02.05.2013 Views

Theoria - DISA

Theoria - DISA

Theoria - DISA

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Belangrik is in die opsig ook Spel (p. 35) waar die digter tot die

bitter besef kom dat die verwekking van die kind 'n blinde

dobbelspel is, 'n roekelose blootstel aan die gevare van die lewe

(vgl. Skip, p. 41).

Hierdie skuldgevoel hang ten nouste saam met die idee van

die uitverkiesing (p. 32), waar die digter gekonfronteer word

met die ontstellende vraag wie die chromosome beheer, daardie

geheinsinnige draers van die erflikheid. Hierdie skuldgevoel

beheers die hele reeks kwatryne met die sprekende titel Almanak

—die wisselende stemmings van die man deur die lang maande

van verwagting en kommer en vrees, terwyl hy hom besin op

die implikasies van die naderende vaderskap.

Telkens keer daar in hierdie poesie sekere woorde, wendinge

en beelde terug. In die eerste bundel was dit die kleur root

met die suggestie van sinnelikheid en vitale lewensdrang. By

sommige skrywers mag dit verklaar word uit 'n armoed van

verbeelding en siening. By Opperman met sy ryk digterlike

verbeelding, sou so 'n verklaring egter belaglik wees. Hierdie

telkens-terugkerende 'demente het by hom die magiese towerkrag

van simbole gekry. Een van hierdie simbole is wier, en

in nou verband daarmee; seegras, stort, water, baaierd (vgl.

pp. 48, 49, 52, 56). Dit roep voor ons gees op die vormlose

wat met die dood en ontbinding in verband staan. Vergelyk

Nagvaak by '« ou Man met so 'n verrassende siening :

„Nou dat die berge, sterre in hom stort

en baard en oe riet en water word,

sien jy in hom die ruie oer-moeras

waaruit jy kruip. . . ."

Daarnaas kom die kreatiewe woord van God (heeltemal in die

lyn van Dertiende Dissipel uit die eerste bundel) :

„Jy moet geboorte gee

aan stringe kuile, kranse en die see

en so aan My : Ek is die skepping, roer

van poel tot poel, en wee die blinde moer !"

Hierdie merkwaardige verse bring dus nie net 'n siening van

die elementtke spel van meedoenloos afslopende natuurkragte nie,

maar daarnaas wek hulle tog ook. die suggestie van 'n swaargistende

moeras waaruit die nuwe lewenskieme loskom.

So verwesenlik God hom met elke' nuwe geboorte, staan Hy

op uit die donker-gistende ondergrond en groei tot mooier

vorme van „Zoeloe, tarentaal en vingerpol" (Heilige Beeste).

In die jongste bundel klink dit: „deur klip en varing na 'n

verre doel", en elders: „mens en kiepersol en kiewietvlerk"

(p. 24).

40

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!