03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

van die inligting en meegaande aanpassing daarvan verseker. (Vgl. Poggenpoel

1998:344-348.)

1.7 BEGRIPSOMSKRYWING

Die volgende begrippe vorm kernkonsepte in die studie en ten einde te verseker dat

eenvormige interpretasies daaraan gekoppel word, word dit bespreek en omskryf.

1.7.1 Egskeiding

Burgoyne, Ormrod en Richards (1987:40) dui aan dat egskeiding die volgende behels

”…the legal transition that marks the final stage in the breakdown of a marriage, its

formal dissolution and a legal rearrangement of the relationship between the spouses,

particularly in relation to the children and property rights”. Die Vaktaalkomitee vir

Maatskaplike Werk (1995:12) definieer egskeiding as die “ontbinding van die huwelik

deur `n geregtelike bevel”. Die wetlike aspekte wat in plek gestel moet word rakende

die ontbinding van die huwelik, asook rakende beheer en toesig van die betrokke

kinders en eiendom van die egpaar word in hierdie twee definisies beklemtoon.

Van Staden (1992:6) beskryf egskeiding as ”…`n wetlike beëindiging van die huwelik

deur `n hofbesluit, wat `n traumatiese proses van vernietinging van die huweliksverhouding

behels.” Van Staden (1992:6) beklemtoon verder ook die gepaardgaande

verandering in die gesinstruktuur en -funksionering wat met die egskeiding saamhang.

In die verband vind veranderinge in die onderlinge interaksie van die gesinslede plaas

wat weer `n gepaardgaande aanpassing op die kommunikasie en ondersteunende

netwerk van die gesin tot gevolg het. Van Staden (1992:6) is dan juis van mening dat

“…egskeiding `n definitiewe impak op die gesin as geheel het, asook op elke

afsonderlike party binne die gesinsisteem.” Uit die definisie van Van Staden (1992:6)

word egskeiding as die wetlik beëindiging van die huwelik benadruk, terwyl

verandering in die gesinstruktuur dan ook noodwendig sal voorkom. Die verandering in

die gesinstruktuur sal weer veranderinge in die gesin se interaksie en kommunikasie

tot gevolg hê. Verder word die traumatiese impak van egskeiding op die hele gesin

asook op die individuele gesinslede benadruk.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!