Theoria - DISA
Theoria - DISA
Theoria - DISA
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Dit was altyd 'n aangename vriendskap, die tussen my en Van

Bruggen se boeke, 'n rustige, gemoedelike vriendskap wat nooit

banaal geword het en ook nooit verflou het nie. Vriendskap,

dit is wat Van Bruggen se werke aan 'n mens gee ; nie geweldige

entoesiasme of matelose bewondering nie, maar 'n innige,

eenvoudige vriendskap wat na aan die aarde is en tog die frisse

glans van pasgevonde, ryke innerlikheid bewaar. Dit is 'n

vriendskap sonder veel skakerings, met slegs enkele fasette

waarvan ons die skittering des te suiwerder en blywender kan

ervaar.

In die meer as twintig jaar sedert my eerste kennismaking

daarmee, het die naam Jochem van Bruggen vir my al meer en

meer sinoniem geword met die uitbeelder by uitnemendheid

van die armblanke en die eenvoudige boeretipes op die platteland.

Vir my bly hy nog steeds die rustig-ingetoe realis met

'n warme humorsin, 'n stemmingsuitbeelder in wie se werk ons

nie hewige dramatiek moet soek nie. Daarvoor is sy figure nie

kragtig, heroi'es genoeg nie. Maar binne sy beperkinge het hy

'n paar van ons belangrikste romans geskep. Sy „Ampie I"

—dit het al 'n gemeenplaas geword—bly nog vandag die beste

wat ons Jong romankuns kon oplewer.

Oor baie jare het Van Bruggen homself getrou gebly : Boek

na boek die gemoedelike, beheerste uitbeelding van die armes,

stoflik en geestelik. Gedurende die meer as twintig jaar sedert

sy verskyning het hy voortborduur op dieselfde patroon wat

reeds (met onsekere kontoere) aanwesig is in die karakter

Liepie Stols in „Teleurgestel". Gedurende die tydperk het die

kritiek oor sy werk ook feitlik deurgaans gunstig gebly. Dit is

waar dat ons nie by hom voldoende psigologiese diepgang vind

nie, dat sy uitbeelding van die armblanke nie in genoegsame

mate van-binne-uit geskied nie ; daarom moet hy hier onderdoen

vir die eerliker en suiwerder siening van Holmer Johanssen in

„Die Onterfdes" (1944). Maar as ons ons stel op Van Bruggen

se eie standpunt, die van die, gegoede grondbesitter, moet ons

erken dat sy gemoedelik-lokale realisme 'n mylpaal is waarop

ons met dankbaarheid kan terugkyk. Waar sou die Afrikaanse

prosa gewees het sonder Van Bruggen ?

Gaandeweg moes hy blykbaar begin voel het dat dit nie

voldoende is om die armblanke as sodanig uit te beeld nie;

hy moet ook die sosiale en ekonomiese oorsake van die ontstaan

van ons armblankedom histories naspoor. En dit is dan wat hy

ons probeer gee in „Kranskop I, Oupa." Hier is eintlik nog

slegs aanvoorwerk; ons kan stellig verwag dat „Kranskop"

'n trilogie gaan word. *

34