01.12.2014 Views

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

eskryf is nie. Met bostaande in ag geneem, word sonering vir

besoekersdienste binne die RNP gebaseer op die besondere

wilderniseienskappe van die Richtersveld, die sensitiwiteit en

kwesbaarheid van hierdie woestynsisteem, en op die

potensiaal van verskeie aktiwiteite wat binne die gebied

aanvaarbaar is. Dit is die taak van die RGBK om die finale

sonering van die Park te finaliseer.

komponent van hierdie wildernisgebiede aanvaar. Sekere

mynbou/prospekteergebiede val ook binne die RNP

wildernisgebiede en moet sover moontlik deur besoekers

vermy word, of deur ooreenkoms met die betrokke

mynbestuur, waar nodig, slegs op klein skaal gebruik word.

(b) Natuurlike Omgewing (Primitief en stil)

Tabel 2: Bestuursdoelwitte en -aktiwiteite vir Kultuurerfenishulpbronne

Bestuursdoelwitte Maatstawwe Inisiatiewe

Om gereeld kulturele hulpbronne in die Kultuurerfenis- • Ontwerp en implementeer ‘n moniteringstelsel

RNP te monitor, om dit moontlik te maak moniteringsgebiedstelse vir kulturele hulpbronne soos vereis deur

om kondisie van hulpbronne te bepaal,

die bestuursplan

en om besluitneming met betrekking tot

• Stel statuslêers saam vir alle gebiede met

bewaring moontlik te maak vir

kondisierapporteringsvorms en foto’s

meetbare of verbeterde bestuur

Bepaal kriteria vir gebiede as besonder sensitief,

sensitief of stabiel en monitor daarvolgens

• Annoteer lêers na elke besoek

Beskryf deelhebberdeelname in die ontwikkelingsproses

• Handhaaf ‘n toepaslike balans tussen natuur- en kultuu

rerfenis in alle aspekte van parkbestuur.

• Allokeer hulpbronne om kultuurerfenisbestuursplan te

implementeer

• Identifiseer navorsingsprioriteite vir kultuurerfenis

Formuleer en implementeer Bestuursplan Bestuursplan vir kultuur- • Besoekerbeheermaatreëls

vir Kultuurerfenisgebiede wat geïdentifiseer erfenisgebiede • Inligtingsborde en rigtingaanwysers

is vir opleidings-, navorsing-

• Bewaringsmaatreëls

en toerismedoeleindes

• Stabiliseer modderhuise en hou in stand

• Interpretasieplan

• Handhaaf die begrip van plek tov argeologiese gebiede

Die doelwitte van sonering is:

• Om ‘n soneringstelsel te vestig wat gedeeltes van die Park

identifiseer met individuele eienskappe of omstandighede,

en in besonder die volgende: (a) die gedeeltes van die

Park wat vir fisiese ontwikkeling geskik is, en (b) die

gedeeltes wat in hul huidige relatief wilde of ongerepte

toestand behoue moet bly;

• Om die gebruike vas te stel wat toegelaat sal word binne

die individuele sones;

• Om geskikte sub-sones binne die stelsel te vestig, en om

voorsorg te tref vir die plasing van fisiese ontwikkeling,

veral op enige plekke van historiese of kulturele waarde.

RNP se bestuur aanvaar ‘n tweeledige soneringsisteem vir die

park. Die sisteem omvat: (1) ‘n besoekergebruiksone en (2)

oorliggende sone wat spesiale bestuursaksies vereis. Hierdie

sone sluit in: wildernisgebied (wilderness), afgeleë (remote),

primitiewe (primitive), stil (quiet), lae intensiteit vrye-tyd (low

intensity leisure) en hoë intensiteit vrye-tyd (high intensity

leisure) (Appendix 1: Table 1). Die inligting vir hierdie soneringsproses

was gebaseer op ‘n ontleding en kartering van die sensitiwiteit

en waarde van die RNP se biodiversiteitshabitat en

spesiale habitat, topografiese/geomorfiese sensitiwiteit,

grondsensitiwiteit, hidrologiese sensitiwiteit, plantegroeikwesbaarheid

vir fisieke versteuring, sigbare sensitiwiteit,

erfeniswaarde en erfenissensitiwiteit (Appendix 2: Map 5).

