05.05.2013 Views

CC- Februarie - Curro Private School

CC- Februarie - Curro Private School

CC- Februarie - Curro Private School

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Private Skool CURRO DURBANVILLE Private School

Februarie 2013

MUSIEKNUUS… MUSIEKNUUS…MUSIEKNUUS…MUSIEKNUUS

Leerders

Die Musiekdepartement is weer volstoom aan die gang met musiekonderrig wat drie

weke gelede begin het. Leerders het begin met onderrig in klavier, blokfluit,

saksofoon, viool, klawerbord, kitaar en musiekteorie.

Kore:

Die Junior en die Senior kore het reeds begin oefen en is hard aan die werk om voor

te berei vir die Tygerberg Eisteddfod wat in Mei plaasvind. Die Senior koor het ‘n

baie suksesvolle koorkamp agter die rug. Onthou asseblief om Saterdag, 23

Februarie oop te hou vir die Junior Koorkamp.

Matriekleerlinge van 2012

Ons is baie trots op ons drie Matrieks: Duval Geddie, Ilke Opperman en Eileen Zeng

wat al drie A’s vir musiek in die eindeksamen behaal het! Dit is ‘n baie groot

prestasie, aangesien die standaard van die IEB eksamen baie hoog is!

Opvoeders

Baie geluk aan Juf. Adri van Wyk wat ‘n Merietesertifikaat van UNISA ontvang het vir

uitstaande onderrig in klavier, saksofoon en blokfluit. Die gemiddeld van haar Top

10 leerders se gemiddeld was 84%! Juf. Jeanne Maritz het ‘n Merietesertifikaat

ontvang vir klavieronderrig (82%) en teorie-onderrig (92%).

Koekverkoping

Ons het ‘n baie suksesvolle Valentyns-koekverkoping gehad danksy die ongelooflike

ywer en talent van ons musiekma’s! Baie dankie vir al die eetgoed en donasies -

ons het R8 268 ingesamel wat aangewend sal word tot voordeel van ons musiekleerders.

”We all know how music can affect your mood. More incredible than that, music is

good for you – physically, emotionally and spiritually. Particular sounds, tones and

rhythms can strengthen the mind, unlock the creative spirit and even heal the body.”

Uit : The Mozart Effect – Don Campbell

Baie dankie aan elke ouer wat hul kinders die geleentheid gee om musiek te kan

neem - ons gaan hierdie jaar weer heerlik saam musiek maak en konsert hou!

ALGEMENE PADVEILIGHEID:

Ons doen regtig ‘n beroep op ons ouers om geduldig te bly en uit te kyk vir

voetgangers en fietsryers in die skoolomgewing.

Excellent Learning * Uitnemende Leer Bladsy 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!