02.05.2013 Views

Oktober - Senwes Tuisblad

Oktober - Senwes Tuisblad

Oktober - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

18 ••• promoSiE-arTiKEl: joHN DEErE

Plaas- én stadsjapies

sal wil pronk in klere van

John Deere

of jy nou meeste van jou tyd

op ’n trekker in die landerye

spandeer of in jou motor op die

hoofweë deurbring – john deere

se klerereeks het iets wat in

ELKEEN SE SMAAK SAL VAL.

Die klerereeks wat kwaliteit,

betroubaarheid en trots weerspieël, poog om

John Deere se handelsmerk verder uit te brei en

te versterk. John Deere het verlede jaar besluit

om ’n werkbare strategie in plek te stel om sy

klerereeks en ander John Deere-voorraad op ’n

permanente basis by sy onderskeie handelaars

landwyd beskikbaar te hê. Die volgende aspekte is

aangespreek:

• Geskikte verskaffers – plaaslik en internasionaal;

• ’n Gepaste verspreidingskanaal;

• ’n Gepaste vennoot vir verspreiding en logistiek;

en

• Die bepaling van ’n gepaste komitee, wat beide

John Deere personeel asook lede van ons

handelaarsnetwerk verteenwoordig.

Die strategie is nou reeds bykans twaalf maande

gevestig en gaan van krag tot krag. Die rede hiervoor

is dat die verspreidingskanaal goed werk en die

voorraad ten alle tye in alle groottes (selfs in 5 XL)

beskikbaar is.

ons mark

Ons klerereeks is gemik op mans, dames,

kinders, jongmense, stadsjapies (studente) en die

tradisionele produsent. Die vier klerereekse sluit in:

• Original-reeks – die tipiese standaard klerestyl

soos kakie, plaasstewels, tweekleurige hemde en

’n reeks baadjies. Die reeks word gekenmerk aan

die bekende John Deere-logo (bokkie wat spring).

• Signature-reeks – meer stylvol, modegedrewe,

deftig en effens formeel. Die reeks word

gekenmerk aan die signature van John Deere –

die stigter van ons maatskappy (soortgelyk aan

Pringle).

• Eksklusiewe reeks – “top of the range”, duursaam,

deftig en duurder as die ander reekse. Dit

sluit in leerbaadjies en dameshandsakke. Die

John Deere signature is ook kenmerkend by die

reeks.

• Kinderreeks – kleuterreeks tot en met die ouderdom

van 8 jaar. Dit sluit in hemde en oorpakke.

John Deere is tans besig om ’n babareeks te

ontwikkel.

Ander John Deere-voorraad sluit in messe, flesse,

penne en horlosies wat van hoogstaande kwaliteit

materiaal vervaardig word. Die speelgoedreeks

wat direk deur Partrite vanuit Amerika en Europa

ingevoer word, is aansienlik goedkoper as in die

verlede. Die reeks is beskikbaar by enige John

Deere-handelaar wat hieraan deelneem.

Waar kan ek John Deere se klere en voorraad

koop: Die John Deere-handelsmerk behoort

eksklusief aan John Deere. Die klerereeks is dus

slegs by John Deere-handelaars landwyd beskikbaar.

ons VersPreiDingsVennoot

Partrite op Bethlehem is aangestel as ons vennoot

vir verspreiding en logistiek. Die komiteelede

bestaan uit verteenwoordigers van Senwes, Afgri

en TTS Agri in Polokwane. Die res van die komitee

bestaan uit John Deere SA en Partrite personeel. S

www.senwes.co.za • Oktober 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!