien P P mg 0.172 0.085

Biotien mg 2.0 22

Foliensuur mg 0.18 0.23

Pantoteniese suur mg 0.25 0.34

Vitamien B6 mg 0.011 0.048

Vitamien B12 mg 0.18 0.4

Cholien mg 1.3 1.2

Inositol mg 45 8

Taurien mg 5 0.5

L Carnitien mg 0.8 1.0

Kalsium mg 33 125

Fosfor mg 15 96

Ca:P 2.2 : 1 1.3 : 1

Magnesium mg 4 12

Kalium mg 55 137

Natrium mg 16 58

Chloried mg 43 103

Yster mg 0.15 0.1

Koper mg 0.04 0.03

Jodium mg 7.0 21

Mangaan mg Trace Trace

Sink mg 0.53 0.38

Fluoried

Renale Oplosbare

mg 219

Lading mOsm/l 79 221

LW. Hierdie tabel is slegs ’n riglyn aangesien die

samestelling van volwaardige borsmelk dikwels

verander en verskil van moeder tot moeder.

1.5 Raad vir Borsvoeding en Verwante

Probleme

Wanneer om te voed:

Pasgebore babas behoort so vinnig as moontlik na die geboorte

geborsvoed te word, verkieslik gedurende die eerste dertig

minute van die baba se lewe as die suig refleks die sterkste is.

Voeding op aanvraag word aanbeveel, met 6-10 voedings per

dag of die 4-uurlikse voedingsinterval as ’n riglyn. Dit is nodig

om voldoende melk voorraad te verseker en voldoende glukose

vlakke by die baba te handhaaf.

Hoe om te borsvoed:

Die korrekte posisionering van die baba aan die bors is

noodsaaklik om voldoende melk vloei na die baba te verseker.

Die tepel en die areola behoort in die middel van die mond met

die tong daaronder geplaas te word om die baba in staat te stel

om die melk sagkens vanuit die melksinusse gedurende die

voeding te masseer. Om ’n voldoende voorraad van vooren

agtermelk te verseker, is dit raadsaam om die baba toe

te laat om ten minste een bors per voeding leeg te suig. Die

baba sal ophou om aan die bors te drink as hy versadig is.

Uitgemelkte borsmelk:

’n Moeder kan nie altyd teenwoordig wees om haar baba te

borsvoed nie en dan word die uitmelk van borsmelk met die

hand of ’n pomp aanbeveel. Melk moet in ’n steriele houer

opgevang word om kontaminasie te voorkom. Uitgemelkte

borsmelk moet binne 8 uur gebruik word indien by

kamertemperatuur gehou word, 2-8 dae indien in die yskas

geberg en binne 3 maande indien dit gevries word.

Uitgemelkte melk moet baie versigtig verhit word. Vermy

mikrogolf verhitting aangesien die voedingstowwe sensitief

teenoor die hitte is en maklik vernietig kan word as oorverhitting

plaasvind. Laat die bottel eerder in warm water vir ’n paar

minute staan tot die korrekte temperatuur verkry is. Gooi

dadelik enige oorblywende melk in die bottel weg.

Tepel verwarring:

Moeders moet aangeraai word om bottel tiete en fopspene

gedurende die periode van eksklusiewe borsvoeding te vermy

aangesien die gebruik daarvan aanleiding kan gee tot tepel

verwarring en mislukking van borsvoeding. Om uit ’n bottel te

drink verg nie dieselfde aggressiewe suig aksie soos tydens

borsvoeding nie; die baba hoef slegs die tiet te druk of liggies

te suig om die melk in die hande te kry.

Vergrote borste:

Borste is warm, geswel en pynlik. Die vel voel styf en lyk blink

en die tepel word platgetrek as gevolg van die spanning in die

bors.

Vergroting word veroorsaak deur:

© Verhoogde bloed of melkvloei na die bors (dag 2-4 as die

melk sak)

© As ’n voeding oorgeslaan word (melk uit as ’n

voorsorgmaatreël)

© Swak aflaat refleks

© Skielike staking van borsvoeding om oor te skakel na bottel

voeding of die baba te speen

© Toediening van water of vloeistowwe aan die baba tussen

voedings om dors te les

7 Julie 2003

Behandeling:

© Uitmelk van sommige van die borsmelk voor die voeding

© Neem ’n warm bad of stort

© Dra ’n bra wat behoorlik pas

© Voed totdat die bors(te) leeg is

© Plaas koolblare in die bra tussen voedings.

© Moeders wat drukking agter die tepel voor voedings

ondervind, kan die ongemak verlig deur ’n bietjie melk uit

die bors te melk net voor die voeding. Plaas ’n bietjie

daarvan op die tepel en die areola om die area sag te maak.

© Voed meer gereeld eerder as om alternatiewe vloeistowwe

vir die baba te gee.

Seer of gebarste tepels:

Seer tepels is teer en sensitief vir aanraking en kan ongemak

gedurende borsvoeding veroorsaak.

Bekende oorsake is:

© Verkeerde vassuig aan die bors gedurende voeding

© Swak posisionering van die baba gedurende voeding.

© Aggressiewe suig aksie van ’n honger, angstige baba (te

lang tyd tussen voedings).

Indien onbehandel gelaat kan ’n seer tepel blase vorm of

breek en tot ’n gebarste tepel aanleiding gee.

LW. Die beskikbaarheid van ’n opgeleide laktasie

konsultant om die vassuig tegniek en posisionering

tegnieke vir nuwe ma’s te leer is van onskatbare

waarde om toestande soos seer en gebarste tepels

te voorkom.

Behandeling:

© Hou altyd die tepel of aangetaste area droog

© Plaas ys op die aangetaste area net voor ’n voeding

© Bied die bors wat die minste seer is eerste aan en voed

meer gereeld (2-3 uurliks)

© Melk van die borsmelk uit om die drukking wat deur die

volheid veroorsaak word te verlig, en vryf in die beseerde

area in.

© Verander borsvoeding doekies gereeld.

© Vermy seep, enigiets wat die tepels uitdroog of salwe wat

’n nadelige effek op die tepels kan hê.

© Moet nie die tepels hard droogvryf nie.

© Stel die bors bloot aan direkte sonlig (pasop vir sonbrand).

© Maak seker dat die baba nie sproei in sy mond het nie en

behandel beide die moeder en die baba met antifungus

medikasie indien nodig.

Geblokkeerde buisies:

’n Pynlike klonterige area in die bors word veroorsaak deur:

© Melk wat buisies blokkeer of opeenhoop in die bors

© Bra wat te styf is of verkeerd pas

© Op die bors te slaap vir lang periodes

1.6 Kontra-indikasies vir borsvoeding

Dit is byna altyd medies van aard:

© Langer voeding vanuit een bors as die ander

© Vervanging van borsmelk met formule melk of ander

onnodige vloeistowwe

Behandeling:

© Plaas ’n gemaklike warm, nat kompres op die aangetaste

area van die bors voor die voeding.

© Maak seker dat die baba reg vassuig aan die bors en in die

regte posisie voed.

© As aan die aangetaste bors gevoed word, plaas druk op die

knop met vingers en beweeg af in die rigting van die tepel.

© Verhoog vloeistof inname.

© Gee dikwels voedings van die aangetaste bors.

© Rus wanneer moontlik en monitor enige veranderings wat

op mastitis kan dui.

Mastitis:

Inflammasie van die bors.

Bekende oorsake

© Infeksie van ’n gebarste of geblokkeerde buisie. Dit kan lei

tot die vorming van ’n abses indien onbehandel gelaat.

© Kom voor as ’n rooi, pynlike swelsel op die bors wat

gepaard gaan met ’n verhoogde temperatuur en griep-tipe

simptome.

Behandeling:

© Dieselfde as vir seer of gebarste tepels, maar bly in die bed

totdat die koors bedaar.

© Antibiotika en pynstillers kan voorgeskryf word as die

toestand nie verbeter nie.

Dieet gedurende borsvoeding:

Moeders behoort ’n goed gebalanseerde dieet gedurende

swangerskap en laktasie te volg. Onvoldoende dieet gedurende

swangerskap kan aanleiding gee tot onvoldoende

gewigstoename van die moeder en haar ongebore baba. As

die dieet nie korrek is nie, kan die moeder hipertensie, preeklampsie

en moontlike premature geboorte van ’n swak

ontwikkelde, lae geboorte gewig baba ondervind. As die

liggaam meer energie benodig, verbrand dit gestoorde vet,

wat aanleiding gee tot ’n toestand genaamd ketose. Ketose

produseer ’n newe-produk wat die fetus kan beskadig. Die

verwagte gewigstoename van ’n vol termyn moeder is tussen

12-14 kg. Die gewig behoort gereeld gedurende die

swangerskap gemonitor te word.

Verkeerde eetgewoontes gedurende swangerskap gee

aanleiding tot ’n ongesonde, oorgewig moeder en veroorsaak

dat die baba groter as normaal is. ’n Goeie dieet gedurende

borsvoeding is ook baie belangrik om te verseker dat daar ’n

voldoende melk toevoer beskikbaar is vir optimale groei en

ontwikkeling.

Borskanker Die behandelings wat toegedien word kan teenaangedui wees tydens borsvoeding.

Nuut gediagnoseer Geneesmiddels, chemoterapie en radioterapie is bekende kontra-indikasies vir borsvoeding.

Hepatitis B virus Vertikale oordrag van die infektiewe hepatitis B antigeen van die moeder na die baba kom

gedurende verlossing of vroeg na geboorte via die plasenta voor. Moeders met akute hepatitis

B gedurende swangerskap het ’n 50% kans dat hulle babas hepatitis B-antigeen positief gebore

word. Borsmelk bevat die hepatitis B antigeen. Oordrag volgens hierdie roete is nie goed

gedokumenteer nie.

8 Julie 2003

Hepatitis C virus Oordrag vind hoofsaaklik plaas deur oortapping van bloed of bloedprodukte en intraveneuse

dwelm misbruik.

Sitomegalovirus Borsmelk en servikale afskeidings is bekende bronne van SMV infeksies by babas, maar

borsmelk bevat voldoende teenliggaampies om die baba te beskerm.

Galaktosemie ’n Seldsame toestand; aangebore fout van die metabolisme van die pasgeborene. Dit veroorsaak

die onvermoë om galaktose, een van die finale produkte van laktose vertering, te metaboliseer.

Sosiale en fisiese nadele Soos deur die ouers waargeneem – langtermyn effekte op die liggaam, veral die borste,

skaamte, afkeer aan borsvoeding, vrees van mislukking, angstigheid, tydrowend, verlies

van vryheid en sosialisering is alles bydraende faktore.

MIV / VIGS Virus teenwoordig in borsmelk

Geneesmiddel en alkohol Beïnvloed die ongebore baba, pasgebore baba en die fisiese en verstandelike vermoë en

misbruik gesondheid van die moeder.

1.7 Borsvoeding Ondersteuningsdienste

’n Moeder wat kies om haar baba te borsvoed kan geweldig

baie baat by die dienste van ’n professionele voorgeboortelike

ondersteuningstelsel gedurende swangerskap. Na die geboorte

is nageboorte dienste beskikbaar by plaaslike

gesondheidsentrums of privaat baba klinieke. Beide bied ’n

reeks mediese en praktiese hulpbronne aan om die

borsvoedende moeder te ondersteun.

GAUTENG

Breast-Feeding Association (BFA) 011 883 9873

Le Lechè League SA 011 475 5837

SA Multiple birth Assoc. 011 468 1361 or 011 896 3230

Kontak bogenoemde kantore vir inligting oor takke in

u provinsie.

2. BESKERMING EN BEVORDERING

VAN BORSVOEDING

Na die voorafgaande bespreking oor die hoof voordele van

borsvoeding kan ’n mens verstaan waarom elke poging deur

gesondheidsorg werkers aangewend moet word om

borsvoeding te beskerm en te bevorder waar moontlik.

