Omsendbrief_17 - Hoërskool Bastion
Omsendbrief_17 - Hoërskool Bastion
Omsendbrief_17 - Hoërskool Bastion
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Basuiner omsendbrief 17/2012

Uit Uit die die kantoor kantoor kantoor van van van die die hoof:

hoof:

Geagte Ouers en Voogde

Oor twee weke begin ons halfjaareksamen Leerders het reeds die eksamenrooster asook

die eksamenreëlings en eksamenafbakenings vir vir die eerste week van die eksamen eksamen

ontvang Hiermee ‘n vriendelike versoek om die skeurstrokie in n verband met die eksamen

onverwyld aan die voogonderwysers terug te stuur stuur Leerders sal ook ‘n eksamenlokaalrooster

ontvang

Ons vra dat u asseblief sal toesien dat u kinders kinders se skrifte en vakopdragte op datum is is

Leerders moet ook ‘n vaste studieprogram volg volg Elke leerder het alreeds ‘n afgerolde

voorbeeld wat help om ‘n studierooster op te stel ontvang

Baie sterkte aan al die sportspanne wat die naweek by kompetisies betrokke is rugby

netbal en skryfskiet

Geseënde week toegebid

DR AH PRINSLOO

HOOF

Indien ndien u enige sake of navrae rakende u kind of die skool wil deurgee, kan u die

volgende adjunkhoofde vanaf 07:00 tot 21:00 kontak:

Graad 8 Me L Jonker 082 975 4358

Graad 9 Me E Boshoff 082 303 5054

Graad 10 Mnr T Bartmann 082 929 1054

HOëRSKOOL BASTION

Graad 11 Dr H van Loggerenberg

Graad 12 Me I Marx

U kan ook die hoof, dr Prinsloo, kontak by die bystandnommer: (011) 271-7732 of 083

343 4012. Indien dit nie dadelik beantwoord word nie, laat asseblief ‘n boodskap en dit

sal dringend opgevolg word.

Bemarking:

Bemarking:

Dieselfde datums soos vir die herregistrasie van ons huidige leerders, geld ook vir alle

nuwe graad 8-leerders vir 2013.

Graad 8-leerders rs vir 2013 moet teen 22 Junie ingeskryf wees. Alle leerders wat nie teen

hierdie datum geregistreer is nie, sal op ‘n waglys geplaas word en sal dus nie verseker

wees van ‘n plek in ons skool nie.

Maak dus baie seker dat u u kind vroegtydig inskryf. Toelatingsvorms is by die skool

beskikbaar en moet van die volgende dokumentasie vergesel wees wanneer u u kind

inskryf:

• Ouer(s)/Voog(de) se ID-dokumente

• Leerder se geboortesertifikaat

• Leerder se nuutste rapport

• 2 x ID-foto’s van leerders (swart –en-wit wit of kleur)

• Water-en-ligte- of telefoonrekening

Skakel Me M Geyser by telefoon (011) 762-5245/6 5245/6 indien u enige vrae het.

Ons wil u graag aanmoedig om u kind se inskrywingsvorm so gou as moontlik af te

handel. Daarom kwalifiseer u kind vir ‘n gratis kleurbaadjie kleurbaad indien u hom/haar voor 22

Junie inskryf en die eerste paaiement (registrasiefooi) van R1 500-00 500 betaal. Indien

die eerste paaiement teen 30 September betaal word, sal u 50% korting op u kind se

baadjie ontvang terwyl u 25% korting sal ontvang indien die eerste paaiement teen 30

November betaal word.

Die oopdag vind plaas op Woensdag, 30 Mei.

Akademie:

Akademie:

18 MEI 2012

082 929 1055

082 569 6799
Met die eksamen op hande, moet ouers asseblief toesien dat leerders begin met

voorbereiding. Take moet ingehandig word, want sodra die eksamen begin, sal geen

take nagesien word nie.

Indien daar leerders is wat nie ‘n toets geskryf het nie, moet ‘n doktersbrief ingehandig

word. Die volgende twee Vrydae sal die agterstallige toetse geskryf word (met

goedkeuring van die vakpersoneel).

Kwart-voor-sewe-lelie se vertoning:

Plek en tyd: 21 Mei 2012 om 07:30 in die skoolsaal.

Betrokkenes: Alle graad 11- en 12-leerders en die graad 10 drama-leerders.

Onthou asseblief om R70-00 by Me Pretorius in te betaal. Hou die kwitansie vir

toegangskaartjie by die deure.

Onthou: Hierdie vertoning word nie volgende jaar herhaal nie. Bemeester die graad 12voorgeskrewe

werk beter. Woon die vertoning by.

