31.10.2019 Views

Wildland Oktober 2019

• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kolf

Al die metaalwerk, kolf en teleskoop is

swart – so swart dat jy met ‘n steenkool

‘n wit streep daarop kan trek. Op die

oog af is dit nie ‘n mooi geweer nie. Dit

is grootliks te danke aan die sintetiese

kolf. Ek is van die ouer garde – ‘n geweer

het ‘n hout kolf. Terselfdertyd besef ek

ook dat okkerneuthout al minder en dus

al duurder word. Verder is die sintetiese

kolf baie meer prakties. Dit pla mens nie

eers as dit natreën nie. Dit kan ook

nie maklik krappe opdoen nie, maak

nie saak aan watter ‘jagtog’ of ‘veldslag’

hy onderwerp word nie. Hierdie

sintetiese kolf van die M18 het ook twee

interessante kenmerke. Die terugskop

kussing kan verwyder word wat vir jou

stoorplek in die kolf gee vir ‘n ‘bore

snake’ of enigiets anders wat kan inpas.

Dit kussing kan maklik afgehaal word

deur slegs die knoppies weerskante van

die kolf in te druk. Die hol sintetiese kolf

is gevul met spons. Dit voorkom daardie

hol klank wat jy kry as jy met jou hand

daarteen klop. Ek persoonlik hou van

die idee om spasie agter in die kolf te hê.

Jy kan van die spons verwyder. Dit skep

meer ruimte om allerhande los artikels

daarin te stoor. Ek reken dit is maar ‘n

persoonlike keuse. Wat beslis help om

die sintetiese kolf behoorlik vas te vat is

die rubber insetsels wat op die voorarm

en pistoolgrepe aangebring is.

Loop

Lope vir die M18 word op die koue

hammersmee metode vervaardig, net

soos vir al die ander Mausers. Om kostes

te bespaar is daar geen visiere of korrels

op die M18 aangebring nie. Ek dink dit

is ‘n goeie idee. Ek is nie

bewus van een jagter wat, onder gewone

jag toestande, sonder ‘n teleskoop

jag nie. Ek weet ook, om ‘n visier en

korrel op ‘n geweer te plaas kos ‘n

aansienlike bedrag geld. Die loop van

die toetsgeweer is 22 duim lank en vir

magnum kalibers is dit 24 duim. Die

loop is van die vry-vloei tipe en word

met twee stewige borgskroewe aan die

kolf vasgemaak. Die borgskroewe is

deel van die aksie en dit word aan die

onderkant met twee moere vasgedraai.

12 WILDLAND Oktober 2019

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!