04.05.2013 Views

Untitled - Inspirasie - Weebly

Untitled - Inspirasie - Weebly

Untitled - Inspirasie - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die wonder van ma word

Elke keer as sy na my kyk met haar groot bruin

ogies, besef ek net weer hoe afhanklik die klein

mensie van my is en hoe sy vertrou dat ek haar

sal beskerm van alle gevaar, net soos ons Die

Vader vertrou om ons te beskerm. As sy maar

net kan weet hoeveel sy vir my beteken en hoe

oneindig ek haar lief het. Sy wat vir my `n baie

groot wonderwerk is.

Hoeveel keer moes ek hoor, ek sal nie sommer

kan kinders baar nie, maar God Ek wil haar

oppas en koester teen alle gevaar solank as wat

ek lewe, al kos dit soms duur, soos gister toe

haar naelstringetjie af begin val het, vir my was dit iets vreesliks, want

volgens my kennis moet dit eers oor twee weke afval. Wel ek jaag toe met alle

geweld dokter toe en betaal `n plaas se geld net om te hoor; dis dood normaal.

Wel toe voel "super woman" sommer "super stupid" en "super broke!"

Dit wat ek eintlik wil tuisbring is dat my liefde en omgee vir die kindjie nie in

geldwaardes gemeet kan word nie, eintlik in geen wêreldse waardes sal dit

gemeet kan word nie. Wanneer ek dink aan haar toekoms voel ek soos n

vegter wat vir haar n pad wil oopveg deur die wêreld en haar beskerm teen

alle gevare. Ek voel trots en braaf as ek aan haar dink en weet diep in my hart

sal ek elke oomblik saam met haar koester. Ek weet ook natuurlik dat ek niks

sonder God kan vermag nie en dat ek op my knieë sal moet bly en haar elke

dag aan Hom moet opdra, want sonder Sy beskerming en Liefde kan ons nie.

Hoe duidelik word als nie, as ons self ouers word nie. Ek weet nou hoekom

Jesus gesê het ons moet weer soos kinders word om in Sy koninkryk te kan

ingaan. Ons moet weer glo en vertrou soos die klein mensie hier voor my.

Hoe wonderlik is dit nie om te weet God laat alles ten goede saam werk. Om

deur so klein mensie, wat nog nie eens kan praat nie, God se boodskap te kan

kry. Dis seker die grootste wonder van ma word om God weer van voor af te

leer ken en te ervaar deur die kleine mensie. Dis n pad van voorspoed en nie

teëspoed, want met God aan ons sy wie kan dan teen ons wees?

Lizl Prinsloo

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!