02.05.2013 Views

Augustus

Augustus

Augustus

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TEKS: THEO VENTER

Augustus 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

MEER mense,

MEER voedsel

Suid-Afrika se bevolking het die

afgelope dekade met ongeveer 1% per jaar gegroei

en trek volgens Statistieke Suid-Afrika reeds

rondom die 51 miljoen-merk. 1% klink dalk nie

aanvanklik so baie nie, maar dit beteken dat daar

vir ’n bykomende 500 000 mense per jaar voedsel

voorsien moet word. Nie net moet meer voedsel

voorsien word nie, maar verbruikers se voorkeure

moet ook voorrang geniet.

Die vraag na voedsel neem dus konstant toe.

Die bostaande grafiek wys die verbruik van die

belangrikste voedselprodukte en die plaaslike

verbruik daarvan in 2000/2001, 2005/2006 en

2010/2011.

Nie net neem die vraag na voedsel toe nie,

maar daar is ook ’n verandering in die samestelling

van verbruik. Die per capita-verbruik van mielies

het afgeneem en daar was veral ’n toename in

die per capita-verbruik van witvleis. Dit verklaar

ook die reuse-groei in die pluimvee-industrie. Ons

kan dus sê dat daar meer hoender en minder pap

per persoon geëet word. Interessant genoeg word

meer groente geëet, maar minder vrugte, veral

sitrusvrugte.

Die konstante bevolkingsaanwas beteken dus dat

plaaslike voedselproduksie ook konstant moet groei,

veral as Suid-Afrika poog om selfvoorsienend in die

landbousektor te wees.

In 2000 was die waarde van landbou-uitvoere

R15 752 miljoen teenoor landbou-invoere van

R9 644 miljoen. In 2005 was dit onderskeidelik

R26 141 miljoen en R16 286 miljoen, en in 2010

was dit onderskeidelik R50 813 miljoen en ’n

reuse R44 926 miljoen. Die potensiaal van die

plaaslike landbousektor skiet nie tekort nie. Daar

kan gefokus word om ingevoerde produkte eerder

plaaslik te produseer. S

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir

meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n

e-pos na theo.venter@senwes.co.za.>>

51

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!