Dit is belangrik om daarop te let dat vanaf die na-oorlog jare in

die 1950’s, vroue meer ingelig is oor hulle regte en die werk

sektor met mening binnegegaan het. Gesondheidsdienste het

verbeter en vroue is meer ingelig oor hulle opsies aangaande

baba voeding, veral as hulle wou terugkeer werk toe. Die

gebruik van baba formules het skielik die tendens geword.

Namate tegnologie gevorder het, het die beskikbaarheid van

meer wetenskaplik gevorderde formules beskikbaar geword.

Kraamsale het begin om moeders raad te gee oor beide borsen

bottel voeding en het baba formules beskikbaar gemaak vir

moeders wat kies om nie vanaf geboorte te borsvoed nie.

In landelike gebiede waar onhigiëniese toestande dikwels

algemeen voorkom, was bottel babas dikwels blootgestel aan

’n groter risiko van kontaminasie as gevolg van swak of

onvoldoende water voorraad, verkeerde skoonmaak van

voedingsinstrumente en formules wat verkeerd aangemaak

is. As gevolg van hierdie toestande het die insidensie van

diarree verhoog en baba sterftesyfers die hoogtes ingeskiet.

Dit was baie goeie redes om ’n opvoedingsprogram wat

borsvoeding bevorder by families wat in hierdie toestande

lewe, te implementeer.

Hierdie betrokke saak is aangespreek deur internasionale

organisasies soos die WGO en UNICEF (United Nations

Children’s Emergency Fund) wat hard geveg het om die

afname in borsvoeding teen te werk. Voedsel vervaardigers

het ook betrokke geraak met veldtogte om die situasie om te

keer deur die verskaffing van opvoedkundige literatuur oor

borsvoeding en deur aan gesondheidsorg werkers te sê dat

“Bors is die beste!”.

2.1 Waarom 'n ‘‘WGO Etiese Kode’’ vir

die bemarking van borsmelk

plaasvervangers?

Gedurende die 1970’s het voorstanders van borsvoeding

aanhoudend voedselvervaardigers beskuldig van verskuilde

agendas deur die aanhoudende en aggressiewe bemarking

van hulle baba formules. Meer en meer beskuldigings en ’n

aanhoudende weiering om die feite te oorweeg het aanleiding

gegee tot aanhoudende konfrontasies.

Op hierdie tydstip was daar geen internasionale owerheid wat

verantwoordelikheid geneem het vir die daarstelling van enige

regulasies of riglyne wat ’n sekere mate van beskerming en

bevordering van borsvoeding deur beide gesondheidsorg

werkers en voedselvervaardigers vanuit ’n globale perspektief

sou verseker nie.

In 1981, het die WGV (Wêreld Gesondheid Vergadering)

die WGO (Wêreld Gesondheid Organisasie) se

Internasionale Kode vir die Bemarking van Borsmelk

Plaasvervangers (Resolusie WHA34:22) aanvaar.

Hierdie kode verskaf inligting aan beide Gesondheidsorg

Werkers en Baba Formule Vervaardigers oor die etiese praktyk

wat gevolg moet word tydens die verskaffing van inligting oor

baba voeding aan swanger en borsvoedende vrouens:

2.2 Doelwit van die Kode

Die WGO Kode het die volgende stelling gepubliseer:

Doelwit van die Kode: “is om by te dra tot die verskaffing

van veilige en voldoende voeding vir ’n baba deur die

beskerming en bevordering van borsvoeding en deur die

behoorlike gebruik van borsmelk plaasvervangers indien

dit nodig is, te verseker, op die basis van voldoende

inligting en deur toepaslike bemarking en verspreiding”

9 Julie 2003

2.3 Produkte geraak deur die Kode

Omvang van die Kode:

“Van toepassing op die bemarking en praktyke verwant

aan die volgende produkte:

• Borsmelk plaasvervangers, insluitend baba formules

• Ander melk produkte, voedsel en dranke insluitend

komplimentêre voedings vir bottelvoeding indien

bemark of voorgestel word om geskik te wees, met

of sonder verandering, vir gebruik as ’n gedeeltelike

vervanging van borsmelk

• Voedingsbottels en tiete

Die omvang sluit ook die produk kwaliteit,

beskikbaarheid en inligting verskaf aangaande die

gebruik van borsmelk plaasvervangers, in”.

Die Kode maak die volgende stellings as ’n duidelike boodskap

aan gesondheidsorg werkers en die baba voedselindustrie dat

borsvoeding beskerm moet word:

“borsvoeding is ’n ongeëwenaarde manier om ideale

voedsel vir die gesonde groei en ontwikkeling van

babas te voorsien; dat dit ’n unieke biologiese en

emosionele basis vorm vir die gesondheid van beide

die moeder en die kind; dat die anti-infektiewe

eienskappe van borsmelk help om teen siektes te

beskerm; en dat daar ’n belangrike verband is tussen

borsvoeding en die spasiëring van kinders”

“die aanmoediging en beskerming van borsvoeding is

’n belangrike deel van die gesondheid, voeding en

ander sosiale maatreëls benodig om die gesonde groei

en ontwikkeling van babas en jong kinders te bevorder

en dat borsvoeding ’n belangrike aspek van primêre

gesondheidsorg is”

Die Internasionale Kode het voorheen eksklusiewe borsvoeding

vanaf 4-6 maande aanbeveel. Die volgende stelling van die

WGV bespreking in Mei 2001 moedig Lede State aan:

“versterk aktiwiteite en ontwikkel nuwe benaderings om

eksklusiewe borsvoeding vir ses maande te beskerm,

bevorder en te ondersteun as ’n globale openbare

gesondheid aanbeveling, met inagneming van die WGO

deskundige konsultasie oor optimale duur van eksklusiewe

borsvoeding”

Resolusie WHA54.2 (May 2001)

2.4 Belangrike kennisgewing vir

Moeders

Artikel 4.2 van die Internasionale Kode lui:

Enige geskrewe, oudio of visuele materiale wat inligting oor

baba voeding aan swanger vroue of moeders met jong babas

of kinders verskaf, behoort die volgende belangrike inligting te

bevat:

© Voordele en voortreflikheid van borsvoeding

© Voeding van die moeder en die voorbereiding en onderhoud

van borsvoeding

© Negatiewe effekte op borsvoeding as gedeeltelike

bottelvoeding ingestel word

© Hoe moeilik dit is om van besluit te verander as daar eers

teen borsvoeding besluit is

© Die behoorlike gebruik van baba formules (indien nodig)

Produk etikette en verkoopsmateriaal wat produk inligting oor

baba formules bevat, behoort die volgende voorbeeld van ’n

“belangrike kennisgewing” te bevat:

Belangrike kennisgewing:

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het

aanbeveel dat swanger vroue en nuwe moeders ingelig

moet word oor die voordele en voortreflikheid van

borsvoeding – in besonder die feit dat dit die beste

voeding en beskerming teen siektes vir babas verskaf.

Moeders moet ingelig word oor die voorbereiding vir, en

onderhoud van laktasie met spesiale klem op die

belangrikheid van ’n goed gebalanseerde dieet

gedurende swangerskap en na die geboorte. Onnodige

bekendstelling van gedeeltelike bottel voedings of ander

voedings en vloeistowwe behoort ontmoedig te word,

aangesien dit ’n nadelige effek op borsvoeding kan hê.

Moeders moet ook gewaarsku word oor hoe moeilik dit

is om van besluit te verander as hulle eers daarteen

besluit het om te borsvoed.

Voordat ’n moeder aanbeveel word om ’n baba formule

te gebruik, moet sy oor die sosiale en finansiële

implikasies van haar besluit ingelig word: byvoorbeeld,

as ’n baba uitsluitlik bottel voedings ontvang, sal meer

as een houer (400g) per week nodig wees, dus moet die

familie se omstandighede en kostes in gedagte gehou

word. Moeders moet ook daaraan herinner word dat

borsmelk nie net die beste is nie, maar ook die

ekonomiesste voeding vir babas is.

As daar besluit word om ’n baba formule te gebruik, is dit

belangrik om instruksies te gee oor die korrekte

voorbereidingsmetodes, met die klem dat water wat nie

gekook is nie en bottels wat nie gesteriliseer is nie of

verkeerde aanmaak metodes alles siektes kan

veroorsaak.

2.5 Die afskaffing van gratis voorraad,

monsters en donasies van Baba

Voedings

Die kwessie van die verskaffing aan hospitale met kraam

fasiliteite in ontwikkelende lande met gratis voorraad baba

voedings het in 1984 ’n punt bereik. Hierdie kwessie is slegs

in 1991 opgeklaar toe WGO, UNICEF en IFM (Infant Food

Manufacturers representative body) tot ’n vergelyking gekom

het oor die samewerking en uiteindelike staking van die

voorsiening van gratis baba voedings aan hospitale in

ontwikkelende lande. Teen Februarie 1993 is ’n gesamentlike

WGO/UNICEF verklaring oor maatreëls wat getref moet word

om gratis baba voedings te staak, vrygestel.

Interpretasie, toepassing en monitering van die Kode is die

verantwoordelikheid van elke individuele regering. Die baba

voeding vervaardigingsindustrie is deur hierdie regerings gevra

om hierdie kode te onderteken. As gevolg van swak

samewerking deur sommige lede van die baba voeding

industrie, het sekere regerings in ontwikkelende lande die

WGO kode in wetgewing vervat om optimale beskerming en

bevordering van borsvoeding te verseker.

2.6 WGO/UNICEF - Baba Vriendelike

Inisiatief

In 1992, het WGO/UNICEF die “Baba Vriendelike Hospitaal

Inisiatief’’ bekend gestel om moeders in kraaminrigtings met

inligting oor borsvoeding te voorsien, in ’n omgewing “sonder

kommersiële invloede”. Een van die aanvanklike kenmerke

was om alle gratis voorraad baba formules uit te skakel.

10 Julie 2003

Hospitale wat hierdie inisiatief aanneem kan “baba vriendelike”

status ontvang as hulle ’n streng verifikasie proses gevolg het

en hulle aan al die daargestelde standaarde voldoen, insluitend

die implimentasie en volg van die “Tien Stappe vir Suksesvolle

Borsvoeding”.

WHA54.2:5 Moedig Lidmaat State aan: “om die Baba

Vriendelike Hospitaal Inisiatief te ondersteun en maniere

te ontwikkel, insluitend wetgewing en of ander

maatreëls, wat daarop gemik is om direk of indirek die

periodieke herbeoordeling van hospitale te ondersteun

en om die onderhouding van standaarde en die Inisiatief

se langtermyn uitvoerbaarheid en geloofwaardigheid

te verseker;”

2.7 10 Stappe vir Suksesvolle

Borsvoeding

Beskerming, Bevordering en Ondersteuning van

Borsvoeding: Die Spesiale rol van die Kraamdienste (’n

Gesamentlike WGO/UNICEF verklaring).

Die verklaring begin deur die 10 belangrike stappe vir

suksesvolle borsvoeding vir toepassing in elke fasiliteit wat

kraamdienste verskaf en vir pasgebore babas sorg, te lys.

Lesers word ingelig dat moeders binne ’n halfuur na geboorte

gehelp moet word om te borsvoed, dat pasgebore babas geen

ander voedsel of vloeistof behalwe borsmelk gegee moet word

nie, tensy medies aangedui. Die baba behoort ook 24-uur per

dag by die moeder te bly.

Elke fasiliteit wat kraamdienste verskaf en vir

pasgeborenes sorg, behoort hierdie tien stappe vir

suksesvolle borsvoeding te volg

1. Beskik oor ’n geskrewe borsvoeding beleid wat gereeld

aan al die gesondheidsorg werkers gekommunikeer

word.

