01.05.2013 Views

DEPARTEMENT SAKEBESTUUR

DEPARTEMENT SAKEBESTUUR

DEPARTEMENT SAKEBESTUUR

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DEPARTEMENT

SAKEBESTUUR

SAKEBESTUUR

ALGEMENE BESTUUR

(MNG2016)

STUDIEBRIEF 101/2008

MNG2016/101/3/2008

STREPIESKODE

BAR CODES

UNISA P248(A)

INHOUD

1 VERWELKOMING

2 DIE MNALLE-Q STUDIEBRIEWE

3 KOMMUNIKASIE MET DIE UNIVERSITEIT

4 STUDIEMATERIAAL

5 VOORGESREWE HANDBOEK

6 EVALUASIESTELSEL

7 WERKOPDRAGTE VIR 2008

8 TYDSBESTUUR

9 DIE EKSAMEN

10 GROEPBESPREKINGSKLASSE

11 SLOTOPMERKINGS

2

MNG2016/101

BYLAE A: WERKOPDRAGTE VIR 2008

BYLAE B: TERUGVOERING OOR WERKOPDRAGTE 02

EN 03

Geagte Student

1 VERWELKOMING

Ons verwelkom u hartlik as student in Algemene Bestuur en

vertrou dat u ‘n aangename, stimulerende en suksesvolle

studiejaar sal hê.

Voorgraadse studie in die Kollege vir Ekonomiese en

Bestuurswetenskappe verskaf aan u ‘n groot verskeidenheid

kennis en vaardighede om u vir werk in die sakegemeenskap voor

te berei.

Die doel van hierdie module, gesien in die breër konteks van die

BCom-graad, is om u toe te rus met die nodige graadverwante

kennis, toegepaste bevoegdhede en vaardighede in algemene

bestuursbeginsels, met spesiale klem op die bestuursfunksies

van beplanning, organisering, leiding en beheer, wat u kan help

om as bestuurder, werker of entrepreneur te werk en u in staat stel

om ‘n bydrae tot die gemeenskap en die sakegemeenskap te

lewer.

3

MNG2016/101

Algemene Bestuur (MNG2016) voorsien ook die basis vir verdere

studie in bestuur. Studente wat in bestuur wil spesialiseer, sal

normaalweg die twee modules oor strategiese bestuur in die derde

jaar (MNG301A en MNG301B) volg.

Die module Algemene Bestuur (MNG2016), word in sowel die

eerste as die tweede semester aangebied.

Hierdie is ‘n uiters belangrike studiebrief wat u volledig moet

bestudeer voordat u begin om hierdie module te bestudeer. Dit

bevat belangrike inligting oor die werkopdragte, dosente en

studiemateriaal vir hierdie module.

2 DIE MNALLE-Q STUDIEBRIEWE

Alle studiebriewe word soos volg genommer: 101, 201, 202,

ensovoorts. Van tyd tot tyd sal u egter 'n MNALLE-Q-studiebrief

ontvang. Dit is 'n studiebrief wat aan alle voorgraadse

Sakebestuurstudente gestuur word.

Die eerste van hierdie briewe wat u sal ontvang is die Studiebrief

MNALLE-Q/301/4/2008. Bewaar hierdie brief op ‘n veilige plek en

verwys daarna gedurende die res van die studieperiode want dit

verskaf belangrike inligting oor algemene aangeleenthede wat op

alle voorgraadse modules in sakebestuur van toepassing is,

byvoorbeeld:

• kommunikasie met die Universiteit

• inligting oor die eksamens

• ander administratiewe inligtingdatums

• datums en lokale vir besprekingsklasse

3 KOMMUNIKASIE MET DIE UNIVERSITEIT

Kontakadresse van die verskillende departemente by die

Universiteit verskyn in die inligtingstuk: Unisa: dienste en

prosedures, wat u saam met u studiemateriaal ontvang.

U mag u dosente by die nommers wat hieronder gelys is kontak.

Hou altyd u studentenommer gereed wanneer u die Universiteit

kontak

Die dosente vir hierdie module in 2008 is soos volg:

Dosent

Prof T Brevis

brevit@unisa.ac.za

Me MJ Vrba

vrbamj@unisa.ac.za

4

Kantoor (AJH vd

Waltgebou)

3-47

3-49

MNG2016/101

Telefoonnommer

(012) 429-4764

(012) 429-4643

Die telefoonnommer vir die afdeling Algemene Bestuur is:

012 429 4230.

4 STUDIEMATERIAAL

(1) Die Departement Versending sal u van die volgende

studiemateriaaal vir hierdie module (MNG2016) verskaf:

• Studiebrief 101

• Studiebrief 501, 502, 503, 504, 505, 506 en 507.

Studiebriewe 501 tot 507 vervang die studiegids vir hierdie

module.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS: DAAR IS GEEN STUDIEGIDS VIR

MNG2016 IN 2008 NIE. STUDIEBRIEWE 501 TOT 507

VERVANG DIE STUDIEGIDS VIR NHIERDIE MODULE.

(2) Die vermelde studiemateriaal sal nie noodwendig by

registrasie beskikbaar wees nie. Studiemateriaal wat nie

by registrasie beskikbaar is nie, word aan u gepos sodra dit

beskikbaar is.

(3) Tydens registrasie ontvang u ‘n inventarisbrief wat inligting

bevat oor u studiemateriaal.Volledige inligting oor dienste en

prosedures wat deur Unisa verskaf word, is beskikbaar in

die inligtingstuk: Unisa: dienste en prosedures, wat u

saam met u studiemateriaal ontvang.

5 DIE VOORGESKREWE HANDBOEK

5

MNG2016/101

(1) Die verpligte voorgeskrewe boek vir hierdie module, wat u

self moet aanskaf is

Smit, PJ; Cronjé, GJ de J; Brevis, T & Vrba, MJ. 2007.

Management principles: a contemporary edition for

Africa. 4th edition. Cape Town: Juta.

(2) Raadpleeg asseblief die lys van amptelike boekverskaffers

en hul adresse in die inligtingstuk Unisa: dienste en

prosedures.

(3) Indien u enige probleme ondervind met die verkryging van

boeke van hierdie boekverskaffers, kontak asseblief so gou

moontlik die Registrateur (Akademies) by telefoonnommer

(012) 429-4152.

6 ASSESSERINGSTELSEL

6.1 Tipes van assessering

U vordering tot die bereiking van die uitkomste wat vir hierdie

module gestel word, word assesseer deur middel van

• een verpligte werkopdrag

• twee selfevalueringswerkopdragte

• ‘n eksamen

6.2 Jaarpunt

U sal 'n punt vir Werkopdrag 01 kry. Hierdie punt en u

eksamenpunt sal saamgevoeg word. U finale punt vir hierdie

module sal dus 'n kombinasie van die werkopdragpunt en die

eksamenpunt wees. Die werkopdragpunt sal ‘n maksimum van

10% bydra tot die finale assesseringspunt vir die module, terwyl

die eksamenpunt 90% sal bydra. Studente wat nie ‘n werkopdrag

indien nie, met as doelwit om ‘n werkopdragpunt te verdien, of wat

nie ‘n slaagpunt behaal vir die verpligte werkopdrag nie, maar wat

die eksamen aflê, moet nog steeds ‘n minimum van 50% vir die

gekombineerde werkopdragpunt en die eksamenpunt behaal as

6

MNG2016/101

finale assesseringspunt. Ongeag van die jaarpunt wat verkry word,

moet 'n subminimum van 40% in die eksamen behaal word. U sal

dus nie die module deurkom as u eksamenpunt minder as 40% is

nie. Bestudeer asseblief die volgende voorbeelde van hoe die

werkopdragpunt tot die finale assesseringspunt sal bydra:

Voorbeeld 1

Indien ‘n leerder werkopdrag 01 inhandig en 'n werkopdragpunt

van 50% behaal, word hierdie punt van 50% vermenigvuldig met

0,1 wat gelyk is aan 5% van die finale assesseringspunt. Indien die

leerder 35 uit 'n moontlike 70 punte in die eksamen verwerf (di

50%), word hierdie persentasie deur 0,9 vermenigvuldig, wat gelyk

is aan 45% van die finale assesseringspunt. Die werkopdragpunt

en die eksamenpunt word dan gekombineer (5% + 45%) om die

finale assesseringspunt van 50% vir die module te kry.

Voorbeeld 2

Indien ‘n leerder werkopdrag 01 inhandig en 'n werkopdragpunt

van 60% behaal, word hierdie punt deur 0,1 vermenigvuldig, wat

aan u 6% van die finale assesseringspunt gee. Indien die leerder

dan 44 uit 70 punte (of 63%) in die eksamen kry word hierdie syfer

dan met 0,9 vermenigvuldig om 56,7% te kry. Die twee resultate

word dan gekombineer om 'n finale assesseringspunt van 63%

(6% + 56.7%) vir die module te kry.

Voorbeeld 3

Indien ‘n leerder werkopdrag 01 nie inhandig nie, verdien die

leerder geen assesseringspunt vir ‘n werkopdrag nie. Indien die

leerder 39 uit 70 punte (55.7%) in die eksamen behaal, word

hierdie syfer met 0,9 vermenigvuldig om ‘n finale assesseringspunt

van 50,1% vir die module te kry. Dit beteken dus dat die leerder

ten minste 39 uit 70 punte vir die eksamen moet kry om ‘n finale

assesseringspunt van 50% te kry om sodoende die module te

slaag.

Die voltooing van werkopdragte bied aan u ‘n uitstekende

geleentheid om te verseker dat die werk wat u gedurende die jaar

7

MNG2016/101

voltooi, bydra tot u finale assesseringspunt. Sou u besluit om nie

hierdie geleentheid te benut nie, plaas u uself in ‘n minder

begunstigde posisie in vergelyking met die leerders wat die

geleentheid aangryp. U word dus aangeraai en aangemoedig om

die werkopdrag te voltooi en om ‘n goeie punt te verdien om

sodoende aanspraak te maak op die volle voordeel van hierdie

assesseringstelsel.

7 WERKOPDRAGTE VIR 2008

7.1 Algemeen

(1) In hierdie module is daar twee tipes werkopdragte wat u

moet voltooi:

• Die verpligte werkopdrag wat u moet indien en wat

bydrae tot u jaarpunt (sien paragraaf 6.2).

• Selfevalueringswerkopdragte wat u op u eie tyd kan

voltooi en self nasien met behulp van die antwoorde wat

ons in hierdie studiebrief (MNG2016/101/3/2008) aan u

voorsien in bylae B.

(2) Maak asseblief seker dat u werkopdrag ons voor of op die

teikendatum bereik. Moet ons asseblief nie skakel om

eksamentoelating te kry indien u nie ‘n werkopdrag

ingedien of laat ingedien het nie. GEEN verskonings sal

aanvaar word nie.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS: GEEN UITSTEL VIR DIE INDIEN

VAN WERKOPDRAGTE SAL GEGEE WORD NIE.

(3) Vir inligting en vereistes insake werkopdragte, raadpleeg die

inligtingstuk Unisa: dienste en prodedures wat u saam met

u studiemateriaal ontvang het.

(4) Verskillende unieke nommers is aan die verpligte

werkopdrag toegeken vir die eerste en tweede semester.

Maak asseblief seker dat u die korrekte unieke nommer op

die merkleesblad aanbring.

7.2 Verpligte werkopdrag

(1) U moet een verpligte werkopdrag indien om

eksamentoelating te kry.

8

MNG2016/101

(2) Hierdie werkopdrag sal nagesien word en u punt sal aan u

gekommunikeer word.

(3) U sal ook terugvoer oor die werkopdrag kry in die vorm van

Studiebrief MNG2016/201/3/2008.

Om ‘n werkopdrag deur myUnisa in te dien, doen die volgende:

• Gaan na www.unisa.ac.za

• Gaan na myUnisa.

• Log in met u studentenommer en ‘n paswoord

• Kies die kursus (MNG2016) van die oranjeband.

• Kliek op “assignments” in die linker spyskaart.

• Kliek op die werkopdragnommer wat u wil inlewer.

• Volg die instruksies.

7.3 Selfevalueringswerkopdragte

Werkopdragte 02 en 03 is selfevalueringswerkopdragte. U moet

dit voltooi nadat u die toepaslike gedeeltes van die werk vir die

onderskeie werkopdragte bestudeer het. Probeer om die

werkopdragvrae te beantwoord sonder om die studiegids en

voorgeskrewe boek te raadpleeg. Evalueer u antwoorde deur die

inligting in bylae B te gebruik.

Die werkopdragte vir 2008 verskyn in bylae A. Dieselfde

werkopdragte geld vir beide semesters.

WERKOPDRAGTE VIR 2008

Nommer Eerste

Semester

01

02

03

Keerdatum:

21 Maart 2008

Unieke nommer:

636181

Selfevaluering

Selfevaluering

7 TYDSBESTUUR

9

Tweede

Semester

Keerdatum:

22 Augustus 2008

Unieke nommer:

636186

Selfevaluering

Selfevaluering

MNG2016/101

Antwoorde

Studiebrief

201/2007

Bylae B

Bylae B

As gevolg van die beperkte tyd wat u tot u beskikking het om deur

die voorgeskrewe boek en studiegids te werk, die werkopdragte te

voltooi en vir die eksamen voor te berei, raai ons u aan om ‘n

tydsbestuur-rooster oor ‘n periode van 15 weke op te stel.

9 DIE EKSAMEN

Die eksamen bied aan u die geleentheid om te bewys dat u die

uitkomste van hierdie module bereik het.

9.1 Vereistes vir eksamentoelating

• Eksamentoelating is outomaties, mits u Werkopdrag 01

voor of op die teikendatum indien.

