02.05.2013 Views

Lyksak, kis op hoop - Letaba Herald

Lyksak, kis op hoop - Letaba Herald

Lyksak, kis op hoop - Letaba Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NEWS

HESEKIEL Lebea Raseala, ANC Hoof van Sport en Kultuur vir Limpopo links , het glo met

Mabakane Mangena, GTM se munisipale bestuurder gereël vir die saamtrek by die skougronde.

regs staan ANC ondersteuner, Patric Mosibihla.

Duisende vier vryspraak

Deur: Bertus de Bruyn.

‘n SKYNBAAR onwettige saamtrek van ANC

ondersteuners het Maandag aand by die

skougronde talle inwoners woedend.

Tussen vyf en sewe duisend ANC ondersteuners

het die skougronde beset en dit o.a

onmoontlik gemaak vir die Letaba rugby klub

se oefen sessie.

Volgens ‘n betroubare bron het Patrick

Tswala, sekretaris van O.J. Muswana, burgermeester

van die GTM, die skou gronde

omstreeks 12:00 geskakel. Daar is gereël vir ‘n

"Noodsaaklike burgermeester vergadering,"

vir ongeveer twee tot drie honderd persone in

skousaal B.

Dié vergadering sou om streeks 14:00 begin.

Om 14:30 is die skoukantoor ingelig dat die

vergadering "bietjie later" sou begin.

Ongeveer 19:00 die aand blyk die noodvergadering

een groot makietie te wees.

Letaba Herald het Maandag aand die

saamtrek aanskou.

Daar was nabewering ongeveer 2000 voertuie

op die terrein en tussen vyf en sewe

duisend persone teenwoordig.

Alkohol was in oorvloed beskikbaar en was

glo gratis.

Die alkohol is blykbaar deur privaat besigheids

persone by ‘n bekende drankwinkel

in Tzaneen aangekoop.

Hesekiel Lebea Raseala, Hoof van Sport en

Kultuur vir die ANC in Limpopo het

aangedring op ‘n onderhoud.

Lebea het bevestig

dat hulle vroeër die

oggend ‘n reëling

getref het met

Mabakane Mangena,

munisipale bestuurder

van die

GTM vir die

saamtrek.

Die saamtrek sou

glo spruit uit wat die

hof uitspraak sou

wees later die oggend

deur die NPA,

(National ProsecutionAthourity-Vervolgings

gesag) se

waarnemende nationale

direkteur, advokaat

Mokotedi

Mpshe oor die korrupsie

klagte teen

Jacob Zuma.

Die nasionale media

het laat Maandag

oggend die boodskap

uitgestuur dat

Zuma sy stryd gewen

het en nie aangekla

sal word nie.

Lebea het aan

Letaba Herald gesê:

"That man, (Zuma) is

not guilty. We knew

it. It was all a plot.

You can’t judge a

person when he is

not quilty. If he

would be found

guilty, unrest will

arise in this count

r y. "

Die bekende "Umshiniwam", (Bring my

masjiengeweer,) lied het luid deur luidsprekers

gespeel tydens die saamtrek. Zuma se

ondersteuners het hulle in hul leier se nuutgevonde

vryheid verlustig en goed gevier.

Die GTM se skoonmakers was reeds vroeg

Dinsdag oggend besig om op te ruim.

Die saal wat bespreek was vir die noodvergadering

is so te sê onaangeraak.

Honderde vol streepsakke het getuig van die

partytjie wat omstreeks 03:00 die oggend ten

einde geloop het.

Een SAPD lid wat teenwoordig was buite die

skou-terrein het bevestig dat hulle nie bewus

was van die saamtrek nie. Volgens wet moet

die SAPD, geleenthede waar meer as 1 000

persone is, teenwoordig wees.

Kapt. Shikwambana, woordvoerder van die

SAPD was nie beskikbaar vir kommentaar

nie.

Daar is bevestig dat motors op die rugby

veld gery het. Glasstukke is op ‘n groot deel

gestrooi.

Gerugte doen ook die ronde dat die ablusie

geriewe beskadig is.

Op ‘n ligte trant, met aanloop na die verkiesing:

Letaba rugby klub het nog nooit soveel

toeskouers teenwoordig gehad tydens hulle

oefen sessies nie.

Daar is tussen die twee partye ooreengekom

om die rugby veld in twee te deel.

Een helfte vir bloed sweet en die ander vir

die skynbaar onwettige makietie.

LETABA HERALD - Vrydag 10 April 2009

PAGE 3

ANC ondersteuners tydens die skynbaar onwettige saamtrek by die skougronde om hulle leier,

Jacob Zuma wat laat Maandag oggend van alle korrupsie klagte onthef is te vier.

SLEGS ‘n paar van die sakke met die

bewyse van ‘n lekker makiete by die

skougronde Maandag nag. Die GTM

se werkers was van vroeg af besig om

op te ruim.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!