01.12.2014 Views

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Hoë soutgehalte van die water - Boorgatwater uit veral die metavulkaniese

gesteentes het gewoonlik hoë soutpersentasies. Grondwater met ‘n hoë

nitraatinhoud is dodelik vir jong babas tot en met een jaar oud. Veeboere moet

daarop gewys word dat die water, al is dit drinkbaar, nie geskik is vir gebruik in

babakosse nie (Toens pers. mededeling).

• Benutting van nie-hernubare grondwater - Indien die grondwater in RNP fossielwater is,

dit wil sê, nie gereeld aangevul word deur onlangse reënwater nie, mag ‘n nie-hernubare

natuurlike hulpbron ontgin word. Hierdie eties sensitiewe punt moet aandag geniet in

die finale besluit om grondwater met ‘n hoë ouderdom te benut. Dit sal dus nodig wees

om die ouderdom te bepaal van grondwater wat in groot verskuiwings voorkom.

(b) Watervoorsiening vir toerisme

Die volgende beleid ten opsigte van water vir toerisme word voorgestel:

• Drinkwater - Toeriste moet hul eie drinkwater saamneem na gebiede waar dit nodig is,

om sodoende meer van die etiek van die dorsland te kan beleef.

• Ablusies - Chemiese toilette is nie ‘n praktiese oorweging nie, aangesien die chemikalieë

besoedeling veroorsaak en moontlik sal verdamp in die hitte van die somermaande. Die

nadeel van spoeltoilette is dat ‘n aansienlike hoeveelheid water benodig word. Die

sogenaamde VIP toilet (Anon. 1992) bied ‘n oplossing vir die probleem en hierdie

moontlikheid behoort ondersoek te word.

(c) Identifikasie van moontlike waterpunte

Beplanning van watervoorsiening vir beide toerisme en vee is geëvalueer op grond van

verslae wat deur Groenewald (1992) en Toens en Genote (1993) voorberei is. Hiervolgens is

ses punte in die RNP geïdentifiseer wat geskik is vir boorgate: De Koei (kampeerplek),

Paradyskloof, Claim Peak, Kouamspas en twee plekke op Kwaggarug. Die bevindinge was

dat:

• Indien oorbenut deur vee is die Kouamspas- en De Koei omgewings onderworpe aan

erosie. Min weiding vir vee is by Claim Peak beskikbaar, en beweiding mag ‘n gevaar vir

bedreigde plantspesies inhou. Erosie behoort nie hier ‘n probleem te wees nie.

• Die twee lokaliteite om Kwaggarug is nie spesifiek tydens die ondersoek van

Bezuidenhout (1993) besoek nie, maar daar kom wel verskeie skaars en bedreigde

plantsoorte in die algemene omgewing voor. Die ondersoek het aangedui dat ses punte

geskik is vir boorgate, maar monitering van die grondoppervlak, die toestand van die

plantegroei en die beweging van die vee sal nodig wees.

(d) Bestaande en nuwe boorgate

Toe die RNP geproklameer is, was daar reeds boorgate by die Abikwasrivier- en

Kookrivieromgewings, asook by Tierhoogte. Water word voorsien deur middel van windpompe,

wat deur die NPR in werkende toestand gehou sal word. Onlangs is suksesvol vir

water geboor by die Numeeshek, De Koei en Paradyskloof.

5.1.9 Hulpbronbestuur vir Kultuurerfenis

Die oorkoepelende doelwit vir die bestuur van kultuurerfenishulpbronne

is om die belangrikheid, egtheid en karakter van

die tasbare en ontasbare kultuurerfenishulpbronne waarvoor

SANParke verantwoordelik is te hanteer en in stand te hou vir

die genot van en tot voordeel van alle Suid-Afrikaners en van

die wêreld.

(a) Kort oorsig van die kulturele waardes van die Park

Die Richtersveld kulturele landskap is die laaste gebied waar

die nomadiese herderslewenstyl van die KhoiKhoi mense in

beduidende mate gehandhaaf word, insluitend die bou en

gebruik van inheemse draagbare geboue en baie ander

geassosieerde tradisies wat ‘n noue verbintenis skep tussen die

inwoners en die landskap. As die enigste oorblywende

hervoorstelling van ‘n unieke nomadiese manier van alledaagse

lewe in suidwestelike Afrika en van ‘n lewenstyl wat oor die

algemeen elders in die wêreld bedreig word, bied hierdie

gebied unieke getuienis van ‘n lewendige kulturele tradisie wat

nie elders gevind word nie. Vanweë beide sy kulturele en

natuurlike betekenis, was die hele Richtersveldgebied

voorheen op UNESCO se nominasielys vir

Wêrelderfenisterreine.