• Studente wat nie die verpligte werkopdrag ingedien het

nie, sal nie toegelaat word om eksamen te skryf nie

• Indien u nie die module in die eerste semester slaag nie,

kan u in die tweede semester weer vir dieselfde module

registreer. (Sien Studiebrief MNALLE-Q/301/4/2008 vir

meer inligting oor die koste hieraan verbonde

10

9.2 Die formaat van die eksamenvraestel

MNG2016/101

(1) Die eksamenvraestel vir Algemene Bestuur (MNG2016) is

‘n vraestel van twee-ure wat 70 punte werd is.

(2) Die formaat van die vraestel is as volg:

Vrae

Punte

1 tot 50 Meerkeusevrae, wat wissel van

direkte teorie en pasvrae tot

toepassingsvrae, met groter klem op

die toepassing van die teorie.

50

51 tot 70 Meerkeusevrae wat gebaseer is op

‘n gevallestudie. U moet

bestuursteorie op ‘n praktiese situasie

voorgestel in die gevallestudie

toepas.

20

Totaal 70

9.3 Voorbereiding vir die eksamen

• U moet Smit et al. (2007) en studiebriewe 501 tot 507

bestudeer. Maak seker dat u die 2007-uitgawe van Smit et

al. gebruik want die eksamenvraestel sal op die 4de

uitgawe gebaseer wees.

• Werk stelselmatig deur die studie-eenhede in studiebriewe

501 tot 507. Lees eers die hoofstuk in Smit et al. waarop

die studie-eenheid gebaseer is, aandagtig deur. Die

voorgeskrewe boek verskaf die breë konteks van elke

onderwerp. Maak u eie opsommings en aantekeninge

van die belangrikste teoretiese konsepte.

• Werk dan deur die studie-eenheid in die toepaslike

studiebrief. Teen hierdie tyd behoort u reeds met die

teorie vertroud te wees – vergelyk u eie opsommings

met die in die studiebrief.

• Doen al die aktiwiteite in die studie-eenheid. Terugvoer

oor elke aktiwiteit word in die studiebrief verskaf.

• Memoriseer die teorie in die studiebrief, aangevul deur u

eie aantekeninge en opsommings.

11

MNG2016/101

• Doen al die meerkeusevrae in die werkopdragte wat op

die betrokke studie-eenheid van toepassing is sonder om

Smit et al. of die studiebrief te raadpleeg. Merk u

antwoorde om u vordering te evalueer.

• Laastens wil ons u waarsku om nie die volume van die

werk te onderskat nie. Algemene Bestuur is nie ‘n moeilike

module om te bestudeer nie, maar u moet vroegtydig begin

met u voorbereiding vir die eksamen, aangesien dit ‘n

groot hoeveelheid werk behels.

10 GROEPBESPREKINGSKLASSE

Groepbesrekingsklasse word vir hierdie module aangebied.

Raadpleeg asseblief Studiebrief MNALLE-Q/301/4/2008 vir meer

besonderhede oor die tye en lokale waar die besprekingsklasse

aangebied word.

11 SLOTOPMERKINGS

Ons wens u ‘n suksesvolle studiejaar toe en vertrou dat hierdie

module vir u interessant en waardevol sal wees en dat dit tot u

persoonlike en profesionele ontwikkeling sal bydra.

Nader ons gerus, skriftelik, telefonies, elektronies of persoonlik

(maak asseblief ‘n afspraak) indien u enige probleme met u studies

ondervind.

Dosente in Algemene Bestuur

DEPARTMENT SAKEBESTUUR

BYLAE A

WERKOPDRAGTE VIR 2008

WERKOPDRAG 01

SEMESTER

EERSTE SEMESTER

TWEEDE SEMESTER

12

MNG2016/101

KEERDATUM EN UNIEKE NOMMER

Keerdatum: 21 Maart 2008

Unieke nommer: 636181

Keerdatum: 22 Augustus 2008

Unieke nommer: 636186

• Hierdie is ‘n verpligte werkopdrag wat ingedien moet

word.

• Die werkopdrag is van toepassing op beide die eerste en

die tweede semester.

• Die werkopdrag dek studie-eenhede 1 tot 8 in die 500reeks

studiebriewe (en die ooreenstemmende hoofstukke

in Smit et al. (2007).

• Die werkopdrag bestaan uit 30 meerkeusevrae wat elk

een punt werd is (30 punte).

• Die vrae moet op ‘n merkleeskaart beantwoord word.

• Onthou om u naam, studentenommer en die unieke

nommer van die werkopdrag op die merkleeskaart in te

vul.

• Maak seker dat u werkopdrag ons betyds bereik.

• U kan u werkopdrag via myUnisa indien.

Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

13

Discovery

MNG2016/101

Discovery bestaan uit vyf maatskappye wat bedryf word in die

internasionale gesondheid en lewensversekeringsmarkte:

Discovery Health, Discovery Vitality, Discovery Life, Destiny Health

(VSA) en PruHealth (VK). Die sleuteldoel van die groep is om

mense gesonder te maak en om hul lewens te beskerm en te

verbeter. Hul relatiewe kort geskiedenis word gekarakteriseer deur

voortdurende innovasie en ‘n gees van entrepreneurskap. Die

verskillende maatskappye van die organisasie en produkte is almal

by verskillende fases van hul lewensiklusse, wat ‘n uiters

dinamiese en komplekse omgewing skep. Discovery bedien meer

as 2 miljoen mense, waarvan die meeste op meer as een

Discovery produk ingeskryf is.

Discovery se grootste plus punt is ‘n besigheidsfilosofie wat daarin

glo dat deur ‘n insigvolle ontleding en begrip van sosio-ekonomiese

neigings en innoverende denke, die groep in staat sal wees om

oplossings te gee wat ‘n groot invloed op kliënte sal hê en, in ruil,

uitstekende besigheidsgeleenthede bied.

Discovery staar ‘n hoogs gereguleerde sake omgewing in die

gesig. ‘n Hoë vraag na innovasie plaas druk op die werknemers

en stelsels van die maatskappy om by te hou met konstante

verandering.

Toe Discovery Health gestig is in 1993, is twee neigings in die

privaatgesondheidsorgmark geïdentifiseer: stygende mediese

inflasie en verhoogde verbruikerswese. Die mediese

spaarrekening is van stapel gestuur as ‘n teenvoeter vir verhoogde

mediese inflasie, en die neiging tot verbruikerswese is verminder

deur geld (wat gebruik word vir hierdie uitgawes) direk in die hande

van die verbruiker te plaas.

In 1997 het Discovery die vinnige ontwikkeling in voorkomende

ondersoeke en ‘n verhoogde fokus op gesondheid, en

langlewendheid in die besonder, geïdentifiseer. Discovery

Vitality was ‘n innoverende oplossing – ‘n meganisme wat kliënte

betrek in die bestuur van hul gesondheid en welstand.

In 2000 is Discovery Life bekend gestel as ‘n unieke suiwer-risiko

lewensversekerings-maatskappy wat aanpasbare

14

MNG2016/101

lewensversekeringsprodukte bied wat slegs fokus op risiko

voordele (uitgesonder investeringsprodukte) – iets wat nog nooit

voorheen gedoen is nie. In dieselfde jaar is Destiny Health

geïnisieer as die eerste van sy soort wat verbruikergedrewe

gesondheidsorg aan meer as 60 000 lewens in die VSA bied. In

die laat 2004 is PruHealth gebore, wat binne ‘n paar maande die

status as een van die top twee verskaffers van

privaatgesondheidsorg in die VK gewerf het.

Discovery se strategie is een wat sosiale neigings ontleed ten

einde geleenthede te identifiseer en om dan vorendag te kom met

iets nuut en om ‘n positiewe en beduidende invloed op mense se

lewens te maak. Discovery se kultuur kan die beste beskryf word

deur ‘n “kan doen, sal doen” houding. Discovery plaas baie klem

op die aantrekking, motivering, vergoeding en aanmoediging van

die beste mense. Dit is nie ‘n unie-gedrewe omgewing nie. Die

maatskappy het ‘n omvattende stel werknemerverhoudinge beleide

wat deur ‘n konsultasie proses geformuleer is. Hul betaal- en

vergoedingstelsels is daarop gebaseer om ‘n balans te vind tussen

individuele prestasie, waarde en bydrae en ‘n konsistente

raamwerk wat gelyke betalingsvlakke en verdedigbare betaal

besluite verseker. Uitnemende vergoeding- en

erkenningprogramme is in plek om mense te motiveer en aan te

moedig om die ekstra myl te loop.

Vrae:

1. Eerste-vlak bestuur by Discovery is verantwoordelik vir

1 die gee van leiding aan die onderneming en het die

finale gesag en verantwoordelikheid vir die uitvoer van

die bestuursproses

2 spesifieke departemente van die onderneming en is

primêr gemoeid met die implementering van beleide,

planne en strategieë

3 die daaglikse aktiwiteite van hul departemente of

afdelings

4 die skep van ‘n gunstige, objektiewe beeld van die

onderneming

15

MNG2016/101

2. Discovery het die vermoeë om oplossings te verskaf wat ‘n

geweldige imvloed op kliënte het en, in ruil daarvoor,

uitstekende besigheidsgeleenthede gee.

Die vermoeë om probleme op te los is ‘n _____ rol van

bestuurders.

1 interpersoonlike

2 inligtings-

3 besluitnemings-

4 monitering-

Vrae 3 tot 5:

Bestudeer die volgende lys van veranderlikes en

beantwoord vrae 3 tot 5.

a Hoogs gereguleerde besigheidsomgewing

b Stygende mediese inflasie

c Verhoogde verbruikerswese

d Verhoogde fokus van verbruikers op welstand en

langlewendheid in die besonder

e Veranderde sosiale neigings

f Voortdurende innovasie en ‘n gees van

entrepreneurskap

g Uitnemende vergoeding- en erkenningsprogramme

3. Watter van die veranderlikes gelys hierbo het hul oorsprong

in die mikro-omgewing van Discovery?

1 a c

2 d f

3 f g

4 g

4. Watter van die veranderlikes hierbo gelys het hul

oorsprong in die markomgewing van Discovery?

1 a c

2 b c

3 d e

4 c d

16

MNG2016/101

5. Watter van die veranderlikes hierbo gelys het hul

oorsprong in die makro-omgewing van Discovery?

1 a c e

2 a b e

3 b d e

4 e f g

6. Bestuurders by Discovery aanvaar dat mense van hulle werk

hou en dat hulle hul werk benader as ‘n geleentheid om hul

talente te ontwikkel.

Hierdie siening kan verbind word aan _____ bestuurders.

1 burokratiese

2 taakgerigte

3 Teorie Y

4 demokratiese

7. Volgens die _____ benadering tot bestuur behoort

Discovery ‘n balans te handhaaf tussen die verskillende dele

van die onderneming asook tussen die onderneming en sy

omgewing.

1 proses

2 stelsel

3 gebeurlikheids-

4 burokratiese

8. Indien Discovery hul prestasie wil verbeter deur geleenthede

te definieer en te ontleed, prestasie te meet, en prestasie te

beheer, implementeer hulle die _____ benadering tot

bestuur.

1 Six Sigma

2 proses

3 stelsel

4 wetenskaplike

9. By Discovery is die geheel beter as die som van die

samestellende dele.

17

In bestuursterme is hierdie bekend as _____.

1 entropie

2 ‘n oop stelsel

3 sinergie

4 interafhanklikheid

10. Dui aan watter van die volgende veranderlikes kan

geleenthede vir Discovery skep.

MNG2016/101

a Organisasie kultuur

b Die aankoopkrag en gedrag van verbruikers

c Die missie en doelwitte van die onderneming

d Die lewenstyl, gewoontes en waardes van mense

e Inflasie, resessies en die monetêe en fiskale beleid

van die regering

1 a b c

2 b c d

3 b d e

4 c d e

11. Mededinging in die mark omgewing van Discovery word

bepaal deur die volgende kragte:

Die _____

a moontlikheid van nuwe toetredes of uittredes

b bedingingsmag van verbruikers

c bedingingsmag van verskaffers

d beskikbaarheid van substituut produkte of dienste

e aantal bestaande mededingers

1 a b c

2 b c d e

3 c d e

4 a b c d e

18

MNG2016/101

12. “Om mense gesonder te maak en om hul lewens te

beskerm en te verbeter” is ‘n voorbeeld van ‘n _____.

1 missie

2 korporatiewe strategie

3 visie

4 staande plan

13. Watter van die volgende is nie ‘n eienskap van strategiese

beplanning by Discovery nie?

Strategiese beplanning _____.

1 poog om alle bestuursfunksies te integreer

2 is gemoeid met die visie, missie, langtermyndoelwitte

en strategieë van die onderneming

3 formuleer operasionele planne om

ondernemingsdoelwitte te bereik

4 fokus op geleenthede wat benut kan word or

bedreigings wat hanteer moet word

14. Bestuur by Discovery benodig _____ vaardighede om die

aktiwiteite van die onderneming en sy vyf maatskappye

holisties te sien.

1 interpersoonlike

2 besluitnemings-

3 konseptuele

4 tegniese

15. Discovery glo dat die ontleding van sosio-ekonomiese

neigings die groep in staat sal stel om oplossings te vind wat

‘n groot invloed op kliënte sal hê.

Sosio-ekonomiese neigings is ‘n voorbeeld van ‘n

veranderlike uit die _____ omgewing van Discovery wat

onleed moet word om _____ en _____ te identifiseer.

1 interne; sterkpunte; swakpunte

2 eksterne; sterkpunte; swakpunte

3 eksterne; geleenthede; bedreigings

`4 interne; geleenthede; bedreigings

19

MNG2016/101

16. Discovery het die mediese spaar rekening geloots as ‘n

teenfoeter vir steigende mediese inflasie.

Discover se bestuur benodig _____ vaardighede in hierdie

situasie.

