02.05.2013 Views

Theoria - DISA

Theoria - DISA

Theoria - DISA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dit is die grondmotief van die bundel, hierdie angswekkende

besef van die donker-biologiese ondergrond, waaruit geslag

na geslag en mens na mens horn weer deur die selfverwesenlikingsenergie

van 'n kreatief-evolusionistiese Godheid van nuuts

af aan moet loswring op soek na 'n skoner lewe langs „ongekaarte

wee" (vgl. Vigiti Magna waar ons hele geskiedenis, met

ons ewig-rustelose soeke na geluk in felle taferele met 'n verblindende

vaart voor ons verbytrek). In al die groot gedigte

kom ons hierdie konsepsie tee, telkens maar weer in nuwe

verrassende beelde weergegee. So kry ons die gedig Genesis

—alweer 'n suggestiewe titel—met sy drie groot onderdele : Spel

—die eerste uitbundige huweliksdae en die voorspelling van

swangerskap en dood— Grot die verbasende knap psigologiese

skildering van die eensame vrou wat in die „lee nagte"

met behulp van die alfabet en 'n glas kontak met die man probeer

kry—en Ark waar die kringloop voltooi word :

„haar skoot

is die klein ark ! maar in die dood

se waters reeds . . . het hy gese

die eiers van die maaier is gele ?"

En verder : „en ruime van haar skoot

word die ark oor waters van die dood" (p. 52).

Met die dood en ontbinding is die belofte en kiem van die

nuwe lewe dus reeds daar. Uit die puin en die as van die lewe en

dade van enkelinge (00k van Christus) is die feniks al aan die

kom {Vuur). So sal 'n nuwe lewe, liggaamlik en geestelik

immer voortwoeker (Rooi voel—Wit voel). Daarom dat die

bundel in die laaste gedig, Moederstad, na al die geswerf en

spanning op so 'n triomfantelike noot kan eindig :

„Solank die mens aan My geboorte gee

hang nog my Negester oor Ninev6".

Geboorte dus, die enigste antwoord aan die chaos en ontreddering

van ons eeu, die skeppingsbeginsel wat seevier oor die

materialisme en die dood.

Dit is byna onmoontlik om in 'n enkele artikel op al die

skoonhede in hierdie ryk bundel te wys. Ek kan egter nie nalaat

om melding te maak van Nagstorm oor die See nie. Hier word die

verwekkingsdaad vir ons geteken in i een van die magtigste

visionere sienings wat ek ken in ons literatuur. Hier styg die

digter ver uit bo die sinnelike. Die seksdaad word iets mistieks,

word gesien in die lig van die ewigheid.

Die digter wil in hierdie bundel deurdring tot die wese van

die mees fundamentele probleem vir die mens—die van lewe en

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!