01.12.2014 Views

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

PARKBESTUURSPLAN RICHTERSVELD ... - SANParks

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Bylae wat die Park omskryf, lui soos volg:

Begin by die punt waar die oostelike grens van die 31-m-wye Elektriese Kraglynserwituut -

soos aangedui op goedgekeurde L.G. kaart 3615/1981 - die internasionale grens tussen die

Republiek van Suid-Afrika en Namibië kruis; daarvandaan noordooswaarts en regsom

stroomop met genoemde internasionale grens langs, tot by ‘n punt waar genoemde

internasionale grens die ooswaartse verlenging van die noordelike grens van Gedeelte 12

van die Plaas 600, Administratiewe Distrik Namakwaland, ontmoet; daarvandaan weswaarts

met laasgenoemde verlenging en die noordelike grense van genoemde Gedeelte 12 en

Gedeelte 11 van genoemde Plaas 600 langs, sodat genoemde gedeeltes uit die Richtersveld

Nasionale Park uitgesluit word, tot by baken A - soos aangedui op goedgekeurde L.G. Kaart

11352/85 - van laasgenoemde Gedeelte 11; daarvandaan noordweswaarts met die reguit lyn

wat genoemde baken A van Gedeelte 11 van die Plaas 600 met baken L genoemde

goedgekeurde L.G. Kaart 3615/1981 verbind, langs, tot by die punt waar dit die oostelike

grens van genoemde 31-m-wye Elektriese Kraglynserwituut kruis; daarvandaan algemeen

noordwaarts met laasgenoemde oostelike grens langs, tot by die beginpunt waar dit

genoemde internasionale grens tussen die Republiek van Suid-Afrika en Namibië kruis.

2.5 Die Wet op Nasionale Parke en die Huidige Status van Nasionale Parke in Suid-Afrika

Die IUCN (1969) definisie van ‘n nasionale park, wat deur die destydse SANP aanvaar is, lui:

‘n Nasionale park is ‘n relatief groot gebied,

1. met een of meer ekosisteme, wat nie noemenswaardig deur menslike benutting of

bewoning verander is nie, waar plant- en diersoorte, geomorfologiese terreine en

habitatte van spesiale wetenskaplike, opvoedkundige en ontspanningswaardes is, of wat

besondere natuurlike landskappe bevat, en

2. waar die hoogste bekwame gesag in die land stappe geneem het om benutting of

bewoning in die hele gebied te verhoed of uit te skakel, en om respek vir die ekologiese,

geomorfologiese of estesiese eienskappe wat gelei het tot vestiging van die park

effektief af te dwing, en

3. waar besoekers toegelaat word om op spesiale voorwaardes die nasionale park binne te

gaan, ter wille van inspirasie, opvoeding, kultuur en ontspanning.

Hierdie konvensionele begrip van ‘n nasionale park behels ‘n omgewing van besondere

natuurskoon, waar natuurlewe, plantlewe, geomorfologiese verskynsels en historiese en

kulturele voorwerpe van oorheersende belang is, maar waar die mens slegs ‘n rol as

besoekende bewonderaar speel. Die tradisionele nasionale park het wel ‘n bestaansreg,

maar in ‘n toenemende mate kom die bewaringsinstansies van die wêreld tot die besef dat

die mens nie noodwendig ‘n las is nie, maar wel in harmonie met ‘n natuurlike ekosisteem

kan woon. Nuwe modelle word dus ondersoek waar plaaslike inwoners met hul tradisionele

leefwyses geïntegreer word met die bestuur van bewaringsgebiede. Die Internasionale Unie

vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne

erken dat inheemse mense ‘n belangrike rol kan speel in

nasionale parke wat op hulle tradisionele grond geproklameer

is. Die Richtersveld behoort tot laasgenoemde kategorie, ‘n

sogenaamde “park vir mense” (“park for people”) (Newby

1992).

2.6 Die Konsep “Ooreenkoms Nasionale Park”

Volgens die Wet en beleidsdokument van die SANParke sluit

hierdie begrip gebiede in wat of in privaat of in staatsbesit is,

en kragtens ‘n ooreenkoms tussen die eienaar en die Minister

namens die SANParke bestuur word. Die eienaars van hierdie

gebiede word aangemoedig en gehelp om hul eiendomme op

so ‘n wyse te bestuur dat hulle ‘n bydrae tot die bewaring van

die gebied lewer. Op hierdie wyse word die belangrike

natuurbates van die gebied ten beste beskerm met dinamiese

behoud van die bestaande ekonomies-maatskaplike strukture.

Dit is dus moontlik om blywende beskerming te waarborg deur

samewerking tussen die plaaslike gemeenskappe en SANParke:

‘n situasie wat tot beide partye se voordeel strek. Soos reeds

genoem is die Richtersveld die eerste ten volle ‘Ooreenkoms

Nasionale Park’ (Robinson 1992).

2.7 Ooreenkomste in verband met Prospektering en

Mynbou

Die feit dat daar binne-in ‘n nasionale park aktiewe

mynboubedrywighede plaasvind, mag vreemd en teenstrydig

met die konsep van ‘n nasionale park klink. In die RNP maak

mynbou ‘n belangrike bydrae tot die ekonomiese ontwikkeling

van die inwoners, en dus word dit ten volle aanvaar. Die

toestemming van die Minister van Mineraal- en Energiesake

ingevolge Artikel 2B(1)(a) van die destydse Wet op Nasionale

Parke (1976) vir die verklaring van die RNP is aan die volgende

voorwaardes onderworpe:

1. Bestaande prospekteer- en mynregte moet ongestoord bly

voortbestaan en nie deur die proklamering van die terrein

tot ‘n nasionale park geaffekteer word nie.

2. Verdere aansoeke om prospektering en ontginning in die

betrokke gebied, nadat dit tot ‘n nasionale park verklaar is,

sal elk op meriete oorweeg word.

2.8 Waarnemerstatus van Mynbestuur op die

Vergaderings van die Bestuursplankomitee

Tydens ‘n vergadering van die Aksiekomitee op 4 Augustus

1992 is daar besluit dat dit van pas sou wees indien

verteenwoordigers van die mynmaatskappye wat in die RNP

bedrywig is, die geleentheid gegun word om die vergaderings

van die Bestuursplankomitee as waarnemers by te woon.

Hierdie aanbeveling is by die vergadering van 16 Oktober 1992

deur die Bestuursplankomitee aanvaar.

2.9 Oorgrenspark

Intussen is die Ai Ais/Richtersveld Oorgrenspark tot stand

gebring. Die oorgrenspark bestaan uit RNP en Ai Ais Nasionale

Park in Namibië. Hierdie ontwikkeling sal die

toerismepotensiaal van die RNP verhoog, derhalwe word

Toerisme-ontwikkeling later in hierdie dokument verder

bespreek.

R I C H T E R S V E L D N A S I O N A L E P A R K • P A R K B E S T U U R S P L A N

28

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!