02.05.2013 Views

Augustus

Augustus

Augustus

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

8

••• KOLLIG OP CHARLIE PEARSON

’n Positiewe gesindheid

kan berge versit

vervolg van bladsy 7

ander woorde my saaiboerdery op Vaalharts en

beesboerdery op Tosca, is dat ek altyd voer vir my

vee beskikbaar het. Ek hoef dit nie te gaan aankoop

nie, ek het die goed,” sê hy.

“Die spilpuntbedryf is voordelig in die sin dat

jy minder kan besproei wanneer dit nodig is, wat

beteken jou gewas sal, mits jou stelsel reg bestuur

word, nooit te droog of te nat wees nie. As dit te

veel reën, het jy egter ’n probleem. As ek terugdink

aan 2010, het ons oor ’n tydperk van drie maande

meer as 400 mm reën gehad. Hier is die grond te

vlak en daarom dreineer die water nie genoeg nie,

dus het ons skade gely, veral by die grondboontjies

omdat jy nie soos met mielies iets kan doen om die

skade te verminder nie.

“Ons verkies ’n droë bo ’n nat seisoen. Wanneer

dit baie nat is, is hier te veel siektes en plae. Van

die vernaamste siektes wat ons hier aantref is

aalwurm by die grondboontjies en streepsiekte by

mielies. Ek is daarom baie afhanklik van my gifraadgewer

en op die ou einde belê jy eintlik jou

geloof in die gif, dat dit moet werk.”

Op die oomblik verbou Charlie 14,5 hektaar

mielies, 14,5 hektaar lusern, 11 hektaar gars

en wanneer sy mielies binnekort gestroop word,

gaan hy 14,5 hektaar grondboontjies plant, en

waar gars geplant is gaan hy weer lusern plant. Hy

doen sy gewaskeuse met behulp van raadgewers

by Senwes. Charlie maak ook van byna al Senwes

se dienste gebruik. “Hulle gaan werklik uit hul pad

om die produsente te help en ons kommunikeer

lekker,” sê hy.

MAAK JOU GLAS HALFVOL

Charlie gesels opgewonde oor die afgelope seisoen:

“Dit was voorwaar die beste seisoen tot dusver wat

koringoeste aanbetref. Terwyl ons somme maak het

ek vir Petra gesê dat ons iewers ’n fout begaan het,

want dit is onmoontlik om so ’n goeie oes te hê.

Mens stroop nie daardie tipe koring nie.

“Tydens 2002, 2003 en 2004 het die boerdery ’n

moeilike tydperk beleef. Ons het ’n groot droogte by

Tosca ervaar, waarna ons later van ons beeste moes

verkoop om ons uit die moeilikheid te help.” Wat

doen jy dan? “Jy kan niks doen nie, jy moet net kop

bo water hou. Die beste raad wat ek al ontvang het,

is om positief te bly, ondanks jou omstandighede.

Oom Josef Uys, my buurman, het altyd gesê:

‘Charlie, ons kan net positief en nederig bly.’ Hierdie

lewensles het my deur die moeilike tye gedra.”

Standvastigheid is die Pearsons se toekomswens vir landbou in Suid-Afrika.

Charlie spandeer gereeld tyd op sy beesplaas in die Tosca-omgewing.

www.senwes.co.za • Augustus 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!