02.05.2013 Views

Augustus

Augustus

Augustus

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

68

••• IN MY VISIER

Wye horisonne

Die oom het diep gesug terwyl

hy oor die wye vlaktes uitkyk en sê: “Ja ou Seun, dis

’n regte Saterdag-agtermiddagland hierdie. Toe die

Hemelse Vader die wêreld geskape het, het Hy iewers

elders begin en met Sy aankoms hier in die diep

Suide het hy nie veel meer oor gehad nie. Net Boes-

mangras, oop ruimtes en enkele kameel do rings.”

“Maar ek kla nie Seunie, want wat Hy hier gelaat

het, is meer blywend as al die bome, riviere en mere

in die hele wêreld saam. En weet jy wat dit is?” Toe

ek my kop ontkennend skud, sê hy: “Vrede Seunie,

rus en vrede. Vir diegene wat dit nie het nie, is die

lewe ’n gejaag na wind. As die lewe jou vasdruk

moet jy hierheen kom, dié wye vlaktes sal jou siel

weer lawe.”

Dit is aan dié oom se woorde wat ek gedink

het toe my Toyota op ’n stywe draf tussen Nakop

en Ariamsvlei oor die Republiekgrens glip en ek vir

die eerste keer in drie jaar weer my geboorteland

binne ry. Ek was op pad na die plaas Mickberg,

net duskant Grünau, waar Dolf en Kinna de Wet

se gastehuis, Die Withuis, aan die voet van ’n

klipkoppie geanker staan. Dié besonderse huis is

reeds in 1912 gebou en dus ‘n eeu oud vanjaar.

Gedurende middel winter dra Mickberg se vlaktes

’n goudgeel jas van rypgeworde gras. Dit kontrasteer

pragtig met die droë rivierlope, wat nie net omsoom

is met groen kameeldoring- en witgatbome, driedoring

en jakkalsbos nie, maar ook verspringend

deur die vlaktes kerf. Dit is ook hier waar ek te voet

’n paar springbokke wou kom skiet het.

Koue lug versamel snags in die laagtes en rivierlope

en daarom soek die bokke saans die hoër

dele op waar dit warmer is. Nie dat daar veel hoë

dele in dié vlakteland is nie, maar effense riffies en

kliprante kom wel hier en daar voor. Om springbokke

op die wye ooptes te bekruip is moeilik en verg baie

tyd en geduld, maar die rivierlope is die jagter se

bondgenoot. Sodra die ergste vroeë oggendkoue

verby is beweeg baie bokke af na die lope, want

springbokke is blaarvreters gedurende die winter.

Hulle spandeer dus dikwels baie tyd in en om die

rivierlope ten einde te wei. Die bokke sal soms ook

daar gekry word as die wind koud en lastig is, soos

Koos Barnard

wat dikwels in Juniemaand die geval is.

Ek het dus een koue oggend my kar by ’n veesuiping

onder ’n kameeldoring getrek en met die

30-06 oor my skouer stadig windop in ’n rivierloop

opgestap. Oral in die sand het nagspore vertel watter

diere onder die dekmantel van die donker die sand

gekruis het. Soos verwag, was daar jakkalsspore

en ook dié van ’n ystervark. Verder vorentoe het ek

vasgesteek by ’n stel koedoespore – ’n bul wat in

die voormôre skuins uit die suidweste gekom het en

windop, ooswaarts, die loop gekruis het. In hierdie

dorre land is daar ’n gesonde koedoepopulasie,

alhoewel hulle hoofsaaklik naglopers is op oop plase

en ‘n mens dus soggens vroeg moet opstaan of

smiddae laat uitbly ten einde hulle te sien.

Vorentoe het die loop effens wes geswaai wat

beteken het dat die oostewind skuins dwars van

regs teen my lyf gestoot het. Dit was eintlik ‘n goeie

ding, siende dat die bokke wat in die rivierloop was,

my steeds nie kon ruik nie. Ek het kort-kort gestop

en dan die verkyker gebruik om die bosse voor my

te deursoek. Dit was die wit van die bok se boude

wat haar weggegee het en oomblikke later die

sneeuwit pens toe sy dwars draai.

Ek het stadig op my hurke neergesak en toe gaan

plat sit. Met die geweer dwars oor my skoot gebalanseer,

het ek treetjie vir treetjie aangeskuifel al tussen

die driedorings langs. Na wat soos eeue gevoel het,

was ek uiteindelik 60 meter van die ooi af toe ek die

geweer lig. Die kruishaar het teen haar nek opgegly

en vasgesteek skuins onder die oor. Nadat ek die

pens uitgehaal het, het ek in ’n sonkol voor ’n bos

gaan sit en oor die vlaktes uitgekyk na waar Mickberg

in die verte oor die goue grasse uittroon.

Net soos die springbok, sal ek eendag ook nie

meer daar wees nie, want dit is die groot wet van

die lewe dat ons almal uiteindelik moet gaan rus.

Die vrede en die rus wat Hy op die vlaktes gelaat

het, sal egter altyd hier wees sodat diegene wat ná

ons kom, hul siele ook daarmee kan lawe. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.>>

www.senwes.co.za • Augustus 2012

Koo

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!