1 kommunikasie

2 tydsbestuur

3 interpersoonlike

4 diagnostiese

17. Discovery Health is in 1993 gestig wat die mediese

spaarrekening bekend gestel het. In 1997 het hulle die

vinnige ontwikkeling op die gebied van voorkomende

ondersoeke en verhoogde fokus op welstand geïdentifiseer.

Discovery Vitality was ‘n innoverende oplossing – ‘n

meganisme wat kliënte betrek in die bestuur van hul

gesondheid en welstand.

Die beskendstelling van Discovery Vitality is ‘n voorbeeld

van ‘n _____ strategie.

1 markontwikkeling

2 produkontwikkeling

3 konsentrasie groei

4 diversifikasie

18. Die bekendstelling van die mediese spaarrekening is ‘n

voorbeeld van ‘n _____ besluit geneem omder toestande

van _____.

1 geprogrammeerde; sekerheid

2 geprogrammeerde; onsekerheid

3 nie-geprogrammeerde; risiko

4 nie-geprogrammeerde; sekerheid

20

MNG2016/101

19. Om strategiese interne faktore te identifiseer, kan die

bestuur van Discovery die waardekettingbenadering gebruik.

Watter van die volgende is primêre aktiwiteite van die

waardekettingbenadering?

a algemene administrasie

b operasies

c navorsing en ontwikkeling

d verkryging

e naverkoopdiens

1 a b c

2 b e

3 c d

4 c d e

20. Gedurende watter stap van die strategiese bestuursproses

kan die bestuur van Discovery die Gebalanseerde

Puntekaart (Balanced Scorecard) gebruik?

1 Identifiseer strategiese interne faktore

2 Kies die bronne van inligting

3 Ontwikkel ‘n omgewingsprofiel

4 Skakel die missie om in langtermyndoelwitte

21. Indien ‘n onderneming ‘n nuwe besigheid bykry waarvan die

nuwe markte en die nuwe produkte tegnologies nie verwant

is aan hul bestaande besigheid nie, is dit ‘n voorbeeld van ‘n

_____ strategie.

1 konsentriese diversifikasie

2 konglomeraat diversifikasie

3 horisontale integrasie

4 voorwaartse vertikale integrasie

21

MNG2016/101

22. Die portefeujebenadering is ‘n visuele manier om

alternatiewe strategieë te identifiseer en voor te stel ten

einde korporatiewe hulpbronne te allokeer.

Vir hierdie doel gebruik Discovery _____, waar elk van die

strategiese besigheidseenhede volgens hul _____ en _____

aangedui word.

1 die Boston Consulting Group Growth Share Matrix;

markgroeikoers; mededingende posisie

2 ‘n strategie kaart; leer en groei; finansiële prestasie

3 ‘n generiese strategie; finansiële prestasie; produktiwiteit

4 die doelwitbestuursproses; prestasie; uitgawes

23. Watter van die volgende is voordele wat Discovery van

behoorlike beplanning kan verwag?

a Beplanning verminder die invloed van verandering in die

sosio-ekonomiese omgewing.

b Beplanning vereis baie tyd en energie van bestuur.

c Beplanning bevorder samewerking tussen bestuur en

werkers met ‘n diverse agtergrond.

d Beplanning is ‘n voorvereiste vir beheer.

e Formele planne kan intuisie en kreatiwiteit van bestuur

vervang.

1 a b c

2 a c d

3 b c d

4 b d e

24. Discovery het ‘n omvattende werknemerverhoudinge-

beleid wat geformuleer is deur ‘n konsultasieproses.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _____.

1 staande plan

2 enkelgebruiksplan

3 korporatiewe kultuur

4 korporatiewe filosofie

22

MNG2016/101

25. Discovery volg ‘n generiese strategie wat hul produkte

onderskei van dié van hul mededingers.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _____ strategie.

1 innovasie

2 differensiasie

3 fokus

4 konglomeraat

26. By Discovery rapporteer elke werker net aan een

toesighouer.

Hierdie is ‘n voorbeeld van _____.

1 eenheid van leiding

2 bevelsketting

3 spanwydte van beheer

4 eenheid van bevel

27. By Discovery is _____ bestuur daarvoor verantwoordelik

om ander personeel te adviseer en by te staan, wat

gebaseer is op _____ mag.

1 lyn; ekspert

2 staf; verwysings-

3 staf; ekspert

4 lyn; regmatige

28. Die _____ doelwitte van Discovery verteenwoordig hul

private, ongepubliseerde doelwitte.

1 medium termyn

2 personeelomset

3 individuele

4 bedryfs-

23

MNG2016/101

29. Watter van die volgende besluitnemingshulpmiddele is

toepaslik vir Discovery onder toestande van onsekerheid?

a gelykbreekanalise

b simulasie

c kapitaalbegorting

d waarskynlikheidsontleding

e lineêre programmering

1 a b

2 b c

3 c d e

4 d e

30. Watter van die volgende inligtingstegnologie toepassings

sal Discovery kan gebruik in produkontwikkeling?

1 inbelsentra

2 kantoorstelsels

3 ontwerp outomatisasie

4 berekening van kommissie

WERKOPDRAG 02

SELFEVALUERING

24

MNG2016/101

• Hierdie werkopdrag is van toepassing op beide die eerste

en tweede semesters.

• Die werkopdrag dek al die studie-eenhede en die

ooreenstemmende hoofstukke in Smit et al. (2007).

• Die werkopdrag moet nie ingedien word nie, u moet u

antwoorde self evalueer deur die terugvoering in bylae B

te gebruik.

Hierdie werkopdrag bestaan uit twee afdelings, naamlik Afdeling

A en Afdeling B. Afdeling A bestaan uit 40 meerkeusevrae wat 40

punte werd is. In Afdeling B moet u ‘n opstel skryf wat 20 punte

werd is.

AFDELING A

MEERKEUSEVRAE

Lees die volgende gevallestudie om vrae 1 tot 20 te beantwoord.

LEISURENET

DOOD VAN ‘N BESIGHEID

Vir 'n paar weke in September en Oktober 2000 was Peter Flack

die tussentydse hoof uitvoerende beampte van die gedoemde

LeisureNet. Sy dienste is as omkeerspesialis ingespan om die

maatkappy te probeer red. Hy het gevind dat die maatskappy so

ver en so vinning agteruit gegaan het, dat al wat nog gedoen kon

word, was om dit te sluit.

LeisureNet was 'n groot onderneming, en die lesse wat Flack uit

LeisureNet se mislukking trek, behoort deur elke entrepreneur en

bestuurder ter harte geneem te word. Hierdie is Flack se

weergawe van een van Suid-Afrika se mees skouspelagtige

korporatiewe mislukkings.

25

MNG2016/101

Elke organisasie, of dit ‘n klub, kerk, maatskappy of land is,

benodig vier basiese bestanddele vir sukses. Dit is leierskap, ‘n

strategiese plan, ‘n bestuurspan wat in staat is om die strategie te

implementeer en ‘n aksieplan wat die strategiese plan in meetbare

dele afbreek. Hierdie is die basis waarvolgens ‘n besigheid gemeet

word.

LeisureNet, ‘n suksesvolle en winsgewende maatskappy, het een

van die direkteure van Coronation FRM genooi om op hulle raad te

dien. ‘n Vinnige kykie na die resultate vir die jaar tot Desember

1999, toon ‘n groep met ‘n omset van meer as R1 miljard wat na

belastingaftrekking meer as R100 miljoen wins getoon het. As

algemene praktiese reël, word daar altyd gesê dat 'n maatskappy

wat na belastingaftrekking 'n wins van 10% van die bruto-inkomste

genereer, 'n gesonde besigheid is.

Die maatskappy, wat ‘n uitstekende diens aan nagenoeg een

miljoen klublede gelewer het, het 85 Health & Racquetklubs (H&Rklubs)

in Suid-Afrika bedryf en omtrent 4 500 mense in diens

gehad. Verder het die maatskappy oorsee uitgebrei en 22 H&Rklubs

in Australië, Brittanje, Duitsland en Spanje opgerig, met nog

‘n paar onder konstruksie. Bolangs het LeisureNet gelyk na ‘n

maatskappy met sterk leierskap, ‘n duidelike strategie en ‘n

bekwame bestuurspan.

Tydens die eerste raadsvergadering wat ons bygewoon het, is

aantygings teen uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure gemaak

en dit het gelyk asof the raad disfunksioneel geword het. Die

vorige gesamentlike hoof uitvoerende beampte van LeisureNet is

onlangs na Healthland International Limited oorgeplaas (weer

eens as gesamentlike hoof uitvoerende beampte) en die jong

besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse ondernemings, is

genader om die posisie as hoof uitvoerende beampte van

LeisureNet te aanvaar. Hy het egter nie die aanbod aanvaar nie

en die voorwaardes van sy aanstelling is nie gefinaliseer nie. Daar

was duidelik ‘n kwessie oor leierskap. Die vorige leiers het byna al

hul belange in LeisureNet verkoop en het ‘n beduidende en

betekenisvolle gratis aandeel in Healthland International Limited

ontvang.

26

MNG2016/101

Die konflik op raadsvlak was deels as gevolg van die feit dat

LeisureNet gebruik is om die werknemers van Healthland te

befonds, in diens te neem en op te lei. H&R-klub is aangesê om

die Healthlandbedryf te vestig en alle beskikbare kontant is in

Healthland belê en min, indien enige, in H&R-klub. Ongeveer

R370 miljoen van hierdie beskikbare kontant is uit verkope van

aandele gegenereer. Dit het gelei tot ‘n gebrek aan onderhoud en

opgradering by H&R-klubs.

By nadere ondersoek het dit geblyk dat daar geen strategiese plan

bestaan het nie. ‘n Ongeskrewe strategie is slegs 'n wens of 'n

gebed, maar nie ‘n plan nie. ‘n Strategiese plan vereis dat

deelnemers ‘n prosedure volg wat die verskillende interne en

eksterne aspekte wat die besigheid beïnvloed, identifiseer en

analiseer.

Die gebrek aan ‘n samehangende strategiese plan in LeisureNet

blyk duidelik uit die feit dat die maatskappy oor die afgelope vyf

jaar, bo en behalwe die gesondheids- en fiksheidsbedryf, ook

toegetree het tot ondernemings in gholf, onderwys, verskaffing van

gimnasiumtoerusting, ‘n casino-aanbod, 'n restaurant en die

Imaxteatergroep wat uit 6 lede bestaan. Afgesien van die feit dat

LeisureNet slegs die helfte van die ekwiteit in die Imaxgroep besit,

waarborg die maatskappy 100% van die huurooreenkomste

(leases) van die doelgemaakte fasiliteite wat die teaters huisves en

wat oor 13 tot 20 jaar strek.

Struktuur volg strategie en die gebrek aan ‘n strategie blyk duidelik

uit die samestelling van LeisureNet se raad van direkteure. In

plaas daarvan dat die verskillende dissiplines wat inherent tot die

maatskappy is, byvoorbeeld finansies, inligtingstelsels,

menslikehulpbronne, en die lynbedrywe, op die raad

verteenwoordig is, is die raad saamgestel uit twee vorige

gesamentlike hoof uitvoerende beamptes, die besturende direkteur

van die plaaslike bedrywe en ‘n aantal nie-uitvoerende direkteure.

Alhoewel die bestuursinligtingstelsel plaaslik ontwerp is en in baie

gevalle tot gedupliseerde pogings gelei het, was die

rekeningkundige stelsel, die verkoopstelsel en die bemarkings- en

menslikehulpbronprosedures wel deurdag. Deur oorsee te

beweeg, het die besigheid daar die beste van die plaaslike

bedrywe aangeneem, ‘n standaardbestuursinligtingstelsel verkry

en die mees senior plaaslike bestuurders gewerf. Die opvallendste

tekortkoming was egter die posisie van hoof finansiële beampte en

die tesourie- en kontantbestuursfunksies van hierdie massiewe

27

MNG2016/101

onderneming wat, in 'n stadium van snelle groei, baie kontant

nodig gehad het. Uiteindelik was hierdie tekortkoming in die

bestuurstruktuur verantwoordelik vir die ondergang van Healthland.

In die laaste plek was daar ook geen sprake van enige aksieplan

nie.

Die groep, met die uitsondering van H&R-klub, het nie voldoen aan

die vier komponente van enige suksesvolle besigheid nie, naamlik

leierskap, strategiese beplanning, bestuur en aksiebeplanning.

Daar was twee ander opvallende tekortkominge op die terrein van

korporatiewe kommunikasie en korporatiewe bestuur.

Die groep sou gered kon word indien dit moontlik sou wees om

genoeg geld bymekaar te maak om die Healthlandklubs onder

konstruksie klaar te bou, of indien die verkope van die buitelandse

klubs afgehandel kon word ten einde LeisureNet te verlos van sy

verpligtinge teenoor die Healthlandgroep. Albei pogings het egter

gefaal. Albei mislukkings kan teruggespoor word na fundamentele

leemtes in leierskap, strategie en korporatiewe kommunikasie.

Bron: Aangepas uit Flack, P. 2001. Death of a Business.

Succeed Magazine, June/July.

Vrae:

1. ‘n Gebrek aan _____ vaardighede van LeisureNet se raad

van direkteure kan uitgesonder word as die belangrikste rede

vir die maatskappy se mislukking.

1 interpersoonlike

2 besluitnemings-

3 tegniese

4 konseptuele

28

MNG2016/101

2. LeisureNet se raad van direkteure is verantwoordelik vir die:

a ontwerp van die organisasie se breë

organisasiestruktuur

b bepaling van die organisasie se visie, missie,

doelstellings en oorhoofse strategieë

c implementering van beleid, planne en strategieë

d organisering van die onderneming se funksionele areas

e beïnvloeding van die korporatiewe kultuur

1 a b c

2 a b e

3 b c d

4 c d e

3. LeisureNet se laerbestuursvlakke is verantwoordelik vir:

a mediumtermyn beplanning

b die toepassing van beleid, prosedures en reëls om ‘n

hoë vlak van produktiwiteit te bereik

c die organisering van funksionele areas

d die verskaffing van tegniese bystand

e die monitering van omgewingsinvloede wat funksionele

areas mag beïnvloed

1 a b

2 b c

3 b d

4 c e

4. Die mislukking van LeisureNet het nagenoeg een miljoen

H&R-klublede beïnvloed.

