03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ten einde die uitgangspunte van die sosiaal konstruksionisme na behore te kan

verstaan is dit nodig om die ontstaan daarvan, na aanleiding van ander teoretiese

raamwerke wat `n grondslag daarvoor gelê het, uiteen te sit.

2.1 TEORETIESE RAAMWERKE WAT `N ONDERBOU VORM TOT DIE SOSIAAL

KONSTRUKSIONISME

Die sosiaal konstruksionisme kan volgens Shaw (1996:177) as `n verdere uitbreiding

van die konstruktiwisme gesien word. Beide die konstruktiwisme en sosiaal

konstruksionisme is deel van die post-modernistiese epistemologieë en huldig as sulks

ooreenstemmende uitgangspunte. Die vernaamste uitgangspunt is dat die werklikheid

gekonstrueer word en nie ondersoek word nie. (Vgl. Boyd 1991:775 en Von

Glasersfeld 1995:1.)

Ten einde die sosiaal konstruksionisme te begryp, is dit nodig dat enkele

hoofbeginsels en uitgangspunte van die konstruktiwisme kortliks aangedui word. Du

Plessis (2000:56–76) identifiseer drie teoretici, naamlik Muturana, Von Glasersfeld en

Kelly as grondleggers van die konstruktiwisme. Hulle werk verteenwoordig die

struktuurdeterminisme (Maturana), die radikaal konstruktiwisme (Von Glasersfeld), en

die persoonlikheidskonstrukte teorie (Kelly). Maturana en Kelly dui aan hoe interne

komponente soos die strukturele samestelling van die individu asook sy kognitiewe

konstrukte `n bepalende invloed uitoefen in die konstruering van sy werklikheid. In Von

Glasersfeld se uiteensetting van die radikaal konstruktiwisme fokus hy veral op die rol

van ervaring en meegaande kognitiewe prosesse in die ontwikkeling van

werklikheidskonstruksies (Du Plessis 2000:56).

2.1.1 Maturana se Struktuurdeterminisme

Maturana se struktuurdetermisme kan op grond van die volgende uitgangspunte

omskryf word:

33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!