01.05.2013 Views

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

28 Mrt 2013 - Afrikaanse Klub

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die onverwerkte vakpunte is verlede jaar heelwat minder aangepas tydens die

standaardiseringsproses deur Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en

opleiding.

Druip hopeloos

Die uitslae is egter steeds skokkend swak en plaas ’n vraagteken agter die aanname deur Angie

Motshekga, minister van basiese onderwys, dat die rekordslaagsyfer van 73% ’n teken van

betekenisvolle verbetering in die onderrig van kinders is. ’n Ontleding van die onverwerkte punte het

getoon leerlinge vaar nie net swak nie, maar druip hopeloos.

Uit die punte blyk:

Die helfte van kandidate wat in 2012 wiskunde geskryf het, het minder as 30% behaal en een

uit drie het minder as 20% gekry. In 2011 het 3 uit elke 5 leerlinge minder as 30% behaal.

Die gemiddelde prestasie in wiskunde het van 29% in 2011 tot 31,7% gestyg.

In fisiese wetenskappe het byna die helfte van die 179 194 kandidate minder as 30% behaal.

Altesame 23% (41 214) van die kandidate het minder as 20% behaal. Die gemiddelde vir die

vak was in 2011 32,4% en verlede jaar 34,7%.

In rekeningkunde het die gemiddelde ook effens gestyg van 34,8% in 2011 teenoor 36,9%

verlede jaar.

Van die 134 978 kandidate wat rekeningkunde geneem het, het 27 000 minder as 20% in die

vak behaal.

Leerlinge se prestasies in wiskundige geletterdheid het effens verswak met ’n gemiddelde van

43,9% in 2011 tot 42,6% verlede jaar.

Van die 291 341 kandidate wat dié vak geneem het, het 58 268 minder as 30% behaal.

In lewenswetenskappe was die vakgemiddelde 36,6%. Altesaam 39% van die 278 412

kandidate het onder 30% behaal.

In geskiedenis was die vakgemiddelde verlede jaar 44% teenoor 39,6% in 2011.

Twee uit elke vyf van die 94489 kandidate wat die vak geneem het, het tussen 30% en 39%

behaal.

Prof Johann Engelbrecht, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-instituut, het gesê

daar is nie ’n verskriklike groot verskil tussen die onverwerkte en aangepaste punte nie. Al die punte

wys daarop dat daar groot probleme met veral syfervakke is.

Lok kundiges

“Die vakke sal groter aandag moet kry. Dit kan gedoen word deur gedifferensieerde vergoeding vir

onderwysers aan te bied wat die vakke gee.

“Dit sal dalk help om meer kundiges in die vakke na die onderwys te lok.”

Volgens Engelbrecht is “ingrypende” pogings nodig en dit moet by die regering begin.

Dit lyk nie of die nodige erns daar is nie as in ag geneem word dat die regering bereid is om

R500miljoen te gee vir ’n sokkertoernooi, maar nie R10miljoen het vir die internasionale wiskundeolimpiade

wat volgende jaar hier aangebied word nie.

Cerenus Pheiffer, ’n dosent aan die Universiteit Stellenbosch wat programme aanbied vir

skoolverlaters wat in wiskunde en wetenskap onderpresteer, het gesê daar is verskillende redes vir

die swak prestasie wat wissel van swak gehalte-onderrig tot ’n gebrek aan entoesiasme by leerders

om dié vakke te neem.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!