2. Lei alle gesondheidsorg werkers op en voorsien hulle

van die vaardighede om hierdie beleid te implementeer.

3. Lig alle swanger vrouens in oor die voordele en beheer

van borsvoeding.

4. Help moeders om te begin borsvoed binne ’n halfuur na

geboorte.

5. Wys moeders hoe om te borsvoed en hoe om laktasie

vol te hou al word hulle van hulle baba geskei.

6. Moet geen voedsel of vloeistof anders as borsmelk aan

die pasgebore baba gee nie, tensy medies aangedui.

7. Laat die baba by die moeder in die kamer bly – 24 uur

per dag.

8. Moedig borsvoeding op aanvraag aan.

9. Moet geen kunsmatige tiete of fopspene aan

borsvoedende babas gee nie.

10.Moedig die daarstelling van borsvoeding

ondersteuningsgroepe aan en verwys moeders na hulle

tydens ontslag van die hospitaal of kliniek.

LW. Geneesmiddel terapie gedurende swangerskap

en borsvoeding: Vroue moet hulle apteker

raadpleeg oor watter middels en dosisse veilig is

gedurende swangerskap en laktasie.

Geneesmiddels kan die plasentale skans na die

ongebore baba oorsteek of kan teenwoordig wees

in die borsmelk in hoeveelhede wat ’n nadelige

effek op die baba kan toon.

3. VOEDING VAN DIE PASGEBORE

BABA

Gedurende die eerste lewensmaande is dit belangrik om te

verseker dat die “eksklusiewe melk” dieet van ’n vroeggebore

of voltermyn baba aan al die voedingsbehoeftes benodig vir

optimale groei en ontwikkeling voldoen, sonder om die

onvolwasse verterings- en renale sisteme te kompromitteer.

Na die volledige bespreking oor die voordele van borsvoeding,

stem gesondheidsorg werkers steeds saam dat borsmelk,

onder optimale toestande, steeds die beste voedingsbron vir

die groeiende baba gedurende die eerste 6 lewensmaande is.

In hierdie afdeling sal ons bespreek hoe om tussen ’n gepaste

en ongepaste borsmelk plaasvervanger te onderskei, die

verskille te herken tussen gewone formules en gespesialiseerde

formules, fisiologiese beperkings van die pasgeborene met

betrekking tot voeding, voedingstowwe en hulle rol in

gesondheid en die belangrikste baba voedingsprobleme en

die aanbeveling vir die behandeling daarvan.

3.1 Fisiologiese Beperkings

Die liggaam van ’n baba funksioneer anders as dié van ’n

volwassene; groei tempos is vinniger en die interne organe is

onvolwasse wat aanleiding gee tot sekere fisiese beperkings

wat kan beïnvloed hoe die baba gevoed behoort te word

gedurende die vroeë weke en maande van sy/haar lewe.

LW. Die fisiologiese beperkings wat bespreek word moet

in gedagte gehou word tydens die keuse van ’n

toepaslike voedingsopsie.

Onvolwasse vertering sisteem:

• Klein maag

• Lae soutsuur afskeiding

• Lae galsoute

• Lae toleransie teenoor hiperosmolare voedings

• Lae amilase aktiwiteit (dit kan egter maklik

gestimuleer word)

Babas word met baie klein magies gebore; ’n voltermyn baba

het ’n beperkte maagkapasiteit van slegs 30 ml met

geboorte. Dit verhoog na 60 ml teen dag 7 en 120 ml teen een

maand. Vroeggebore babas is nog meer fisies beperk en

benodig gespesialiseerde verpleging om te verseker dat daar

aan hulle unieke voedingsbehoeftes voorsien word en benodig

dikwels streng toesig. Soos bespreek, bly kolostrum die

ideale eerste voedsel vir babas want dit verskaf voeding in

’n gekonsentreerde vorm. Namate die maag se kapasiteit

verhoog, word die maag voering meer volwasse om enige

veranderinge in die samestelling of verhoging in die volume

van borsmelk of baba formule te akkommodeer.

Borsmelk versterkers (bv. FM 85 ® - Nestlé, Nutriprem ® – Cow

and Gate) is ontwikkel om die energie behoeftes en

voedingswaarde van uitgemelkte borsmelk wat aan ’n

vroeggebore baba gegee word te verhoog. Pediaters beveel

die gebruik van hierdie produkte aan, aangesien hulle aan die

verhoogde behoeftes vervul sonder om die volume te vergroot.

Beperkte beskikbaarheid van soutsuur:

Die volume en konsentrasie van soutsuur in die baba se maag

is gedurende die eerste paar weke van die baba se lewe

beperk. Dit is as gevolg van die onvolwassenheid van die suur

11 Julie 2003

produserende selle in die wand van die maag. Die hoof funksie

van soutsuur is om die pH van die maag te verlaag nodig vir:

© Koagulasie van kaseïen in die maag

© Aktivering van die ensieme rennien en pepsinogeen

As gevolg van die lae volume van die beskikbare soutsuur, is

die tipe voeding wat aan die baba gegee word belangrik

aangesien proteïene (hoofsaaklik kaseïen) voldoende soutsuur

benodig vir optimale vertering.

Beperkte beskikbaarheid van galsoute:

Alhoewel pankreatiese lipase beskikbaar is om te verseker dat

’n mate van vet vertering voorkom, is galsoute die tempo

bepalende faktor en word as die oorsaak van lae vet absorpsie

beskou gedurende die eerste paar lewensmaande. Swak

voorsiening beperk energie opname en gee aanleiding tot

swak absorpsie van die vet oplosbare vitamiene A, D, E & K.

Dit kan die algehele groei en ontwikkeling van die baba

beïnvloed indien dit nie aangespreek word nie.

Onvolwasse nier funksie:

Die doel van die niere is om afvalstowwe uit die bloed te

verwyder en dit uit die liggaam te elimineer. Hierdie proses is

beperk tydens die vroeë weke van die baba se lewe as gevolg

van onvolwassenheid van die niere. Gedurende hierdie periode

moet sorg gedra word om oor-konsentrasie van formule

voedings te verhoed aangesien verhoogde proteïen, natrium,

kalium of chloried inhoud aanleiding kan gee tot moontlike

nierskade, indien dit nie reggestel word nie. As die baba egter

gedehidreer word, kom ’n hormonale reaksie in die liggaam

voor wat veroorsaak dat water in die weefselselle terug getrek

word vir intrasellulêre ondersteuning. Vloeistof verlies deur

uitskeiding word dus verhoed, d.i. urien sal in ’n

gekonsentreerde vorm uitgeskei word.

Beperkte Urinêre Osmolariteit:

Osmolariteit is die hoeveelheid opgeloste stowwe wat die

niere uit die bloedstroom moet verwyder; dit word uitgedruk as

mOsm / per liter oplossing. Konsentrasie word hoofsaaklik

deur verhoogde vlakke van natrium, kalium, chloried en urea

in die bloed beïnvloed. Die onvolwasse niere het ’n beperkte

vermoë om urien te konsentreer; dus word ’n groter volume

water benodig om urea en opgeloste stowwe uit die bloedstroom

te verwyder gedurende hierdie tydperk van onvolwassenheid.

Figuur 6.

Die hidrasie status van ’n baba beïnvloed Osmolaliteit, die

eenheid wat gebruik word om die osmotiese druk te meet wat

deur ’n opgeloste stof op ’n selmembraan uitgeoefen word; dit

word in mOsm/kg water gemeet. Osmotiese druk sal verhoog

as dehidrasie voorkom of verlaag as die vloeistof inname

oormatig is.

LW. Indien borsmelk nie beskikbaar is vir voeding

nie behoort die apteker of gesondheidsorg

werker ’n geskikte borsmelk alternatief voor te

skryf wat ontwikkel is met inagneming van die

fisiologiese beperkings van die pasgebore baba.

Dit is belangrik om moeders in te lig oor die

gevare verbonde daaraan om die voeding

verkeerd aan te maak. Moeders moet die meng

aanwysings op die etiket noukeurig navolg;

byvoeging van ’n paar ekstra skeppies kan die

baba in gevaar stel van nier oorlading of vetsug.

Ondervoeding is net so gevaarlik en kan

aanleiding gee tot toestande wat verband hou

met swak groei en ontwikkeling.

3.2 Verwagte Groei: Geboorte -

3 jaar

Die volgende tabel verskaf ’n indikasie van die verwagte

gewigstoename van ’n normale, voltermyn baba vanaf geboorte

tot 3 jaar, gebaseer op ’n geboorte gewig van 3,4kg.

Tabel 4

OUDERDOM GEWIGSTOENAME

Geboorte – 6 maande Dubbel geboorte gewig

Geboorte – 12 maande Drie keer geboorte gewig

12 maande - 3 jaar 25% verhoging per jaar

Figuur 7.

3.3 Voedingsbehoeftes van Babas

Optimale groei en ontwikkeling hang af van die dieet wat al die

nodige voedingstowwe volgens die Aanbevole Daaglikse

Toelae (ADT) verskaf. Waardes word uitgedruk as g/100 kkal

of as gram/kg liggaamsmassa per dag.

12 Julie 2003

Die daaglikse inname van proteïen, vet, koolhidrate,

vitamiene, minerale, spoorelemente, vesel en water sal

afhang van elke baba se individuele groei behoeftes. Elke

voedingstof speel ’n rol in die onderhoud van die gesondheid

status van ’n baba en behoort nie verhoog of verlaag of

uitgeskakel te word nie, tensy onder die toesig van ’n opgeleide

gesondheidsorg werker.

Voedingstowwe is die voedende stowwe wat ons uit ons kos

moet kry wat die liggaam vir behoorlike funksionering benodig.

Hulle kan as volg geklassifiseer word:

© Die hoeveelheid waarin hulle in die dieet teenwoordig is

© Hulle funksie in die liggaam

Die hoeveelheid waarin hulle in die dieet teenwoordig is

bepaal of dit ’n makro- of mikro-voedingstof is.

Makro-voedingstowwe Mikro-voedingstowwe

(Teenwoordig in die dieet (Teenwoordig in die dieet

in groot hoeveelhede) in klein hoeveelhede)

• Proteïen • Vitamiene

• Koolhidrate • Minerale (ons benodig

• Vet < 100mg per dag)

• Water • Spoorelemente (ons

benodig minder as

100 mg per dag)

Voedingstowwe word na gelang van hulle funksionele

klassifikasie in 3 groepe ingedeel: Energie verskaffers, Groei

en Onderhoud en Beskermende voedingstowwe.

Tabel 5

Voedingstof g Energie Energie

(kJ) (kkal)

Energie • Vette 1 38 9

Verskaffende • Koolhidrate 1 17 4

Voedingstowwe • Proteïene 1 17 4

Voedingstowwe • Proteïene,

Funksie

Weefsel groei, herstel

wat die liggaam • Minerale, & vervanging

bou (Groei en Spoorelemente Gesonde bene en

onderhoud) • Water

• Vette

• Koolhidrate

tande

Funksie

Beskermende • Proteïene Weerstand teen

voedingstowwe • Vitamiene, infeksies en siektes

• Minerale, Vervaardiging van

Spoorelemente

• Vette

teenliggame

3.3.1 Energie verskaffende voedingstowwe

Energie word verskaf deur 3 van die makro-voedingstowwe

in die dieet – proteïen, vet en koolhidrate. Energie waarde

word altyd uitgedruk as kilokalorieë (kkal) of kilojoules (kJ) per

gram proteïen (vet of koolhidraat) of as ’n totale volume in 100

ml of per 100 kKal borsmelk of aangemaakte formule.

