01.05.2013 Views

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Marmite is baie voedsaam, en vanaf 1912 is verskeie vitamiene, soos vitamien B12, bygevoeg.

Vanweë sy voedsaamheid was Marmite deel van soldate se rantsoene in albei Wêreldoorloë.

Marmite is nie net lekker op roosterbrood nie – dit kan soos vleisaftreksel of sojasous gebruik word

om geur by soppe, bredies en souse te voeg. Dit is ook heerlik saam met kaas en gee ’n bietjie skop

aan ’n gewone kaastoebroodjie.

Marmite moet nie met produkte soos Bovril verwar word nie – laasgenoemde word van dierprodukte

gemaak, terwyl Marmite 100% vegetaries is.

Die naam van die produk kom van ’n Franse kasserolbak met die naam marmite (uitgespreek

“marmeet”). Sedert die 1920’s verskyn daar op Marmite se rooi-en-geel etiket ’n prentjie van ’n

marmite.

Marmite is nie net in een gedaante beskikbaar nie – oorsee is daar ryskoekies en aartappelskyfies wat

met Marmite gegeur is op die winkelrakke.

Van tyd tot tyd verskyn dit ook in ’n spesiale baadjie: Tydens koningin Elizabeth II se jubileum

verlede jaar het Marmite haar geëer met ’n beperkte uitgawe genaamd “Ma’amite”.

Weet jy waar jou liefdadigheidsdonasies beland?

Nieu-Seelanders is seker die vrygewigste mense wanneer dit by liefdadigheid kom. Daar moet net ‘n

berig oor die TV kom oor iemand wat swaarkry of sukkel – dink ook maar aan die pikkewyntjie Happy

Feet wat so ver van die Suidpool af verdwaal het – en dan stroom die geld in!

‘n Artikel in verlede week se New Zealand Herald vertel dat die Cancer Research Charitable Trust

minder as 5% van die $1.1miljoen wat hulle oor vier jaar ingesamel het, aan die begunstigde

organisasie oorbetaal het. Die Trust het naamlik net $48 563 oorbetaal vir kankernavorsing – 4.2%

van die $1.1miljoen wat hulle gekollekteer het. Die boeke toon verder dat die res van die geld gegaan

het vir salarisse en administratiewe kostes.

Miskien moet ons meer daarop aandring om by sulke fondsinsamelaars vas te stel hoeveel van ons

bydraes kom by die begunstigdes uit voordat ons sommer in goeder trou geld skenk. Dan is daar ook

nog die spreekwoord wat lui: “Charity begins at home” en daar is juis so baie organisasie wat geld

insamel vir begunstigdes buite ons land se grense. Ek wonder hoeka hoeveel van dié geld kom ooit by

hul bestemming uit!

‘My Kind, as dit Liewe Jesus se wil is…..’

So ‘n bietjie humor na ‘n week van minder goeie nuus wat ons daagliks moes lees. Een middag na

werk het ons’n katjie in ‘n populierboom op ons plot gewaar. Die kat het klaarblyklik nie geweet hoe

om af te kom nie en my pogings om die dier te bereik om hom uit te haal, het misluk.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!