Sperdatum vir kaartjieverkope: 15 – 17 Mei 2012.

Dankie vir u samewerking.

Sport Sport: Sport Sport

Hokkie:

Liga :Hokkiedogters:

Die volgende spanne wen teen West Ridge:

Eerstespan : 4 – 0

o.16: 3– 0

o.14: 6 - 0

Hokkieseuns:

Baie geluk aan ons eerste seunshokkiespan wat derde geëindig het in die Atken-

Toernooi. Hulle ontvang daarmee die brons medalje. Ons is trots op julle!

Hokkie – astroliga:

o.18-dogters wen 3-0 teen UJ.

o.15 wen UJ: 4-0

Rugby:

Rugbywedstryde vir 2012:

Saterdag, 18 Mei Vs Linden (weg)

Saterdag, 25 Mei Vs Roodepoort (Tuis)

Saterdag, 1 Junie Vs Jan Viljoen (Tuis)

Saterdag, 8 Junie Vs Dinamika (Weg)

Saterdag, 16 Junie Semifinaal – Goue Leeus

Saterdag, 28 Junie Finaal – Goue Leeus

Maandag, 30 Junie Coke Reeks begin

BELANGRIKE NETBALDATUMS

2

Proewe:

19 Mei GSS: o.14, o.15, o.16 en o.17 finale proewe

Ligawedstryde:

15 Mei Bastion vs Randpark (weg)

22 Mei Bastion vs Northcliff (tuis)

24 Mei Bastion vs Bryanston (tuis)

29 Mei Bastion vs Riebeeckrand (tuis)

31 Mei Uitspele te Noordheuwel

1 en 2 Junie Streekskampioenskappe te Roodepoort

Kultuur Kultuur: Kultuur Kultuur

Kultuurnavrae: Me M Schutte: (011) 762-5245/6 of (011) 762-5259

Bastion’s Got Talent:

Baie dankie aan al die deelnemers van Bastion’s Got Talent. Ons is bevoorreg om

sulke leerders te hê wat met passie en vreugde hul talent met ons gedeel het.

Baie geluk aan die volgende wenners:

Sang: Monja du Toit.

Dans: Roxanne Wehmeyer.

Instrumentaal: Darryn en Gareth Adendorff.

Drama: Juané Zoutendyk.

Hemelvaart:

Op Donderdag, 17 Mei, vier ons Hemelvaart op die Christen-kalender. Ook hier by

Bastion het ons ‘n erediens gehou. Pastoor Conette Enslin het ons bedien.

Redenaars:

Baie geluk aan die leerders wat Vrydag, 11 Mei en Saterdag, 12 Mei deelgeneem het

aan die ATKV-Redenaars te Leeuwenhof. Baie geluk aan Mari-Louise Boshoff wat deur

is na die semifinaal.

Toneel:

Ons is druk besig om aan twee tonele te oefen. Skud solank die maagspiere los en

oefen die lagspiere om die mond, hier kom ‘n ding, want: Eendag Is Daar.....

Leerderraad

Leerderraad

Die Graad 12-raad nominasies vir 2013 het op 14 Mei 2012 gesluit. Die leerders wat

kwalifiseer sal op ‘n finale lys geplaas word. Hulle sal diens doen soos ‘n Graad 12raadslid.

Baie sterkte aan die leerders wat gekwalifiseer het. Die skool wil ook dankie

sê aan al die leiers (sportkapteins, kultuurleiers, VLR-lede, Taakrade en Graad 12raadslede)

wat hulle pligte nougeset en stiptelik uitvoer.

Dissipline

Dissipline, Dissipline

Dissipline,

, Personeel Personeel en en Ondersteuningsdienste

Ondersteuningsdienste:

Ondersteuningsdienste
• Me B Pretorius en Mnr W Pretorius se pa is in ‘n kaping geskiet. Ons dink aan hulle

in die tydperk van herstel.

• Ons dink ook aan Me R Steyn se man wat ‘n operasie ondergaan het en bid vir

spoedige beterskap.

• Ons neem met hartseer afskeid van Mnr Pieter Swart (Dansstudies) wat op 14 Mei

oorlede is.

• Me C van der Westhuizen neem die naweek deel aan die SA-

Atletiekkampioenskappe en ons wens haar alle sterkte toe.

Dissipline:

Ons wil graag die ouers bedank dat hulle in 99% van die gevalle seker maak dat

leerders netjies en volgens skoolreëls skool toe kom. U moeite word waardeer.

Snoepie:

Dit gaan goed met die snoepie en dit word goed ondersteun. Daar is elke week spesiale

aanbiedings. Ons sal van volgende week af die aanbiedings in die Basuiner plaas.

