03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

insamelingsmetodes soos individuele- en groepsgesprekke word benut om die sosiale

interaksie wat plaasvind tydens die navorsing te beskryf, te verstaan en te kanaliseer

in terme van die betekenis wat die deelnemers aan hul situasie gee.

1.8 INDELING VAN DIE NAVORSINGSVERSLAG

Die navorsingsverslag word soos volg ingedeel:

• Hoofstuk een verleen `n algemene inleiding en oriëntering tot die studie waarin

die doel van die studie, die navorsingsprobleem, die navorsingsvrae, die

begrensing van die studie en die navorsingsmetodologie verduidelik word. Die

mees relevante begrippe wat van toepassing is op die studie word ook omskryf.

Hierdie hoofstuk bied dus `n raamwerk om die verloop van die studie te volg.

• Sosiaal konstruksionisme wat die konseptuele raamwerk vir die studie vorm

word in hoofstuk twee bespreek en uiteengesit. Daar word in die hoofstuk, gelet

op die denke onderliggend aan die sosiaal konstruksionisme en op kritiese

elemente daarvan soos die vorming van werklikheidskonstruksies. Daar word

ook gelet op die terapeutiese implikasies van die sosiaal kontruksionisme vir die

maatskaplike werker. Die verband tussen sosiaal konstruksionisme en die

narratiewe werkswyse, wat as strategie benut word in die empiriese deel van

die studie, word ook aangedui en word in die daaropvolgende twee hoofstukke

volledig bespreek. Die res van die studie word dan ook aangebied teen die

agtergrond van hierdie konseptuele raamwerk.

• Hoofstuk drie gee `n uiteensetting van die uitganspunte onderliggend aan die

narratiewe werkswyse. Die narratiewe werkswyse binne die basis van die

konstruksionisme word bespreek, en aandag word ook gegee aan die invloed

wat Bateson en Foucault uitgeoefen het op die denke van White. Die hoofstuk

onderskei verder tussen strukturalisme en die post-strukturalisme, terwyl die

invloed van kultuur en tradisie ook bespreek word. Die hoofstuk gee ook leiding

in terme van die terapeutiese verhouding tussen die terapeut en die kliënt waar

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!