Hierdie is 'n voorbeeld van 'n veranderlike in die ______

omgewing wat die _____ omgewing beïnvloed.

1 mark; makro

2 mikro; mark

3 mikro; makro

4 mark; mikro

29

MNG2016/101

5. Toe hulle besluit het om oorsee uit te brei, moes LeisureNet

beplan het vir die toekomstige allokering en gebruik van

verskillende hulpbronne met betrekking tot die verskillende

organisatoriese aktiwiteite oor ‘n gegewe periode.

Na watter van die volgende beplanningshulpmiddels word

hier verwys?

1 vooruitskatting

2 begroting

3 skedulering

4 monitering

6. LeisureNet se bestuur moes aan maniere dink om die

organisasie in die toekoms te dra.

Dit word die organisasie se _______ genoem.

1 visie

2 missie

3 strategie

4 aksieplan

7. Finansiële resultate vir die jaar tot Desember 1999, het

aangedui dat die groep ‘n omset van meer as R1 miljard en

ná belastingaftrekking, 'n wins van meer as R100 miljoen

getoon het.

Dit kan as ‘n ____ vir LeisureNet beskou word.

1 sterkpunt

2 geleentheid

3 swakpunt

4 bedreiging

8. Met die bou van 22 H&R-klubs in Australië, Brittanje,

Duitsland en Spanje, het die maatskappy ‘n ____ strategie

gevolg.

1 konsentrasiegroei-

2 markontwikkeling-

3 horisontale-integrasie-

4 integrasie-

30

MNG2016/101

9. Behalwe die gesondheids-en fiksheidsbesigheid, het

LeisureNet ook begin met ondernemings in voedsel, gholf,

onderwys en selfs die dobbelbedryf.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _____ strategie.

1 produkontwikkeling-

2 horisontale-integrasie-

3 konglomeraat-diversifikasie-

4 konsentriese-diversifikasie-

10. Die maatskappy, wat ‘n uitstekende diens aan sy lede

verskaf het, het 85 Health & Racquetklubs in Suid-Afrika

bedryf en nagenoeg 4500 mense in diens gehad. LeisureNet

moes gepoog het om individuele en organisatoriese doelwitte

te integreer.

Een tegniek wat vir hierdie doel gebruik kan word is:

1 nominale-groeptegniek

2 vooruitskatting

3 die Gantt-kaart

4 doelwitbestuursproses (management by objectives)

11. Toe die maatskappy ondernemings in voedsel, gholf,

onderwys ensovoorts begin het, was dit ‘n _____ besluit,

geneem onder toestande van _____.

1 geprogrammeerde; sekerheid

2 nie-geprogrammeerde; onsekerheid

3 geprogrammeerde; risiko

4 nie-geprogrammeerde; risiko

12. ‘n Besluitnemingshulpmiddel wat die maatskappy in

toestande soos in vraag 11 beskryf, kon gebruik het, is:

1 lineêre programmering

2 toustaanteorie

3 simulasie

4 skedulering

31

MNG2016/101

13. LeisureNet wil die fisiese uitleg van hul H&R-klubs in Suid-

Afrika verander. Hulle wil die klubbestuurders regoor die land

hierby betrek.

Die toepaslikste groepbesluitnemingstegniek wat hulle kan

gebruik is:

1 die nominale-groeptegniek

2 die Delphi-tegniek

3 dinkskrum

4 simulasie

14. Wanneer hulle ‘n hoërisikobesluit neem, soos om oorsee uit

te brei, behoort bestuurders die _____

besluitnemingsmodel toe te pas, deur gebruik te maak van

_____, wat beteken dat die besluitnemer die beste moontlike

oplossing sal kies.

1 gebonde rasionele; tevredenheid (satisficing)

2 rasionele; optimalisering (optimising)

3 rasionele; tevredenheid

4 gebonde rasionele; optimalisering

15. Vir die jaar tot Desember 1999 het die groep ‘n omset van

meer as R1 biljoen gehad.

Hierdie is ‘n voorbeeld van _____.

1 data

2 inligting

3 bestuursinligting

4 nie een van die bogenoemde nie

16. LeisureNet se raad van direkteure het onmiddellike en

maklike toegang tot inligting met betrekking tot die

maatskappy se kritieke suksesfaktore benodig -- dit is die

faktore wat kritiek is vir die oorlewing van die maatskappy.

Watter een van die volgende inligtingstelsels kon hulle van

sulke inligting voorsien het?

1 inligtingrapporteringstelsel

2 ekspertstelsel

3 uitvoerende inligtingstelsel

4 besluitnemingsteunstelsel

32

MNG2016/101

17. Dui die aard van interafhanklikheid aan wat teenwoordig

was toe die maatskappy besluit het om tot ondernemings in

voedsel, gholf, onderwys, ensovoorts toe te tree:

1 opeenvolgende onderlinge afhanklikheid

2 wederkerige onderlinge afhanklikheid

3 gesamentlike onderlinge afhanklikheid

4 nie een van die bogenoemde nie

18. LeisureNet se mislukking kan teruggespoor word tot

fundamentele foute in die leierskap, strategie en

korporatiewe kommunikasie.

Watter van die volgende is komponente van leierskap?

a gesag

b mag

c invloed

d delegering

e verantwoordelikheid

f aanspreeklikheid

1 a b d e

2 a c d e f

3 b c d e f

4 a b c d e f

19. Swak kommunikasie is ook geïdentifiseer as ‘n rede vir die

mislukking van LeisureNet.

Watter van die volgende interpersoonlike faktore kan ‘n

struikelblok in die weg van effektiewe kommunikasie in die

maatskappy wees?

1 persepsie

2 vertroue

3 ruimtelike beperkings

4 status

33

MNG2016/101

20. Die eerste en belangrikste vereiste om ‘n kultuur van goeie

etiek te vestig, en wat nie by LeisureNet teenwoordig was

nie, is dat die hoof uitvoerende beampte en senior

bestuurders openlik en sterk toegewyd moet wees aan etiese

optrede en om konstante leierskap te verskaf in die

versterking van etiese waardes in die organisasie.

Dit staan bekend as _____.

1 ‘n etiese kode

2 etiese strukture

3 leiding deur voorbeeld (leading by example)

4 alarm making (whistle blowing)

Lees die volgende gevallestudie om vrae 21 tot 30 te beantwoord.

STIK TEEN DIE SPOED VAN LIG

Woolworths het onlangs aan Monviso Knitwear ‘n moeilike opdrag

gegee: omskep die mees onlangse mode-idees wat op

modeparades te siene is in 300-400 eenhede praktiese

kledingstukke binne slegs agt weke vir Woolworths se Cavendishtak.

Die Epping-fabriek, met ongeveer 1 000 werkers, het dit reggekry.

Die verkope was ongelooflik. Dit sou ‘n Sjinese firma drie tot vyf

maande geneem het om dieselfde uitset te lewer.

“Wat ons poog om hier te doen is om die produk by die mark te kry

teen die spoed van lig” sê die besturende direkteur van Monviso,

Ian Steyn. “Ons het spoed ons fokus gemaak voordat ander

daaraan gedink het. Ons het ook sterk verhoudings met

kleinhandelaars gebou.”

Monviso verkoop 95% van hul breidrag aan Woolworths en vul

weekliks die vooraad aan. Hul vermoë om te voorsien in die

kleinhandelaar se vinnig-veranderende behoeftes is die sleutel tot

hul suksesvolle verhouding met die kleinhandelaar.

“Indien ‘n item rooi is en nie verkoop nie, hou ons op om rooies te

maak en maak meer groenes. As die grootte 16 nie vekoop nie,

kan ons daarmee ophou en meer grootte 10s maak,” verduidelik

Steyn.

34

MNG2016/101

Monviso het selfs vasgestel hoe om ‘n gewilde soort materiaal te

maak sonder om dit te kleur tot ‘n paar weke voordat dit benodig

word - sodat hulle aanpasbaar kan wees in hul respons tot

neigings (trends) en die behoeftes van kleinhandelaars.

Ten spyte van Monviso se oënskynlike sukses, kry die maatskappy

swaar. In Mei verlede jaar was Monviso se totale omset R9m,

waarop ‘n 6% wins gemaak is. Hierdie jaar is die omset net minder

as R20m, maar die winsmarge het waarskynlik tot ongeveer 4%

gedaal.

“Winsmarges het gekrimp, deels as gevolg van prysmededinging

vanaf die Ooste. Jaar na jaar is daar geen prysverhogings nie en

ons moes noodgedwonge vinniger en leniger word.”

Monviso, byvoorbeeld, maak 500 000 “tank”- hempies per jaar vir

Woolworths, maar daar was geen prysverhoging vir ongeveer

sewe jaar nie. Monviso het 80 “tank” -hempies per uur gemaak

deur agt werkers te gebruik en was taamlik tevrede daarmee todat

hulle uitgevind het dat die wêreldnorm 160 eenhede per uur met

ses mense is.

“Dit het ons ses maande geneem om daardie vlak te bereik deur

van die beste masjiene gebruik te maak en om prosesherontwerp

in die werksplek toe te pas, sê

Steyn. “Vandag maak ons 240 eenhede per uur en gebruik ses

mense daarvoor. Ek dink dit kan nêrens in die wêreld oortref word

nie.”

Monviso betaal die masjieniste ‘n hoë premie (amper R750 per

week) op die minimum loon (R537 per week in die Kaapse

metropolis). Hulle is multivaardig en kan vir ander spanlede instaan

as iemand afwesig is. Die maatskappy spandeer heelwat op

opleiding en die bemagtiging van hul werkerskorps.

Steyn het so pas teruggekeer vanaf Sjina, waar hy die mees

moderne klerefabrieke besoek het. “Die tegnologie in ons fabriek is

net so gevorderd soos enigiets wat ek gesien het en ons is net so

vinnig”, sê Steyn. “Maar hulle lone is baie laer as ons s’n en hulle

werk agt tot 10 ure per dag, ses dae per week.”

Source: Bisseker, C. 2006. Financial Mail, June 23: 27.

Vrae:

35

MNG2016/101

21. Monviso Knitwear het die volgende doelwit: om 300 tot 400

eenhede kledingstukke in agt weke te vervaardig.

Dit is ‘n voorbeeld van ‘n ______doelwit.

1 operasionele

2 taktiese

3 strategiese

4 funksionele

Vrae 22 tot 23:

Die strategiese beplanningsproses sluit ‘n ontleding van die

interne omgewing van ‘n organisasie in.

Oorweeg die tabel hieronder en beantwoord vrae 22 tot 23 deur

toepaslike opsies uit kolom A en kolom B te kies.

Kolom A

(stappe in die ontleding van

die interne omgewing)

a identifisering van

stategiese interne

faktore

b ontwikkelling van insette

vir die strategiese proses

c evaluering van

strategiese interne

faktore

d selektering van kritiese

omgewingsfaktore

Kolom B

(aksie)

a Vergelyk die organisasie se

prestasie in die verlede

b die waardekettingbenadering te

gebruik

c die organisasie se

mededingende voordeel te

identifiseer

d vergelyking van norme

(benchmarking)

36

MNG2016/101

22. Monviso het 80 “tank” -hempies per uur gemaak en agt

mense daarvoor gebruik. Hulle het besef dat hulle meer

produktief sou moes wees nadat hulle ‘n interne

omgewings- ontleding gedoen het. Terwyl hulle met

die tweede stap van die ontleding, naamlik die

_______besig was, deur _______, het hulle uitgevind dat

suksesvolle organisasies elders in die wêreld 160 hempies

per uur vervaardig met behulp van ses mense.

1 a a

2 b c

3 c d

4 d b

23. Die finale stap in die interne omgewingsontleding is

_______, deur _______ . Besturende direkteur Ian

Steyn sê: “Ons het spoed ons fokus gemaak voordat ander

daaraan gedink het.”

1 a a

2 b c

3 c d

4 d b

Vrae 24 tot 26:

Kies woorde uit die volgende lys om vrae 24 tot 26 te beantwoord.

a mikro

b mark

c makro

d strerkte

e swakheid

f geleentheid

g bedreiging

h tegnologiese

i sosiale

j internasionale

37

MNG2016/101

24. Monviso se besturende direkteur Ian Steyn sê: “Ons het ook

sterk verhoudings met kleinhandelaars gebou.”

Die kleinhandelaars waarna mnr Steyn verwys, is ‘n

veranderlike in die _______ omgewing van Monviso,

terwyl die goeie verhouding met hulle verwys na ‘n _______

in die _______ omgewing van Monviso.

1 a d b

2 b d a

3 c f b

4 b f a

25. Monviso het vasgestel hoe om ‘n gewilde soort materiaal te

maak sonder om dit te kleur tot ‘n paar weke voordat dit

benodig word - sodat hulle aanpasbaar kan wees in hul

respons tot neigings (trends) en die behoeftes van

kleinhandelaars.

Die sub-omgewing in die makro-omgewing van Monviso

wat die sterkste met verandering verband hou, is die

_______ omgewing , terwyl die _______ omgewing

met kleurneigings in die modebedryf vereenselwig kan

word.

1 i j

2 j b

3 h j

4 h b

38

MNG2016/101

26. “Winsmarges het gekrimp, deels as gevolg van

prysmededinging vanaf die Ooste. Jaar na jaar is daar geen

prysverhogings nie en ons moes noodgedwonge vinniger en

leniger word.”

