03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

individue gaan dus verskillend reageer op dieselfde situasie, hoofsaaklik weens hierdie

unieke interne interaksieproses wat die individue se werklikheidskonstruerings tot

gevolg het.

2.1.1.3 Koppeling of verwantskappe tussen verskillende lewende komponente

"coupling"

Die struktuurdeterminisme van Maturana maak wel voorsiening daarvoor dat interaksie

tussen eksterne sisteme plaasvind, maar dui aan dat reaksie op die interaksie bepaal

word deur die spesifieke sisteem se unieke organisasie. In die verband word die term

"coupling" gebruik wat verwys na koppeling of verwantskappe wat tussen verskillende

lewende komponente lei tot die vorming van interaksionele sisteme soos byvoorbeeld

die gesin. (Vgl. Efran en Lukens 1985:25.) Leyland (1988:361-362) beskryf die term

"structural coupling" binne die struktuurdeterminisme as die verhouding tussen `n

struktureel bepaalde sisteem en die miIieu waarbinne dit bestaan. Vir die sisteem om

te kan voortbestaan as `n lewende "autopoiesis" entiteit is dit noodsaaklik om gekoppel

te wees met sy milieu. Die strukturele koppeling vorm dan ook die basis van alle

menslike en dierlike interaksionele sisteme. Hoe meer kompleks die organisme is hoe,

meer "plasties" sal dit wees, wat daarop dui dat die sisteem voortdurend kan verander

op grond van interaksie met die self, die omgewing en ander sisteme. Derhalwe sal

enige strukturele “plastiese” sisteem met die omgewing gekoppel word. Hierdie

strukturele koppeling tussen sisteme is `n gevolg van interaksie en daar sal ook `n

toename in koppeling wees indien daar `n toename in interaksie tussen die sisteme is.

Leyland (1988:362) dui aan dat waar daar interpersoonlike interaksie plaasvind tussen

verskillende individue, die interaksie dan wel `n invloed op die reaksie of gedragsuiting

van die individu sal hê. In ooreenstemming met Maturana se struktuurdeterminisme sal

die interaksieproses tussen sisteme `n verandering in die interne struktuur van die

sisteme tot gevolg hê, wat dan weer verandering in die gedrag van die sisteem tot

gevolg kan hê. Volgens Efran en Lukens (1985:24) vind daar ook voortdurende

wisselwerking plaas tussen die omgewing waarin die mens hom/haar bevind en

sy/haar interne interaksieprosesse.

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!