Die tabel hieronder dui die gemiddelde energie behoeftes per

kilogram liggaamsmassa per dag vanaf geboorte tot drie jaar

aan. Vroeggebore babas het hoër behoeftes van tussen 100-

140 kkal/kg liggaamsmassa / dag as gevolg van die behoeftes

van die vinnig groeiende selle.

Tabel 6.

MEDIAAN LENGTE EN GEWIG EN

AANBEVOLE ENERGIE INNAME

OUDERDOM Gewig Lengte Gemiddelde Energie

Toelae (kkal)

Totale kg cm Per Kg Totaal Per Dag

0 – 6 Maande 6 60 108 650

6 Maande – 1 Jaar 9 71 98 850

1-3 Jaar 13 90 102 1300

Uit: Energy & Protein requirements FAO / WHO / UNU 1985

Energie word hoofsaaklik vir groei en ontwikkeling in die eerste

lewensjare gebruik, maar speel ook ’n belangrike rol in die

handhawing van al die basale metaboliese benodigdhede en

prosesse van die liggaam soos bloedsirkulasie, asemhaling,

hartklop, vervaardiging van hormone, ensieme ens.

Indien die dieet benodigdhede van ’n pasgebore baba oorweeg

word, is dit belangrik om te oorweeg hoeveel energie deur die

3 makro-voedingstowwe voorsien sal word:

Energie verspreiding:

Die grafiek hieronder wys die energie verspreiding van elke

makro-voedingstof per 100 ml borsmelk en koeimelk.

Aangesien borsmelk die standaard is, toon dit duidelik waarom

koeimelk ongeskik is as ’n borsmelk plaasvervanger as gevolg

van die hoe proteïen en lae koolhidraat inhoud daarvan.

Figuur 8.

3.3.2 Voedingstowwe wat die liggaam bou

Dit is hoofsaaklik proteïene; hulle verskaf aminosure vir groei

en herstel van weefsels. Minerale soute word hoofsaaklik

benodig vir die ontwikkeling van gesonde tande en bene en

help om die liggaamsprosesse te reguleer. Koolhidrate, water

en vet word in alle lewende selle aangetref.

3.3.3 Beskermende voedingstowwe

Vitamine en minerale speel ’n noodsaaklike rol in die beskerming

van die liggaam. Proteïene word benodig om beskerming te

13 Julie 2003

verseker teen bakteriële groei, terwyl vetstore in die vetweefsel

’n beskermende kussing laag rondom interne organe verskaf

en ook die vorm van, en beskerming aan die liggaam verleen.

3.4 Funksies van Voedingstowwe

PROTEÏENE

Proteïen vorm ’n fundamentele deel van alle selle en speel ’n

belangrike rol in die groei, beskerming en handhawing van

energie toevoer. Dit word ook benodig vir die vervaardiging

van hormone, ensieme en teenliggame. Die proteïen in rooi

bloedselle dra suurstof in die liggaam terwyl ander proteïene

glukose molekules in selle in vervoer.

Die boustene van proteïene is aminosure. Hulle word in 2

groepe verdeel:

© Nie - noodsaaklik– die liggaam sintetiseer hulle.

© Noodsaaklik– kan nie gesintetiseer word nie en moet deur

die dieet voorsien word:

Noodsaaklike Aminosure

• Isoleusien • Tirosien

• Leusien • Treonien

• Lisien • Triptofaan

• Metionien • Fenielalanien

• Sisteïen • Histadien

• Valien

Sisteïen en Tirosien is aminosure wat nie noodsaaklik by

volwassenes is nie, maar noodsaaklik word in die dieet

van voltermyn babas. Aminosuur samestelling van dikmelk

is besonder goed aangepas by die fisiologiese behoeftes van

die lae-geboortegewig baba, met hoë vlakke van sekere

aminosure soos lisien, benodig vir vinnige groei, sisteïen, wat

noodsaaklik is vir die onvolwasse organe wat nie in staat is om

metionien na sisteïen om te skakel nie, en relatief lae vlakke

van daardie kritiese aminosure wat kan ophoop en aanleiding

gee tot neurologiese defekte; fenielalanien, tirosien en

metionien.

Proteïen vertering en baba voeding:

Daar is twee proteïene wat in borsmelk en koeimelk aangetref

word. Hulle is Kaseïen (stremsel) en Dikmelk (lakto-albumien).

Die dikmelk tot kaseïen verhouding van borsmelk of baba

formule is belangrik aangesien dit die essensiële aminosuur

patroon bepaal en ’n betekenisvolle effek op maag ledigingstyd

en vertering het.

Tabel 7

Dikmelk Proteïen Kaseïen Proteïen

Borsmelk

Oorwegend dikmelk

60% 40%

beginner formule 60% 40%

Oorwegend Kaseïen 30% 70%

beginner formule 20% 80%

45% 55%

© Die kaseïen teenwoordig in borsmelk vorm nie taai stremsels

nie, maar indien dit gemeng word met maagsuur vorm dit

’n sagte vlokagtige suspensie met nul stremsel spanning

wat dit maklik verteerbaar maak.

© Kaseïen in koeimelk vorm ’n taai stremsel in die maag wat

moeilik verteer en die maag ledigingstyd aansienlik verleng.

© Die verhitting van koeimelk veroorsaak dat die kaseïen

klonte vorm, wat saamtrek as dit verhit word en die dikmelk

proteïen vrystel.

© Dikmelk proteïen is die waterige gedeelte wat vorm as

melk oornag in ’n warm omgewing gestaan het en ’n

stremsel gevorm het wat geskei het. Hierdie proteïen is die

maklikste en vinnigste van die twee proteïene om te

verteer.

© Vroeggebore babas behoort oorwegend kaseïen formules

of onverdunde koeimelk te vermy aangesien laktobesoars

(intestinale melk-bolus obstruksies) kan veroorsaak.

© Normale, gesonde voltermyn babas word gewoonlik ’n

hoofsaaklik dikmelk bevattende formule gegee, aangesien

dit ’n soortgelyke samestelling as borsmelk het en goed

vergelyk met die maag ledigingstempo van borsmelk.

© ’n formule wat hoofsaaklik Kaseïen bevat is ideaal vir die

honger baba met ’n vinniger maag ledigingstempo. Honger

babas huil gereeld tussen voedings en kan die gevaar van

oorvoeding loop, aangesien moeder vir hulle meer formule

gee as wat nodig is vir groei.

Soutsuur en proteïen vertering:

Soutsuur is teenwoordig in die maag en is verantwoordelik vir

die verlaging van die pH na ’n vlak wat benodig word vir

optimale aktivering van die ensieme rennien en pepsinogeen;

albei word vir die vertering van proteïen in die maag benodig.

Proteïen & renale oorlading met opgeloste stowwe

(soluut):

Dit kom voor as oormaat proteïen geoksideer word om groot

hoeveelhede urea in die bloed te vorm. Onder normale

omstandighede word urea uit die liggaam uitgeskei deur die

niere, maar oormatige hoeveelhede urea kan oorlading van

die niere veroorsaak met die soluut, veral as die hoë proteïen

inname volgehou word.

VETTE:

Vetsure is die boustene van vet. Hulle word deur die dieet

hoofsaaklik as trigliseriede voorsien en word in 2 groepe

verdeel:

© Nie-essensiële vetsure

© Essensiële vetsure (voorsien deur die dieet)

Tabel 8

Vet in borsmelk % van Totaal Samestelling

Trigliseriede 97 – 99% 3 vetsure aangeheg aan 'n gliserol

ruggraat

Samestelling en posisie van

vetsure beïnvloed vlak van vertering

Fosfolipiede 1- 3% 2 vetsure en 1 fosfor aangeheg

Sterole

Nie-vet substanse -

(Vit A D E K)

aan 'n gliserol ruggraat

Oormatige vet word in die lewer en die vetweefsel gestoor vir

stadige vrystelling in die bloedsomloop wanneer dit vir ekstra

energie benodig word. Gestoorde vet help om die

liggaamstemperatuur te handhaaf en verleen beskerming aan

interne organe. Vette word benodig vir die absorpsie en stoor

van vetoplosbare vitamiene A, D, E & K en is nodig vir die

integriteit en funksionering van selmembrane. Die essensiële

14 Julie 2003

vetsure, linoleïese sure en alfa-linoliese suur speel ’n rol in

groei, gesonde vel, optimale verbruik van energie en aktiwiteit

van die hart en skeletspiere, niere, lewer ens.

Vette en Renale Soluut Lading – Vette het geen effek op die

renale soluut lading nie.

Vette en Osmolaliteit – Vette beïnvloed nie osmolaliteit nie.

KOOLHIDRATE:

Die rol van koolhidrate in die dieet is om ’n vinnig beskikbare

bron van energie aan die liggaam te verskaf, hipoglisemie (’n

lae bloedsuiker toestand) en ketose te voorkom. Koolhidrate in

borsmelk en koeimelk is hoofsaaklik in die vorm van vry

disaggariede wat as laktose of ‘melksuiker’ bekend staan.

Laktose word deur die ensiem laktase verteer, wat goed

tydens geboorte ontwikkel is, om optimale vertering gedurende

die periode wat die baba slegs melk drink, te verseker. Tot en

met 60g laktose per dag kan in hierdie periode verteer word.

As die laktase inhoud verminder of uit die dieet uitgeskakel

word, d.i. gebruik van ’n voeding wat geen laktose bevat nie,

verlaag die laktase waardes en sal nooit weer na hulle

aanvanklike hoë waardes toe terugkeer nie.

Tabel 9

Koolhidrate Struktuur Tipes

Polisaggariede Versekeie suikers Stysel, dekstriene,

glukogeen, sellulose

Disaggariede Twee mono- Laktose, sukrose,

saggariede maltose

Monosaggariede Enkele suiker Glukose, galaktose,

eenheid fruktose

Ander ensieme wat benodig word vir koolhidraat metabolisme

is sukrase, maltase en gluko-amilase. Tydens geboorte is

vlakke laag, maar produksie word gestimuleer as voedsel wat

hierdie koolhidrate bevat ingeneem word.

LW. Dit is raadsaam om moeders aan te raai om nie

suiker (sukrose) by baba formules te voeg nie

aangesien dit die energie verspreiding van die

formule verander en die totale energie inhoud

verhoog wat aanleiding kan gee tot vetsug.

Koolhidrate en Renale Soluut Lading – koolhidrate het geen

effek op die renale soluut lading nie.

Koolhidrate en Osmolaliteit – Die hoeveelheid en kwaliteit

van die koolhidrate wat ingeneem word het ’n direkte effek op

die osmolaliteit van die voeding. Osmotiese druk verhoog

meer met mono- en disaggariede, terwyl polisaggariede, wat

dieselfde energie waarde verskaf, minder invloed op die

osmotiese druk toon. Maltodekstriene is klein polisaggariede

wat as gevolg van stysel vertering voorkom. Hulle word

dikwels gebruik in baba formules en word maklik verteer.

VITAMIENE:

Slegs baie klein hoeveelhede vitamiene word vir groei,

ontwikkeling en liggaamsfunksies benodig. Hulle verskaf geen

energie nie, maar speel ’n noodsaaklike rol in die regulering

van die metaboliese prosesse van die liggaam. Vet oplosbare

vitamiene A, D, E & K word in die lewer gestoor en deur die

feses uitgeskei. Oormatige inname van vet oplosbare vitamiene

kan toksisiteit veroorsaak. B-kompleks en C vitamiene is water

oplosbaar; enige oormaat word in die urien via die niere

uitgeskei. Borsmelk bevat min vitamien K en D. Al die ander

vitamiene is gedurende die baba se eerste lewensjaar

beskikbaar as die moeder se dieet voldoende is. Babas

benodig hoër vitamien vlakke gedurende vinnige groei periodes.

Belangrike vitamien tekorte is Vitamien C – skeurbuik, Vitamien

A – xeroftalmie en nagblindheid en vitamien D – ragitis.