Finansies, Finansies, Finansies, Administrasie Administrasie en en Organisasie

Organisasie:

Organisasie

Enige administratiewe probleme kan u van 07:00 tot 15:00 by ontvangs uitsorteer. U

kan Me E Boshoff ook skakel vir enige navrae.

Volgens departementele regulasies moet alle huidige leerders van Hoërskool Bastion

herregistreer vir 2013 tussen 14 Mei 2012 en 22 Junie 2012. Die departement doen

plasings van leerders tussen Julie en Augustus 2012.

U sal binnekort herregistrasievorms en reëlings ontvang om die proses af te handel

teen 22 Junie 2012.

U samewerking in hierdie verband word gevra om u kind se plek by Bastion te verseker

in 2013. Indien u nie die proses afhandel nie, kan ons nie u kind se plek vir 2013

verseker nie.

Ons doen ‘n beroep op ouers om asseblief u verpligtinge rondom skoolgeld, toergeld,

busgeld en spesialiteitsfooie na te kom.

Alle uitstaande geld moet asseblief dringend betaal word.

Bankbesonderhede:

Rekening: Hoërskool Bastion

Rekeningnommer: 0330-153-156

Absa Horison: Kode: 630841

Verwysing: Skoolgeld en u rekeningnommer.

Faks asseblief u betaling na (011) 762-1402

3

Die proses aangaande vrystellings van skoolgeld word tans afgehandel. Indien u nog

nie terugvoer van die skool af ontvang het nie, skakel gerus u leerder se adjunkhoof om

‘n afspraak te reël sodat bogenoemde proses afgehandel kan word.

Baie dankie aan alle ouers wat gereeld hul verpligtinge teenoor Hoërskool Bastion

nakom, dit maak dit baie makliker vir ons om die beste onderrig aan u kind te bied.

FONDSINSAMELING:

FURY-KOMPETISIE

Indien ons ons mikpunt van R100 000-00 (as elke kind sy 10 kaartjies verkoop) wil

bereik, sal ons leerders nou moet begin woeker met die kaartjieverkope. Help asseblief

u kind deur sy/haar kaartjies ook by u werkplek aan u kollegas te verkoop.

Onthou jy kan die waarde van die kaartjies wat jy verkoop het, terugkry as jy een van

die 3 leerders is wat die meeste kaartjies verkoop het.

‘n Uitstappie na Gold Reef City is op die spel vir die klas wat die meeste kaartjies

verkoop.

Geboue Geboue Geboue en en Terrein

Terrein

Hierdie aktiwiteit is ‘n alles omvattende stelsel en sluit die hele skoolorganisasie in. Ons

benodig u as ouers se kundigheid en vaardigheid om ons daarmee behulpsaam te

wees en ‘n doeltreffende infrastruktuur daar te stel. Indien u die skool van hulp kan

wees, kontak Mnr Bartmann (082 929 1054)

Ons wil ook graag die pad rondom die skietbaan opvul met grond. Die dakstrukture en

geute verdien ook baie aandag.

Veiligheid Veiligheid en en Sekuriteit:

Sekuriteit:

Persoonlike veiligheid: 16-jarige vermis. Verlede Dinsdag laas gesien op pad skool toe.

Jong seun in intensiewe sorgeenheid na tref-en-trap.

Miskien al van bogenoemde gehoor of gelees? Kom ons wees paraat.

Veiligheidswenke buite die huis:

1. Probeer altyd om saam met ander mense te loop. Dit is veiliger in ‘n groep.

2. As jy op jou eie êrens heen stap, stap vinnig.

3. As jy dink jy word agtervolg, gaan na ‘n helder verligte plek of ‘n plek waar

daar baie mense is.

4. As ‘n motor langs jou stop en ‘n persoon vra jou of jy die pad kan beduie, hou

aan met stap, of beduie die pad maar bly op ‘n afstand. Moenie na die motor

toe loop nie.

5. Hou asseblief jou selfoon in jou sak en nie sigbaar nie.

Vervoer:

Vervoer:

Ouers en leerders:
Dit het onder ons aandag gekom dat daar leerders is wat hulle nie op die busse gedra

tydens die oggend- en middagritte op die roetes nie. Sulke leerders stel hulself bloot om

permanent van die busse afgesit te word. Dit is en bly ‘n voorreg om van die busvervoer

gebruik te maak en daardie voorreg kan weggeneem word as leerders hulself

wangedra.

Dankie aan al die leerders wat wel mooi saamwerk – ons is trots op julle!