Winsmarges het gekrimp as gevolg van veranderinge in die

_______ omgewing, wat ‘n _______ vir Monviso

verteenwoordig, en wat hulle in ‘n _______ omskep het.

1 h e d

2 i g f

3 j g d

4 b e f

27. “Dit het ons ses maande geneem om daardie vlak te bereik

deur van die beste masjiene gebruik te maak en om

prosesherontwerp in die werksplek toe te pas,” sê Steyn.

Prosesherontwerp fokus op die integrasie van vier

sleutelkragte, naamlik mense, prosesse, tegnologie en

1 strategie

2 doelwitte

3 waarde vir die klant

4 infrastruktuur

39

MNG2016/101

28. “Vandag maak ons 240 eenhede per uur en gebruik ses

mense daarvoor. Ek dink dit kan nêrens in die wêreld

oortref word nie.” Monviso betaal die masjieniste ‘n hoë

premie (amper R750 per week) op die minimum loon (R537

per week in die Kaapse metropolis).

Die benadering wat by Monviso gebruik word is om

prestasie doelwitte kwantitatief te beskryf en om te aanvaar

dat geld motiveer. In terme van bestuursteorie, verwys dit

na _______

1 kwantitatiewe bestuursteorie

2 die wetenskaplike bestuurskool

3 die stelselbenadering tot bestuur

4 die menslikeverhoudinge beweging

29. Monviso het 80 “tank”-hempies per uur vervaardig met agt

mense. Vandag maak hulle 240 eenhede en gebruik ses

mense daarvoor.

Dit verteenwoordig ‘n toename in die

produktiwiteitsverhouding (ratio) van _______.

1 40:1

2 30:1

3 20:1

4 10:1

30. Die bestuur van Monviso het die organisasie as geheel se

prestasie geëvalueer deur op produktiwiteit te fokus.

Dit verteenwoordig die ______ vlak van beheer.

1 strategiese

2 operasionele

3 funksionele

4 na-aksie

Lees die volgende gevallestudie om vrae 31 tot 40 te beantwoord.

40

WERKERS IS SENTRAAL TOT SUKSES

MNG2016/101

Die sakeman Graham Choice, eienaar en stigter van Prestige

Clothing in Maitland, Kaapstad, het op die harde manier bo

uitgekom. Hy het as pakker begin en vandag is hy aan die stuur

van een van die land se mees suksesvolle klerevervaardigermaatskappye.

Prestige, wat in 1989 tot stand gekom het, het oorspronklik slegs

ses mense in diens gehad. Tans werk 427 mense daar en vyf van

die oorspronklike ses is steeds daar werksaam. In ‘n bedryf waar

62 000 mense hul werk verloor het gedurende die afgelope drie

jaar, het Prestige nog nie een werknemer afgedank nie. Dit is ook

in geheel en vrywillig vakunie-vry, nieteenstaande pogings deur

vakunies om die stand van sake te verander.

“Een van die hoofredes vir ons sukses is ons mense,” sê Choice.

“Baie maatskappye dink sukses is gebaseer op tegnologie,

masjienerie en innovering, maar in ‘n arbeidsintensiewe bedryf

waar soveel kulture verteenwoordig is, moet ‘n mens jou

werkerskorps verstaan. Ek besit nie Prestige nie; die 427 mense

wat elke dag hier werk besit die maatskappy en elkeen wat hier

werk glo dit.”

Prestige word volgens demokratiese riglyne bestuur met die

basiese filosofie dat alles, van kennis en idees tot ‘n toename in

produktiwiteit, gedeel word. Die sleutel tot die sukses van die

maatskappy is ‘n hoogs effektiewe menslikehulpbronstrategie wat

rondom die behoeftes van die werkers ontwikkel is.

“In die harte van die meeste werkers in die klerebedryf in die Wes-

Kaap is die begeerte dat hul bydraes deur bestuur erken word –

en soms, wanneer nodig, dat bestuur die maatskappy se

hulpbronne gebruik om na hulle om te sien, want in tye van nood is

die maatskappy heel dikwels hul enigste bron van hulp”, sê

Choice.

Prestige het elke jaar, sedert die totstandkoming van die

maatskappy, nuwe werknemersvoordele ingestel, en bied nou 19

voordele aan, wat R100 tot R150 per maand per werknemer werd

is. Die skoolfooie en koste van skooldrag van alle werkers se

kinders word gesubsideer. Werkers word toegelaat om ‘n nuwe

41

MNG2016/101

meubel-item van ‘n uitgesoekte verskaffer te koop en betaal dit af

deur weeklikse aftrekkings van hul lone. Prestige betaal die volle

bedrag aan die winkel om te verhoed dat werkers onnodige rente

moet betaal.

Die firma beklemtoon basiese onderwys vir volwassenes: 12% van

die werkerskorps woon programme by om hul lees-, numeriese en

taalvaardighede te verbeter. Prestige skep meer as 90

leringskappe en het tot dusver elke persoon wat die program

geslaag het, in diens geneem.

Lyngebaseerde operasionele stelsels is vervang met spanne wat

verantwoordelik is vir hul eie prestasie. Werkers verdien standaard

lone, maar ontvang ‘n groot deel van die inkomste wat verdien

word uit toenames in produktiwiteit. “Verlede jaar, danksy

inkomstes uit verhoogde produktiwiteit, was ons in die posisie om

pryse vir Foschini se intieme-dragafdeling te verlaag en om

terselfdertyd aan ons werkers in die afdeling ‘n verhoging te gee,”

sê Choice. “Dit het goedertrou geskep tussen ons en die

kleinhandelaar op ‘n tydstip toe daardie afdeling swaar gekry het.”

Source: Bisseker, C. 2006. Financial Mail, June 23: 28.

Vrae:

31. “Prestige, wat in 1989 tot stand gekom het, het oorspronklik

slegs ses mense in diens gehad. Tans werk 427 mense daar

en vyf van die oorspronklike ses is steeds daar werksaam.

In ‘n bedryf waar 62 000 mense hul werk verloor het

gedurende die afgelope drie jaar, het Prestige nog nie een

werknemer afgedank nie.”

Werknemers by Prestige het meer werksekuriteit as

werknemers in die res van die bedryf. Werksekuriteit word

beskryf as ‘n ______ in ______ se twee-faktor

motiveringsteorie.

1 motiveerder; Herzberg

2 laer-orde behoefte; Maslow

3 higiëne faktor; Herzberg

4 werksinhoudfaktor; Herzberg

42

MNG2016/101

32. “Prestige word volgens demokratiese riglyne bestuur met die

basiese filosofie dat alles, van kennis en idees tot ‘n

toename in produktiwiteit, gedeel word. Die sleutel tot die

sukses van die maatskappy is ‘n hoogs effektiewe

menslikehulpbronstrategie wat rondom die behoeftes van

die werkers ontwikkel is.”

Volgens McClelland, het Prestige se werkers behoefte aan

______, ______ en ______.

1 mag; prestasie; affiliasie

2 agting; selfverwesenliking; om in te pas

3 erkenning; verantwoordelikheid; groei

4 sekuriteit; sosiale interaksie; agting

33. “In die harte van die meeste werkers in die klerebedryf in die

Wes-Kaap is die begeerte dat hul bydraes deur bestuur

erken word’.

Volgens Herzberg, verwys hierdie stelling na die werks-

______ van die werkers waar hul behoefte aan erkenning

bevredig word. Die erkenning van hul bydraes dien as

1 inhoud; motiveerder

2 konteks; motiveerder

3 inhoud; higiëne faktor

4 konteks; higiëne faktor

Vrae 34 to 37:

“Prestige het elke jaar, sedert die totstandkoming van die

maatskappy, nuwe werknemersvoordele ingestel, en bied nou 19

voordele aan, wat R100 tot R150 per maand per werknemer werd

is. Die skoolfooie en koste van skooldrag van alle werkers se

kinders word gesubsideer. Werkers word toegelaat om ‘n nuwe

meubel-item van ‘n uitgesoekte verskaffer te koop en betaal dit af

deur weeklikse aftrekkings van hul lone. Prestige betaal die volle

bedrag aan die winkel om te verhoed dat werkers onnodige rente

moet betaal.”

43

MNG2016/101

34. Watter motiveringsteorie stel voor dat mense sal optree op

grond van hul waarneming dat hul gedrag ‘n sekere resultaat

sal meebring en hoeveel waarde hulle aan die resultaat

heg?

1 versterkingsteorie

2 ewewigsteorie

3 verwagtingsteorie

4 prestasiemotiveringsteorie

35. Wie is die navorser wat met hierdie teorie vereenselwig

word?

1 Victor Vroom

2 Fred Luthans

3 David McClelland

4 R Tannenbaum

36. Motiveringsteorieë word geklassifiseer as proses-,

inhoudelike of versterkingsteorieë.

Die teorie wat in die vorige twee vrae geïdentifiseer is, is ‘n

______ teorie.

1 proses

2 inhoudelike

3 versterkings-

4 leierskapsteorie en nie ‘n motiveringsteorie nie

37. Prestige bied ‘n “spyskaart” van voordele aan waaruit elke

werker die voordele wat hy of sy verkies kan identifiseer. Die

teorie wat in die vorige drie vrae beskryf word stel voor dat

‘n individu se werksmotivering bepaal word deur drie

elemente. Een van hierdie elemente, ______ , is die waarde

wat die werker heg aan die verskillende werksuitkomstes

(beloning-persoonlike doelwitte-verhouding).

1 verwagting

2 instrumentaliteit

3 valensie

4 ewewig

Vrae 38 tot 39:

44

MNG2016/101

“Die firma beklemtoon basiese onderwys vir volwassenes: 12%

van die werkerskorps woon programme by om hul lees-,

numeriese en taalvaardighede te verbeter. Prestige skep meer as

90 leringskappe en het tot dusver elke persoon wat die program

geslaag het, in diens geneem. “

38. Volgens Maslow se hiërargie van behoeftesteorie, bevredig

Prestige hul werkers se ______ behoeftes deur die

verskaffing van basiese onderwys vir volwassenes.

1 affiliasie

2 selfverwesenlikings-

3 agtings-

4 prestasie

39. Die ______ teorie of teorieë van motivering is gegrond op

die aanname dat gedrag ‘n funksie van die gevolge daarvan

is. Toegepas op Prestige se werkers, sal hulle waarskynlik

aanhou om so hard te werk om sodoende verdere onderrig,

wat deur Prestige geborg word, te ontvang.

1 proses-

2 inhoudelike

3 versterkings-

4 verwagtings-

45

MNG2016/101

40. Werkers by Prestige verdien standaard lone, en

daarmee saam ontvang hulle ‘n groot deel van die

inkomste voortspruitend uit

produktiwiteitsverbeterings.

Watter een van die volgende stellings is verkeerd?

Volgens Herzberg ______.

1 motiveer hul lone en die 19 voordele nie die werkers

by Prestige nie

2 word werkers by Prestige deur higiëne faktore (geld)

gemotiveer

3 is belonings (geld) wat gekoppel is aan prestasie ‘n

werksinhoudfaktor

4 verteenwoordig die standaard lone ‘n

werkkonteksfaktor

AFDELING B

46

MNG2016/101

Beheer is die finale stap in die bestuursproses en is ‘n belangrike

skakel in die siklus van die proses.

1.1 Bespreek die belangrikheid van beheer. (10)

1.2 Verduidelik die stappe wat gevolg moet word in die beheer

proses. (10)

[20]

WERKOPDRAG 03

SELFEVALUERING

47

MNG2016/101

• Hierdie werkopdrag is van toepassing op beide die eerste

en tweede semesters.

• Die werkopdrag dek al die studie-eenhede in die

studiegids en die ooreenstemmende hoofstukke in Smit et

al. (2006).

• Die werkopdrag moet nie ingedien word nie, u moet u

antwoorde self evalueer deur die terugvoering in bylae B

te gebruik.

Hierdie werkopdrag bestaan uit 50 meerkeusevrae wat 50 punte

werd is.

Lees die volgende gevallestudie om vrae 1 tot 10 te

beantwoord.

SABRE GEKOPPELDE (ON-LINE) BESPREKINGSTELSEL

SABRE is ‘n gekoppelde lugdiensbesprekingstelsel. American

Airlines het aan die ontwikkeling van SABRE begin werk in die

middel 50's. Die stelsel het sy debuut in 1963 gemaak,

waartydens die stelsel 85 000 telefoonoproepe, 40 000

besprekings en 20 000 kaartjies se data per dag verwerk het.

Vandag hou die databasis 45 miljoen vlugtariewe en word 40

miljoen veranderings maandeliks aangebring. Gedurende spitstye

hanteer SABRE 2 000 boodskappe per sekonde en skep meer as

300 000 passasierrekords per dag.

Toe die stelsel oorspronklik gevisualiseer is, was SABRE ‘n

voorraadbeheerstelsel, in staat om tred te hou met beskikbare

sitplekke en om passasiername aan elke sitplek te koppel. Dit

het vlugte van American Airlines sowel as die vlugte van ander

lugrederye gelys. Gedurende die middel 70's is SABRE

opgedateer om vlugplanne te genereer, om onderdele na te spoor

48

MNG2016/101

en om die bemanning te skeduleer. Al hierdie toepassings het die

interne aktiwiteite ondersteun. In 1976 is die eerste SABREterminaal

in ‘n reisagentskap geplaas. Vandag is meer as 14 300

reisagentskappe in 45 lande op die SABRE-stelsel ingeteken.

Gedurende die laat 1970's is SABRE aansienlik verbeter deur die

byvoeging van nuwe dienste. American Airlines het hul

hulpbronne gevoeg by dié van die Marriott en Hilton hotelgroepe

en Budget Rent-A-car om ‘n afsonderlike maatskappy genaamd

AMRIS te vorm, wat ‘n gerekenariseerde besprekingstelsel en -

dienste aan die lugdiens, hotel en motorhuurbesigheid

onderskeidelik verskaf. Alle deelnemende maatskappye hou

dieselfde belang in die nuwe maatskappy.