MINERALE:

Die hoof minerale nodig vir groei en ontwikkeling is kalsium,

fosfor, natrium, kalium, magnesium en chloried. Hulle is oral in

die liggaam in groot hoeveelhede teenwoordig, insluitend

been en liggaamsvloeistowwe. Babas benodig effens hoër

vlakke gedurende vinnige groei periodes. Die mineraal inhoud

van borsmelk is gebalanseer om die risiko’s geassosieerd met

tekort of renale soluut oorlading te vermy. Koeimelk bevat baie

hoër vlakke van alle minerale behalwe yster en koper; dit

veroorsaak yster tekort en renale soluut oorlading indien dit

aan babas jonger as 12 maande gegee word.

Kalsium tekort veroorsaak osteomalasie (swak mineralisasie

van been en tande), swak groei, hipokalsemie en neonatale

tetanie. Oormatige inname gee aanleiding tot swak vet

absorpsie en beïnvloed optimale absorpsie van die

vetoplosbare vitamiene.

Fosfor is ’n hoof komponent van selmembrane en intrasellulêre

organelle. Dit word vir energie transformasie, metabolisme

van proteïen, vet en koolhidrate benodig, speel ’n rol in suur

balans en oordrag van senuwee impulse. Oormatige inname

kan die optimale verbruik van kalsium en ander metale

beïnvloed.

Natrium en chloried is nodig om die water balans binne-in die

selle te handhaaf, regulering van osmolariteit, bloeddruk beheer

en grootte van water komponente in die liggaam. Oormaat

natrium veroorsaak edeem en hipertensie. Onvoldoende

inname gee aanleiding tot swakheid, naarheid, spierkrampe

en dehidrasie.

Kalium in kombinasie met natrium help met die regulering van

intrasellulêre osmotiese druk, vloeistof en suur basis balans.

Minerale en Renale Soluut Lading – kalsium, fosfor, natrium,

kalium en chloried het almal ’n effek op die renale soluut lading

en veroorsaak oorlading indien in groot hoeveelhede ingeneem,

veral as die renale sisteem onvolwasse is.

SPOORMINERALE:

Dit is essensiële minerale wat in klein hoeveelhede in die

liggaamsweefsel teenwoordig is. Sekere stowwe in die liggaam

benodig spoorminerale om strukturele integriteit en /of optimale

funksie van bv. nukleïensure, insulien, vitamien B te onderhou.

12

Gedurende tydperke van vinnige groei is die behoefte aan

spoorminerale groter, veral yster, sink en jodium. Ystervlakke

in borsmelk is gewoonlik onvoldoende na 4-6 maande. Vaste

kosse wat by die dieet bygevoeg word, behoort ’n vorm van

absorbeerbare yster te bevat om tekorte te voorkom.

4. BORSMELK PLAASVERVANGERS

Daar is tans produkte op die mark beskikbaar wat as borsmelk

plaasvervangers beskou kan word, maar hulle geskiktheid as

’n volledige voeding vir babas hang af van hulle vermoë om

aan al die voedingsbehoeftes in die korrekte hoeveelhede te

voldoen om optimale groei en ontwikkeling te ondersteun.

15 Julie 2003

Borsmelk plaasvervangers word deur die Wêreld Gesondheid

Organisasie as volg gedefinieer:

“…enige voedsel wat bemark of andersins voorgestel word

as ’n gedeeltelike of totale vervanging vir borsmelk, of dit

geskik is vir daardie doel al dan nie”.

In hierdie afdeling van die module sal ons beide geskikte en

ongeskikte borsmelk plaasvervangers bespreek; dit is nodig

om te verseker dat slegs die mees geskikte produkte vir

voeding aan moeders aanbeveel word.

4.1 Ongeskikte Borsmelk Plaasvervangers

Daar is baie “melk” produkte op die mark beskikbaar wat

gewoonlik van diere- of plant oorsprong is en soortgelyk is in

voorkoms as suiwelprodukte. Indien aan babas gevoer word

gedurende die eerste 4-6 maande, kan die baba groei probleme

ondervind wat met gewigstoename en voedingstekorte verband

hou.

Ongeskikte ‘‘melk’’ produkte is:

© Afgeroomde melk

© Koffie verromers

© Tee verromers

© Nagemaakte melk mengsels

© Suiwel mengsels

Hierdie produkte is totaal ongeskik vir baba voedings:

© Energie verspreiding verskil baie van borsmelk en baba

formules.

© Proteïen en mineraal inhoud is hoog wat die risiko van

renale soluut oorlading skep.

© Vette bevat hoë vlakke van versadigde vetsure, laurielsuur,

palmitiensuur en mirresuur wat bloed cholesterol vlakke

kan verhoog. Die byvoeging van palmpitolie en

grondboontjie olie, wat hoofsaaklik gehidrogeniseer is,

klief die dubbel bindings van linoleïese suur, ’n essensiële,

Tabel 10 - Ongeskiktheid van koeimelk

onversadigde vetsuur, wat dit relatief oneffektief in die

dieet maak. Tekort aan linoleïese suur veroorsaak dat die

metaboliese tempo stadiger word, swak groei plaasvind en

verlaagde hormoon produksie.

© Vitamiene – Is nie noodwendig bygevoeg nie en voldoen

nie aan die Codex Alimentarius standaarde nie.

© Minerale – Vlakke is hoog.

© Yster– Dikwels nie teenwoordig nie of baie lae vlakke

beskikbaar

© Lae vet of vet-vry– Energie beskikbaarheid is onvoldoende

wat swak groei, lae cholesterol en lomerigheid tot gevolg

het. Swak absorpsie van die vetoplosbare vitamiene - A, D,

E & K beïnvloed groei.

Sommige produkte bevat bymiddels wat allergiese reaksies in

sensitiewe babas kan veroorsaak:

© Emulsifiseerders

© Teen-koekmiddels

© Middels om vry vloei te verseker

© Anti-oksidante

© Kleurmiddels

© Geurmiddels

© Preserveermiddels

© Verdikkingsmiddels

Dit is belangrik om ’n moeder te vra watter melk (of vaste

kosse) sy haar baba gee; indien sy raad vra oor enige voeding

of allergie verwante simptome.

LW. Hierdie produkte voldoen nie aan die Codex

Alimentarius vereistes nie; het geen

voedingstabelle of maatlepels nie wat hulle

ongeskik vir baba voeding maak. Regulasies

vereis dat hierdie produkte bemark word as “nie

geformuleer vir baba voeding nie”

Koeimelk - 'n Onvanpaste vervanging van borsmelk?

As gevolg van die samestelling en energie verspreiding, word

volledige koeimelk as onvanpas beskou vir babas gedurende

die eerste 12 maande. Die belangrikste redes hiervoor hou

verband met:

Hoë proteïen inhoud Koeimelk bevat ongeveer 3.3g proteïen per 100ml wat hoofsaaklik uit kaseïen (80% van

die totale proteïen) bestaan. Kaseïen proteïen vorm 'n taai stremsel in die maag wat

moeiliker as dikmelk proteïen verteer.

Vette Hoofsaaklik versadig of mono-versadig en bevat slegs klein hoeveelhede van die essensiële

vetsure – linoleïese en alfa-linoleniese suur. Absorpsie van palmitiese suur vanuit koeimelk

is swak as gevolg van die trigliseried struktuur wat van dié van borsmelk verskil.

Koolhidrate Laktose inhoud is laer as borsmelk of baba formules

Yster inhoud te laag Risiko van yster tekort

Energie verspreiding Baie verskillend van borsmelk of baba formules (sien Figuur 8) en het gepaardgaande

gesondheidsrisiko’s.

Indien verdun om die proteïen Die byvoeging van toepaslike vette en koolhidrate is nodig om dieselfde kalorie digtheid as

en mineraal inhoud te verlaag borsmelk te verkry.

Kalsium & fosfor Vlakke is te hoog wat konstipasie kan veroorsaak

Essensiële vetsure Aangesien koeimelk nie die essensiële vetsure bevat nie, sal dit lei tot groei tekort en kan

(linoleïese en alfa

linoleniese suur)

ook lei tot verlaagde brein ontwikkeling en verlaagde immuun funksie van die baba.

Vitamien C As gevolg van die tekort aan vitamien C, het kinders wat onveranderde koeimelk gegee is,

vitamien C tekort ontwikkel

Hoë mineraal inhoud Verhoog die renale soluut lading, beïnvloed die buffer kapasiteit van die voeding en

vertraag maag ledigingstyd.

16 Julie 2003

4.2 Geskikte Borsmelk Plaasvervangers

Indien voedingsopsies oorweeg word, is dit belangrik om te

onthou dat borsmelk altyd die veiligste, bekostigbaarste en

voedsaamste voedingsopsie vir babas is. Sommige moeders

kies egter om nie te borsvoed nie of kan as gevolg van ’n aantal

redes nie borsvoed nie:

© Hulle wil dalk nie borsvoed nie

© Gesondheids- of sielkundige kontra-indikasies

© Chirurgie aan die borste

© Geïnverteerde tepel

© Vrees vir verlies of veranderinge aan die figuur

© Veelvuldige geboortes

© MIV/VIGS

© Vroeë terugkeer werk toe – lekkende borste, geen fasiliteite

om borsmelk uit te melk of te stoor nie.

Deesdae is daar ’n reeks moderne, wetenskaplik ontwikkelde

borsmelk plaasvervangers beskikbaar wat baie naby aan die

samestelling van borsmelk is. Die baba formule reekse verskaf

produkte vir die voeding van die normale, gesonde baba vanaf

geboorte en ook gespesialiseerde produkte wat aan die baba

se gespesialiseerde voedingsbehoeftes voldoen wat verband

kan hou met allergie, laktose intoleransie, ligte vertering

stoornisse, diarree, konstipasie, koliek en wanabsorpsie

verwante siektes.

Baba formules moet onder ideale omstandighede deur

’n professionele gesondheidsorg werker aanbeveel

word, wat opgelei is om die behoeftes van die moeder en

die baba te beoordeel en ook inligting kan verskaf oor

die toepaslike skoonmaak metodes van die voeding

gereedskap en die korrekte aanmaak van voedings.

LW. Voordat daar besluit word om ’n borsmelk

plaasvervanger te gebruik, behoort aptekers en

gesondheidsorg werkers moeders in te lig oor die

geskiktheid van die produk en die negatiewe effek

van bottelvoeding op borsvoeding.

4.3 Codex Alimentarius Standaarde vir

Baba Formules

Alle geskikte borsmelk plaasvervangers moet aan die

Codex Alimentarius standaarde vir die voeding van babas

van geboorte tot ses maande (en ouder) voldoen, om

beheer te verseker. Hierdie kode behels die volgende:

“alle belangrike aspekte van voedsel wat verband hou

met die beskerming van die verbruiker se gesondheid

en regverdige praktyke in die voedselbedryf”. “Die

Voedsel en Landbou Organisasie en die Wêreld

Gesondheid Organisasie (WGO) as deel van hulle

aanhoudende pogings om die Codex Alimentarius te

ontwikkel, het voedsel verwante wetenskaplike en

tegnologiese navorsing en ook bespreking,

aangemoedig. Hierdeur is die wêreld gemeenskap se

bewustheid van voedsel veiligheid en verwante kwessies

na voorheen ongekende hoogtes gevoer en dit het die

belangrikste internasionale verwysing vir ontwikkelings

geassosieer met voedsel standaarde geword”.

Tabel 11. Codex Alimentarius standaarde

dek:

• Belangrikste voedsel– geprosesseer, semigeprosesseer

of rou

• Materiale vir verdere prosessering van voedsel

• Higiëne en voedingsgehalte van voedsel

• Mikrobiologiese norme

• Voedsel byvoegings

• Pestisied residu

• Kontaminante

• Etikettering en aanbieding

• Analise metodes

• Gee van monsters

• Gedragskodes, riglyne, aanbevelings

Codex standaarde vir baba formules:

Omvang: Hierdie standaard is van toepassing op:

© Baba formules in poeier of vloeistof vorm, vir gebruik as ’n

plaasvervanger van borsmelk.

