01.12.2014 Views

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

c) Handhaaf werkverhoudings met die Departement van Binnelandse Sake en die

Namibiese regering in die beheer van oorgrensbewegings.

DOELWIT 7

Verbeter die bestuur van die omgewingsimpak van die dienste-infrastruktuur en

fasiliteite in die Park.

a) Ontwikkel, implementeer en handhaaf omgewings- en estetiese handleidings vir die

opgradering, instandhouding of samestelling van bestaande of nuwe park, munisipale,

nasionale of kommersiële infrastruktuur (pyplyne, antennas, paaie, kommunikasietoring,

versterkerstasies, radioversterkers, kraglyne, riool, telefoonlyne, kragkabels) in of deur

die Park.

b) Formaliseer ooreenkomste tussen TransHex en RNP om die deel van toegang tot, en

instandhouding van dienste en fasiliteite (bv. water, afvalbestuur, elektrisiteit,

telekommunikasies, paaie) te fasiliteer.

c) Verminder die sigbare impak van alle dienste-infrastrukture in die park waar prakties en

koste-effektief moontlik.

d) Effektiewe hantering van die bestaande serwitute en enige ander vorm van diens- of

toegangsooreenkomste met Eskom, Telkom, Buffelsbank Diamante Ltd, TransHex,

Plaaslike owerhede, DME, SAPS (Diamanttak), Grenspolisie en die SA Weermag.

4.3 Park-organisasie (constituency)

DOELWIT 1

Identifiseer en ontsper toegang tot dienslewering, bemagtiging en kapasiteitbouvoordele in

die Park op ‘n gelyke basis.

a) Doen navorsing en ondersteun, waar toepaslik, die deelname van die gemeenskappe

van Kuboes, Eksteenfontein, Sanddrif en Lekkersing aan bewarings- en

toerismegeleenthede in die park, soos opgradering en ontwikkeling van toerismeinfrastruktuur

en avontuur-ekotoerisme-aktiwiteite.

b) Bevorder aktiewe kapitaalondersteuning - soos EPWP-kapitaal, WFW-kapitaal - vir

parkgebaseerde aktiwiteite wat werkgeleenthede vir plaaslike gemeenskappe sal skep.

c) Ondersteun inisiatiewe vir opleiding en kapasiteitbou deur ander agentskappe, soos

THETA-INTAC, Umsobomvu, EPWP, ABET, sodat opgeleide lede van die gemeenskap

onafhanklike besighede kan begin vir veilige dienslewering in die omgewing en/of

toerismesektor.

DOELWIT 2

Ontwikkel en handhaaf wedersydse voordelige vennootskappe met gemeenskappe en

instansies en laat toepaslike deelnemers aan parkbesluite deelneem waar hul belange

beïnvloed word.

a) Ondersteun die RGBK in die implementering van sy funksies en verantwoordelikhede

soos gestipuleer in die kontraktuele ooreenkoms.

b) Hersien die werksaamhede van, of skep ‘n nuwe

komplementêre Parkforum (PF) vir die park, of wysig die

TOR van die RGBK om aan die korporatiewe vereistes van

‘n PF te voldoen.

c) Vestig formele voorwaardes van verwysing (TOR), en

verklaar vasgestelde funksionering, vir die RGBK (of PF).

d) Voorsien parkondersteuning ten opsigte van logistiek en

hulpbronne vir die funksionering van die RGBK (of PF).

e) Skep prosesse/kommunikasie vir openbare betrokkenheid

om deelnemende kommentaar te verkry op

sleutelbesluitnemings in die park.

f) Handhaaf ’n samewerkende verhouding met die

Departement van Binnelandse Sake en die Grenspolisie om

die doeltreffende bestuur van enige grensposoprigting in

die park te fasiliteer.

g) Vestig en handhaaf samewerkende werkverhoudings met

die Richtersveld Munisipaliteit met betrekking tot die

jaarlikse IDP-prosesse.

4.4 Parkbesoekersdienste en -fasiliteite

DOELWIT 1

Voorsien doeltreffende en praktiese besoekersinfrastruktuur, -

dienste en -fasiliteite.

a) Bepaal die ligging, tipe en skaal van toekomstige

ontwikkelings van die park- en besoeker-infrastruktuur deur

die CDF en ‘n breedvoerige toerisme-ontwikkelingsplan.

b) Beplan, en begroot, vir die ontwikkeling van ‘n

ingangsfasiliteit by Remshoogte, die ontwikkeling van ‘n

gemeenskapskwekery, die opgradering van die vyf

kampeergebiede, inligtingsmateriaal vir Sendelingsdrift,

die ontwikkeling van ‘n 28-bed-ruskamp en twee

wilderniskampe.

c) Evalueer en implementeer die addisionele diensvereistes

vir hierdie ontwikkelings en opgraderings, insluitend

dreinering, waterverskaffing, elektrisiteit, rioolbestuur,

toegangspaaie, parkering en rigtingaanwysers.

d) Implementeer die ontwikkeling en opgradering van hierdie

gebiede op ‘n voorrangbasis en, waar nodig, onder leiding

van ‘n omgewingsimpakstudie (oftewel EIA/EMP).

e) Vestig en formaliseer ‘n oorgrenskruising by die

Oranjerivier-pont in samewerking met die Departement van

Binnelandse Sake.

f) Vestig en handhaaf prosedures vir die effektiewe

permitbeheer van toegang tot die park.

g) Faseer die gebruik van die Springbokvlakte landingstrook

naby die Tatasberg uit.

h) Stel ‘n waterbestuursplan vir die park bekend met as ‘n

minimum: die in-situ-kapasiteit, ‘n evaluering van die impak

van waterontginning vir parkgebruik, veeboerdery- en

toerismefasiliteite en dienste, identifisering van

alternatiewe bronne van waterverskaffing, vasstelling van

die rigting van opwekking teen huidige en geprojekteerde

gebruiksaanwysiging, identifisering van opsies vir die

ontsouting van grondwater en ontwikkeling van ‘n

implementeerbare program vir volhoubare watergebruik.

i) Bepaal minimum standaarde vir parkdienste en -

infrastruktuur - insluitend die minimum aanvaarbare vlak

van personeeldiensvlakke, toegang, kragverskaffing,

waterverskaffing, waterkwaliteit, rioolhantering en

afvalverwydering in die besoekerfasiliteite, asook

instandhouding.

j) Verseker dat alle parkfasiliteite en dienste aan hierdie

minimum standaarde voldoen.

DOELWIT 2

Hanteer besoeker- en gebruikersaktiwiteite om die

omgewingsimpak van sodanige aktiwiteite te verminder

a) Lei besoekerbestuurspersoneel op om aktiwiteite effektief

te beheer en te reguleer en besoekers en gebruikers van

die Park by te staan.

b) Voorsien geakkrediteerde veldgidsopleiding vir

parkpersoneel en plaaslike gemeenskappe om 3-5- dag

begeleide staptoere, asook 4x4 uitstappies vir

parkbesoekers te hanteer.

c) Voorsien geskikte besoekersinligting, interpretasie en

rigtingaanwysers.

d) Identifiseer, monitor en hanteer die impak van verskillende

besoekersgebruike.

e) Voorsien ondersteuning aan grenspatrollies en sigbare

polisiëring langs die SA/Namibiese grensgedeelte van die

park.

R I C H T E R S V E L D N A S I O N A L E P A R K • P A R K B E S T U U R S P L A N

38

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!