Busgeld vir Mei 2012

Oggend en middag: 22 ritte @ R20-00 per dag = R440-00

Slegs oggend of middag: 22-ritte @ R10-00 per dag = R220-00.

Die 10-ritte kaartjie kos R115-00.

Enkelritte: R14:00.

Sportritte: R14:00

Media:

Media:

INLIGTINGSENTRUM

Die inligtingsentrum is vanaf Maandae tot Donderdae gedurende pouses en na skool tot

15:30 (vir naslaandoeleindes) tot beskikking van die leerders.

Maatskaplike Maatskaplike Dienste:

Dienste:

DEPRESSIE EN BIPOLêRE VERSTEURING

Ek het onlangs ‘n uiters insiggewende aanbieding deur Dr Henk Gouws bygewoon. Ons

praat nie dikwels oor die onderwerp nie, maar bring graag die volgende basiese feite

onder u aandag:

Depressie en bipolêre versteuring is ‘n siekte wat behandelbaar is. Dit verg die insig en

behandeling van professionele persone.

Ons deel met u die volgende basiese emosies van ‘n persoon wat aan depressie ly:

Die hele tyd hartseer. Geïrriteerd, alles krap aan my.

Sonder hoop, negatief oor alles. Moeg, sonder energie, lus vir niks.

Skuldig, asof ek straf verdien. Rusteloos, kan nie stilsit nie.

Nikswerd, asof ek niks kan doen of regkry

nie.

Konsentreer moeilik.

Baie pyne sonder rede. Dink aan selfmoord.

Wil eerder dood wees. Slaap baie of sukkel om te slaap.

Is nie meer lus vir vriende nie en vermy Skoolpunte het gedaal (leerders).

kontak.

Is lus vir niks en doen byna niks. Het gewig opgetel of verloor.

Wil heeltyd huil.

As ek depressie raaksien by myself of by ‘n kind.

Wat nou? Met wie praat ek? Wat doen ek?

4

Die gevaarlikste ding om te doen is om niks te doen nie. Dis ook die maklikste. Dis so

maklik om maar net te hoop dat dinge vanself sal regkom.

Nog slegte nuus is dat depressie nie vanself weggaan nie. Dit word erger en meer

herhalend hoe later dit raakgesien en behandel word.

Die goeie nuus is dat depressie feitlik altyd effektief behandel kan word wanneer dit reg

gediagnoseer word. Behandeling beteken soms genesing en soms verligting van

simptome sodat ‘n mens daarmee kan saamleef.

Daarom: Praat hieroor, al gaan dit moeilik wees. Party mense met wie jy praat, gaan sê

jy is onnodig bekommerd. Ander gaan sê dat iets soos selfmoord nie met hulle kan

gebeur nie. Ander gaan ontken dat depressie ‘n siekte is omdat hulle nie van beter weet

nie.

Praat met elkeen wat betrokke is en elkeen wat moet saamwerk aan gesondheid. As dit

‘n ouer is wat dit nog nie raaksien nie, gaan praat oor wat jy sien. As dit ‘n skool of kerk

is wat met begrip en deernis kan help, praat vertroulik met ‘n helper. Uiteindelik moet

professionele hulp gesoek word.

Bogenoemde feite is ontleen aan die boekie: ”As ‘n kind se lag verdwyn” deur Dr Henk

Gouws en sy vrou, Dr Ansie Gouws.

Hierdie boekie en ander bronne oor die onderwerp is by me Lubbe beskikbaar.

Kontak Me J Lubbe by (011) 762-5245/6.

Ander Ander Sake:

Sake:

HERWINNING:

Onthou asseblief om Maandae u herwinbare materiaal (plastiek, blikkies en glas) saam

met u kind skool toe te stuur.

Daar is 3 blikke op die vierkant, naby die snoepie, geplaas waarin die afval geplaas kan

word. Kontak Mnr S van der Walt by (011) 762-5245/6 in die verband.

Datums Datums Datums vir vir die die yskas:

yskas:

Saterdag, 19 Mei • GL rugbyliga vs Linden (weg)

• Skyfskiet 3de liga te Durban Deep.

Maandag, 21 Mei • Die kwart-voor-sewe-lelie produksie vir graad 11

en graad 12 en gr 10 drama-leerders in saalperiode.

Dinsdag, 22 Mei • Netbal vs Northcliff (weg)

• o.15 hokkie Astro vs Randburg.

Woensdag, 23 Mei • Dogters pluimbal vs Diversity (weg)

Donderdag, 24 Mei • Netbal vs Bryanston (tuis)

• Hokkieliga vs Linden (tuis)

Vrydag, 25 Mei • Hokkie Astro o.15 en o.17 vs Parktown (weg)

• Hokkie Astro seuns vs MCC (weg).