© Voldoen aan die normale voedingsbehoeftes van babas.

© Voorsiening van ’n standaard vir formules vir babas met

gespesialiseerde voedingsbehoeftes, behalwe vir sekere

voorsienings wat aangepas moet word om aan die spesiale

behoeftes te voldoen.

Die baba formule moet:

© Normale groei en ontwikkeling van die baba bevorder.

© Slegs op ’n fisiese wyse geprosesseer word.

© Verpak word om storting en kontaminasie gedurende

hantering, tydens die stoor daarvan en met verspreiding te

verhoed.

© Bestaan uit melk van koeie of ander diere, eetbare

bestanddele van diere, vis of plante wat as geskik vir baba

voeding bewys is.

© Minimum en maksimum vlakke van voedingstowwe soos

in die standaarde gespesifiseer, bevat.

4.4 Gids vir Besluitneming oor Baba

Voeding

Die onderstaande diagram is ’n gids vir die besluitneming oor

baba voeding om gesondheidsorg werkers te help om die

voedingsbehoeftes van moeders te bepaal. Sien bladsy 18. ’n

Baba formule val in drie hoof voedingsperiodes:

• Geboorte tot ses maande – beginner formule periode

• Ses maande tot 12 maande – opvolg formule periode

• Een tot drie jaar– groei met melk periode

LW. Aangesien voedingsbehoeftes na 6 maande en

weer na 12 maande verander, toon produkte in

elke kategorie ’n verandering in samestelling in

ooreenstemming met groei en

ontwikkelingsveranderings wat gedurende

daardie periode voorkom.

4.5 Roetiene Baba Formules

Danksy volgehoue tegnologiese vordering, is koeimelk

aangepas om aan ’n reeks voeding samestellings te voldoen

wat die gesonde en ook die gekompromitteerde (siek) baba

kan versadig.

Met die lees van hierdie afdeling, verwys asb. na die baba

voeding besluitneming diagram van alle handelsname wat

tans op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar is.

17 Julie 2003

å Oorwegend dikmelk beginner formule geboorte tot 6

maande:

Koeimelk is betekenisvol verander om ’n hoofsaaklik dikmelk

bevattende beginner formule te verskaf wat geskik is om

uitsluitlike voeding te verskaf aan ’n voltermyn baba van

geboorte tot 6 maande. Dikmelk proteïen poeier is by koeimelk

gevoeg om ’n verhouding van 60:40 te verkry, dikmelk :

kaseïen verhouding en aminosuur profiel soortgelyk aan

borsmelk. Dikmelk proteïen vorm nie taai stremsels in die

maag nie, wat dit makliker en vinniger maak vir die jong baba

om te verteer as ’n oorwegend kaseïen bevattende formule.

Omdat hierdie produkte so wetenskaplik gevorderd is, is hulle

tans die gewildste keuse vir beginner formule op die mark.

å Oorwegend kaseïen beginner formule van 6 maande:

Hierdie produkte verskaf ’n hoër persentasie van kaseïen

proteïen in ’n baba formule en het die unieke voordeel dat dit

’n honger baba versadig. Kaseïen proteïen vorm ’n dikkerige

stremsel in die maag wat langer vat om te verteer voordat dit

die dunderm binnegaan. Dit veroorsaak dat die honger baba

“voller” of “meer versadig” vir langer voel. Babas met normale

tot stadiger metabolisme behoort nie ’n oorwegend kaseïen

formule aanbeveel te word nie, aangesien koliek kan voorkom

as gevolg van onverteerde proteïen stremsels wat in die

dunderm ingaan.

å Soja gebaseerde baba formules:

Hierdie produkte is geskik vir die voeding van babas met

koeimelk proteïen intoleransie; koeimelk proteïen allergie of

sensitiwiteit en of sekondêre of kongenitale laktose intoleransie.

Normale, voltermyn, gesonde babas wat geen simptome of

geskiedenis van hierdie probleme het nie, behoort nie ’n

laktose vry voeding te oorweeg nie, aangesien laktose wel

sekere voordele vir die baba gedurende die eerste paar

maande inhou.

Soja voedings word dikwels gebruik vir die behandeling van

akute diarree as sekondêre laktose intoleransie voorkom.

Herstel van die villi kan na ’n paar dae voorkom, afhangend

van die omvang van die mukosale skade, As diarree volhou

selfs al word ’n soja formule gebruik, kan dit wees as gevolg

van die teenwoordigheid van sukrose. Sommige soja formules

is as gevolg hiervan beide laktose en sukrose vry.

å Opvolg formule vanaf 6 maande:

Aanbeveel van 6 maande totdat bottelvoeding staak. Die

speen periode is ’n tydperk waartydens die baba oorskakel

van ’n dieet wat net melk bevat tot ’n gediversifiseerde semisoliede

dieet. Dit kan ’n risiko periode vir die baba wees as die

vaste dieet, veral stapelvoedsel met ’n lae voedingswaarde,

nie voldoende voeding wat benodig word vir optimale groei en

ontwikkeling verskaf nie. Opvolg formules is ontwikkel vir

gebruik as hoë proteïen melk voedings of as ’n byvoeging tot

vaste kos om die algehele voedingswaarde te verhoog. Opvolg

formules verskaf ’n hoër proteïen inhoud per 100 ml as

gewonde beginner formules, met sleutel minerale waardes

(kalsium, fosfor, natrium, kalium en chloried) wat verhoog is in

ooreenstemming met die behoeftes van die ouer baba.

18 Julie 2003

5. GESPESIALISEERDE FORMULE

VOEDING

’n Reeks gespesialiseerde baba formules is ontwikkel om aan

die behoeftes van babas met spesiale voedingsbehoeftes

soos vroeggeborenheid, onvolwassenheid, laktose

intoleransie, allergie, koeimelk proteïen intoleransie,

wanabsorpsie ens. te voldoen.

Hierdie voedings is koeimelk of soja gebaseerde formules wat

aangepas is om aan spesifieke behoeftes verwant aan die

toestand wat behandel word, te voldoen.

5.1 Voeding van die vroeggebore

baba

Gedurende die eerste belangrike lewensweke, as daar geen

suig refleks is nie, word vroeggebore babas uitgemelkte

borsmelk of vroeggebore baba formule deur ’n naso-gastriese

buisie gevoer. Vroeggebore formules is ontwikkel om intrauteriene

groei te simuleer gedurende die derde trimester van

swangerskap.

Vroeggebore formule aanbevelings:

“Die optimale dieet vir lae geboorte babas kan

gedefinieer word as ’n dieet wat die groei tempo van

ongeveer dié van die derde trimester van intra-uteriene

ontwikkeling ondersteun, sonder om spanning te plaas

op die ontwikkelende metaboliese of uitskeiding sisteme

… oormatige vertraging in die hervatting van groei kan

ernstige en blywende nagevolge hê”

American Academy of Paediatrics,

Committee on Nutrition .

Tabel 12

Die vroeggebore baba benodig meer energie en proteïen as ’n

normale voltermyn baba. Ongeveer 12-40% van vette in die

vroeggebore baba formule word in die vorm van medium

ketting trigliseriede (MKT’e) verskaf. Dit is nodig om die vet

absorpsie te verhoog tydens die periode van onvolgroeidheid

terwyl pankrease lipase en galsout beskikbaarheid skraal is.

5.1.1 Borsmelk verryking

Produkte soos FM85 ® en Nutriprem ® is ontwikkel om die

energie waardes van uitgemelkte borsmelk te verhoog.

Alhoewel sommiges ’n mengsel van hipo-allergeniese proteïen,

maltodekstrien en minerale bevat en ’n lae renale soluut lading

het, kan borsmelk verrykers sonder borsmelk nie as ’n volledige

voedsel gebruik word nie.

5.1.2 Spesiale byvoegings

DHS (Dokosaheksanoïese suur)

Vroeggebore formules (Pre Nan DHA ® , C& G Neonatal ® &

S26 Gold ® ) is onlangs bekend gestel met die byvoeging van

Dokosaheksanoïese suur (DHS). Hierdie Omega 3 vetsuur is

nodig vir groei, ontwikkeling, normale funksie van die brein

(veral gedurende die eerste ses lewensmaande), die retina om

sig te ondersteun en die senuweestelsel (miëlinisasie van

senuwee weefsel). Hierdie nuwe generasie formules

ondersteun die baba se onvolwasse ensiem sisteem deur die

finale vetsure wat normaalweg deur voltermyn babas

geproduseer word, te verskaf.

Oorwegings vir voeding by die vroeggebore baba

Lae energie en voeding store Meeste van die voedingstowwe word slegs in die voeding store gedurende die laaste

trimester neergelê. As gevolg hiervan het vroeggebore babas ’n laer spiermassa, lae

vet en glikogeen store en hoër behoeftes om intra-uteriene groei tempo’s te bereik.

Daar is ’n ernstige gebrek aan sommige van die noodsaaklike voedingstowwe soos

kalsium, fosfor en magnesium by die vroeggebore baba.

Hoër metaboliese tempo as As gevolg van die verhoogde groeitempo is die meeste organe proporsioneel

normale termyn babas meer aktief as dié van die voltermyn baba.

Probleem met die regulering van As gevolg van die afwesigheid van vetweefsel.

temperatuur

Oormatige water verlies Vroeggebore babas het baie dun velletjies met hoë deurlaatbaarheid.

Onvolwasse verteringsorgane Verhoed optimale vertering en absorpsie van voedingstowwe.

Onvolwasse nier funksie As gevolg van die onvermoë om urien so veel te kan konsentreer soos die voltermyn

baba, het vroeggebore baba verskeie elektroliet lekkasies.

Voedingstekorte van die vroeggebore baba:

Onvoldoende Energie Inname Risiko van ingeperkte neurologiese ontwikkeling, sentrale senuweestelsel stoornisse,

neurosensoriese gehoorverlies en ernstige retrolentale fibroplasie wat blindheid

kan veroorsaak.

Hipoglisemie Lae glukose vlakke in die bloed.

Hiperbilirubinemie Veroorsaak geelsug as gevolg van hoë bilirubien vlakke in die bloed.

Verlaagde Ingewand Motiliteit As gevolg van vertraagde of ongereelde voeding.

Vitamien Tekorte:

Vit E vetoplosbare vitamien Natuurlike anti-oksidant, wat oksidasie of membraan afbraak verhoed.

Vit D vetoplosbare vitamien Veroorsaak ragitis as gevolg van swak vet absorpsie.

Foliensuur Megaloblastiese anemie.

19 Julie 2003

5.2 Die Rol van Funksionele Voedsel by

Baba Voeding

Prebiotika:

(Nie-verteerbare voedsel bestanddele wat die gasheer se

gesondheid voordelig beïnvloed deur selektiewe

stimulasie van die gastro-intestinale flora)

© Dit word by formules bygevoeg in die vorm van vesel

(frukto-oligosaggariede) en inulien wat in die kolon

gefermenteer word en sodoende die koloniese pH verlaag

en dus die kolonisasie van voordelige bakterieë wat die

ingewande uitvoer, te stimuleer, wat ’n verbeterde skans

effek veroorsaak. Selektiewe stimulasie van laktobasilli en

bifidobakterieë veroorsaak ’n verlaging van kolon pH,

gereeldheid van dermbewegings en verbeterde stoelgang

kwaliteit. Kinders het ’n verbeterde immuun respons en

verbeterde ingewandsgesondheid met die gebruik van

Prebiotika getoon.

