03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Heelwat inligting is beskikbaar oor die effek van egskeiding op kinders, waaronder

Parkinson (1987:49-50) onder andere na die navorsing van Hetherington, Cox en Cox

verwys, wat aantoon dat gedrags- en emosionele probleme mag voorkom by kinders

uit gebroke huise. So openbaar die kinders van egpare wat geskei is deurgaans die

behoefte daaraan om verseker te word dat hulle ouers hulle nie sal verwerp nie.

Verder verlang die kinders ook inligting en verduideliking oor die veranderinge wat

hulle ouers se egskeiding in hul lewenswyse en lewensfunksionering sal teweegbring.

(Vgl. Parkinson 1987:49.) Die spesifieke ontwikkelingsfase waarin die kind verkeer

wanneer sy 1 ouers skei, speel waarskynlik `n definitiewe rol in die spesifieke belewenis

van die kind. (Vgl. Heyns 1999:18.) So dui Guttman (1993:170-172) aan dat vrees,

hartseer en woede wat by die voorskoolse kind voorkom in reaksie op sy ouers se

egskeiding kan manifesteer in regressie, afhanklikheid en verhoogde aggressie. Van

Staden (1992:184-185) dui aan dat kinders in die latente lewensfase weer gewoonlik

met skok en ontkenning op hul ouers se egskeiding reageer. Verder mag hul reaksie

op hul ouers se egskeiding ook eerder op simptomatiese as op verbale wyse tot uiting

kom, in die vorm van onder andere onttrekking, neerslagtigheid en `n agteruitgang in

akademiese prestasie. Saposnek (1998:21) dui aan dat kinders in hierdie lewensfase

hulself dikwels blameer vir hulle ouers se egskeiding en derhalwe verwerping vrees.

Kinders tydens adolessensie is daartoe geneig om hulle ouers te blameer vir die

egskeiding terwyl hulle ook skaam en verleë voel oor hul ouers se egskeiding. Hierdie

belewinge rondom hul ouers se egskeiding mag onttrekking tot gevolg hê. (Vgl. Van

Staden 1992:185-186.) Dit is derhalwe duidelik dat `n egskeidingsituasie `n

traumatiese krisis vir kinders kan skep, waartydens hulle aan verskeie verliese,

aanpassings en veranderinge blootgestel word. Ouers bly egter hul kinders se primêre

steungewers sodat hul aanmoediging, steun, liefde en begeleiding van allergrootste

belang sal wees te midde van die gesin se egskeidingsituasie (Viljoen 2005:2).

Volwassenes word egter ook intens deur hul egskeiding geraak. Heelwat inligting is in

die literatuur daaroor beskikbaar, byvoorbeeld dat mans gewoonlik `n verlies aan

voorgenome doelwitte en riglyne in hul lewens ervaar. Verder beteken egskeiding vir

1 Vir die doeleindes van gemaklike leeswerk word daar in hierdie studie net van manlike terme gebruik gemaak

wanneer verwys word na geslag. Daarmee word die vroulike vorm nie misken nie.

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!