01.12.2014 Views

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

‘n Kritieke komponent van die Veiligheid-en-Sekuriteitsplan en

Natuurlewebeskermingstrategie vir die Park is die daarstelling van ‘n doeltreffende

intelligensienetwerk. Om dit moontlik te maak, hou Parkbestuur neigings in

Natuurlewemisdaad dop en gebruik hierdie inligting om personeel en informante te

ondersteun om die situasie te monitor.

(i) Die Versameling van Inligting

• Interne en eksterne inligtingsbronne soos CIS, SAPS, SANDF, ander bewaring- en

wetstoepassingsagentskappe en NRO’s.

• Informantenetwerk in buurgemeenskappe.

• Breedvoerige patrollierapportering - insluitend toestand van roetes en terrein.

• Inligting oor patrollie-observasievaardighede en bewustheid van span.

• Inligting oor skakeling met alle toepaslike parkgebruikers en buurgemeenskappe.

• Gebruik van observasie- en luisterpos.

• Implementeer die gebruik van sakboeke (EMI vereiste) en Cyber Trackers waar ookal

moontlik.

(ii) Die samevatting van Inligting

• Ontwikkel breedvoerige kennis van kriminele elemente en taktieke.

• Om proaktief te wees in voorkoming en/of hantering van beplande onwettige aktiwiteite.

• Ontwikkel breedvoerige terreinkennis.

• Prioritiseer gevaarsones en ontsnaproetes vir kriminele.

• Monitor seisoenveranderings in patrone en gedrag.

(iii) Die Verspreiding van Intelligensie

• Gelykstelling tussen bestaande databasisse, insluitende:

SAPS databasis

CIS databasis

RNP plaaslike databasis

(iv) Teen-Intelligensie Maatstawwe

• Stel maatstawwe voor wat lek van vertroulike inligting deur personeel na die plaaslike

gemeenskappe buite die Park sal hokslaan.

• Gebruik informantenetwerk om personeel te identifiseer wat vertroulike inligting lek.

• Gebruik informantenetwerk teen beplande misdade.

(v) Bepaling van noodsaaklike elemente van Inligting

• Waar - gaan misdaad plaasvind?

• Wanneer – gaan misdaad plaasvind - tyd?

• Wie - die kriminele betrokke, hoe baie van hulle sal betrokke wees?

• Wat - is hulle plan, hoeveel van hulle gaan hierdie kriminele aktiwiteit uitvoer?

• Waarom - wat is hul motief (geld, wraak, onwettige

ruilhandel, dwelms)?

• Hoe - hoe sal dit plaasvind?

(vi) Om dit moontlik te maak om:

• breedvoerige kennis van kriminele elemente en taktieke te

ontwikkel.

• proaktief in voorkoming van beplande onwettige

aktiwiteite te wees.

• potensiële onwettige aktiwiteite en teenmaatreëls te

identifiseer.

• breedvoerige terreinkennis te ontwikkel.

• observasie- en luisterpos te benut.

• gevaarsones en kriminele se ontsnaproetes te prioritiseer.

• seisoenveranderinge in patrone en gedrag te monitor.

5.4.3 Infrastruktuurprogram

Infrastruktuurbeheer sluit die beplanning, konstruksie,

instandhouding, vervanging, beheer en monitering van alle

permanente strukture, toerusting en ander roerende bates in.

Beheer van infrastruktuur, insluitende inspeksies en veebeheer,

sal gedoen word volgens algemeen aanvaarde norms,

standaarde en praktyke, soos voorgeskryf in die Bedryfsplanne

en Handleidings.

Die oorkoepelende doelwitte vir die beheerstelsel van die

infrastruktuur sal soos volg wees:

• Om te verseker dat alle infrastruktuur gebruik, en/of

geberg, en/of instand gehou word op ’n verantwoordelike

wyse;

• Om die verantwoordelikheid vir spesifieke infrastruktuur

aan individuele personeellede te delegeer;

• Om die mishandeling van infrastruktuur te verhoed;

• Om die behoefte aan instandhouding en/of vervanging van

spesifieke infrastruktuur aan te dui;

• Om te verseker dat die maksimum dienslewe van

infrastruktuur bereik word;

• Om te help met die opstelling van infrastruktuurbegrotings.