5.3 Probleme met Baba Voeding

Tabel 13

Probiotika:

(Lewendige mikrobiale organismes wat die gasheer se

gesondheid bevoordeel deur die vermeerdering in die

aantal bifido en laktiese bakterieë in die dikderm)

Versigtig uitgekieste, lewendige bakteriële kulture word by

baba formules gevoeg om die aantal bifido bakterieë in die

ingewande te verhoog. Probiotiese kulture word gereeld in

joghurt produkte aangetref, ongelukkig is baie verbruikers

onbewus van die wonderlike voordele wat hulle bied in terme

van gesonder ingewande. Onlangse studies het aangetoon

dat verbetering van die natuurlike bifido flora die gesondheid

van babas versterk deur die insidensie van diarree, Rotavirus

storting, luier uitslag en die immuniteit van sommige babas te

verbeter.

LW. Vroeggebore babas kan voedings- of mediese

probleme ondervind na ontslag en behoort dringend

na ’n pediater of ervare klinieksuster verwys te

word. Vroeggebore formule word aanbeveel totdat

die baba ’n stabiele gewig van tussen 2.5 –3.0kg

bereik.

PROBLEEM OORSAKE EN SIMPTOME BEHANDELING PRODUK

Koliek: Koliek kan op 2 maniere voorkom van

so vroeg as 2-3 weke na geboorte:

3 maande koliek Moeders behoort aangemoedig te word om gedurende die dag

Die oorsaak van ‘drie maande’ koliek is te rus ter voorbereiding van hierdie moeilike tyd in die aand.

steeds onbekend. Aanvang is gewoonlik Sy behoort gerus gestel te word dat dit nie ’n permanente

in die laatmiddag of vroegaand en duur toestand is nie en dat dit gewoonlik bedaar vanaf ongeveer

vir ’n periode van ongeveer 1-2 uur. die 12de – 14de week.

Borsvoeding, bottelvoeding of Hierdie tipe koliek is nie ’n indikasie om borsvoeding

medikasie blyk nie om enige blywende te staak nie.

effek op die baba se simptome te

toon nie.

Koliek na voeding Vooraf aangesuurde formule PELARGON

Koliek simptome kom gewoonlik • Deur dit vooraf aan te suur verlaag die pH van die formule.

10 – 20 minute na elke voeding voor. • Twee en ’n half uur na voeding is die maag pH baie

Dit hou gewoonlik verband met die soortgelyk aan dié van borsmelk; dit bevorder optimale

onvolwassenheid van die vertering vertering en verhoed vertraging van gastriese ledigingstyd.

stelsel en hou veral verband met • ’n Fyner, meer verteerbare kaseïen proteïen stremsel is in

onvoldoende soutsuur in die maag wat die maag teenwoordig. Dit veroorsaak ’n sparende effek op

optimale vertering van proteïen verhoed. die beperkte hoeveelheid beskikbare soutsuur.

• Dit gee aanleiding tot die normalisasie van peristalse en

Simptome: verseker optimale proteïen ensiem aktivering.

• Rusteloosheid • Indien daar ’n risiko van formule kontaminasie is – vooraf

• Huil (aanhoudend) aangesuurde formules verleen bottel beskerming, aangesien

• Abdominale pyn – knieë opgetrek die groei van sommige vooraf bestaande kontaminante

teen die maag onderdruk word. ’n Gekontrolleerde dubbel-blinde studie

deur Brunser et al, het aangetoon dat aangesuurde formules

’n groter beskermende effek teen infeksie toon as standaard

(nie-aangesuurde) formules.

• Insidensie van diarree was baie laer by hierdie babas as by

dié wat ’n nie-aangesuurde formule gegee is.

Ander formules is aangepas met sekere bestanddele om die C&G Omneo Comfort

simptome van koliek te help, hulle is nie versuur nie. Sommige S26 Anti

van die proteïen in die formule is egter gehidroliseer, regurgitation

sommiges bevat pro-biotiese vesel en ander vooraf gekookte

aartappel stysel.

C&G Anti Reflux

Ligte vertering Ligte vertering stoornisse kan verband Ligte vertering stoornisse behoort na gelang van die simptome PELARGON

stoornisse: hou met klimaat verwante dehidrasie, behandel te word. Gaan na of vloeistof inname voldoende is.

onvolwassenheid van die vertering Korrekte aanmaak van die formule (sommige formules benodig

stelsel, foutiewe aanmaak van die 1 skeppie per 25 ml water en ander 1 skeppie per 30 ml water).

20 Julie 2003

PROBLEEM OORSAKE EN SIMPTOME BEHANDELING PRODUK

formule, vol sterkte koeimelk of ’n Vermy oorvoeding.

hoofsaaklik kaseïen bevattende formule. Gee ’n aangesuurde formule indien bottelvoeding gegee word

Die volgende simptome kan almal (sien koliek).

verbind word met ligte vertering

stoornisse:

• Regurgitasie

• Koliek

• Rusteloosheid

• Ligte diarree

• Konstipasie

Vermy formules wat hoofsaaklik kaseïen bevat.

Koolhidraat Hierdie toestand kom voor as gevolg Laktose vry formule: Koeimelk gebaseer,

intoleransie: van mukosale skade aan die dunderm Laktose intoleransie kom voor as mikrovilli in die dunderm latose en sukrose vry:

wat die beskikbaarheid van ensieme beskadig word. Dit kom voor as gevolg van ’n akute episode AL110

wat benodig word om koolhidrate te van diarree of ’n intestinale infeksie. Dit gee aanleiding tot

verteer, beïnvloed. sekondêre laktose intoleransie as gevolg van die tydelike Laktose & sukrose

onbeskikbaarheid van die laktase ensiem. vry:

Simptome: Laktose en sukrose vry formule: NAN SOYA 1 & 2

• los, waterige, skuimende stoelgange Indien diarree aanhou terwyl die baba ’n laktose vry formule

• diarree hou aan vir so lank as wat ontvang, kan die sukrase ensiem ook onbeskikbaar wees as Laktose vry:

die betrokke koolhidraat in die dieet gevolg van meer uitgebreide skade aan die mikrovilli. C&G LF, S26 LF

teenwoordig is Oorskakeling na ’n laktose en sukrose vry formule laat INFASOY 1 & 2

gewoonlik die toestand bedaar. Hierdie formules verskaf ISOMIL 1 & 2

maltodekstrien as die koolhidraat bron, wat ’n lae osmolariteit Infacare Soya

voeding tot gevolg het (Hoë osmolaliteit voedings verhoog

osmotiese druk wat veroorsaak dat addisionele water in die

lumen ingetrek word).

1 & 2

Namate die diarree bedaar, begin die mikrovilli geleidelik te

regenereer, en optimale ensiem aktiwiteit nodig vir die volledige

vertering van koolhidrate word herstel.

Babas met ’n seldsame toestand wat Babas wat simptome van kongenitale laktose intoleransie

as kongenitale laktose intoleransie toon, behoort na ’n pediater verwys te word

bekend staan, kan die bors weier en

voedingsprobleme ontwikkel.

Diarree: Diarree word gedefinieer as die As gevolg van die onbeskikbaarheid van die laktase ensiem Koeimelk gebaseer,

gereelde passering van ’n los of (mukosale skade), begin onverteerde koolhidrate om te laktose en sukrose vry:

vloeistof stoelgang. fermenteer wat osmotiese druk verhoog. Water beweeg uit AL110

die selle in die lumen in. Bakteriële hidrolise en fermentasie Laktose en

Algemene oorsake: gaan voort, wat aanleiding gee tot die teenwoordigheid van sukrose vry:

Intestinale infeksies, nie-intestinale organiese sure, eenvoudige suikers en koolstof dioksied. Die NAN SOYA 1 & 2

infeksies, inflammasie soos ulseratiewe abdomen swel op en die baba begin waterige, skuimende Laktose vry:

kolitis, ingewand reseksie, intussepsie, stoelgange te passeer wat met winderigheid gepaard gaan. C&G LF

kongenitale abnormaliteite, metabo- Dehidrasie kom vinnig voor indien die aantal en hoeveelheid S26 LF

liese stoornisse soos seliak siekte of los stoelgange toeneem. Indien nie vinnig behandel nie, kan INFASOY 1 & 2

proteïen sensitiwiteit dit fataal wees, veral by baie jong babas. ISOMIL 1 & 2

Diarree beïnvloed ook beide die elektroliet en suur – Infacare Soya

Simptome: basis balans. 1 & 2

• Los, waterige, groen stoelgang

• Abdominale uitsetting Verhoog die baba se vloeistof inname en gaan voort met die

• Mukus in stoelgang huidige voeding tydens aanvang van die diarree.

• Bloedbevlekte stoelgang

• Verhoogde liggaamstemperatuur Monitor die baba noukeurig vir enige simptoom van dehidrasie.

(moontlike intestinale infeksie)

• Braking Gee ’n kommersiële elektroliet oplossing of tuisgemaakte

rehidrasie oplossing (1 liter skoon, vooraf gekookte water,

8 teelepels suiker en ’n halwe teelepel sout).

Tekens van dehidrasie: Voedingsopsies

• Ingesonke oë Hou aan met borsvoeding

• Ingesonke fontanel Gebruik ’n koeimelk voeding wat laktose en sukrose vry is

• Droë tong, vel en lippe en ’n lae osmolariteit het.

• Swak vel tugor Gebruik soja gebaseerde (koeimelk proteïen vry) laktose en

• Slaperigheid sukrose vry (lae osmolariteit) voeding

• Skok Gebruik soja gebaseerde (koeimelk proteïen vry) laktose vry

voeding.

21 Julie 2003

PROBLEEM OORSAKE EN SIMPTOME BEHANDELING PRODUK

Akute aanvang Gedefinieer as ’n skielike, onverwagse aanvang en duur vir ’n paar uur of dae

Ligte diarree Ligte diarree is die gereelde passering van ’n los of vloeistof stoelgang. Gewoonlik minder as een los

stoelgang elke 2 uur. Duur vir ’n paar uur of ’n paar dae

Aanhoudende ’n Diarree wat aanhou vir meer as Gebruik ’n koeimelk formule wat hipo-osmolêr, laktose en AL 110

diarree 10 – 14 dae word as aanhoudend sukrose vry is. ALFARÉ

beskou en kan chronies van aard word C & G Pepti Junior

indien nie toepaslik behandel word nie. Gebruik ’n semi-elementale formule as diarree volume

toeneem, bloed of oormatige hoeveelhede mukus bevat

(sien chroniese diarree).

Verwys hierdie baba onmiddellik na ’n pediater om te

bepaal of daar enige wanabsorpsie verwante toestande is.

Chroniese Chroniese diarree duur vir langer as Semi-elementale formules ALFARÉ

diarree 14 dae en kan weke of maande duur. Aanhoudende en chroniese diarree kan aanleiding gee tot C & G Pepti Junior

Kom voor as gevolg van: wanabsorpsie sindrome.

• ernstige akute diarree Aangesien ’n semi-elementale formule grootliks gehidroliseer

• ernstige chroniese diarree is, is dit hipo-allergenies en veroorsaak nie verdere stremming

• melk proteïen intoleransie

• soja proteïen intoleransie

op die ingeperkte vertering sisteem nie.

• ingewand siektes – sistiese fibrose Dit bevat hipo-allergeniese dikmelk proteïen (hoofsaaklik kort

• Kort derm sindroom ketting peptiede en vry aminosure). 50 % MKT’e vir verbeterde

vetabsorpsie, is laktose en sukrose vry en het ’n lae osmolariteit

om osmotiese spanning te vermy.

Voeding van die Atopiese babas het ’n familie Borsmelk is hipo-allergenies:

Allergiese geskiedenis van hipersensitiewe Dit is die beste voedingsopsie vir atopiese babas. Dit beskik

(Atopiese) baba: reaksies teenoor spesifiek allergene.