(a) Wildernisgebiede (Wildernis en afgeleë)

Hierdie is redelik omvangryke gebiede wat gesamentlik sowat

50% (86 100ha) van die park beslaan. Hulle verteenwoordig al

die bekende landskappe en plantgemeenskappe in die RNP,

en bevat die sensitiewe Tatasberg en Springbokvlakte en dele

van die Oranjerivier met sy oewerbos. Slegs aktiwiteite wat

versoenbaar is met ‘n ware wilderniservaring, en wat

hoogstens op enkele fasiliteite van ‘n eenvoudige aard steun,

word hier toegelaat.

Besoekersgetalle word hier beperk tot die drakrag van

fasiliteite wat aangebied word (begeleide toere,

wildernistoere, staptoere, bergfietstoere, donkietoere,

kanotoere, spesialistoere), en geen besoekersvoertuie word

hier toegelaat nie. Voertuie vir bestuurs- en

navorsingsdoeleindes word wel toegelaat, maar mag nie die

besoeker se wilderniservaring bederf nie. Geen oorhoofse

kraglyne of kragopwekkers sal verskaf word nie. Behalwe vir

enkele kleiner gebiede wat na onderhandeling met die

veeboere as Spesiale Beskermingsgebiede opsygesit kan

word, word die veeboere as ‘n natuurlike en kulturele

Hierdie gebied, wat sowat 40% (76 300ha) van die park

beslaan, word as ‘n natuurlike omgewing bewaar en ‘n uitgesoekte

verskeidenheid aktiwiteite met lae menslike digtheid,

en die minste moontlike inmenging, word hier toegelaat.

Slegs beperkte fasiliteite wat aanpas by die omgewing word

toegelaat. Besoekersvoertuie sal op sekere goedgekeurde

paaie toegelaat word. Die perk op besoekersgetalle sal hoër

wees as by die Wildernisgebied. Die aktiwiteite van

veeboerdery word as ‘n natuurlike komponent beskou.

Toegangsroetes van myngebiede gaan deur hierdie sone.

Hierdie toegangsroetes word gedeeltelik ook as

besoekerspaaie gebruik. Alhoewel hulle nie as sulks gesoneer

word nie, bly die hoofaktiwiteite vir besoekers in hierdie sone

nog gekoppel aan ‘n wilderniservaring. Daar sal byvoorbeeld

geen kragopwekkers toegelaat word nie.

(c) Ontwikkelingsgebiede

(Lae-intensiteit vryetydsbesteding en Hoë-intensiteit

vryetydsbesteding)

Soos reeds genoem, sal die beginsel van periferale

ontwikkeling gehandhaaf word, waar prakties moontlik.

Daar word voorgestel dat die Ingang/uitgang beheerpunt tot

die park na Remshoogte verskuif. Dit sal die identiteit van die

Park versterk, en sal toegangsbeheer en sekuriteit

vergemaklik. Daar is ‘n bestaande paadjie wat opgegradeer

kan word, en kraglyne is naby. Water is ook in die gebied

beskikbaar. ‘n Volledige omgewingsimpakstudie sal eers nodig

wees. Fondse vir die Ingangsfasiliteit kan moontlik as deel van

die Oorgrens-inisiatief bekom word, en dit is die taak van die

RGBK om hierdie saak verder op te volg.

(d) Spesiale bestuursgebiede

(i) Mynsekuriteitsgebied

Dit is nodig om mynsekuriteitsgebiede te erken vir Reuning,

Oena en Grasdrif. Hierdie gebiede moet onder die aandag van

besoekers aan die RNP gebring word. Geen ongemagtigde

persone mag die sekuriteitsgebiede binnegaan nie. Die

presiese omvang van hierdie gebiede word in die

Omgewingsbestuursplanne van die mynmaatskappye

uitgewys.

(ii) Sensitiewe en merkwaardige gebiede insluitend

beskermingsgebied vir spesiale spesies

Die behoefte het ontstaan om spesiaal beskermde gebiede in

die RNP te identifiseer waar alle vorms van benutting deur die

mens, insluitend toerisme, veeboerdery en mynbou, verbied

R I C H T E R S V E L D N A S I O N A L E P A R K • P A R K B E S T U U R S P L A N

54

55

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!