SABRE is voortdurend opgedateer sedert die ontstaan daarvan in

die 50's. Vandag is dit ‘n virtuele elektroniese supermark, ‘n

gerekenariseerde middelman wat die verskaffers van reisdienste

(soos byvoorbeeld Broadway-vertonings, reistoere wat as ‘n pakket

aangebied word en wisselkoerse) en reisagente met mekaar in

verbinding plaas.

Die ontwikkeling van die SABRE-stelsel het die hele reisbedryf

beïnvloed. Om die ondersteuning van reisagente en sakereisigers

te wen, is kleiner lugdienste sonder besprekingstelsels geforseer

om hul vlugte op die besprekingstelsel van die hooflugdienste te

lys. Kleiner lugdienste word noodwendig benadeel omdat die

gasheerlugdiens toegang het tot inligting oor hul vlugte, tariewe en

besprekings. Voorts mag kleiner lugdienste dalk geforseer word

om aan die gasheerlugdiens ‘n persentasie te betaal van elke vlug

wat op daardie lugdiens se besprekingstelsel bespreek word.

SABRE se opbrengs-bestuurstelsel is ‘n substelsel met die

grootste mededingende voordeel. Dit hersien historiese

besprekingspatrone om die vraag na vlugte tot ‘n jaar voor hul

vertrek te bepaal. Die stelsel monitor besprekings op gereelde

intervalle, vergelyk American Airlines se tariewe met dié van

mededingers en bepaal die beste prys om vir ‘n lugdienssitplek te

bepaal om verdienste te maksimeer op enige gegewe tydstip. Dit

stel bestuurders, wat eindgebruikers is, in staat om reaksie op ad

hoc versoeke te kry vir inligting wat as ‘n reeks “wat as” vrae gevra

word. Wanneer hulle die stelsel gebruik, ondersoek bestuurders

moontlike opsies en ontvang hulle tentatiewe inligting wat op

49

MNG2016/101

verskillende stelle aannames baseer is. Belangrike besluite word

sodoende deur middel- en laervlakbestuurders geneem.

American Airlines het jare en miljoene dollars aan die opbrengsbestuurinligtingstelsel

spandeer. Vandag bemark hulle hierdie

sagteware aan hulle mededingers.

Vrae:

1. Die SABRE-stelsel ondersteun die _____ rol van die

bestuurder.

1 interpersoonlike

2 moniterings-

3 onderhandelings-

4 openbare betrekkinge

2. American Airlines het die SABRE-stelsel herhaaldelik

opgedateer sedert die ontstaan daarvan in die 50's om

tred te hou met nuwe ontwikkelings in die omgewing.

Met watter van die volgende bestuursteorieë sal u

American Airlines assosieer?

1 Wetenskaplike bestuurskool

2 Die prosesbenadering tot bestuur

3 Die leerorganisasie

4 Totalegehaltebestuur

3. Die rekenaar het ‘n geleentheid vir die Amerikaanse

Lugdiens geskep om die SABRE- stelsel te ontwikkel.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n faktor in die ____

omgewing van die organisasie.

1 mark

2 mikro-

3 ekonomiese

4 makro-

50

MNG2016/101

4. Die SABRE-stelsel het vir kleiner lugdienste ‘n _____

geskep wat onstaan het in hul _____ omgewing.

1 bedreiging; mark

2 geleentheid; makro

3 geleentheid; mikro

4 bedreiging; makro

5. “Om ons markaandeel met 10 persent teen die einde van

2008 te verhoog” is ‘n voorbeeld van ‘n _____ vir

American Airlines.

1 missie

2 besigheidsdoel

3 taktiese doelwit

4 strategiese doelwit

6. Die totstandkoming van die maatskappy AMRIS is ‘n

voorbeeld van ‘n _____.

1 strategiese alliansie

2 samesmelting

3 gesamentlike onderneming

4 oorname

7. Die opbrengsbestuurstelsel hersien historiese

besprekingspatrone om die vraag na vlugte tot en met ‘n jaar

voor hulle vertrek te bepaal.

Bestuurders neem dan hul besluite gebaseer op _____.

1 sekerheid

2 objektiewe waarskynlikheid

3 subjektiewe waarskynlikheid

4 onsekerheid

51

MNG2016/101

8. Met watter van die volgende kwantitatiewe hulpmiddele

kan American Airlines gebruik onder die

besluitnemingstoestande beskryf in vraag 7?

a simulasie

b besluitnemingsboom

c afbetalingsmatriks

d toustaanteorie

e lineere programmering

1 a b

2 b c

3 b c d

4 c d e

9. Inligtingstelsels kan geklassifiseer word in verskeie

kategorieë.

Die opbrengsbestuurstelsel is ‘n voorbeeld van ‘n _____

stelsel.

1 kantoorautomatisasie

2 inigtingrapportering-

3 besluitnemingsteun-

4 uitvoerende inligting-

10. Belangrike besluite word geneem deur middel en laer vlakke

van bestuur. Dit staan as gesentraliseerde gesag bekend.

Watter van die volgende is voordele geassosieer met

gedesentraliseerde gesag?

a Meer aanpasbare en vinniger besluitneming

b Minder intensiewe opleiding is nodig

c Veroorsaak ‘n mededingende klimaat

d Verminder die werkslas vir top bestuur

e Verhoogde beheer oor aktiwiteite

1 a b d

2 a c d

3 b c d

4 c d e

52

MNG2016/101

Lees die volgende gevallestudie om vrae 11 tot 30 te beantwoord.

SAL se Strategiese Besluit om die “Basis Perfek te Maak”

Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is ‘n hedendaagse internasionale

hoofrolspeler. Een van die hoofkomponente van die lugredery se

visie vir die toekoms is deurlopende internasionale uitbreiding in

samewerking met strategiese lugdiens vennote. Hulle besef dat

kontemporêre kliënte ‘n hoë vlak van kliëntediens vereis, nie slegs

aan boord van vlugte nie, maar ook met betrekking tot inboek en

die frekwensie van vlugte na die meeste hoof bestemmings.

Om dit te bereik is SAL se missie om Afrika se leier op die gebied

van lugvaart en die lugredery van keuse in die markte wat hulle

bedien, te wees. Op 1 April 1999 het Suid-Afrikaanse Lugdiens,

voorheen ‘n afdeling van Transnet, ‘n nuwe era van privatisering

betree en is dit hernoem na die Suid-Afrikaanse Lugdiens (EDMS)

Bpk. Die kritieke aspekte van hul missie om SAL in ‘n wêreldklas

lugredery te transformeer, sal bereik word deur te fokus op

strategiese besluitnemingsareas wat alles deel is van SAL se

strategie om die “basis perfek te maak” en om die lugredery se

winsgewendheid te verbeter. Die sleutel fokusareas sluit die

volgende in: ‘n vloothernuwingsplan, die ontwikkeling van

alliansies, kostebesparingsmaatstawwe en verbeterde

dienslewering. Volgens hul kliënte het SAL reeds vordering

gemaak, maar SAL glo daar is steeds ruimte vir verbetering ten

einde hul doelwitte te bereik.

Een van die eerste fokus areas is vloothernuwing. SAL opereer ‘n

vloot van 62 vliegtuie. As deel van hul strategie om ‘n standard en

effektiewe vloot daar te stel, is ‘n ooreenkoms met Airbus gesluit

om die vloot te hernuwe oor ‘n periode van 10 jaar. Ten einde

bestaande kliënte te hou en nuwe kliënte te trek op sleutel roetes,

het SAL ‘n program in werking gestel om hul vloot van Boeing 747-

400s te opgradeer met nuwe sitplekke en aanboord

vermaaklikheidstelsels.

Hierdie vliegtuie sal tot 2006 gebruik word, teen die tyd wat die

plan is om dit met addisionele A340-600s te vervang. SAL sal dan

die jongste tegnologies mees gevorderde vloot in Afrika hê.

53

MNG2016/101

Die tweede fokus area behels beter beplanning en effektiwiteit.

Daar is groot verbeterings in verskeie areas, insluitend die

ontwikkeling van alliansies. Roetes en markte is toegevoeg teen

koerse wat internasionale kundiges stom geslaan het. Van die

bediening van 70 markte ‘n paar jaar gelede bedien SAL, met

strategiese vennote, meer as 503 stede. In plaas van ‘n eensydige

benadering in ander kontinente, het SAL beweeg na die gebruik

van ‘n ander redery op ‘n ander kontinent se dienste met ‘n

verskeidenheid van bestemmings in hoof stede.

‘n Addisionele vlieg frekwensie na London en ‘n nuwe bestemming

na Milaan is onlangs tot SAL se roetes gevoeg.

Uitbreidingsprogramme na Afrika word ook geëvalueer. Die

toename in toerisme en die Nuwe Vennootskap vir Ontwikkeling in

Afrika (New Partnership for Africa's Development) sal ‘n positiewe

invloed op verdienste hê.

Wat korporatiewe beheer (corporate governance) betref, die derde

fokus area, is SAL se raad van direkteure verbind aan die hoogste

vlakke daarvan en die voldoening aan die vereistes van die

Publieke Finansieringbestuurswet. SAL het hul verdienste vir die

jaar 2001 met 26.1 persent verhoog, ongeag voortdurende en

moeilike markomstandighede. Hierdie verhoging kan hoofsaaklik

toegeskryf word aan ‘n verhoging in passasiersopbrengs, vrag

verdienste en onderhoudswerk deur derde partye. Voorts brei

SAL hul elektroniese sake-aktiwiteite uit. Aanlyn besprekings was

aanvanklik laag maar dit het vinnig gestyg. Aanlyn besprekings is

effektiewe verkope omdat administrasie en kommissie koste

hierdeur verlaag word.

Die vierde sleutel fokus area vir die transformering van SAL na ‘n

wêreldklas lugredery, is die klem wat op passasiersdienste geplaas

word. Vanaf die oomblik wat passasiers die lughawe betree na die

oomblik wat hulle die bestemmingspunt verlaat, is SAL se Globale

Passasiersdienste daar om te verseker dat hul reiservaring so

aangenaam en ontspanne as moontlik is. In die verlede het

lugrederye min aandag geskenk aan die negatiewe fisiese en

sielkundige invloed op passasiers wat in lang toue staan by inboek

toonbanke of baggasie kolleksie punte. Die hedendaagse fokus is

op die bestuur van hierdie prosesse sodat die hele reiservaring so

ontspanne, aangenaam en probleemvry as moontlik is.

54

MNG2016/101

Een van SAL se uitdagings is om te verseker dat alles bydra tot die

passasier se reiservaring op die grond, of dit nou inboek, die

hantering van baggasie of selfs ander dienste soos hul busdiens,

hoër as die standard is. Sentraal tot hierdie proses is SAL se multimiljoen

rand investering in lughawe fasaliteite. SAL het ‘n

uitstekende diens vir uitgesoekte kliënte geïmplementeer, wat

begin by inboek dienste nog voor die werklike inboek van

passasiers. Hoë waarde kliënte word gekontak om spesiale

maaltyd behoeftes en -voorkeure te kontrolleer voordat hulle na die

lughawe kom. Die hele proses word bestuur om ongemak van

passasiers te minimiseer en om tot hul reiservaring by te dra, vanaf

SAL se inboekdiens, regdeur tot by hul immigrasie, eersteklas

sitkamers en laastens, na die vliegtuig.

Dieselfde beginsel word ook in SAL se besigheidsklas toegepas,

waar sakereisigers toegang tot kommunikasie- en

inligtingsfasaliteite, soos konneksies aan telefone, fakse en die

Internet, vereis. SAL se besigheidsklas sitkamers is ook ontwerp

sodat kliënte hierdie fasaliteite kan gebruik sonder om van hul

gesinslede verwyder te wees wat saam met hulle reis. Kliënte

sitkamers by OR Tambo Internasionale en Durban Lughawens is

gedurende die afgelope 18 maande ontwerp teen ‘n koste van R13

miljoen. Vyf bykomende fasaliteite is ook opgegradeer, insluitend

die SAL sitkamer fasaliteit by die Londonse Heathrow Lughawe.

Sodra die sitkamers afgehandel is, is die toekomstige strategie om

nog meer op diens te fokus.

In hul poging om kliëntediens te verbeter, is diensooreenkomste

bekend gestel en ‘n Globale Passasier Diens Opleidingsentrum is

gestig, waar ongeveer 710 kandidate opleiding ontvang om hul

vaardighede en moraal te verbeter. Kliëntediens standaarde,

bekend as raakpunte, is bekend gestel om diensvlakke van alle

personeel te verbeter. SAL sien dit as ‘n belangrike

komplementerende bestanddeel tot die aankoms van hul nuwe

vloot.

Bron: http://www.saa.co.za

Vrae:

55

MNG2016/101

11. Die formulering van SAL se visie en missie stellings is die

verantwoordelikheid van _____ bestuur, waarvoor hulle

hoofsaaklik _____ vaardighede benodig.

1 top; interpersoonlike

2 top; konsepsuele

3 middel; konsepsuele

4 strategiese; tegniese

12. In die formulering van hul visie, missie, doelwitte en

strategieë, probeer SAL om ‘n balans te vind tussen die

verskillende dele van die organisasie sowel as tussen die

organisasie en die omgewing.

Hierdie staan bekend as die _____ benadering tot

bestuur.

1 stelsel-

2 kwantitatiewe

3 gebeurlikheids-

4 burokratiese

13. SAL se missie is om die leier lugredery in Afrika te wees

deur te fokus op strategiese besluitnemingsareas, wat al

die aktiwiteite van die organisasie insluit. Hulle wil kliënte

vereistes nakom teen die laagste koste en hulle wil

kwaliteit effektief bestuur.

Hierdie beginsel staan bekend as _____.