Spesifieke IgE immunoglobulien vlakke

is verhoog in reaksie op hierdie

immunologiese eienskappe wat die baba se immuun stelsel

opbou.

allergene. Hipo-allergeniese formules: NAN HA 1 & 2

’n Ware hipo-allergeniese baba formule het spesiaal SIMILAC HA

Simptome: behandelde proteïene (matig gehidroliseer) om sensitiwiteit

• Gereelde verkoues en intoleransie geassosieer met koeimelk of soja proteïen te

• Gereelde gehoes verminder. Dit word gedoen deur die byvoeging van ’n ensiem

• Asemhalingsprobleme om die proteïen kettings te klief, en ’n hitte behandeling wat die

• Fluitbors

• Loopneus

allergenisiteit van die melk sal verminder.

• Dermatologiese manifestasies Enige produk wat hierop aanspraak maak moet oor

soos ekseem wetenskaplike bewyse vir hierdie aanspraak beskik.

Babas presenteer met:

• Allergiese rinitis Pasiënte met allergiese simptome behoort na ’n pediater

• Allergiese brongiale asma verwys te word vir ondersoek van voedsel of omgewing

• Atopiese dermatitis ekseem snellers

Regurgitasie of Dit is ’n skielike, moeitelose uitstoting Die toestand bedaar gewoonlik namate die baba ouer word. Hoofsaaklik dikmelk

Uitspoeg van klein hoeveelheid (5 – 10ml) Gerusstelling en opvoeding van die moeder is gewoonlik bevattende of

gastriese vloeistof deur die mond. genoeg om die aanvanklike bekommernis te laat bedaar. aangesuurde voeding

Dit gebeur gewoonlik spontaan of Beperk moontlike veroorsakende faktore soos onderverdunning

nadat ’n baba ’n wind breek. van die voeding, oorvoeding en die gee van sap voor ’n voeding. NESTAGEL

Die simptoom kom baie algemeen Sluit ’n voedsel verdikker (geskik vir gebruik saam met baba (voeding verdikker)

voor (20 – 50% van babas) veral formules) by die voeding in om verdere episodes te voorkom.

gedurende die eerste paar weke. Indien die toestand voortduur, raadpleeg ’n professionele

gesondheidsorg werker wat ondervinding met die behandeling

van hierdie toestand het.

Braking Dit word gedefinieer as ’n geforseerde Braking kan voorkom as gevolg van oorvoeding of vinnige

uitstoting van ’n gedeelte of die hele voeding (honger baba). Pas volume van voeding en tiet

maag inhoud, deur die mond. grootte (indien bottel voeding gegee word) aan.

Moeders wat borsvoed kan ’n klein hoeveelheid van hulle

melk net voor die voeding uitmelk en voedingstye aanpas

om te vermy dat die baba te honger of dors word.

Dit is belangrik om te verseker dat as projektiel braking

gedurende die vroeë weke voorkom, die baba na ’n

spesialis verwys word om die moontlikheid van gastroesofageale

refluks uit te skakel.

22 Julie 2003

PROBLEEM OORSAKE EN SIMPTOME BEHANDELING PRODUK

Konstipasie Konstipasie kom voor as gevolg van Onder verdunning van formules is dikwels ’n oorsaak by babas NAN 1

onvoldoende massa wat in die inge- jonger as 6 maande. Moeders behoort dus eers raad gegee te Similac 60:40

wande gevorm word om peristalse te word oor die korrekte aanmaak van die formules. Die kalsium: (hierdie is die enigste

stimuleer. Dit veroorsaak dat die feses fosfor verhouding van die formules kan ook ’n rol speel in die twee begin formules

verhard. voorkoming van konstipasie by babas. Formules met te veel met Ca:P van 2:1)

kalsium : fosfor (ideaal 2:1) veroorsaak dat vry kalsium met NAN Pelargon

Simptome: onverteerde vet bind; dit vorm kalsium seep wat konstipasie

• Abdominale uitsetting. veroorsaak. Ouer babas

• Oormatige inspanning om stoelgang Vooraf aangesuurde formules het die bykomende voordeel dat (>6 Maande):

te passeer. dit baie maklik verteer word en ’n biogeniese effek het NAN 2 Bl

• Stoelgang is hard en korrelrig en (ondersteun die groei van bifidogeniese bakterieë in die Laktogen 2 Pre-bio

word met moeite deur die baba ingewande deur die koloniese pH te verlaag).

uitgeskei. Die vloeistof inname van die baba behoort verhoog te word,

• Klein hoeveelhede bloed kan in die veral gedurende die warm somermaande of as die baba

uitgeskeide stoelgang voorkom. koors het.

6. INDIKASIES VIR 'N BABA

FORMULE

Indien borsvoeding sou stop, gestaak word of medies

ontoepaslik sou word, behoort baba formules aanbeveel te

word om aanhoudende optimale groei en ontwikkeling van die

baba te verseker. Bekende redes is die volgende:

© Geneesmiddel terapie (moeders behoort aangemoedig te

word om alle geneesmiddel terapie met die apteker te

bespreek)

© Sielkundige stoornisse– depressie, angstigheid

© Bors verkleining of chirurgie

© Kanker - chemoterapie

© Dood van die moeder

© Verlating van die baba deur die moeder

© Ongeskikte borsmelk plaasvervangers

© MIV / VIGS

Alhoewel regerings hulle fokus behou op gesondheid opvoeding

en MIV / VIGS bewusmaking, het WGO, UNICEF en UNAIDS

’n stel van 3 handleidings in 1998 gepubliseer, wat veilige baba

voedingspraktyke aanbeveel vir moeders wat geboorte skenk

aan MIV geïnfekteerde babas. Hulle verwys na die rol van

voorgeboortelike sorg, MIV toetsing , berading en die

beskikbaarheid van antiretrovirale middels en alternatiewe vir

borsvoeding. (Verwys na MIV / VIGS module 2002).

LW. Alle moeders het die reg om ’n ingeligte keuse te maak oor

hoe om hulle babas die beste te voed. Gesondheidsorg

werkers behoort tyd te spandeer om die

gesondheidsrisiko’s en verwante risiko’s wat met

bottelvoeding gepaard gaan te verduidelik:

• Bottel kontaminasie as gevolg van swak

higiëniese metodes.

• Diarree of infeksie

• Verkeerde aanmaak van bottels –

oorverdunning of onderverdunning

• Koste van tiete, bottels, skoonmaak gereedskap

en sterilisasie gereedskap.

Dit is belangrik dat alle gesondheidsorg werkers die

belangrikste verskille tussen geskikte en ongeskikte

borsmelk plaasvervangers verstaan wanneer die

voedingsbehoeftes van die baba oorweeg word.

7. VOORBEREIDING VAN BOTTELS -

MENG INSTRUKSIES

Sterilisasie van gereedskap

• Melk is ’n ideale teelaarde vir die bakterieë wat

gastroënteritis veroorsaak, ’n siekte wat

lewensbedreigend vir ’n baba is.

Was al die voeding gereedskap na elke voeding met

seep en ontsmetmiddel. ’n Bottel borsel moet gebruik

word om deeglik binne in die bottels skoon te maak.

Vryf huishoudelike sout binne in die tiete om van alle

melk aanpaksels ontslae te raak. Spoel onder lopende

water af.

• Steriliseer die gereedskap nadat dit skoongemaak is.

Sterilisasie metodes

• Plaas die skoon gereedskap in ’n pot water en kook vir

15 minute. Laat bedek staan totdat dit weer benodig

word.

• Tiete moet vir drie minute gekook word.

• Chemies – Hipochloriet oplossing.

Daar is verskillende kommersiële handelsname

beskikbaar. Volg die aanwysings noukeurig.

Dit is gedurende die voorbereiding wat die gevare

van kontaminasie en verkeerde verdunning kan

voorkom.

• Was hande voordat die voeding gemaak word.

• Gebruik gekookte water wat afgekoel het om die

formule mee aan te maak.

• Nota: Moet nooit melkpoeier by kookwater voeg nie

• Meet die water, volgens die graderings, tot die

benodigde hoeveelheid.

• Meet die poeier– een skeppie per 25ml. Maak elke

skeppie gelyk met die agterkant van ’n gesteriliseerde

mes. Moet nie die skeppie ophoop nie, of die poeier

styf daarin vaspak nie. Voeg die korrekte aantal

skeppies by, nie meer nie en ook nie minder nie. Maak

die blik dig toe om vog uit te hou. Bêre in ’n koel plek.

Sit die deksel sonder die tiet op die bottel. Plaas ring

ferm op die bottel.

• Skud die bottel goed om die poeier op te los.

23 Julie 2003

• Sit die tiet op die bottel as die voeding benodig word.

Vermy die hantering van die tiet, veral die boonste

deel.

• Plaas die ring op die bottel om die tiet stewig vas te

hou. Maak seker dat die gat in die tiet die regte grootte

is.

Sterilisasie en berging van voedings

• Elke voeding wat vir die baba gegee word, moet steriel

wees. Voedings kan soos nodig of almal op een slag

vir ’n 24-uur voorraad voorberei word. Moet voedings

nie vir langer as 24-uur in die yskas stoor nie.

U baba se individuele behoeftes

• Raadpleeg die kliniek suster of u dokter oor u baba se

behoeftes.

• Die gemiddelde behoefte van ’n normale baba is

ongeveer 150 – 180ml per kilogram liggaamsmassa

per 24 uur.

Was bottel, tiet en deksel totdat

daar geen melk oorbly nie.

Kook of gebruik chemiese

oplossing en laat toe staan

totdat dit benodig word.

Nadat die voeding reg voorberei is, is dit belangrik om te

onthou hoe om dit weer warm te maak vir ’n voeding. Een van

die veiligste maniere is om warm water in ’n beker te sit en die

aangemaakte formule bottel daarin te sit. Die moeder moet

elke minuut of so kyk hoe warm die voeding is. Skud die bottel

elke keer liggies om die hitte deur die oplossing te versprei en

laat dan ’n paar druppels op die agterkant van die hand val vir

die moeder om die temperatuur te toets (dra sorg om nie die

tiet te kontamineer nie). Wees versigtig om nie die voeding te

oorverhit nie, aangesien dit ’n nadelige effek op sommige van

die sensitiewe bestanddele kan hê. Mikrogolf verhitting word

nie aanbeveel nie, aangesien warm dele ontwikkel en indien

die bottel nie goed geskud word en die hitte noukeurig getoets

word nie, kan dit tot ernstige brandwonde in die baba se mond

lei. Baie bottels is ook nie mikrogolf veilig nie.

Kook drinkwater vir 5 minute en

laat afkoel.

Meet presiese hoeveelheid

formule vir die ouderdom van

die baba.

8. GEVOLGTREKKING

Meet presiese hoeveelheid

gekookte, afgekoelde water.

Skud die bottel goed.

Erkenning - A Life Begins

(Nestle) 1999

Baba voeding is ’n baie interessante onderwerp en deesdae,

danksy die vorderings in tegnologie, is produkte beskikbaar

wat ’n omwenteling teweeg gebring het in baba voeding.

Moeders kan nou gerus gestel word dat as sy haar baba ’n

bona fide borsmelk plaasvervanger gee, sy die beste bron van

voeding naas borsmelk vir haar baba gee.

Namate die beskikbaarheid van opvoeding en inligting verbeter,

kan moeders met meer vertroue hulle baba se voedingsopsies

kies, veral nou dat daar so baie nuwe produkte is om van te

kies. Ons vertrou dat hierdie module u, as apteker, in staat sal

stel om met vertroue die baie vrae wat moeders het, te kan

antwoord.

Saamgestel deur Insight Medicine Management namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2003

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

24 Julie 2003

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!