01.12.2014 Views

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Meer onlangs beskryf Williamson (2000) ‘n floristiese-plantegroei studie van die RNP volgens

agt sones: (1) Oranjerivier littorale en efemerale, (2) kwartsietuitgroeisels en klipperige

sypaadjies, (3) lae hoogte sand-grit, (4) sanderige bolope van riviere, alluviale fans en

sanderige plato, (5) sub-bergagtige sone bestaande uit lae berge en inkerwende klowe, (6)

bergagtige sone, (7) bergpieke bo 900m en (8) klowe (hoofsaaklik beskermde vogtige stroke

met hoë plantdiversiteit).

1.10 Dierelewe

Meeste van die groter wildsoorte is afwesig in die RNP. Onder die soogdiere wat in die

Richtersveld voorkom, is gewone duiker, Sylvicapra grimmia, gemsbok, Oryx gazella,

klipspringer, Oreotragus oreotragus, koedoe, Tragelaphus strepsiceros, vaalribbok, Pelea

capreolus, steenbok, Raphicerus campestris en die Hartmannse bergkwagga, Equus zebra

hartmannae. Die strandwolf, Hyeaena brunnea, en die luiperd, Panthera pardus, kom ook

hier voor. Die wildsoorte wat uit die gebied verdwyn het, sluit in: olifant, Loxodonta africana,

swartrenoster, Diceros bicornis bicornis, kameelperd, Giraffa camelopardalis, seekoei,

Hippopotamus amphibius, buffel, Syncerus caffer, eland, Taurotragus oryx, rooihartbees,

Alcelaphus buselaphus en springbok, Antidorcas marsupialis (Skead 1980; Rookmaaker

1989). Dit is waarskynlik dat in vorige eeue die grasryke vloedvlaktes langs die Oranjerivier

‘n sleutelhabitat vir olifante, buffels, seekoeie en moontlik ook hartbeeste gebied het.

‘n Verskeidenheid van kleiner soogdiere kom in die RNP voor. Die RNP huisves klein

herbivore (muise en lagomorfe), klein insektivore (olifantskeerbekke, vrugte- en blaarvreters),

blouape, vlieënde soogdiere (vlermuise) en ‘n verskeidenheid kleiner vleisetende diere, wat

insluit van die termiet-vretende bakoorjakkalse tot die krap-vretende Kaapse groototters in

die Oranjerivier.

Die samevattingspesielys van ander diere bestaan uit visse (14 spp); paddas (7 spp); skilpaaie

(2 spp); slange (16 spp); akkedisse (36 spp); voëls (196 spp) en soogdiere (56 spp) waarvan

die meeste nagdiere is (Williamson 1995; Williamson 2000b). Tog kan ‘n mens ‘n aantal

diersoorte hier verwag wat slegs in noordelike Namakwaland en Boesmanland voorkom,

maar nie in ander gedeeltes van Suid-Afrika nie. Die rede hiervoor is dat die Richtersveld die

suidelikste punt van die Namib-woestyn verteenwoordig, en spesies wat aangepas is by

hierdie omgewing kan hier die land binnedring. Voorbeelde hiervan is die Angola langhaar-

vlermuis, Myotis seabrai, en die dassierot, Petromus typicus,

wat besonder volop in die RNP voorkom. Die

bergwaaierstertgrondeekhoring, Xerus princeps, ‘n spesie wat

veral met die westelike platorand van Namibië geassosieer

word, kom volgens kenners ook in die RNP voor, maar dit moet

nog bevestig word. Indien hierdie eekhoring wel in die RNP

teenwoordig is, sal dit beteken dat dit verder suidwaarts

voorkom as wat voorheen gedink is.

Die teenwoordigheid van die grootste rivier in die land, die

Oranjerivier, verhoog ook die verskeidenheid habitatte wat vir

diere beskikbaar is. Diersoorte wat eintlik vir natter habitatte

aangepas is, kan die gebied langs die rivier binnedring.

Voorbeelde hiervan onder die voëls is die bont kwikstert,

Motacilla aguimp, die landeryklopkloppie, Cisticola juncidis, en

verskeie eende. Voorbeelde onder die soogdiere sluit in die

koedoe, Tragelaphus strepsiceros, die groototter, Aonyx

capensis, en die blouaap, Cercopithecus pygerythrus.

Van verdere ekologiese belang, is die Richtersveld se ligging op

die noordwestelike uiterste van die verspreidingsgebied van

verskeie diersoorte, byvoorbeeld onder die soogdiere die

Kaapse saalneusvlermuis Rhinolophus capensis; en onder die

voëls die kleinrooiborssuikerbekkie, Cinnyris chalybeus, die

jangroentjie, Nectarinia famosa, die Kaapse kliplyster,

Monticola rupestris, en die witgat-spreeu, Spreo bicolor.

Daar kom moontlik verskeie spesies in die RNP voor wat nog

nooit voorheen beskryf is nie. ‘n Nuwe paddaspesie, die

paradyspadda, Bufo robinsonii, is deur ‘n vorige Parkhoof, mnr

H. Braack, by drie verskillende plekke in die RNP versamel. ‘n

Onbekende akkedisspesie, Phyllodactylus sp, en ‘n skilpad,

Homopus sp, is ook versamel. Verdere ondersoeke sal kan

vasstel of hulle al ooit voorheen ontdek is.

‘n Belangrike spesie wat endemies tot Namakwaland is, maar

wat nog nie in die RNP opgespoor is, is die Namakwa

duinemol, Bathyergus janetta. Hierdie spesie kom hoofsaaklik

op duine langs die kus voor, maar ook in sanderige gebiede in

die binneland. Dit kan moontlik nog in die RNP gevind word.

R I C H T E R S V E L D N A S I O N A L E P A R K • P A R K B E S T U U R S P L A N

24

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!