1 prosesherontwerp (re-engineering)

2 die leerorganisasie

3 totalegehaltebestuur

4 situasionele bestuur

56

MNG2016/101

Bestudeer die volgende gebeurtenisse met betrekking tot SAL om

vrae 14 tot 16 te beantwoord.

i ‘n Verhoging in toerisme in Suid Afrika

ii Ontwikkeling van die Nuwe Vennootskap vir die

Ontwikkeling van Afrika (NEPAD)

iii Goeie finansiële posisie met ‘n verhoging in verdienste van

26,1 persent in 2001

iv Effektiewe verkope, administrasie en passasiersdienste

v Vereistes van die Publieke Finansieringsbestuurswet

vi Moeilike markomstandighede met sterk mededinging

vii ‘n Ooreenkoms met Airbus om SAL se vloot te hernuwe

14. Watter van die gebeurtenisse hierbo is faktore uit SAL se

mikro-omgewing?

1 i en ii

2 ii en iii

3 iii en iv

4 iii en v

15. Watter van die gebeurtenisse hierbo is faktore uit SAL se

markomgewing?

1 i, iii en vi

2 i, vi en vii

3 ii en iv

4 iii, iv en vii

16. Watter van die gebeurtenisse hierbo is faktore uit SAL se

makro-omgewing?

1 ii en iv

2 ii en v

3 iii, iv en v

4 iv, v en vii

57

MNG2016/101

Bestudeer die volgende planne van SAL om vrae 17 tot 20 te

beantwoord.

i Hernuwe die vloot vliegtuie oor ‘n periode van tien jaar.

ii Vorm strategiese alliansies om die mark van 70 na meer

as 503 stede binne vyf jaar uit te brei.

iii Verhoog die opbrengskoers met 12 persent binne die

volgende jaar.

iv Ontwikkel kliënte sitkamers by OR Tambo Internasionale

en Durbanse Lughawens oor die volgende 18 maande

teen ‘n koste van R13 miljoen.

v Ontwikkel ‘n Globale Passasiersdienste Opleidingsentrum

en lei 170 kandidate oor die volgende 6 maande op om

kliëntediens te verbeter.

17. Watter van die planne hierbo is voorbeelde van SAL se

strategiese planne?

1 i en ii

2 i, ii en iii

3 iii en v

4 iv en v

18. Watter van die planne hierbo is voorbeelde van SAL se

taktiese planne?

1 i en ii

2 ii en iii

3 iii en iv

4 iii, iv en v

19. Watter van die planne hierbo is voorbeelde van SAL se

operasionele planne?

1 iii en iv

2 iii en v

3 iv en v

4 v

20. Watter van die planne hierbo is nie spesifiek en

meetbaar nie?

58

1 i, ii en iii

2 ii, ii en v

3 iii en iv

4 Al die planne is spesifiek en meetbaar

MNG2016/101

21. Volgens die waardekettingbenadering, watter van die

volgende is sekondêre aktiwiteite van SAL?

i algemene administrasie

ii hantering van besprekings

iii inboek van passasiers

iv hantering van baggasie

v navorsing en ontwikkeling

1 i en iii

2 i en v

3 ii en v

4 iii, iv en v

22. SAL het strategiese alliansies gevorm as ‘n manier om

nuwe markte te betree.

‘n Strategiese alliansie _____.

1 word gevorm wanneer twee of meer maatskappye

‘n belangrike komponent benodig om suksesvol in

‘n spesifieke omgewing te wees en hulle

kombineer hulpbronne om ‘n aparte maatskappy

te vorm

2 mag of mag nie ekwiteitsdeelname behels en, in

baie gevalle, is dit sinoniem met

lisensiëringsooreenkomste

3 behels die totale samevoeging van hulpbronne

deur twee of meer organisasies

4 kom voor wanneer ‘n organisasie instem om ‘n

beherende aandeel aan ‘n dominante maatskappy

te verkoop

59

MNG201-6/101

23. SAL het ‘n paar jaar gelede 70 stede bedien. Huidiglik,

met strategiese vennote, bedien hulle meer as 503 stede.

Aan watter van die volgende eienskappe van ‘n

markontwikkelingstrategie voldoen SAL?

i Verhoog die gebruikskoers van huidige

verbruikers.

ii Verkoop nuwe produkte in huidige markte.

iii Verkoop huidige produkte in nuwe markte.

iv Bou op huidige sterk- en swakpunte van die

organisasie.

v Verander huidige produkte om markpenetrasie te

verhoog.

vi ‘n Relatiewe lae risiko strategie om te volg.

vii ‘n Relatiewe hoë risiko strategie om te volg.

1 i, iv en vi

2 ii, iv en v

3 iii, iv en vi

4 iii, iv en vii

24. Indien SAL sou besluit om die opleidingsbesigheid te

betree, is dit ‘n voorbeeld van _____.

1 horisontale diversifikasie

2 konglomeraat diversifikasie

3 ‘n samewerkingsooreenkoms

4 voorwaartse vertikale integrasie

25. SAL ding mee in ‘n vinnig groeiende internasionale mark,

waar hulle ‘n relatiewe groot markaandeel het.

Volgens die Boston Consulting Group Growth/Share

Matrix, is SAL ‘n _____.

1 kontant koei

2 ster

3 vraagteken

4 hond

Vrae 26 tot 28:

Pas die stap in die besluitnemingsproses in Kolom A by die

voorbeelde van SAL in Kolom B.

KOLOM A

Stap in die

besluitnemingsproses

26. Definieer die

problem of

geleentheid

27. Genereer

alternatiewe

aksieplanne

28. Kies die beste

opsie

60

KOLOM B

Voorbeeld van SAL

MNG201-6/101

1 Begin ‘n nuwe

bemarkingsveldtog, koop

nuwe vliegtuie, elimineer koste

wat verspil word, verbeter

voorraadbeheer en maak die

basis perfek

2 Kry finansiële verslae, vlug

frekwensies en die toestand

van huidige vliegtuie

3 Hoogs mededingende

industrie, nie-mededingende

pryse en nie-winsgewende

roetes

4 Vorm gesamentlike

ondernemings

5 Fokus op “Maak die Basis

Perfek”

29. SAL implementeer ‘n rekenaar netwerk wat hulle koppel

aan werknemers, verskaffers en ander sleutel

belanghebbendes.

Hierdie word _____ genoem

1 die Internet

2 die extranet

3 e-handel (e-commerce)

4 die intranet

61

MNG201-6/101

30. Wanneer SAL moes besluit of hulle hul vloot vliegtuie moet

hernuwe of vervang, het hulle ‘n elektroniese spreidiagram

gebruik wat hulle in staat gestel het om interaktiewe

reaksies te kry op ad hoc versoeke vir inligting was as ‘n

reeks “wat as” vrae gevra is.

SAL het die volgende tipe inligtingstelsel gebruik:

1 inligtingsrappoteringstelsel

2 besluitnemingsteunstelsel

3 uitvoerende inligtingstelsel

4 ekspert system

Lees die volgende gevallestudie om vrae 31 tot 50 te

beantwoord.

Inleiding

IBM

In 1988 was International Business Machines Corp. (IBM) was een

van die wêreld se winsgewendste en beste bestuurde

maatskappye. In 1993 was dit een van die grootste verlies makers

in korporatiewe geskiedenis.

Wat het verkeerd geloop?

Toe John Akers as voorsitter van IBM in 1985 oorgeneem het, het

dit gelyk asof hy die beste werk in die Amerikaanse besigheid

gewen het. Hoe het die sterke nie geval nie. Maar wat het

verkeerd geloop? Verdien Mnr Akers en sy topbestuur al die

blaam? Die antwoorde lyk voor-die-handliggend. Sedert die

middel-80s is die ekonomieë van die industrie getransformeer deur

die toenemende krag, vallende pryse en konsekwente gewildheid

van persoonlike rekenaars. IBM het in die vroeë 1980s onwetend

saamgewerk om hierdie toestand te skep en hulle het jammerlik

gefaal om daarby aan te pas.

IBM: Die markleier in groot hoofraamrekenaars

62

MNG201-6/101

IBM se sukses was gebou op hul byna wurggreep vir groot,

hoofraam rekenaars wat in die laat 1960s gestig is met ‘n “wed-diemaatskappy”

belegging in ‘n familie van masjiene wat die Stelsel

360 genoem is. Soos die meeste van hul kleiner mededingers, het

IBM hul masjiene gebou om aan spesifieke standaarde te voldoen

sodat dit nie saam met ander vervaardigers kon werk nie. Sodra

korporatiewe kliënte hulself aan IBM verbind het, het hulle byna

geen rede gehad (daar was min pryskompetisie) om die miljoene

wat hulle aan hardeware en verbruiker spesifieke sagteware belê

het, te skraap en na ‘n onbekende verskaffer to verskuif nie. Die

meeste groot kliënte was aan IBM verbind.

IBM het gevolglik oligopolie winste verdien. Vir byna twee dekades

het hulle die rekenaar industrie gedomineer wat opmerklik stabiel

en stadig groeiend was.

Die koms van die persoonlike rekenaar

Toe tref die ramp IBM. Die triomf van die persoonlike rekenaar het

die sukses van IBM vernietig. Die meeste persoonlike rekenaars is

gebou met dieselfde mikroverwerkingskywe, gebruik dieselfde

“van-die-rak” sagteware en kan aan masjiene van mededingers

gekoppel word. Hierdie standardisering het die industrie geopen

vir duidende nuwe toetreders, insluitend die verskaffers van

komponente, rekenaars wat volledig aanmekaar gesit is, toebehore

soos drukkers en verpakte sagteware. Die resultaat was sterk

mededinging op elke vlak.

Pryse het geval, vraag het toegeneem en tegnologie het teen ‘n

verbasende spoed vooruitgegaan. Miljoene mense wat ‘n dekade

gelede nooit ‘n rekenaar sou sien nie, het nou een op hul

lessenaar of in hul aktetas gehad. Gedurende die laat 1980s het

nuwe skywe persoonlike rekenaars (‘n nuwe verskeidenheid van

ekstra kragtige tafelrekenaars wat werkstasies genoem is) so

kragtig gemaak dat hulle in netwerke gekoppel kon word as ‘n

goedkoop plaasvervanger vir baie minirekenaars en hooframe.

Gedurende die tyd toe die Amerikaanse en Europese ekonomieë

in 1991 afgeneem het, is IBM, saam met die meeste ander

63

MNG201-6/101

vervaardigers van groot masjiene soos DEC, Bull en Siemens,

platgeslaan.

IBM het nou gesukkel om hul voete te vind in ‘n industrie

gekarakteriseer deur erge prysmededinging, baie gespesialiseerde

en ‘n wye verskeidenheid van kliënte. Selfs maatskappye wat

voortgegaan het om hoofraam rekenaars aan te koop het nou

vereis dat dit op oop standaarde werk en minder kos.

IBM stel mededingers in staat om namaaksels van die IBM

persoonlike rekenaar te vervaardig

IBM kon nie ‘n nugtere besluit geneem het om uit die persoonlike

rekenaar mark te bly nie, maar die manier waarop dit hiertoe

toegetree het is ‘n historiese flater. Teen dié tyd was IBM die

wêreldleier in beide mikroverwerker skywe en in sagteware. Hulle

besluit egter om van buite af die sleutel elemente van die masjien

wat hulle in 1982 op die mark gesit het, in te koop. Hulle het na

Intel gegaan vir die skyf. Die operasionele stelsel sagteware, wat

die skyf laat werk, het hulle van ‘n toe opskure klein firma naamlik

Microsoft gekoop. Beide Intel en Microsoft was vry om hulle

produkte aan ander vervaardigers te verskaf. Eers het dosyne en

daarna honderde maatskappye die mark betree vir goedkoop klone

van die IBM persoonlike rekenaar.

IBM se toetrede tot persoonlike rekenaars het duisende groot

maatskappye, wat voorheen versigtig daarvoor was, die reg gegee

tot klein nuwe masjiene. Die mark het ontplof en IBM het die

wêreld se grootste vervaardiger van persoonlike rekenaars

geword. Maar hulle het beheer verloor. Persoonlike rekenaar

verkope sou in elk geval gegroei het soos wat

mikroverwerkingskywe kragtiger en goedkoper geword het. Maar

dit sou nooit so vinnig gegroei het of so baie vervaardigers getrek

het as IBM nie ‘n tegniese standaard gestel het wat so maklik was

om na te boots nie.

IBM bly agter by klein, vinniger-bewegende mededingers in

die ontwikkeling van nuwe produkte

Selfs nie IBM se kolossale spandering aan navorsing en

ontwikkeling of hul massiewe bemarkingspersoneel en

verkoopsmag kon hulle voorberei op die tegnologiese en

64

MNG201-6/101

kommersiële neigings wat die industrie totaal verander het nie.

IBM is voortdurend agtergelaat deur hul kleiner, vinniger

bewegende mededingers in die bekendstelling van nuwe tipes

masjiene soos werkstasies en skootrekenaars. Hulle het die

groeiende mark vir persoonlike rekenaar sagteware totaal gemis

en het nie die bedreiging wat persoonlike rekenaars en

werkstasies vir hulle hoofraam besigheid inhou, raakgesien nie.

Gedurende die vroeë 1990s, in ‘n tyd toe ander rekenaar

maatskappye groot verhogings in winsste aangekondig het en

meer innoverende produkte bekendgestel het, het IBM traumatiese

kostebesparings aangekondig. In die periode 1985 tot 1992 het

hulle vyf groot herstruktereringsprosesse deurloop. Hulle het niewinsgewende

en moeilik aanpasbare bates verminder en hulle

werksmag gesny. IBM het ook hulle operasies geherorganiseer in

13 semi-autonome eenhede. In 1992 het IBM ‘n netto verlies van

ongeveer $4.8 miljard vir die jaar gemaak, die tweede grootste in

die Amerikaanse korporatiewe geskiedenis.