• Skaakliga te FM Letlhake High (weg)
• Rugby vs Roodepoort (tuis)

Dinsdag, 29 Mei • Netbal vs Riebeeckrand (tuis)

Woensdag, 30 Mei • Bastion Oopdag vanaf 13:30

Donderdag, 31 Mei • Netbal uitspele te Noordheuwel.

Vrydag ,1 Junie • Streekskampioenskappe Netbal te Roodepoort

• Rugby vs Jan Viljoen (tuis)

Saterdag, 2 Junie • Streekskampioenskappe Netbal te Roodepoort

Maandag, 4 Junie • Eksamen begin

BEHEERLIGGAAM 2012 (VERVOLG VANAF VERLEDE WEEK)

In die eerste insetsel in die Basuiner oor die beheerliggaam, het ons die Ouerkomponent

aan u bekendgestel. Hierdie week wil ons die ander twee komponente aan

u bekendstel wat ‘n integrale deel vorm van die samestelling van die beheerliggaam,

naamlik die personeel- en leerderkomponente. Die twee komponente is onderskeidelik

verantwoordelik om na die personeel asook die leerders se belange om te sien.

PERSONEELKOMPONENT:

SCHYLAHSCHREUDER

Bemarking, Kultuur en Akademie

Dit is ‘n voorreg om op die beheerliggaam te dien. ‘n Mens kry ‘n groter perspektief oor

die bestuur van die skool en die groot aandeel van die ouerkorps. Ek het veral ‘n passie

vir die positiewe bemarking van ons skool, om by te dra tot die vaartbelyning van die

akademie en die uitbou van die kultuur. Wat veral vir my verblydend is, is die

bekwaamheid en opregtheid van die beheerliggaamslede om werklik ons skool te dien.

MICHAEL DU PLESSIS

Geboue en Terrein

5

Ons taak op die geboue en terreinportefeulje is om saam, met die ouers op die

beheerliggaam, toe te sien dat ons skool in “tip top” toestand gehou word. Dit behels

algemene onderhoud, verbetering van bestaande strukture en uitbreidings by nuwe

geboue. Daar gaan ook gekyk word na die algemene veiligheid van ons skool,

toegangsbeheer van leerders en besoekers.

PETRU VAN ZYL

Sport, kultuur, akademie en dissipline:

Ek is verkies tot die beheerliggaam deur die personeel as hul verteenwoordiger. Ek

beklee die volgende portefeuljes: dissipline, sport, kultuur en akademie. As skakel

tussen personeel en die beheerliggaam sal ek poog om almal se belange op die hart te

dra tot voordeel van Hoërskool Bastion, veral by die verskillende portefeuljes waar ek

betrokke is.

My doelwit is ook om te alle tye ‘n positiewe bydrae te lewer en die beeld van die skool

te bevorder!

LEERDERKOMPONENT:

MARTIN ZAAYMAN

Die Leerders op die beheerliggaam word deur leerders in die VLR verkies. Ons taak is

om die leerders te verteenwoordig in besluitneming en ook om meer ingelig te word oor

sake wat die skool/leerders raak. Ek is ook tans die voorsitter van die VLR.
MARIE-LOUISE BOSHOFF

Ek is Marie-Louise Boshoff en is in 2011 verkies tot die Verteenwoordigende

Leerderraad vir 2012. Die VLR’e het genoeg vertroue in my gehad om my as lid van die

VLR-dagbestuur te kies. Dit het my die voorreg gegee om deel van die beheerliggaam

te wees en ‘n leerder verteenwoordiger van die beheerliggaam te word.

Hierdeur wil ek die leerders van Hoërskool Bastion verteenwoordig en ‘n bydrae lewer

om die skool en elke leerder in die skool tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Ek is baie

trots op my skool en sal net my beste gee terwyl ek op die beheerliggaam dien.

VINCENT MARAIS

Ek is Vincent Marais en verkies as ‘n VLR-leier van Hoërskool Bastion, waar ek die amp

as ondervoorsitter beklee op die dagbestuur. Ek is baie gretig om my kant te bring om

te help om Bastion die beste skool moontlik vir ons leerders te maak. Ek dien op die

beheerliggaam om sodoende na die belange van die leerders om te sien. Ek is trots

op my skool en sien uit na die jaar wat voorlê.

6

“CLEAN HOUSE”

Ons herinner u daaraan om u ou bruikbare items

skool toe te stuur indien u daarvan ontslae wil raak.

Besonderhede is in ons vorige nuusbriewe.

Kontakpersoon: Me M Schutte