02.05.2013 Views

Theoria - DISA

Theoria - DISA

Theoria - DISA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Digter D. J. Opperman 1

(veral na aanleiding van sy jongste bundel)

Reeds in sy eerste bundel het Opperman hom geopenbaar

as 'n digter met onbetwisbare gawes. Met bewonderingswaardige

selfkritiek en intellektuele tug het hy alles wat toevallig

en bykomstig is uit sy werk geweer, sodat alleen die essiensiele

kon bly, en die beste gedigte sonder praal, hard en naak soos

winterbome daar staan.

Hierdie poesie is gesond, groei uit die aarde, bloei op uit die

werklike ervaringsfeer van die digter, is deurspoel met die son

en die geur van die Afrikaanse landskap, en dit, tesame met die

strakheid, soberheid en oorspronklikheid van segging, die

dinamiese geladenheid van sy beste verse, was beloftetekens vir

verdere groei.

Een gebrek het die leser egter sterk in Heilige Beeste aangevoel,

en dit is dat die gedigte, waarvan sommiges so gegroei het tot

'n organies-bevredigende geheel, nog nie saam tot 'n volkome

eenheidstruktuur kon ryp nie. Die digter het dit self besef;

van daar sy poging om met die titelgedig 'n band tussen die

motiewe van die bundel te le.

Hierdie beswaar moet in Negester oor Nineve verval. Die drie

motiewe, die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees het in

hierdie ryper bundel verband gekry. Daar is nog die siening

van die stad (Grootstad, p. 3), in dieselfde lyn as die fel-ekspressionistiese

Stad in die Mis, hoewel die siening nie nou so elementer

is nie, nie so met een skok ontstaan het nie ; daar is nog

die siening van die vrou, maar nou as draer van die lewe. Die

eerste liefde was 'n „wit galop van hingste: ontdekkings,

avonture, 'n geile slaap in holtes langs rooi vure", maar nou :

„Starend van 'n hoe krans

voed een bron ons vergesigte—

'n hoer vreugde, diepet angs."

(Mont-Aux-Sources);

daar is nog die siening van 'n God wat uit die aardse baaierd

in helder gestaltes tot selfverwesenliking wring en aan die

ewige kring van geboorte en dood sin en betekenis gee. Maar

1 Mnr. Opperman is 'n oud student van die N.U.K.—Red.

38

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!