03.05.2013 Views

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

LETISIA SUSANNA HEYNS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

effek daarvan op die betrokke gesinslede teen die agtergrond van die sosiaal

konstruksionisme as konseptuele raamwerk. Daar word gelet op die take en doelwitte

wat deur die gesinslede nagestreef behoort te word in die hantering en verwerking van

hul egskeidingsituasie. Verder word gefokus op intervensies aan die hand van die

narratiewe werkswyse wat benut word in die praktiese uitvoering van deelnemendeaksienavorsing

vir hierdie studie.

1.5.2 Empiriese studie

Teen die agtergrond van die gegewens uit die literatuurstudie word die empiriese

studie gerig en wel vanuit die kwalitatiewe navorsingsmetode. Deelnemendeaksienavorsing

word geïmplementeer deur van die narratiewe werkswyse gebruik te

maak. Die doel van deelnemende-aksienavorsing is onder andere om deelnemers aan

die navorsing in staat te stel om aktief en kollektief aan die navorsingstudie deel te

neem sodat hulle sosiale probleme aangespreek en opgelos kan word. (Vgl. Schurink

1998:408.) Op die wyse word gepoog om die relevante data te bekom ten einde

indikatore te bepaal vir die ontwikkeling van `n maatskaplikewerkhulpverleningsprogram

vir gesinne in egskeidingsituasies.

Die leiers binne die gemeente van die Nederduitste Gereformeerde Kerk Moreletapark

word genader by wyse van individuele gesprekvoering om die aard en omvang van die

voorkoms van egskeiding binne die gemeente vas te stel en verder ook die beplande

projek te bemark. Aanvanklike deelnemers aan die navorsing word geïdentifiseer na

aanleiding van gesprekke met leiers binne die gemeentestruktuur. Die kriteria wat

benut word vir die werwing van die aanvanklike deelnemers is naamlik mans en

vrouens wat wettig getroud was en ten tye van die navorsing deur die

egskeidingsproses beweeg of reeds daardeur is.

Die gespreksgeleenthede met die aanvanklike deelnemers kan in die vorm van

individuele- of groepsgesprekke gestruktueer word, in ooreenstemming met hul

behoeftes. Speer (2008:317) dui aan dat person tot person onderhoude die mees

buigbare vorm van data insameling is.Die person wat die onderhoud voer het die

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!