IBM se korporatiewe kultuur is ook drasties aangepas by die

radikale veranderings wat plaasgevind het. Na jare waarin IBM

werkers lewenslange werkneming geniet het, het hulle nou gewerk

onder die bedreiging van afdanking en die druk vir betaling volgens

prestasie. Die maatskappy het hulle geen-afdanking beleid

geskrap, deur ‘n nuwe werknemersevalueringsproses gegaan wat

werkers gradeer volgens interne doelwitte en daardie werkers

afgedank wat nie aan die standaarde voldoen het nie. Gedurende

hierdie tyd het IBM ook agter geraak in rekenaarskyf tegnologie en

het hulself bevind in ‘n selfvernietigende oorlog met die sagteware

reus Microsoft oor die rigting van tafel rekenaarprogramme. Wat

self erger is is dat hulle geld en markaandeel begin verloor het in

twee van hul belangrikste markte: hoofraam en persoonlike

rekenaars. Hier staar hulle ‘n dubbele verknorsing in die gesig:

hulle bly die wêreldleier in die mark vir hooframe, maar die groot

stelsels se belangrikheid neem vinnig af.

Die nuwe IBM

In 1993 aanvaar Louis V Gerstner Jr ‘n werk wat niemand anders

wil hê nie, naamlik die hoof uitvoerende beampte van IBM.

Sederdien het hy dinge gedoen wat niemand gedink het moontlik is

nie. Skeptiese persone het gesê dat hy geen visie het oor hoe om

65

MNG201-6/101

‘n tegnologiese maatskappy om te keer nie. Daarna het hulle

toegekyk hoedat hy $20 miljard in die jaarlike verdienste van IBM

toevoeg, winste herstel to rekordvlakke en die aandeelprys met

meer as 900% verbeter.

Een ding het Gerstner egter daarvan weerhou om IBM te herbou -

robuuste groei. Ongeag ‘n beter balansstaat en ‘n oplewing in hul

laboratoriums, val IBM elke jaar verder terug. In Unix bedieners,

die ruggraat van die Web, het IBM se verkope met 3% in 1998

gegroei teenoor ‘n groei van 29% vir Sun Microsystems. In

persoonlike rekenaars het IBM se verkope met 2.4% gedaal

teenoor ‘n verhoging van 53% by Dell Computer en 20% by

Hewlett-Packard. IBM se sagtewareverkope styg met 6.3% in

1998 teenoor dié van Microsoft se groei van 23%.

Gerstner benodig duidelik ‘n nuwe bron van welvaart, en hy het ‘n

strategie aangevat wat ondenkbaar in die IBM van ouds was: “rus

die vyand toe”. Hy beoog om af te skop deur die wêreld se beste

tegnologie - klein disket aandrywers, vinnige nuwe skywe en baie

meer - aan sy grootste mededingers te verkoop. Vier transaksies

kan byna $30 miljard se verkope oor sewe jaar inbring. “Die

verkoop van ons produkte en dienste aan mededingers sal ‘n

massiewe hoeveelheid nuwe besigheid veroorsaak” sê Gerstner.

Die idee om saam met mededingers te werk word

“saammededinging” genoem. Gerstner neem hierdie konsep na

buitengewone lengtes deur willens en wetens mededingers te

versterk. Vir sommige “vennote” sal IBM self nuwe produkte

ontwerp, die nuutste deurbrake inkorporeer en ‘n blik op ‘n produk

plan en navorsingsgeheime in hul laboratoriums gee.

Indien Gerstner se nuwe korporatiewe strategie suksesvol is, sal

hy ‘n groter en baie anderse IBM agterlaat, een wie se mees lojale

kliënte ook sy lewenslange mededingers is. Indien die winste daar

is, sal IBM se aandeelhouers die omgee vir die vreemde bedmaats

nie.

Aangepas uit: Lyons, D. 1999. IBM=s giant gamble. Forbes

164(8):90-96.McCarroll, T. 1992. How IBM was left behind. Time

140(26):26-29.

Vrae:

66

MNG201-6/101

31. John Akers and Louis Gerstner was albei _________

bestuurders by IBM wat hoofsaaklik _____ vaardighede

benodig om hul bestuursfunksies die produktief as

moontlik uit te voer.

1 top; interpersoonlike

2 top; konseptuele

3 middel; interpersoonlike

4 laer; tegniese

32. Vanaf die laat 1960s tot middel 1980 het IBM die wêreld se

rekenaarindustrie gedomineer.

Die hoofrede vir die sukses van IBM gedurende hierdie

tyd was die volgende:

1 Die rekenaar industrie was onstabiel en IBM was

die enigste maatskappy om dit te oorleef

2 IBM was ‘n bekende verskaffer aan groot

maatskappye en hulle het hul masjiene gebou van

so ‘n standard dat dit nie gewerk het met ander

masjiene van ‘n ander vervaardiger nie.

3 Daar was sterk prys mededinging tussen rekenaar

vervaardigers en IBM het die laagste pryse gehad.

4 IBM was die enigste vervaardiger van hoofraam

rekenaars.

33. Die standaardisasie van persoonlike rekenaars het ‘n

industrie oopgemaak vir duisende nuwe toetreders,

insluitend verskaffers van komponente, rekenaars wat

volledig aanmekaar gesit is, drukkers en sagteware.

Hierdie is ‘n voorbeeld van veranderlikes in die _____

omgewing wat relevant is vir elke onderneming in die

bepaalde industrie.

1 mikro-

2 makro-

3 mark

4 ekonomiese

67

MNG201-6/101

34. Vanaf middel-1980 het IBM agtergebly by hul kleiner,

vinniger-bewegende mededingers in die bekendstelling

van nuwe tipes masjiene soos werkstasies en

skootrekenaars.

Die ontwikkeling van werkstasies en skootrekenaars is ‘n

voorbeeld van veranderlikes in die _____ omgewing wat

geleenthede en bedreigings kan veroorsaak.

1 ekonomiese

2 politiese

3 tegnologiese

4 institusionele

35. In 1993 was IBM een van die grootste verliesmakers in die

Amerikaanse korporatiewe geskiedenis.

Wat was die hoof rede(s) vir IBM se mislukking na die

laat 1980’s?

a Daar was meedoënlose mededinging in die

rekenaarbedryf.

b IBM het beheer oor die persoonlike rekenaar mark

verloor.

c IBM het sy mededingers toegelaat om goedkoop

kopieë van die IBM skootrekenaar te maak.

d IBM het gefaal om geleenthede in die mark vir

nuwe tipes masjiene, soos werkstasies en

skootrekenaars, raak te sien.

1 a

2 a c

3 a b d

4 a b c d

68

MNG201-6/101

36. In die vroeë 1990s het IBM gefokus op die eliminering van

oneffektiwiteit in die onderneming.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _________ strategie.

1 ommekeer

2 likwidasie

3 gesamentlike onderneming

4 oes

37. In die vroeë 1990s het IBM hul aktiwiteite in 13

semioutonome eenhede herorganiseer. Belangrike

besluite, wat voorheen deur top bestuur geneem is, het

nou die verantwoordelikheid van middel en laer bestuur

geword.

Hierdie is ‘n voorbeeld van _________ .

1 koördinasie

2 gedesentraliseerde gesag

3 gesamentlike interafhanklikheid (pooled

interdependence)

4 gesentraliseerde gesag

38. IBM het ‘n beleid van geen afleggings gehad.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _________ van die

onderneming.

1 enkelgebruiksplan

2 standaard operasionele prosedure

3 medium-termyn plan

4 staande plan

69

MNG201-6/101

39. Gedurende die 1990s het IBM hul geen-afleggingsbeleid

laat vaar om deur ‘n nuwe werknemerevalueringsproses te

gaan wat werkers gradeer volgens interne doelwitte. Die

werkers wat nie hieraan voldoen nie is afgedank.

Die bestuursaktiwiteit wat lei tot ‘n afname in die grootte

van die onderneming se werksmag staan bekend as

1 prosesherontwerp

2 verkleining (downsizing)

3 herstrukturering

4 afplatting (delayering)

40. Om die bestuursaktiwiteit in vraag 39 suksesvol te

implementeer, kan die bestuur van IBM hul werknemers

bemagtig.

Watter van die volgende is voordele verbonde aan die

bemagtiging van werknemers?

1 Bemagtiging elimineer koste verbonde aan

salarisse.

2 Bemagtiging motiveer werknemers.

3 Bemagtiging lei na hoër produktiwiteitsvlakke.

4 1, 2 en 3

41. Deur werknemers wat nie aan die vereistes voldoen nie af

te dank, is die werksekerheid van werknemers geraak.

Volgens die twee-faktor motiveringsteorie van Herzberg is

werksekerheid ‘n _____.

1 motiveerder

2 higiëne faktor

3 fisiologiese faktor

4 agtingsfaktor

70

MNG201-6/101

42. IBM glo dat die gesamentlike deelname van

ondergeskiktes en toesighouers om breë organisatoriese

doelwitte in meer spesifieke individuele doelwitte om te

skakel, ‘n invloed kan op die motivering van werknemers

kan hê.

Vrae 43 tot 44:

Een spesifieke tegniek wat IBM kan gebruik om die

integrasie van individuele en organisatoriese doelwitte te

bewerkstellig is _____.

1 krisisbestuur

2 doelwitbestuur (management by objectives)

3 rasionele besluitneming

4 ‘n dinkskrum

Nadat die geen-aflegging beleid laat vaar is, het IBM se leiers

primêr op toesighouding en beheer gefokus om te verseker dat

ondergeskiktes hul werk bevredigend doen.

43. Watter basiese vorm van leierskapgedrag demonstreer

hierdie leiers volgens Likert?

1 buiteklub bestuur

2 span bestuur

3 autokratiese bestuur

4 taak-georiënteerde leierskapgedrag

44. Watter leierskapstyl is deur die leiers gebruik volgens die

leierskapmatriks ontwikkel deur Blake en McCanse?

1 taakgeoriënteerde leierskapgedrag

2 autokratiese bestuur

3 transformatoriese leierskap

4 buiteklub bestuur

71

MNG201-6/101

45. IBM se nuwe besturende direkteur vanaf 1993, Louis

Gerstner, het besluit op ‘n strategie wat ondenkbaar was in

die IBM van ouds: rus die vyand toe. Hy poog om af te

skop deur die huidige produkte en tegnologie van IBM aan

hul grootste mededingers te verkoop.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n_________ strategie.

1 horisontale integrasie

2 konsentrasie groei

3 markontwikkeling

4 innovasie

46. Deur IBM se tegnologie aan sy grootste mededingers te

verkoop, het Gerstner bepaal dat hierdie besluit nagenoeg

$30 miljard in verkope oor sewe jaar sal meebring.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _________ besluit, geneem

onder toestande van _________ .

1 nie-geprogrammeerde; risiko

2 nie-geprogrammeerde; onsekerheid

3 geprogrammeerde; sekerheid

4 geprogrammeerde; risiko

47. Om die tipe besluit wat verduidelik is in vraag 46 te neem,

het Gerstner onmiddelike en maklike toegang tot inligting

met betrekking tot die onderneming se kritiese

suksesfaktore benodig.

Watter van die volgende inligtingstelsels kan hom van

hierdie tipe inligting voorsien?

1 inligtingrapporteringstelsel

2 ekpert stelsel

3 uitvoerende-inligtingstelsel

4 besluitnemingsteunstelsel

48. IBM wil vier transaksies binne sewe jaar sluit.”

72

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n _________ .

1 missiestelling

2 strategiese doelwit

3 taktiese doelwit

4 korporatiewe strategie

MNG201-6/101

49. Om transaksies met mededingers te sluit, moes Gerstner

sekere rolle as bestuurder speel.

Watter een van die volgende rolle is die belangrikste vir

hom om in hierdie situasie te speel?

1 skynhoof

2 hulpbrontoedeler

3 moniteerder

4 onderhandelaar

50. “IBM wil hul markaandeel met 20% verhoog gedurende die

volgende jaar”.

Die fokus van die organisatoriese doelwit is _________ .

1 winsgewendheid

2 produktiwiteit

3 mededingende posisie

4 sosiale verantwoordelikheid

73

MNG201-6/101

BYLAE B: TERUGVOERING OP WERKOPDRAGTE 02 EN 03

WERKOPDRAG 02: ANTWOORDE

AFDELING A

Nr Antwoord Nr Antwoord Nr Antwoord Nr Antwoord

1 4 11 2 21 1 31 3

2 2 12 3 22 3 32 1

3 3 13 2 23 2 33 1

4 2 14 2 24 2 34 3

5 2 15 1 25 4 35 1

6 1 16 3 26 3 36 1

7 1 17 3 27 4 37 3

8 2 18 4 28 2 38 2

9 3 19 2 29 2 39 3

10 4 20 1 30 1 40 2

AFDELING B

1.1 Die belangrikheid van beheer (10)

Die belangrikheid van beheer word bespreek op bladsye 387 tot

388 van die voorgeskrewe handboek.

1.2 Stappe in die beheerproses (10)

Die stappe in die beheerproses word bespreek op bladsye 388 tot

391 van die voorgeskrewe boek.

WERKOPDRAG 03: ANTWOORDE

Nr Antwoord Nr Antwoord Nr Antwoord Nr Antwoord Nr Antwoord

1 2 11 2 21 2 31 2 41 2

2 2 12 1 22 2 32 2 42 2

3 4 13 3 23 3 33 3 43 4

4 1 14 3 24 2 34 3 44 2

5 4 15 2 25 2 35 4 45 3

6 3 16 2 26 3 36 4 46 1

74

MNG201-6/101

7 2 17 1 27 1 37 2 47 3

8 1 18 3 28 5 38 4 48 2

9 2 19 4 29 2 39 2 49 4

10 2 20 4 30 2 40 4 50 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!