(a) Toegangsbeheer

Dit is noodsaaklik om toegang tot die RNP te beheer, en om

ook die nodige sekuriteit aan die myngebiede in die park te

verskaf. Hierdie afdeling skets die beleid wat tans heers wat

toegang betref. Alle persone, behalwe veeboere, inwoners en

mynpersoneel van die gebied (met die nodige

identifikasieplakkers op hul voertuie), asook amptenare van die

RNP, moet RNP-permitte hê om die park te betree of te verlaat.

Daar moet egter register gehou word van alle verkeer deur die

hek. RNP toegangspermitte sal aanvanklik slegs by die kantoor

van die Parkhoof: RNP te Sendelingsdrif verkrygbaar wees,

totdat personeel opgelei is om hierdie funksie by die hek te kan

verrig. Verkeer sal soos volg gehanteer word:

i) Personeel van die Reuning en Oena myne teken die

register in en uit. Identifikasieplakkers moet op voertuie

aangebring word.

ii) Besoekers aan bogenoemde myne (hetsy vir besigheid of

privaat) teken die register in en uit, maar ‘n permit wat deur

die relevante mynkantoor gestempel/geteken is, moet by

die hek aan die sekuriteitsbeampte oorhandig word met

uitgang. Indien persone sonder permit die gebied wil

verlaat, sal hulle teruggestuur word om dit te kry.

iii) Veeboere en inwoners van die gebied teken die register in

en uit. Identifikasieplakkers moet op hul voertuie

aangebring word.

iv) Besoekers aan die RNP teken die register in en uit, maar

moet ‘n amptelike RNP permit kry. Die sekuriteitsbeampte

het volmag om persone terug te stuur om die nodige

permitte te bekom indien hulle daarsonder by die hek

arriveer.

v) Persone wat van die pont te Reuning gebruik maak, moet

by die Bestuurder van die Reuning Myn (of sy

gevolmagtigde) of by die RNP-kantoor die nodige permitte

kry om van die hek gebruik te maak.

vi) Lede van die SAP of SAW, of ander departemente soos

Telkom, Eskom, en die SDR, wat op amptelike diens is,

moet ‘n gratis toegangspermit by die kantoor van die RNP

verkry, en moet ook die register in en uit teken.

(b) Die grense van die RNP

Die ligging van die grense is met behulp van bakens aangedui.

Omheining is onnodig.

(c) Serwituuthouers

Serwituuthouers sluit die volgende in: Eskom (om kraglyn te

diens), Telkom (om telefoonlyn te diens), Buffelsbank Diamante

Bpk (Reuning Myn), Dept. Mineraal en Energiesake (inspeksie

van myne), SAP (Diamanttak), Grenspolisie, SA Weermag

(SANDF).

(d) Paaie, wandelpaaie, staproetes en oornagkampeerplekke

Die bestaande paaie word verdeel in (i) dié wat deur besoekers

gebruik word en (ii) dié wat slegs vir diens en

instandhoudingswerk deur SANParke se personeel gebruik sal

word. Die RNP het ook wandelroetes en oornagkampeerplekke.

Wat die konstruksie, instandhouding en verbetering van paaie

betref, is die beleid:

• om van handearbeid eerder as masjienerie gebruik te maak

om werkskepping te bevorder.

• Alle bronne wat geld vir werkskepping bewillig, sal om

finansiële hulp genader word indien ‘n groot projek in die

RNP aangepak moet word.

(e) Landingstroke

• Die stroke by Sendelingsdrif en Grasdrif (Oenas) sal behou

word.

R I C H T E R S V E L D N A S I O N A L E P A R K • P A R K B E S T U U R S P L A N

72

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!