Mondelingse geskiedenisse (insluitend inligting oor Nama

kulturele praktyke en erfenisgebiede) is beskryf deur

Boorskutter (1981 - 1990) en Webley (tussen 1981 en 1998)

beide binne en buite die grense van die RNP. Hierdie

mondelingse geskiedenisse sluit in inligting oor inheemse

kennissisteme en sommige van hulle is gepubliseer. ’Track and

Trails in the Richtersveld’ deur Karl Reck, lys 90 trekroetes wat

deur die streek strek. Hy lys baie myne, fonteine, plaashuise en

grafte. ‘n Lys van ses argeologiese gebiede in die Richtersveld

gebied is in 1974 deur Petrus Robertshaw opgestel. ‘n

Argeologiese opname deur studente van die Universiteit van

Kaapstad in 1976, het 14 gebiede in die Richtersveld gebied

geïdentifiseer (dit sluit die Park in, asook die res van die

gemeenskapsgrond). ‘n Argeologiese opname deur Miller en

Yates in 1994 het nege argeologiese gebiede in en rondom die

Park geïdentifiseer. ‘n Lys van ses erfenisgebiede (grafte,

argeologiese gebiede en rotskunsterreine) is in 1997 deur

Morris en Turkington geïdentifiseer. Dit is tot by Sendelingsdrift

en Bloeddrif waargeneem.

‘n Argeologiese opname in Augustus 2002 deur Webley en

Vogelsang (Universiteit van Cologne, Duitsland) het vier

gebiede binne-in die Park en 18 buite die Park geïdentifiseer.

Opgrawings is by ‘n aantal gebiede gedoen en gepubliseer

deur Webley en hierdie sluit in: Jakkalsberg, die Toon of

Kokerboomkloof, Tatasberg, /Hei-khomas of Vaalhoek. In 2001

is opgrawings by ‘n verdere vier gebiede in Jakkalsberg

gedoen deur Hart en Halkett. Hierdie opgrawings is deur

TransHex bevonds as deel van skadevergoeding om die

vernietiging van argeologiese gebiede in die

diamantkonsessiegebied te voorkom. GPS-koördinate vir

presies 20 erfenisgebiede is beskikbaar. Dit sluit die inligting op

ongeveer 38 gebiede wat (in opdrag van TransHex) deur Hart

en Halkett versamel is uit. Daar is ‘n groot aantal rotsgraverings

(petrogliewe) in Bloeddrift en Sendelingsdrift. Hierdie gebiede

is geïdentifiseer en gefotografeer deur Morris en Turkington,

Webley, Hart en Halkett. Rotsgraverings is ook in die suide van

die Richtersveld waargeneem en gepubliseer as deel van die

rotsgraverings van suidelike Afrika.

(b) Parkbestuursprioriteite en -doelwitte

Om dit moontlik te maak om ten volle eenstemmigheid te

bereik met alle bestuursvereistes vir kultuurerfenishulpbronne

in die park, word ‘n aantal inisiatiewe beplan wat binne die

volgende vyf jaar geïmplementeer sal word. SANParke se

wetlike verpligtinge en bestuursbeginsels vir

kultuurerfenishulpbronne is ingesluit in die

Kultuurerfenisbeleidsverklaring. Die volgende tabel bied ‘n

skema aan van beplande bestuursdoelwitte en -aktiwiteite

(Tabel 2):

5.2 VOLHOUBARE TOERISME

5.2.1 Raamwerk vir Bewaringsontwikkeling

(Conservation Development Framework CDF)

SANParke se beleid vereis dat nasionale parke in toepaslike

sones verdeel word. In die geval van die RNP, is die doel van die

CDF-proses om besoekersgebruiksones en potensiële

ontwikkelingsopsies te identifiseer. Dit word gebaseer op areas

wat spesiale bestuursingryping vereis, knelpunte waar fasiliteite

voorsien moet word, inskrywingspunte en bewegingsroetes

deur die nasionale park en bestuur van grondgebruik langs die

park se grense. Hierdie proses behels verskillende fases en

verskillende voorbereidingstappe. Die soneringsisteem vir

besoekersgebruik van die RNP word op die beleidsverklaring

van SANParke gebaseer, maar moet ook die

mynboubedrywighede in die park in ag neem. Dit is dus

noodsaaklik dat bykomstige sones bygevoeg word. Weens

hierdie aktiwiteite, en ook die teenwoordigheid van

veeboerdery, is dit nie moontlik om streng te hou by die

definisie van sones, soos in SANParke se beleidsverklaring

R I C H T E R S V E L D N A S I O N A L E P A R K • P A R K B E S T U U R S P L A N

52

53

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!