04.05.2013 Views

Untitled - Inspirasie - Weebly

Untitled - Inspirasie - Weebly

Untitled - Inspirasie - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hallo kos maters,

Ek is nuut by Inspirasie en gaan maandeliks na die kosrubriek omsien. Ek het in Lambertsbaai

groot geword en kom uit 'n familie wat baie lief is vir kos maak. Hier praat ons nou van vleis -,

seekos en groente disse. Ek hou van goeie humor en het gedink dat "Sag oppie tong" heel

gepas is vir ons kosrubriek. Vriende, kom kuier saam met my elke maand rondom die

kombuistafel en geniet die lekkerte van kos maak soos wat ek dit daagliks

geniet.

Die idée is dat ek maandeliks met julle 'n resep of twee met die nodige fot o's wil deel en julle

is dan meer as welkom om terugvoering te gee nadat julle die resepte probeer het. Hou

ingedagte dat die resepte aangepas is om aan my familie se behoeftes en smaak te voldoen.

Julle kan dus weer op jul beurt iets byvoeg of weglaat weens jul smaak voorkeur.

Eerstens wil ek net noem dat ek die meeste van my speserye, kruie, groente, vrugte en vleis

vars verkies. Dit is natuurlik vir almal nie altyd beskore nie, (so die gedroogte of gevriesde

weergawes is net so lekker as die kos met liefde gemaak is... :)

Ek moes gesif het tussen baie resepte en foto's om die eerste probeerslag suksesvol te maak

en het besluit om iets te maak wat almal se sak pas. Baie van die lekker disse wat voorgesit

word is partymaal so duur en veral die vleise is amper onbetaalbaar. Ek sal wel so van tyd tot

iets spesiaal maak wat jy vir jou wederhelfte of spesiale vriende kan voorsit.

Ons Suid-Afrikaners is heel vertroud met 'n lekker sop en ek het dit goed gedink om 'n sop te

maak aangesien ons die wintermaande nou aandurf. Die vleis wat ek vir die sop gaan gebruik

is gewone bees kookvleis en dit is natuurlik 'n heel bekostigbare snit. Kom ons val weg en met

'n bietjie geduld kan die buurt maar vanaand kom aansit... Ek maak al my sop in 'n platboom

swart pot. Ek begin my voorbereiding op die stoofplaat en daarna gaan die pot oond toe. Die

oond werk baie beter as die stoofplaat aangesien die hitte rondom die pot is en nie net van

onder is nie wat verhoed dat die sop kan aanbrand.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!