04.05.2013 Views

Untitled - Inspirasie - Weebly

Untitled - Inspirasie - Weebly

Untitled - Inspirasie - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die wintersonnetjie skyn warm op my

rots rug. Die see is vandag besonders

stil. Ek kyk na al die mense op die

strand, Hand aan hand stap paartjies

langs mekaar en los twee rye spore

en ek voel hoe die koue oor my ou rots

rug val. Dit raak nou vinnig skemer. Die

beklemming vat stadig aan my rots hart. Vir jare staan ek rotsvas op dieselfde

plek, Menige golwe het al oor hierdie rots rug geslaan. Ek sien hoe die golwe

se swelling al hoe groter word.

Ek ken elke golf by die naam. Hard slaan die golf van finansies oor my rots

rug en duisende water vingertjies probeer angstig aan my ou rots rug vas

klou. Golf vir golf spoel oor my rots rug. Daar is die golf van verwarring, golf

van haat, van liefdeloosheid, van ongeloof, golf van selfbejammering en nog

soveel meer. Genadiglik spoel die golwe oor my rug en was al die vingers wat

so klou, vinnig van my rots rug af. Sommige van die vingers probeer verwoed

aan my vasklou, maar word elke keer vinnig afgespoel. Hier kom moeilikheid,

groot moeilikheid!! Ek sien hoe die groot golf nader kom en ek is nie so seker

of die golf my gaan genadig wees nie, want dis die golf van `DEPRESSIE"!

Almal weet hy staan bekend vir sy

wreedheid. Vader, prewel ek saggies in my

rots hart, gee tog dat die golf verby my sal

gaan. Dat hy oor my rots rug sal gly en

geen van sy honderd duisend vingers aan

my sal bly klou nie! Die golf kom al hoe

nader en daar is niks wat ek daaraan kan

doen nie! Duisende druppeltjies spat oor my

rots rug, en ek wens ek kon my rots kop ver

onder die water indruk sodat ek nie een van

die aaklige druppeltjies kan sien nie. Maar

helaas, die druppels gryp my stewig aan my rots rug, Hulle is orals aan my

gemoed vol raak. Stadigaan sien ek nie meer die mooi sonsondergang nie. Al

wat ek sien is nag, swart, donkerte. Dit voel of my rots rug nog skewer trek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!