01.05.2013 Views

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

'n Mengsel van populêre Afrikaanse en Engelse liedere word gesing, gevolg deur heerlike oggendtee

en verversings.

Die aanbieding sal in Engels wees, dus is jou Kiwivriende ook baie welkom! Slegs 'n beperkte aantal

kaartjies is beskikbaar.

Kaartjies kos $15 (oggend tee ingesluit) en is beskikbaar by Fred’s Fine Foods in Albany en in Howick

of skakel Marina by 09 479 2097 of 021 599 980 in die Noorde of Wilma by 09 534 1879 of 021 104

8545 in die Suide.

Paasnaweek – rus lekker en ry versigtig

Vrydag begin die Paasnaweek en Brokkies se redaksie wens al ons lesers ‘n baie aangename rustydjie

toe. Onthou gerus waaroor Paasfees eintlik gaan en hou matigheid voor oë. Indien jy en jou gesin op

die pad gaan wees, ry asb versigtig en wees bedag op die ander padgebruikers.

Brokkies se redakteur gaan self ‘n bietjie uitspan en volgende week se Brokkies mag dalk ‘n bietjie

dunner wees!

Sokkie - Herfs Dans

Die enigste goeie ding van die Somer wat einde se kant toe staan, is dat dit tyd raak om te dans - en

die rugby natuurlik.

Wanneer 20 April 2013 om 7:00 nm

Waar Pakuranga Bowls Club, Sir Lloyd Drive, Pakuranga.

Vir meer inligting en om kaartjies te koop, gaan na www.sokkie.co.nz of kontak Franz Wendzich by

021 134 2022.

Heerlike Afrikaanse leesstof vir Kiwilanders

Ons Suider-Afrikaanse immigrante kry nie aldag lekker humoristiese en ontspannende Afrikaanse

leestof in die hande nie en daarom het ek gedink om die boek Die reine waarheid en ander

liegstories deur Herman Toerien onder ons lesers se aandag te bring. Dis nou ook as ‘n e-boek

beskikbaar, ook by Leserskring, Kalahari, My Books en Amazon deur Boekemakranka se maklike

skakel. Die boek tel ook vir klublede van Leserskring se verpligte maandelikse aankoop.

Elmaré Rossouw se resensie van die boek lees soos volg: “Herman Toerien se nuutste reusebydrae tot

Afrikaanse humor is ‘n moet vir elke Afrikaanssprekende om te lees! Die jonger geslag sal presies

agterkom waar Dawid nou eintlik die wortels gegrawe het in ‘n tyd sonder Google of TV, en hulle kan

inleef in die ongelooflike vertellings van toeka tot nou. Vir ons wat effe ouer is, herinner die leser hom

aan stories wat pa en oupa kleintyd om die kaggel- of braaivleisvuur vertel het, maar jou nou byna

heeltemal ontgaan het. So dikwels het jy gewens dat jy hierdie kosbare vertellings neergeskryf het,

om dit nogmaals te kon geniet, en vir jou kinders en kleinkinders kon bewaar. Herman se besondere

waarnemingsvermoë en unieke skryfstyl met hope humor en fynweg draaksteek, maak van Die reine

waarheid en ander liegstories ‘n vreugde om oor en oor te lees en te geniet. ‘n Stukkie Africana op sy

beste!”

Die e-boek is nou by My Books hier beskikbaar. Vir vriende en familie in die buiteland wat dalk

makliker in dollars kan hoes, soos ons hier in Niu-Seeland, is dit by Amazon hier beskikbaar. Dit sal

ook binnekort by Kalahari en Leserskring beskikbaar wees.

Wat het Herman Toerien probeer bereik met dié boek? Hy vertel soos volg:

“In die eerste plek ongetwyfeld ‘n vaste wil om te keer dat die stories wat my pa, ‘n gebore

Namakwalander, so lekker vertel het, vir die nageslag verlore gaan. Hy is in 1977 oorlede toe ek nog

‘n student was. ‘n Paar verhale is ook afkomstig van sy suster, tannie SC, wat enkele jare gelede

oorlede is. Dit is daarom ook hoofsaaklik vertelstories, met verskeie wat oor ‘n paar radiostasies

voorgelees is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!