02.05.2013 Views

Theoria - DISA

Theoria - DISA

Theoria - DISA

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Slegs met behulp van die verbeelding kan die leser die oorgang

bewerkstellig tussen die verwante sieninge wat die digter hier

naasmekaar plaas. Vir die logiese verstand sal so iets dwaasheid

wees.

Opperman het homself in Die Digter goed gekarakteriseer.

Soos wat 'n skip met groot inspanning, konsentrasie en geduld

in die eng ruimte van 'n bottel deur die nou bek opgebou moet

word, so moet sy hele lewenservaring met al die resultate van

sy vorsende denke in streng artistieke vorm gepers word, moet

hy „deur die smal poort van die wonder" sy woorde skik „tot

stellasies vers". Dis hier geen ydele spel nie ; hierdie pynlike

arbeid is sy dagtaak, en daardie „skip", „geslote agter glas", is

die enigste middel waarmee hy kan ontsnap aan sy doen waar

hy verban sit „erens in die ewigheid op 'n Ceylon". So voel die

digter horn verwant aan die grotes deur die eeue op wie die

eensaamheid soos 'n vloek rus. Belangrik is in die verband die

Legende van die drie versoekinge. Dit bly die roeping van elke

profeet deur die eeue om horn, nes Christus, „bewus (af te

sonder) van die klein dorpies", dat in eensaamheid „die troebel

menslikheid moet sink", en die deernis met die broodsgebrek,

vrees en ellende van die mensheid gelouter kan word tot die

besef „dat die gees moet groei deur selfbedwang", en hy uiteindelik

„verhelder en versterk" sy lydingsweg kan gaan in die wete

dat hy verheerlik sal opstaan uit die dood om, nes die son, lewe

en lig te bring.

44

A. P. GROVE.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!