02.05.2013 Views

Augustus

Augustus

Augustus

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Grafiek 1 dui die progressiewe lewering van

mielies tot en met die einde van Junie teenoor die

oesskatting aan. Hou egter in gedagte dat in die

geval van die 2011/2012-seisoen, die lewering net

tot en met 22 Junie geneem is.

Die vooruitsigte vir koring was tot en met die

einde van Meimaand nie baie rooskleurig nie. Dit het

baie min gedurende Aprilmaand gereën en glad nie

gedurende Meimaand nie. Die meeste droëland produsente

kon dus glad nie plant nie. Soos verwag,

het ’n kouefront wat met reën gepaardgegaan het,

gedurende Juniemaand oor die land beweeg. Veral

die suid-westelike en suid-oostelike gedeelte van die

Vrystaat het goeie reën ontvang.

Produsente wat net ’n plantreën nodig gehad

het, kan nou plant. In sekere gevalle was die reën

genoeg om die ondergrondse vog so aan te vul

dat die produsente dit kan oorweeg om wel hierdie

winterseisoen koring te plant. Waar die profiel

beskik bare vog steeds te laag is, moet produsente

nie oorweeg om koring te plant nie. Die risiko daaraan

verbonde, is net te groot.

Die kumulatiewe reënval vir die periode Januarie

2012 tot einde Mei 2012, verskyn in onderstaande

grafiek. Die pas afgelope Junie 2012-reënval is

nie in die grafiek in berekening gebring nie. Die

gemiddelde reënval vir hierdie periode oor die Suid-

Westelike distrikte, waar daar gewoonlik koring

aangeplant word, is 350 mm.

Gedurende die huidige seisoen is maar

gemiddeld 180 mm vir dieselfde periode gemeet.

Uit die aard van die saak behoort die meeste grond

nie oor voldoende vog te beskik vir koringproduksie

nie. Daar is wel lande wat ’n lang braak periode

gehad het en sodoende voldoende vog kon opgaar.

Die bekommernis is egter die komende seisoen.

Die oorgedraagde vog is meestal uitgeput en die

ENSO-indeks is sterk besig om negatief te ontwikkel,

wat gewoonlik met ’n El Niño-tipe seisoen

geassosieer word.

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING

Dit was ’n unieke seisoen, met opbrengste wat

wissel van 0,5 ton tot 9 ton per hektaar onder

droëland-toestande. Uiterste klimaatstoestande het

ook tot gevolg dat die oes sedert die tweede helfte

van April teen ’n baie vinnige tempo gelewer word.

Die komende seisoen sal met omsigtigheid beplan

moet word, aangesien die oorgedraagde grondvog

deurgaans uitgeput is. Die koringaanplanting

blyk die laagste in jare te wees weens die swak

grondvogsituasie in groot gebiede. S

Augustus 2012 • www.senwes.co.za

DRUPPELS OP DIE DAK •••

Grafiek 1: Totale mielielewering teenoor die

oesskatting.

Reënval: Werklike reënval vir Junie 2012.

Reënval: Werklike reënval vanaf Januarie 2012 tot

Mei 2012.

Die artikel en figure is saamgestel deur Thys Grobbelaar

(Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél Koen

(Senior GIStegnoloog: Senwes Landboudienste). Vir meer

inligting, skakel Thys by (018) 464-7385.>>

57

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!