03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• die aard en omvang van die narratiewe werkswyse uiteen te sit binne die

raamwerk van die konstruksionisme.

• die beginsels, uitgangspunte en die intervensies na aanleiding van die narratiewe

werkswyse te omskryf.

• bestaande perspektiewe en modelle ten opsigte van die egskeidingsproses te

identifiseer en te beskryf.

• die betekenisgewing en werklikheidskonstruerings wat die verskillende

gesinslede oor hul egskeidingsituasie ontwikkel te identifiseer en te omskryf.

• behoeftes en probleme van die gesinslede te omskryf soos hulle deur die

egskeidingsproses beweeg en dan spesifiek te let op die betekenis wat hulle

daaraan gee.

• doelwitte wat nagestreef behoort te word deur gesinslede ten einde hul

egskeidingsituasie konstruktief te verwerk te identifiseer.

• die aard en omvang van die metode van deelnemende-aksienavorsing te

verduidelik.

Empiriese werk word gedoen vanuit die raamwerk van deelnemende-aksienavorsing

ten einde die deelnemers aktief aan die navorsingsproses te laat deelneem (Rahman

1993:79). Volgens Bhana (1999:235) verkry deelnemers sodoende beter begrip vir hul

eie vermoëns en die beskikbare hulpbronne wat hulle kan aktiveer vir sosiale aksie. Vir

die doeleindes van dié studie word die proses van deelnemende-aksienavorsing hoofsaaklik

aangewend volgens ‘n kombinasie van Bhana (1999:231-235) en Rahman

(1993:79) se uiteensetting en word soos volg geïmplementeer:

• Die sogenaamde “gemeenskap” of sosiale omgewing van die potensiële

deelnemers word benader en mee kontak gemaak deur aanvanklik besprekings

met leiers binne die struktuur van die gemeente waarbinne die studie geloods

word, te voer. Daar word van die standpunt uitgegaan dat die leiers `n

aanduiding kan gee van die aard en omvang van egskeiding binne die

gemeente, dienste wat in die verband beskikbaar is en die behoeftes in die

verband. Leiers binne die gemeente word ook benut om die navorser in kontak

te bring met persone wat mag belangstel in deelname aan die navorsing.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!